Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....  (Read 11221 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #80 op: October 24, 2008, 01:13:11 PM »
Snaaks, tot vanoggend toe het die verkenners webwerf nog gewerk... en nou?

Ek stem saam met die Verkenners-president... goeie media verklaring.

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #81 op: October 24, 2008, 01:15:06 PM »
Die saak is tot die 21ste November uitgestel, dinge sal seker dan begin gebeur.
Apartheid is Liefde

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #82 op: October 24, 2008, 01:22:50 PM »
Wat seker ook uitgestel gaan word soos bespreek in jou vorige pos...

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #83 op: October 24, 2008, 02:04:44 PM »
Ai Frikkie

Wat jy dalk nie besef nie is dat die ANC jou en ander onkundiges gebruik om besluite te regverdig wat alreeds geneem is. Deur die vergaderings te hou kan hulle se dat daar met die publiek vooraf beraadslaag is. Intussen het die Metroraad met sy ANC meerderheid alreeds die besluit geneem om name te verander sonder insette van hul eie straatnaamsveranderings komissie.

Verder het ons gepoog om die vergadering op grond van die onwettigheid daarvan volgens openbare vergadering prosedure so beskaafd moontlik te laat verdaag deur 'n orde mosie in te stel. Eers nadat die mosie blatant geignoreer is het ons daarop aangedring dat die mosie aanvaar moet word of dat daar op gestem word deur die vergadering.

Nog verder het ons onsself geensins aan gewelddadige optrede skuldig gemaak nie maar was die slagoffers daarvan toe ons met stoele geslaan en gegooi is deur ANC lede.

Ek hoop die skrywe stel dinge in perspektief.

Ruan Combrink

Sekretaris Pretoria Verkenners Jeug
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #84 op: October 25, 2008, 08:00:38 AM »
VF+ wil hoë hof toe oor strate se name
Oct 24 2008 09:02:06:537PM  - (SA) 
Cobus Claassen

Die VF+ gaan die hooggeregshof vra om ’n stokkie te steek voor die Tshwane-metroraad se planne om die name van 27 Pretoriase strate te verander.

Mnr. Willie Spies, VF+-LP, het gister gesê sy party is optimisties dat die hof deur ’n verklarende bevel die raad se besluit oor die naamveranderings tersyde sal stel.

Die burgerregte-waghond AfriForum en die FAK het bevestig hulle gaan saam met die VF+-applikante tot die hofstryd toetree.

Volgens Spies sal hofstukke Maandag ingedien word.

Die VF+ se regsadviseurs meen die raad het wetgewing verkeerdelik vertolk en drie wette – die Wet op Munisipale Stelsels, die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) en die Nasionale Erfenishulpbronwet – verontagsaam.

Spies het gesê die raad het boonop sy eie beleid geïgnoreer met die besluit wat hy op 27 September verlede jaar geneem het. Opposisiepartye was erg ontstoke toe die ANC op dié vergadering die raad se beleid oor naamsveranderinge opsy geskuif het. Die ANC het die beleidsriglyn teengestaan wat beslis dat “in die gees van demokrasie minstens 51% van ge- registreerde kiesers in ’n betrokke straat skriftelik met ’n voorgestelde naamsverandering van die straat moet saamstem”.

Al sal die saak waarskynlik eers in middel-2009 aangehoor word, beteken dit die raad sal nou sekere reëls moet gehoorsaam en nie die proses kan stoomroller nie, het hy gesê.


# Mnr. Henk van de Graaf, president van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, het intussen gister in ’n verklaring toegegee lede van sy jeugbeweging was by Woensdagaand se chaotiese straatnaamvergadering in die Pretoria-Noord-stadsaal betrokke.

Die vergadering het op ’n rassegeveg tussen inwoners uitgeloop.

“Ek stel dit onomwonde dat ons nie gaan optree teen enige lede van ons jeugbeweging nie. Ons kan hulle net gelukwens met hul optrede.”
:)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2415631,00.html

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #85 op: October 25, 2008, 08:20:21 PM »
In die foto kan gesien word hoe die polisiebeampte 'n vuishou plant.

Sanderis

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #86 op: October 25, 2008, 08:33:19 PM »
Teen wie , weet jy ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #87 op: October 25, 2008, 08:49:23 PM »
Tom Cruise.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #88 op: October 25, 2008, 08:59:45 PM »
In die video:

1. Die stoel aanval.
2. Aanranding deur polisiebeampte (die man stuier sommer terug na die hou)
3. Onwettige arrestasie.



Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #89 op: October 25, 2008, 10:21:28 PM »
Karina het nou n belangrike punt aangehaal.

Ek dink dat die volgende vraag as van deurslaggewende belang beskou kan word:

Wie is diegene wat die mees direkte belang het by die verandering (aldan nie) van n straat se naam? Daar kan tog sekerlik n punt gemaak word dat dit juis diegene is vir wie daardie straatnaam deel van hulle addres is. Diegene wat woonagtig is, of n besigheid bedryf  in daardie straat.

Besighede bestel groot voorrade voorafgedrukte skryfbehoeftes (fakture, rekeningstate, bestellingsboeke ensovoorts) en dra dit in voorraad omdat dit goedkoper is om groot hoeveelhede te laat druk per eenheid. Nou moet hierdie voorraade skryfbehoeftres weggegooi word? Verandering van addres moet ook aan alle kliente en verskaffers gekomunikeer word, wat ook n duur proses is. Wat nog te se van die potensiele verlies aan besigheid as gevolg van verwarring?

Dalk is dit tyd dat hierdie menings-opnames juis gemaak word (en dat die uitslag per besigheid teenoor sy naam op n webwerf gepubliseer word - so kan ons weet waar om te koop). Tegnologie kan dinge baie vergemaklik - geregistreerde eienaars van besighede en privaat eiendom kan mos aanlyn hieroor stem.

Gestel nou die saak verskyn voor die hof. Dit sal nogal help om n opname voor te le wat bewys dat byvoorbeeld 71 persent van Pretorius Straat se inwoners en besighede nie die straat se naam wil verander nie.

Sou die hof dan teen hierdie demokratiese beginsel besluit kan dit mos groot implikasies inhou vir die regstelsel as geheel? Kan n hof die wil van n kleiner groep met n direkte belang ondergeskik stel aan die wil van n groter groep sonder direkte belang? Waar is die advokate - kry vir ons verwysings uit vorige sake!

Dit lyk asof die ANC dink dat as hulle nou n verkiesing gewen het, hulle nou kan maak soos hulle smaak op elke vlak en gebied. Dan kan hulle mos jou goed kom vat ook, want hulle is die meerderheid (Tirannie van die massas of Mob Rule) Waar is menseregte dan?

Wie gaan vir ons hierdie webblad bou? (Onthou net dat wettige eienaars eers moet registreer teenoor hul eiendom voor stemming kan plaasvind)

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #90 op: October 26, 2008, 12:12:52 AM »
"
Nuwe Pta-straatname kos R1 miljard
Cobus Claassen 
"

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #91 op: October 26, 2008, 08:02:39 PM »
Net wittes is vergadering verbied
Oct 26 2008 06:31:05:203PM  - (SA) 

Die berig in Beeld oor die straatnaamvergadering (“Die stoele waai by straat-vergadering”, 24 Oktober) kon meer spesifiek gewees het. Ek haal aan: “Ontevredenheid het agterna geheers toe net een groep toegelaat is om verder aan die vergadering deel te neem, terwyl die ander groep toegang geweier is.”

Ek wil dit duidelik stel dat die groep wat toegang geweier is, diegene is wat teen straatnaamveranderings is – dus die blanke groep.

Die ANC-volgelinge was die enigstes wat die vergadering ná die voorval kon bywoon. Dit nadat die geweld uitgebreek het as gevolg van die optrede deur ’n ANC-ondersteuner. Dit wys duidelik dat die ANC glad nie verdraagsaam is teenoor enige persoon of groepering wat nie met hulle saamstem nie.

Die “Maak dood Lekota/Shilowa”-skreeuery is ook ’n duidelike voorbeeld daarvan.



Alwyn de Klerk, Randfontein

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2416154,00.html

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #92 op: October 26, 2008, 08:05:26 PM »
En as die naam van die skrywer van die brief bekend lyk, dit is 'n Bravolander, wat ook 'n Verkenner is en ook 'n CVO ouer.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #93 op: October 27, 2008, 09:23:55 AM »
Frikkie, dit is mos nou hoe ons daai man al ken. Hulle is baie praat en niks doen. As daar dan iets gedoen is deur ander mense, dan ry hy op hulle rug om homself te laat goed lyk. Dus, ignoreer die man en alles wat hy uitlaat, want waarheid ken hy nie.

Groete
Christa

Verkenners, WELGEDAAN!!
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #94 op: October 28, 2008, 10:09:49 PM »
'n Stukkie van die ANCBC-nuus, ek weet nie of mens 'n Facebook-profiel moet hê om dit te kan sien nie, maar probeer maar:

http://www.facebook.com/wall.php?id=36580260983#/video/video.php?v=34800036609&oid=36580260983

Dankie Sarel!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #95 op: October 28, 2008, 11:39:17 PM »
Dankie, nou hoekom vertel julle ons nou eers hiervan, dit is al amper argief materiaal.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #96 op: October 28, 2008, 11:45:34 PM »
Ek vra tog so nederig om verskoning, ek het dit eers vanaand gesien, maar ek sien Sarel het dit al 'n week terug gelaai.

Ek is bly ek het nie in daardie saal voor Jankejan gestaan nie....  ;D

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #97 op: November 07, 2008, 01:08:35 PM »
My ma bel my gister en vra of dit ons (menende Bravoland se) Jan van Zyl is wat gearresteer was, want in die laaste drie uitgawes van Die Afrikaner lees sy in elke tweede berig van dié arrestasie.  ;D

My ma wens ook al die Verkenners geluk met julle "goeie" optrede!

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #98 op: January 17, 2009, 10:06:46 PM »
Afrikanerbond se mening oor die Pretoria-petalje en straatnaamveranderings oor die algemeen. Lyk my hulle het 'n nuwe "buzz"-woord - versoening.

Motlanthe maak stem dik oor name

In ANC Today bring President Kgalema Motlanthe ‘n nuwe dimensie in die proses van naamsveranderinge na vore. Die ingryping van President Motlanthe in die mondstuk van die ANC moet verwelkom word aangesien die party in vele dorpe en stede versoening eerder belemmer het met die koorsagtige haas om die name van dorpe en strate te verander. In onder andere Limpopo, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Potchefstroom, Pretoria asook 27 straatname in Pretoria is die eensydige proses van naamsveranderinge ‘n groot verdelende faktor.

Dit moet verwelkom word dat President Motlanthe nou ‘n groter verantwoordelikheid plaas op munisipaliteite om eers uitvoerige ondersoeke en navorsing te doen oor naamsveranderinge en die inbinding te kry van alle gemeenskappe. Dit sal die eensydige proses wat tot sover gevolg is aan groter balans onderwerp. Hierdie beroep van president Motlanthe sal hopelik tot gevolg hê dat daar groter begrip sal kom vir plekname wat moontlik aanstootlik mag wees, maar veel eerder ook begrip vir plekname wat bepaalde historiese waarde het.

Hierdie beroep van President Motlanthe kan bydra tot die nasionale konsensus oor plekname wat alreeds in Maart 2008 ‘n aanvang moes geneem het en wat op 6 November 2007 deur dr Zola Skweyiya, minister van Maatskaplike Ontwikkeling en Voorsitter van die Kabinet se Maatskaplike Sektor groepering tydens 'n parlementêre voorligtingsessie met groot geskal aangekondig is.  Hierdie proses het nog nie ‘n aanvang geneem nie en is dit dus voortydig, om selfs net voorstelle te maak, oor naamsveranderinge vir stede, dorpe en selfs strate.

Die Afrikanerbond vertrou dat veral die ANC munisipaliteite President Motlanthe se voorstel met die nodige erns sal hanteer aangesien hierdie ‘n baie belangrike maar ook emosionele kwessie is. Dit is nodig om ‘n wedersyds aanvaarbare oplossing te vind vir die noodsaaklikheid, maar ook vir die proses van naamsverandering.

Hierdie saak is ook deur die Afrikanerbond met die Premier van Gauteng, mnr Paul Mashatile in November bespreek aangesien die proses wat tot dusver in Pretoria gevolg is ernstige implikasies vir versoening inhou.  Tydens die gesprek het die AB gesê dat dit jammer is dat die proses in Pretoria emosies so onnodig opjaag. Die eensydige proses waarvolgens 27 name gaan verander en die “konsultasie” proses tydens die openbare verhore kan nie aanvaar word nie en het baie skade gedoen en verdere polarisering tussen gemeenskappe veroorsaak.

Premier Mashatile het genoem dat dit dalk tydig is om met ‘n proses van provinsiale konsensus in Gauteng te begin ten einde versoening te bewerkstellig. Die Afrikanerbond sal so ‘n proses slegs  ondersteun mits alle groepe se insette verreken word, mits dit nie ‘n eensydige proses is nie en mits daar duidelike riglyne is waarvolgens plek en straatname verander sal word. Die geskiedenis kan nie eensydig herskryf word nie.

Die Afrikanerbond het die gesprek met Premier Mashatile besonder waardeer aangesien ons die indruk gekry het dat hy opreg is in die soeke na ‘n behoorlike en wedersyds aanvaarbare oplossing vir die naamsveranderingsproses.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Metroraad gebruik Gestapo tipe Polisiering.....
« Antwoord #99 op: January 18, 2009, 06:19:09 AM »
Dit is soos altyd - verkiesing beloftes, niks meer as dit nie
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal