Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Kultuuruitwissing: Straatname en nou Afrikaner museums  (Read 1245 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Kultuuruitwissing: Straatname en nou Afrikaner museums
« op: October 03, 2008, 08:59:19 AM »
Brandstigting ondersoek ná museum in puin gelê is

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2403594,00.html

Marietie Louw-Carstens

Brandstigting word ondersoek ná die verwoestende brand by die bekende Schoemansdal-museum buite Louis Trichardt in Limpopo.

Die skade aan dié historiese baken beloop sowat R3 miljoen, het mnr. Dirk de Wit, bestuurder van die opelug-erfenisgebied by die museum, gesê.

Die brand het Dinsdagmiddag laat ontstaan en brandbestryders moes etlike ure verwoed weg om dit te blus.

De Wit het gesê dit is nog nie duidelik wat die presiese oorsaak van die brand was of waar dit ontstaan het nie.

“Ons kan nie brandstigting uitsluit nie, niemand weet hoe die brand begin het nie.”

Me. Adél van der Linde, woordvoerder van die Limpopo- departement van kuns, kultuur en sport, het ook gesê die departement sal ’n afsonderlike ondersoek doen. Sy het ook gesê brandstigting kan nie uitgesluit word nie.

Kapt. Maano Sadike, polisiewoordvoerder in Louis Trichard, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting. “Die ondersoek is nog nie afgehandel nie, ons doen ’n beroep op mense om nie brande te stig nie,” het hy gesê. Volgens hom kon ’n wegholveldbrand ook die brand veroorsaak het, “maar ’n veldbrand ontstaan nie sommer vanself nie”.

De Wit het gesê die brand het hoofsaaklik die ganse inligtingsentrum asook die opelug-erfenisgebied by die museum, wat sowat 17 km uit Louis Trichardt op pad na Vivo geleë is, beskadig. Bykans al die strukture by die opelugmuseum is afgebrand. “Van die artefakte wat verwoes is, sal nooit vervang kan word nie. Vanuit ’n kultuur-historiese oogpunt is dit ongelooflik baie skade wat ons gely het,” het De Wit gesê.

Die Schoemansdal-museum is in 1988 opgerig. Dit is een van die bekendste bakens in Suid-Afrika waar die vroeëre Voortrekkerlewe uitgebeeld word.

Die museum is tydelik vir alle besoekers gesluit. Koen kon nie sê wanneer herstelwerk aan die museum sal begin nie.

Sadike het gesê enigiemand met inligting oor die brand kan die Makhado-polisie in Louis Trichardt se noodnommer 083 206 5594 bel.

Schoemansdal
Established by the first Voortrekkers reaching the Soutpansberg, SCHOEMANSDAL, 12km west of Makhado off the R522 towards Vivo (Mon– Sat 9am–4pm; free), was abandoned after thirty or so years, when its inhabitants failed to stem attacks by Venda warriors, and was never again occupied. When control of the area was regained by the Zuid-Africaanische Republiek in 1898, a new settlement was established at Makhado, leaving Schoemansdal the only Voortrekker settlement in the country not to become a modern town. Perhaps not surprisingly, the site of the historic village has been turned into an outdoor museum of pioneering history, with a number of old dwellings and buildings re-created and various aspects of settler life and domestic crafts on display. From the top of a wooden viewing platform you can make out the lines of grass where the streets of the settlement once were, as well as the archeological diggings which have been made on the site. It certainly paints a humble picture of pioneer Voortrekker life, one that is not so readily evident in the collections of artefacts on display in dusty town houses. Sadly the museum isn't attracting the audience it has the potential to reach, and is obviously dying a slow death of neglect.


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Kultuuruitwissing: Straatname en nou Afrikaner museums
« Antwoord #1 op: October 04, 2008, 10:03:55 AM »
Weet enige iemand hoe vorder die ondersoek?

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Plaasaanval - grondeis
« Antwoord #2 op: October 10, 2008, 02:20:37 PM »
Hierdie is dalk nie die regte plek nie - verskoning.

Boer sterf in koeëlreën - 'dalk oor grondeis'
Dirk Kok en Jana van der Merwe

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2407602,00.html

Harrismith. - Die enigste rede waaraan hulle kan dink vir die wrede aanval waarin hul pa verskeie kere met 'n AK47-aanvalsgeweer geskiet is, is 'n grondeis wat hulle teenstaan.

Só het mnre. George en Christo Spies gesê nadat hul pa, Hansie (75), gister hier op die familieplaas Gravelotte 'n koeëldood gesterf het.

'n Bietjie troos vir mev. Sybil Spies (75) en haar twee seuns, wat ook hier boer, is dat hulle 'n tydjie gehad het om hul sterwende man en pa te groet. Mev. Spies, wat in die plaashuis was toe haar man verskeie kere buite geskiet is, sê hy het oudergewoonte vroegoggend opgestaan.

Terwyl hy koffiewater gekook het, het hul worshondjie, Poekels, en die ander honde erg aan die blaf gegaan.

"Hy is uit om te gaan kyk, maar het niks gesien nie. Die honde het aanhou blaf. Hy is toe met sy geweer uit. Kort daarna het ek die skote gehoor. Hy het ingestrompel, inmekaargesak en gesê hy is geskiet."

Voordat die dokter op die plaas kon aankom, het mnr. Spies met sy vrou en twee seuns aan sy sy gesterf.

George sê sy pa was by sy bewussyn en het besef hy gaan sterf. "Hy het gesê hy gaan. Ons het 'n tydjie gehad om te groet. Hy is verskeie kere in die linkerarm en een keer in die bors geskiet. Sy arm is vergruis en die hoofslagaar is af. Ons kon nie die bloeding keer nie."

Boere wat van oral af opgeruk het, het kort ná die moord een van die vermeende moordenaars, 'n 27-jarige man van Bergville, KwaZulu-Natal, naby die plaas vasgetrek. Hy is met 'n motor van die pad af. Nog 'n groepie mans het die bosse en berge ingevlug.

'n Polisiehelikopter, twee private helikopters, 'n groot groep boere, polisiemanne met honde en op perde en speurders het 'n grootskeepse soektog na die verdagtes begin.

Gistermiddag het die polisie 'n motor wat vermoedelik in die aanval gebruik is, verlate by Bergville gekry.

Die soektog na die verdagtes het gisteraand voortgeduur.

Altesaam vyf aanvallers kon betrokke gewees het.

Spies se seuns het gesê hul pa, 'n bekende en geliefde veeboer, het goeie verhoudings met mense en met sy werknemers gehad. Al waaraan hulle kan dink, is dat die koelbloedige moord op hul pa met 'n grondeis verband kan hou. "Ons het grond by Little Switzerland (in die Drakensberg) waarop 'n grondeis is."

'n Hartseer mev. Spies het gesê hulle het nog nooit onveilig gevoel op die plaas nie. "Ons het al veediefstalle en kabeldiefstalle gehad, maar vandag het hulle my man weggevat. Ons lewe het in 'n oogwink verander."

Boere het gister gesê hulle is verslae en kwaad. Vrystaat Landbou (VL), die Vrystaatse LUR, mev. Mamiki Qhabathe, en haar departement, asook die DA in Harrismith het die moord sterk veroordeel.

Die Spies-egpaar se ander seun, dr. Hannes Spies, 'n tandarts van Louis Trichardt, het hom gister hier by sy ma en broers aangesluit.

Die vermoorde mnr. Spies was verlangs familie van die digter Lina Spies. Die familie boer reeds vyf geslagte lank hier.




Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal