Skrywer Onderwerp: Skoolgaan op Orania  (Read 986 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Gerhardus

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Skoolgaan op Orania
« op: October 06, 2008, 05:06:27 PM »
Dagse aan almal

Daar is al heelwat gese oor Orania. Maar die grootste probleem blyk dat die dorp nie soos die Kaap, of Bloemfontein lyk nie en dat almal bekommerd is dat dit nie vinnig genoeg groei nie.

In een van my vorige skrywe het ek uigewys dat die groei van enige dorp afhanklik is van die aantal inwoners. Hoe meer mense = hoe meer dinge.

Daarom dat ek die beroep op een en elkeen wil doen wat kinders op skool het en wat dit kan bekostig, maar ook nie nou Orania toe kan verhuis nie (maar dit oorweeg), om navraag te doen oor die opsies om hulle kinders of een van die kinders te laat skoolgaan op Orania. Die standaarde is van die hoogste gehalte, sport word beoefen en deelname aan volkseie byeenkomste word gereel en dan is dit ook nog veilig vir jou kinder(s) om daar te laat skoolgaan.
Daar is ook sprake dat daar ook gedink word om 'n gereelde vervoer te reel tussen Orania en Pretoria wat dit mootlik kan maak om jou kinders op die vervoer te sit in Pretoria en ook weer in Pretoria te ontvang - geen ongerief vir jou om te ry nie.

Dit bring meer dat die skole uitgebrei kan word en dienste op die dorp ook met tyd uitgebrei kan word.

As jy later dink om grond te bekom is daar ook nou onlangs 'n Afrikanergebied Grondskema op die been gebring vir die wat nie die eenmalige geld kan neersit om grond te bekom nie. Met 'n minimum van R100 'n maand kan jy begin om vir jouself of jou kinders 'n plek te bekom in die Volkstaat. Kontak Orania en vra vir Oom Prinsloo Potgieter.

Ook om afgetreede ouers wat nog aktief wil bly en hulle stokperdjies wil beoefen is Orania die plek.Tuinmaak en verkoop van produkte op die Vrydag aandmark op Orania, die inle en kook van konfeite kan ook 'n aanwins wees. Leerwerk, houtwerk, breiwerk, lappies, borduur, skrywers en kunstenaars sal vind dat Orania die regte plek is om te doen wat hulle vir al die jare agtergelaat het om te doen omdat hulle vir hulle kinders moes sorg.
Orania het kundiges nodig en maak nie saak van hulle ouderdom nie.
Dan praat ons ook nie van daardie visvang langs die Orania revier en die lang aand stappies met die honde in die veiligheid van Orania nie.

Groete,

Gerhardus


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal