Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Paul Kruger se standbeeld as President van Suid-Afrika ingehuldig  (Read 1741 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Op die 9 Oktober 2008 het die Paardekraal Verkenners die standbeeld van Paul Kruger getooi met 'n ampserp. Daar was bykans 'n honderd mense teenwoordig by die geleentheid wat insluit lede van Die Brandwag en lede van die Volkspele. Die Paardekraal Verkenners het dit verlede jaar ook gedoen en beplan om dit elke jaar met Oom Paul se verjaarsdag te doen, maar hierdie jaar het dit simbolies ook 'n ander betekenis.
 
Vir die afgelope 20 jaar reeds gaan Suid-Afrika gebuk onder swak leierskap, tans met die magstryd wat heers binne die ANC is dit nog erger, met nie een van die kandidate wat 'n goeie president sal wees nie.
 
Daarteenoor was Paul Kruger die grootste staatsman wat hierdie land en miskien die wereld al ooit gehad het. Sy staatsmanskap word so hoog geag deur die Paardekraal Verkenners dat hulle glo dat selfs sy standbeeld 'n beter staatshoof sal wees as die huidige aanspraakmakers vir die posisie.
 
Daarom dan ook dat die Paardekraal Verkenners met die ampserp wat hulle vir die standbeeld op gesit het, die standbeeld in gehuldig as die president van Suid-Afrika.
 
Ben Geldenhuys
Voorsitter
Paardekraal Verkenners


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal