Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Passop wat jy sing!  (Read 1623 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Passop wat jy sing!
« op: October 23, 2008, 04:55:58 PM »
Dit is wel bekend dat die ANC leier Jacob Zuma gereeld stydliedere sing. Sy volgelinge sing ook gereelde sy kenmerkende "bring my masjien geweer" wanneer hulle steun aan hom wil wys of om persone wat hulle teenstaan te intimideer. Daar is egter ander liedere wat hierdie radikale elemente sing, die temas waarvan heelwat die geweld wat hulle gaan pleeg teen blankes en veral boere bevat. Teen hierdie persone is nog nooit opgetree nie en dit blyk dat dit as aanvaarbaar ge-ag word deur die polisie.

Daarteenoor is "Jan Pierewiet",  "Sarie Marais" en ander Afrikanervolksliedere heeltemal onaanvaarbaar. 'n Bewys hiervan is die reusagtige polisie teenwoordigheid by die openbare vergadering oor straatnaamveranderings by die Pretoria-noord stadsaal. Die Polisie het slegs opgetree teen die Afrikaners wat hierdie liedere gesing het en nie eens die geweldadige wyse waarop 'n ANC/SAKP lid die Afrikaners met 'n stoel aangerand het, kon die polisie motiveer om teen die ANC/SAKP lid op te tree nie.

'n Versoek sal gerig word aan die FAK om 'n waarskuwingsnota aan die FAK-sangbundel te heg: "Hierdie liedere kan polisiegeweld veroorsaak".

Die uwe,

Ben Geldenhuys
« Laaste verandering : October 23, 2008, 04:59:31 PM deur Ben Geldenhuys »

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Passop wat jy sing!
« Antwoord #1 op: October 23, 2008, 05:06:08 PM »
De la Rey, De la Rey......hulle dink dis verby......
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Passop wat jy sing!
« Antwoord #2 op: October 23, 2008, 05:21:28 PM »
Ek wonder net wie beledig "Jan Pierewiet" en "Sarie Marè" en moenie van "Bobbejaan klim die berg vergeet nie"  wat sal hulle dan nie sê van "Pollie ons gaan paarl toe" nie.

Dit werk mos altyd so dat hulle mag sê wat hulle wil en niemand van hulle sê dis rassisties nie maar laat een van ons dit doen dan is hulle vinnig om te sê ons is rassiste.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Insake: Passop wat jy sing!
« Antwoord #3 op: October 24, 2008, 08:11:23 AM »
SP,

Ek dink dat ons verwerking van "die lied van jong Suid-Afrika" ons vir 'n toekenning in aanmerking sal laat kom.
Dis net jammer van die agtergrond geraas wat die opname beduiwel het. Ou Steve sal oor sy skouer moet kyk. Die Verkennerkoor se tradisionele liedjies kan 'n platinum verkoper word.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Passop wat jy sing!
« Antwoord #4 op: October 24, 2008, 11:09:11 AM »
Steve gaan seker dan die Verkenners wil nader om saam te sing om meer geld in sy sak te kan druk.  Ek hoop dit word dan van die hand gewys.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Insake: Passop wat jy sing!
« Antwoord #5 op: October 24, 2008, 02:15:45 PM »
Te midde van die chaos het die ANC groepie vergader noudie aand. ASP Jan se pa het 'n gedeelte van hulle "leier" se toespraak op band gekry.

Jan, kry dit asb vir my. As dit zoeloe of Xhoza is sal my stiefpa dit kan vertaal dan pos ek dit hier erens.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal