Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling  (Read 2514 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« op: September 15, 2008, 01:00:13 PM »
Ek het so pas met SP gesels - hy is dit eens dat die nuwe Jan S Marais is in ons midde -  maar terwille van identifikasie praat ons deesdae van Jan Bank - ASP, is dit maar reg so?
Kennis is mag

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #1 op: September 15, 2008, 01:01:35 PM »
huh ?????

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #2 op: September 15, 2008, 05:13:26 PM »
Nou voel ek soos 'n "mushroom" !! ??????????

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #3 op: September 15, 2008, 08:08:18 PM »
Nou het julle my nuuskierig... Wie is Jan bank ??

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #4 op: September 15, 2008, 08:22:12 PM »
Cois,

Dit is Jan Beyers. Die nuwe Jan S Marais, wat 'n volksbank stig, dus - Jan Bank.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #5 op: September 15, 2008, 08:37:00 PM »
SP, wat se oranje sirkel het jy daar wat Bravo nie mooi verstaan nie?
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #6 op: September 15, 2008, 09:06:23 PM »
Oom Clem,

Dit is die Oranje Sakekamer se kenteken. Meer inligting is beskikbaar in die nuwe Bravonuusbrief.


Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #7 op: September 16, 2008, 08:23:35 AM »
SP, benewens die nussbrief - moet hierdie forum nie vir die rekord meer besonderhede kry nie? Wie en wat is die Oranje sakekamer en waarheen is hulle op pad (of is dit net een kantoor of wat ookal). En waar kry mens die oranje kantoor?

Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #8 op: September 16, 2008, 08:39:08 AM »
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3731.msg49180;topicseen#new

Oom Clem, dalk help hierdie skakel vir meer inligting?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #9 op: September 16, 2008, 03:27:30 PM »
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3731.msg49180;topicseen#new

Oom Clem, dalk help hierdie skakel vir meer inligting?


KB, dit is die Huis van Oranje se nuwe inisiatief met die stigting van ons eie Bank.

SP het hier iets genoem van sakekamers wat tot stigting kom op die 24 ste September - en ek wonder of ons sakemanne in Bravoland bewus is daarvan dat hulle ook daar behoort te wees - of mis ek iets?

Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #10 op: September 16, 2008, 03:39:39 PM »
Hier is die stuk wat Ben in die nuusbrief uitgestuur het:

Op Woensdag 24 September  vanjaar word ’n vergadering belê met alle behoudende belangstellendes in die sakewêreld om hierdie aksie te loods – dit behels twee belangrike komponente. Ten eerste moet die vestiging van ons volkseie sakekamers op elke dorp en stad voorrang geniet. Daardeur kan ons ons mense begelei om weer volksgerig te dink voordat hulle sake doen met volksvreemdes. Dit is ook so dat hierdie aksie die geleentheid bied om werkskepping te bevorder deur ons eie mense wat sakemanne is, bymekaar te kry en sodoende hul gesamentlike kundigheid aan te wend ter vestiging van nuwe sakeondernemings, nuwe nywerhede, nuwe instellings – en deurlopend word ons volk se geld spandeer en aangewend tot voordeel van ons volkshuishouding – met die bedoeling om ons volkseie ekonomie te vestig.

 

Maar dit beteken ook dat ons die ou begrip weer moet laat herleef – die sakekamers moet saamstaan en weer hul eie Handelsinstituut vestig wat al hierdie sake kan koördineer – en om dit te doen, het ons mekaar nodig as Afrikaners, sakemanne met integriteit wat weer die belange van ons volk sal dien sonder om as sakeman sy strewes na te laat.

 

Met die daarstelling van ons eie sakekamers, gekoördineer in ons eie Handelsinstituut kan ons ons volk weer oprig uit die moeras van armoede, want daaruit kan nuwe besighede ontstaan wat gesamentlik deurdink en gevestig word, wat werksgeleenthede opwek vir diegene wat sukkel om te bly voortbestaan. Dit is die meganisme wat kan meehelp om ons jongmense die geleentheid te bied om entrepreneurs te word, wat met die kundigheid van ervare sakemanne, weer ’n holte vir die voet in ons eie land kan vind.

 

Benewens dit alles, het ons ’n verantwoordelikheid om ons eie te beskerm en uit te bou. met die genoemde beplanning wat nou voor ons staan, kan ons ’n nuwe begin maak op ekonomiese terrein wat die ontsettende armblanke vraagstuk, sowel as die uitbeweeg van ons jonger geslag wat uitstekende opleiding het, maar steeds nie in diens geneem word in ons eie land nie, se uitbeweeg stuit en selfs omkeer sodat hulle weer terugkeer na hul geboorteland.

 

Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #11 op: September 16, 2008, 04:15:51 PM »
Dankie KB en Oom Clem.

Ek is baie opgewonde en elke keer as ek met Jan Bank gesels word ek net meer opgewonde.

Hier kom groot dinge!

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #12 op: September 16, 2008, 04:30:35 PM »
Ek hoop dat daar groot gedink en beplan gaan word vir opleiding van die jonger geslag !!!

Sanderis

  • Gas
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #13 op: September 16, 2008, 06:42:37 PM »
Waar word die vergadering gehou en hoe laat ?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #14 op: September 16, 2008, 08:35:44 PM »
Woendag, 24 Sept. TLU SA gebou, Jameslaan Silverton

Laat weet vir ASP Jan Bank van jul teenwoordigheid (en aantal persone) by e-pos adres

jan@hvo.co.za

Gegroet
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #15 op: September 16, 2008, 08:45:17 PM »
Dankie Clem , verstaan ek dit nou reg ?
Die vergadering vind plaas op die 24ste . Die stigtings vergadering vind nog steeds plaas op die 27ste . Of is dit nou dié een wat geskuif het na die 24ste ?

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #16 op: September 16, 2008, 08:49:16 PM »
Jammer Sanderis, ek raak al deurmekaar - daar is twee vergaderings soos volg:

24 September, 10.00 vm Sakekamer stigting (Om uiteindelik landswyd gevestig te word)  In TLU Sa gebou
----------------------------------------------------------------------------------------
27 September, 10.00 vm Bank stigting ook in TLU SA gebou.
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #17 op: September 17, 2008, 08:14:30 AM »
Dankie Clem , nou het ek duidelikheid.
Ek dink ek moet 'n vergadering-joernaal skep...

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Nuwe Volkseie Finansiële Instelling
« Antwoord #18 op: September 17, 2008, 09:00:09 AM »
Bravolanders wat hulle eie besighede het word vriendelik genooi na die vergadering.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal