Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?  (Read 4654 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
[/u]

 

Dit is die liedere van 'n jeug se ontwaking wat weerklink het in die Pretoria-noord-stadsaal by 'n vergadering oor naamsveranderings, wat harte laat sidder en beef het. Dit volg nadat die Verkennersjeug besluit het om na hierdie vergadering te gaan om te hoor waaroor gaan die beplande naamsveranderings. As kultuurorganisasie ag die Verkenners die straatname wat na ons volkshelde vernoem is, as deel van ons kultuurerfenis.

 

Die vergadering is geadverteer vir 19:00, maar teen 19:20 het die vergadering nog nie begin nie, die verskoning wat gebruik is, was dat die klankman laat was. Die Verkennersjeug het dus maar volksliedjies gesing om die tyd om te kry. Liedjies soos: "Vat jou goed en trek Ferreira", "Bobejaan klim die berg" en "Sarie Marais". Die DA se hoofsweep van Pretoria het die jongmanne berispe dat hulle die vergadering (wat nog nie begin het nie) ontwrig. Die Zuma-ondersteuners het losgebars en "bring my masjiengeweer" en "slaan die boere" gesing. Die DA het blykbaar nie probleme met daardie liedere nie, aangesien geen DA-sweep daaroor geklap het nie.

 

Die DA het ook die Verkennersjeug laat verstaan dat die Verkennersjeug asb. nie verder die vergadering moet ontwrig nie, want hulle wat die DA is wil onderhandel en hierdie optrede van die Verkenners gaan niks help nie.

 

Wat uit die oog verloor word deur die sweep, is dat die lede van die Verkennersjeug groot waarde heg aan hul kultuurerfenis en dit nie ook soos die land wil laat weg-onderhandel nie. Die VF+ het na die mense as terroriste verwys en is daarom uit die stadsraad se raadsvergadering gejaag. Nêrens in die wêreld onderhandel beskaafde mense met terroriste nie, aangesien hulle weet terroriste kan nie vertrou word nie.

 

Verder word daar ook uit die oog verloor dat daar vir een of ander rede op hierdie kontinent geglo word dat 'n kultuurerfenis maar gesteel mag word. Dat die geskiedenis verdraai mag word om die propagandamasjien van die regeerder van die dag te pas.

 

'n Beskaafde persoon besef dat as jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het jy die reg om dit 'n naam te gee. Die DA en die ANC het dit blykbaar nog nie besef nie. Die DA was self betrokke by naamsveranderings in die Kaap, maar nou in Pretoria is hulle blykbaar teen dit. Dit klink maar redelik beginselloos, want mens is of vír kulturele diefstal, of jy is daarteen.

 

Die Verkennersjeug se lede beleef daagliks die nagevolge van onderhandelings. Die nagevolge van gedwonge integrasie, die nagevolge van Affirmative action en die nagevolge van kwotasport is alles deur politikuste onderhandel op wie dit geen effek het nie.

 

Die Verkennersjeug gaan nie toelaat dat hulle toekoms in die land van hulle vaders, verder belemmer word deur onderhandelings nie. Net soos president Paul Kruger, glo die Verkennersjeug "Ons weerstand sal die wêreld verstom". Daarom is die Verkennersjeug trots daarop dat die vergadering verdaag moes word, dat hulle die proses van onderhandeling oor kulturele diefstal kon stuit.

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #1 op: October 14, 2008, 12:32:47 PM »
Goed gese, SP.
Wat meer is kry ons toe in die ruitveer 'n petisielys van die DA getiteld:

"Petisielys teen 27 straatnaamsveranderings in Pretoria (Tshwane)"

Blykbaar mag die stad se naam maar verander!!!
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #2 op: October 14, 2008, 12:39:33 PM »
Ruan,

Nou hoor ek die DA het ontrek uit die verset teen die naamsveranderings.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #3 op: October 14, 2008, 01:32:37 PM »
Waar hoor jy dit?

Dit wys jou nou net!
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #4 op: October 14, 2008, 01:40:42 PM »
DA uit veldtog vir name
Oct 14 2008 09:41:26:310AM - (SA)
Cobus Claassen

Die verenigde front wat op die been gebring is vir die behoud van die Jakarandastad se bedreigde straatname – Aksie Pretoria Straatname (APS) – het ’n gevoelige terugslag gekry.

Altesame 47 burgerlike organisasies het verlede maand aangekondig hulle gaan ’n gesament?like veldtog voer teen die Tshwane-metroraad se plan om die name van 27 strate in die stad die trekpas te gee.

Die raad het vroeër bekend gemaak hy soek nuwe name vir strate wat “aanstoot gee weens hul koloniale en apartheidsverbintenisse”.

APS sluit rolspelers van belangrike gemeenskaps-, kultuur-, landbou-, beroeps- en burgerregte-organisasies en politieke partye in.

Die groep het egter een van sy belangrikste vennote verloor toe die amptelike opposisie in die raad, die DA, sy steun aan APS onttrek het.

Die besluit volg ná die raad se openbaredeelname-vergaderings wat tot dusver deur grootskaalse chaos gekenmerk word.

Die DA maak geen geheim daarvan nie dat hy hom weens die VF+ se beweerde aandeel in die chaos onttrek het.

“Die DA kan nie deel wees van die groep terwyl sekere individue hierdie belangrike proses (openbare deelname) misbruik vir kortsigtige politieke gewin nie,” lui die brief waarin dié party sy “bedanking” verduidelik.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum en sameroeper van APS, het namens AfriForum gesê hulle is teleurgesteld met die besluit, maar het begrip daarvoor dat dit in die aanloop tot die komende verkiesing moeilik gaan wees om politieke partye om dieselfde tafel te laat sit.

“AfriForum sal egter voortgaan om met alle partye saam te werk en goeie verhoudinge te behou.”

Janho Engelbrecht, DA-raadslid, het dank uitgespreek teenoor AfriForum en Solidariteit vir “hulle harde werk in die bevordering van die Afrikaner se saak”.

Volgens Engelbrecht kan die VF+ se “selfgerigte politieke opportunisme” die saak laat verongeluk – waarin die DA nie ’n aandeel wil hê nie.

Hy sê die VF+ is onnosel om argumente soos dat die ANC name van terroriste en moordenaars wil vereer, te voer.

“Dit is die een manier hoe jy nie iets gaan regkry nie. Trouens, jy gaan juis die teenoorgestelde bereik.

“Die ANC het ’n groot meerderheid in die raad en om die proses met emosionele, rasgedrewe konfrontasie te benader, is onwys.”

Die VF+ sê hy kan nie die skuld dra vir die chaotiese manier waarop die vergaderings plaasvind nie.

Cornelius Jansen van Rensburg, VF+-raadslid, meen die ANC moet pa staan vir die vergaderings “wat niks anders as ’n rookskerm is nie”.

“Dit is ’n sirkus. Wat het van onafhanklikheid geword?” het hy gesê met verwysing na die vergaderings wat deur ANC-lede in die raad gelei word.

Die VF+ sê die ANC is naïef as hy gedink het die proses gaan sonder emosie en teenkanting verloop.

# APS moes teen druktyd nog ’n besluit neem oor hoe die DA se onttreking sy voortbestaan gaan beïnvloed.
 
http://www.news24.com/Beeld/Pretoria...409125,00.html

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #5 op: October 14, 2008, 01:44:43 PM »

Die besluit volg ná die raad se openbaredeelname-vergaderings wat tot dusver deur grootskaalse chaos gekenmerk word.


 ;D ;D ;D

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #6 op: October 14, 2008, 02:00:51 PM »
wie is nou hartseer oor hierdie nuwe verwikkeling.

Miskien gaan daar 'n paar mense se oë oop.  ;D  ;D  ;D
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #7 op: October 14, 2008, 02:25:35 PM »
DA uit veldtog vir name
Oct 14 2008 09:41:26:310AM - (SA)
Cobus Claassen

Die verenigde front wat op die been gebring is vir die behoud van die Jakarandastad se bedreigde straatname – Aksie Pretoria Straatname (APS) – het ’n gevoelige terugslag gekry.

Nee ou Cobus, die APS het eintlik 'n reuse vooruitgang beleef met die DA se onttrekking.

ASP Jan, Ruan, Werner en andere, sien julle nou wat het julle op jul eie hier reggekry? Julle stoute mense het op jul eie dit reggekry om die DA uit die APS te dryf. Sies (met so 'n halwe moffie klankie) vir julle!!!!  :-[
Apartheid is Liefde

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #8 op: October 14, 2008, 02:46:33 PM »
Brad Pitt, Ag ek bedoel Jankejan, dit is waar wat jy se.  Ons maak soveel rimpels dat selfs die VF en Afriforum versigtig is vir ons!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #9 op: October 14, 2008, 02:46:44 PM »
Julle moet tog Volksmikrofoon luister vandag. Ek vermoed daar sal onderhoude wees met Jan Beyers en die sweep van die DA.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #10 op: October 14, 2008, 02:51:43 PM »
Ek sal seker maak ek luister.

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #11 op: October 14, 2008, 03:25:10 PM »
Brad Pitt??? Sjoe...
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #12 op: October 14, 2008, 04:03:35 PM »
Brad..  nee wag.  Dit was Tom Cruise.  Die twee sagte outjies verwar ek met mekaar. 

Kyk wie was op die vergadering gisteraand..

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #13 op: October 14, 2008, 04:07:36 PM »
Hahahahaha, skerp!!!
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #14 op: October 14, 2008, 10:04:45 PM »
Kallie Kriel verwys na ons koor op TV as "radikale elemente" wat die proses ontwrig. Ook "kla" hy dat hy en ander nie geleentheid kry om "goeie" voorstelle te maak nie. Hy praat van hande vat en oplossings vind.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #15 op: October 14, 2008, 10:12:14 PM »
Wat is dit met Kallie dat hy net wil hande vat en versoen.  Die idee is mos om die vergaderings op te breek of is hy gelukkig om deel te neem in die heidige bestel.  Hulle is net 'n pyn in die gat.  Hy vuur sekerlik nog op 16 Desember versoeningsdag wanneer ons geloftedag vuur.
Dit maak my boos.    >:(
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #16 op: October 14, 2008, 10:31:41 PM »
Ja ek hoor wat julle sê, en ek hou ook nie daarvan as hulle sulke dinge kwyt raak nie, maar om hulle te beskuldig dat hulle versoeningsdag vier is onbillik. Hulle doen dinge dalk op 'n meer gematigde manier, maar hulle harte is dieselfde as ons s'n. Ek weet vanuit persoonlike gesprekke met Kallie en die mense by Afriforum en Solidariteit  dat hulle ook vryheid nastreef. Hulle gebruik net 'n ander kanaal.

Dis soos om te sê dat alle regsgeleerdes die grondwet ondersteun en alle staatskool onderwysers teen CVO skole is. Daar is mense wat die spel speel binne die reëls van die ANC, maar met 'n regse agenda.

Gun elkeen sy werkswyse. Afriforum, Solidariteit en VF+ het al baie vir die volk saak gedoen, al doen hulle dit dalk anders as ons.

Soos oom Henk vd Graaf so ruk gelede op radio PTA gesê het. As jy niks goeds van 'n volksgenoot te sê het nie, bly eerder stil. (walgvideo kommentaar op RPTA) Ons het genoeg vyande soos dit tans is..
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #17 op: October 14, 2008, 10:35:26 PM »
Vertel dit sommer vir Kallie Kriel ook!

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #18 op: October 14, 2008, 10:42:17 PM »
Ben hoe klink dit my jy is nukkerig met hulle?
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Mediaverklaring Verkennersjeug – en hoor jy die magtige dreuning?
« Antwoord #19 op: October 14, 2008, 10:48:46 PM »
Ons is veronderstel om aan dieselfde juk te trek. As hy ons nodig het (soos met die plakkerskamp voor die stadsraad in Rustenburg) dan is ons nie te radikaal nie. Wat help dit nou die saak as hy na ons verwys as "radikale elemente" net omdat ons nie sy siening deel oor die proses nie.

Ons het hom nie veroordeel vir die roete wat hy wil volg nie, wie gee hom die reg om ons te veroordeel?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal