Kommunikasie > Departement van Bemarking
Bravoland T-hemde
Johan Joubert:
Ek het vir Ben 'n pm gestuur en gehoor dat daar nog nie t-hemde vir Bravoland bestaan nie en dat dit voor stigting bespreek was. Ons soek julle samewerking om te kyk of ons nie 'n t-hemp vir Bravoland kan kry nie. Dit is immers lekker as mens na 'n volks geleentheid gaan en mens kan met dieselfde t-hemde gaan en soos 'n regte span lyk. Dan kan die ander mense mens uitken as Bravolanders. Kom gee julle menings. Ons kan later oor die ontwerp gesels. Laat ons sien of daar belangstelling is.
Afrikanermeisie:
Ek dink as ons landswapen gekies is, kan ons definitief na T-hemde en "knopies-hemde" begin kyk.
Dalk met die landswapen links voor op die bors, 'n vlaggie op die mou en dalk 'n lekker slagspreuk op die rug.
Johan Joubert:
Dit klink goed. Wat van 'n wapen of aanduiding om die volksraad lede aan te dui sodat ander mense kan sien hulle dien op volksraad?
Afrikanermeisie:
Die volksraad is mos eintlik ook maar net gewone Burgers van Bravoland (met sekere verantwoordelikhede).
Ek dink nie ons moet te veel ontwerpe hê nie, want as dit by die drukwerk/borduurwerk kom kan dit nogal 'n duur storie word as die hemde te veel van mekaar verskil.
Die ander VR-lede kan ook sê hoe hulle daaroor voel.
Is daar enige ander Burgers wat sal belangstel in hemde?
Johan Joubert:
Karina
Ek verstaan wat jy sê. Ek die meeste burgers sal teen die middel van die week antwoord. Lyk my Bravoland is maar stil.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version