Skrywer Onderwerp: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria  (Read 2163 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« op: September 18, 2008, 06:10:13 PM »
Dit is 'n groot eer om aan ons eie Radio Pretoria geluk te wens met 15 jaar se diens aan die volk. Meeste van die Bravolanders is in hulle 20's en dus het hulle groot geword met Radio  Pretoria. As ek die volwasse volksliefde van hierdie jongmense aanskou kan ek nie anders om te besef die groot invloed wat Radio Pretoria het op die volgende geslag. En dit is tog waaroor ons stryd gaan, om ons volskeie te bewaar vir die volgende geslag. Ek kry die vyand jammer wat die volgende geslag Radio Pretoria luisteraars  gaan teenstaan!

Ons besef nie altyd hoe bevoorreg ons is om 'n volksradiostasie te he nie. Hoe bevoorreg ons is om in hierdie land nog met Die Stem wakker gemaak te word. Om die nuus suiwer te hoor. Om op hoogte te bly van wat in ons vryheidstrewe aan die gebeur is. Hiervoor se ons dankie aan Radio Pretoria. Ook se ons dankie aan die mense wat by Radio Pretoria werk vir die opofferings wat hulle maak. Dankie ook dat hulle ons herinner dat die Vierkleur weer sal wapper. Want in ons stryd is dit so maklik om moedeloos te raak, tog is Radio Pretoria altyd daar om aan die moedelose weer hoop te gee.

My verjaarsdagwens vir Radio Pretoria, is dat al julle wense sal waar word. Dat die Vierkleur weer sal wapper en dat julle waarlik grensloos sal wees!

Die uwe,

Ben Geldenhuys
President
Bravoland

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #1 op: September 18, 2008, 08:24:51 PM »
Dankie SP Ben vir hierdie mooi wense!!
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #2 op: September 18, 2009, 08:44:01 AM »
Baie geluk Radio Pretoria met die sestiende herdenking van Radio Pretoria se stigting! ' Besonderse dankie aan die direksie en die personeel wat doelgerig en pligsgetrou die radio op sy weg hou!

Die volgende berig het op 22 September 1993 in Beeld verskyn:

Regses span draad om Radio Pretoria-ateljee, uitsendings gaan voort

DIE regse ''radio mét grense'', Radio Pretoria, het gister onwettig voortgegaan om uit te saai, hoewel mnr. Danie Schutte, Minister van Binnelandse Sake, sy tydelike lisensie Maandag afgekeur het.
Lede van Pretoria se regse Boerekommando het gisteroggend lemmetjiesdraad gespan om die radiomas en opslaangeboutjie waarin die radio-ateljee is. Die verwagting is dat onwettige uitsendings vandag voort gesit sal word.
Min. Schutte het gisteraand gesê verdere versoeke deur die radio-stasie om 'n tydelike uitsaailisensie sal positief oorweeg word. Indien die stasie egter voortgaan om voorwaardes te verbreek en onwettig uit te saai, kan dit toekomstige aansoeke, ook vir 'n moontlike permanente lisensie, belemmer.
Die stasie het gister feitlik die hele dag ''om strategiese redes'' voortgegaan met uitsendings. Luisteraars is aangemoedig om boodskappe aan min. Schutte te stuur.
Beeld se verslaggewer en fotograaf is gister toegang geweier tot die perseel van die radiostasie op die plaas Donkerhoek, sowat 30 km oos van Pretoria. Alle ander joernaliste en regse ondersteuners is toegelaat.
'n Klein groepie mans, van wie enkeles met handwapens gewapen was, was volgens Sapa die enigste sigbare ''wagte'' by die afgekampte radiomas en ateljee.
Ds. Mossie van den Berg, voorsitter van Radio Pretoria, wat deur die Afrikaner-Kultuurbond (AKB) gestig is, het gister ontken dat die radiostasie voorwaardes wat aan hom gestel is vir die toekenning van 'n tydelike lisensie verlede Saterdag verbreek het.
Hy het gesê die radiostasie is die ''stem van die volk'' en die ''eiendom van die volk''. Daarom gaan die uitsendings voort en ''kan net die volk die sender stilmaak''.
Mnr. Neil du Bois, skakelbeampte van min. Schutte, het gisteraand aan Beeld gesê dat die ministerie se kantoor in Pretoria teen gistermiddag reeds meer as 400 telefoonoproepe van ondersteuners van die radiostasie ontvang het en die kantoor in Kaapstad meer as 60. Meer as 100 faksimilieë is gesamentlik in die twee kantore ontvang.
'n Woordvoerder in die kantoor van die Posmeester-generaal in Pretoria het gesê dit word oorweeg om die Polisie se hulp in te roep indien Radio Pretoria voortgaan met sy onwettige uitsendings. Indien nodig, sal die radiostasie se terrein met behulp van die Polisie binnegegaan en toerusting geseël word.


http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1993/12/14/4/14.html

Sestien jaar later en steeds is Radio Pretoria op die lug!

Doet so voort!
Ons Sal!!!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #3 op: September 18, 2009, 08:53:23 AM »
Ek hoop van harte dat Radio Pretoria verewig sal kan uitsaai.  Ek kan my nie indink hoe leeg dit sal wees sonder die radio nie want daar is geen ander stasie om na te luister nie.

Hartlik geluk met die verjaarsdag van die Radio.  Mag daar nog sommer baie wees en 'n hartlike dank aan die personeel wat die Radio aan die gang gehou het vir die jaar en die jare wat nog gaan kom.
« Laaste verandering : September 18, 2009, 08:55:54 AM deur Johan Joubert »
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #4 op: September 18, 2009, 09:19:16 AM »
Geluk oom Draadloos. Hier is my bydrae:

VOLKSRADIO

Uit die hemel se blou, see se diepte, eggokranse
het die stem van Suid-Afrika geklink.
Die Boervolk se radio is gebore agter skanse
gedryf deur ’n vrye toekoms wat ver voor wink.
Verraaiers wat lisensies weier om ons stem te snoer
met ’n bekookte stem-uitslag in gedagte,
het nie rekening gehou met die ysterwil van ’n Boer
en sy vryheidsdrang-gedrewe kultuurkragte.
So is daar voortgestoei, gedryf, gestry
om elke teenstand en hofstryd te oorwin.
So het die radio in diepte en wydte gedy
tot selfs die verre vreemde wêreld in.
Vandag ná sestien jaar se onverdraaide uitsaai
sien ons die vrugte van volkstrots in ons kinders -
al word die waarheid elders hóé verdraai
hoor en leer ons hier wat die storie regtig is.
Dankie, Radio Pretoria, vir wat jy doen
mag die Vader dit is sy wil beskik
dat die wêreld hul met die feit versoen
dat jy hier sal bly totdat die laaste sekonde tik!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #5 op: September 18, 2009, 09:35:16 AM »
Geluk aan Radio Pretoria , Oom Adri dit is treffende woorde .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #6 op: September 18, 2009, 09:45:48 AM »
Geluk Radie Pretoria.
Oom Adri het al die mooi woorde klaar opgebruik. Ek kan maar net amen se^ op sy gedig.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #7 op: September 18, 2009, 02:50:26 PM »
Ek het die volgende boodskap aan Radio Pretoria gestuur:


Bravoland wil vir Radio Pretoria van harte geluk wens op die 16de herdenking van Radio Pretoria se bestaan. Daarmee saam wil ons ook ons dank uitspreek, dat Radio Pretoria altyd vreesloos die waarheid bring. Ons besef ook dat hierdie dinge nie vanself gebeur nie en agter die sukses van Radio Pretoria is verskeie gewillige, hardwerkende volksgenote. Aan hierdie volksgenote ons gelukwense en opregte dank. Julle mag trots wees op Radio Pretoria, net soos ons, die volk, trots is op julle en die werk wat julle doen.

Bravoland se eie digter, Adri van Staden, het hierdie verjaarsdaggedig vir Radio Pretoria geskryf:

 VOLKSRADIO

Uit die hemel se blou, see se diepte, eggokranse
het die stem van Suid-Afrika geklink.
Die Boervolk se radio is gebore agter skanse
gedryf deur ’n vrye toekoms wat ver voor wink.
Verraaiers wat lisensies weier om ons stem te snoer
met ’n bekookte stem-uitslag in gedagte,
het nie rekening gehou met die ysterwil van ’n Boer
en sy vryheidsdrang-gedrewe kultuurkragte.
So is daar voortgestoei, gedryf, gestry
om elke teenstand en hofstryd te oorwin.
So het die radio in diepte en wydte gedy
tot selfs die verre vreemde wêreld in.
Vandag ná sestien jaar se onverdraaide uitsaai
sien ons die vrugte van volkstrots in ons kinders -
al word die waarheid elders hóé verdraai
hoor en leer ons hier wat die storie regtig is.
Dankie, Radio Pretoria, vir wat jy doen
mag die Vader dit in sy wil beskik
dat die wêreld hul met die feit versoen
dat jy hier sal bly totdat die laaste sekonde tik!



Vriendelike groete,


Ben Geldenhuys
Bravoland

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #8 op: September 18, 2009, 02:54:29 PM »
Baie geluk aan Radio Pretoria en sy mense
VOEL TUIS

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #9 op: September 18, 2009, 03:02:43 PM »
Dankie vir die mooi brief namens ons almal aan Radio Pta, SP. Jy kon maar my naam weggelaat het! En dankie dat jy die tikfout daarin reggemaak het!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #10 op: September 18, 2009, 03:04:27 PM »
Oom Adri,

Ek het besluit dat dit makliker sal wees om verskoning te vra as om toestemming te vra toe ek besluit het om Oom se gedig deel te maak van die boodskap.

Daarom dan, my verskoning dat ek dit sonder toestemming gebruik het.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #11 op: September 18, 2009, 03:07:32 PM »
Kyk hoe kwaad is ek nou!!!  ;D ;)
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #12 op: September 18, 2009, 09:02:49 PM »
Baie dankie Vriende, vir al die mooi wense op hierdie besondere dag.

Ek gaan bietjie afwesig wees - gaan my ou moeder in die Oos-Kaap begrawe.

Sien julle weer as ons gespaar bly.
Kennis is mag

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Verjaarsdagboodskap aan Radio Pretoria
« Antwoord #13 op: September 18, 2009, 11:51:06 PM »
Ai, die slegte nuus met die goeie nuus.

Ek wil ook graag my gelukwense aan Radio Pretoria uitspreek. Dankie vir die getroue diens aan die volk en dat julle die vlam van nasionalisme aan die brand hou. Ek het eendag die gesprek met iemand gehad en ons het die doel van volksmedia, soos Radio Pretoria, die Afrikaner, ens., bespreek. En toe die persoon my vra wat ek dink die doel is, toe sê ek dis om die vlam in ons elkeen aan die brand te hou, maar noudat ek verder daaraan dink, dis nie net om die vlam aan die brand te hou nie, maar ook om die vlammetjie te stook tot 'n magtige vuur waarmee rekenskap gehou moet word.

Radio Pretoria, dankie vir die vet in die vuur! :D

Oom Clem, ek is baie jammer om te hoor van Oom se moeder. Ons kan maar net dankbaar wees vir elke dag wat ons geliefdes vir ons gespaar word, al weet ons dat almal eendag die aarde se stof van ons voete sal afskud.

Sterkte aan Oom en die familie, al weet ons dat die persoon beter af is, is dit steeds nie maklik om afskeid te neem nie. Ons dink aan Oom en die familie en vriende. Veilig ry en kom veilig terug.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal