Skrywer Onderwerp: Om na grashalms te gryp  (Read 1349 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Om na grashalms te gryp
« op: November 02, 2008, 07:39:14 PM »
Die winde van politieke verandering het sedert Desember in Suid-Afrika verwoesting gesaai. Hierdie winde volg na Jacob Zuma verkies is as president van die ANC. Mbeki is soos 'n koerant in die wind van die politieke speelvlak gevee. Talle ongelukkige ANC lede het van die geleentheid gebruik gemaak om uit die party te dros. Die belangrikste is seker die sogenaamde Shikota groep.   Hierdie groep het die naweek 'n konferensie gehou in Sandton. 4000 mense het die konferensie bygewoon en talle is met busse uit die Oos-Kaap aangery. Op tipiese Afrika manier is daar nie vroegtydig vir die spul verblyf gereel nie en daar was weer geskarrel om in die Sandton hotelle verblyf te reel. 'n Mens kan maar net wonder wie vir die "vakansie" betaal.

Die DA het seker uit paniek, ook hierdie konferensie bygewoon, want as die Shikota groep slaag, sal die DA nie meer die amptelike opposisie wees nie. Oor hoe Helen Zille ontvang is, is daar ook verskillende menings. Praag se verslaggewer reken sy is feitlik ge-ignoreer, waar Rapport se verslaggewer reken sy is verafgod. Vreemd.

Tog is hier 'n nuwe dimensie in SA politiek. Die ANC gaan moontlik nou sy eie opposisie word. 'n Opposisie met presies dieselfde doelstellings as die ANC. M.a.w slegs 'n magstryd van persoonlikhede.

Wat egter skokkend is, is die hoeveelheid blankes wat nou glo dat die manier om die ANC te stop, is om die nuwe ANC te ondersteun. Die beginsels van die nuwe ANC is blykbaar nie belangrik nie, solank hulle die ANC stop.
Kan mens rerig so naief wees om na enige grashalms te gryp? 

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Om na grashalms te gryp
« Antwoord #1 op: November 03, 2008, 08:21:14 AM »
Ek moes ook tot my skok verneem dat daar werklik blankes is wat die nuwe party wil ondersteun 'al is dit nou swart'. Liewe aarde! Watter deel van 'jy vertrou nie 'n volksvreemde nie' verstaan hulle nie?  >:(
Moed Vryheid Eer

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Om na grashalms te gryp
« Antwoord #2 op: November 03, 2008, 10:14:23 AM »
Geskiedenis herhaal homself:

Retief onderhandel met Dingaan...

Die aanloop na die nuwe / 2de slag van Bloedrivier het begin...


PIETER RETIEF

Piet Retief verken Natal

Nadat die Trekkers tydens 'n vergadering op 13.9.1837 nie oor die bestemming van die Trek kon ooreenkom nie, swaai Retief ooswaarts omdat hy besluit om hom in Natal te vestig. Sy laer bly egter wes van die Drakensberge onderwyl hy met vyftien man en vier waens op 'n sending na Dingane vertrek om met hom te onderhandel oor 'n woongebied vir die Trekkers. Sy reis neem hom oor Port Natal waar hy teen die middel van Oktober 1837 aankom. Hy word baie hartlik verwelkom deur 'n aantal Engelse handelaars wat verheug is oor die vooruitsig dat die binneland deur Blankes bevolk gaan word. Toe hy sy reis teen die einde van Oktober teen die kus langs na Dingane voortsit, vergesel Thomas Halstead hom as tolk.

Retief berei Dingane voor op sy koms deur hom per brief te vra om hom te ontmoet en die doel van sy besoek te verduidelik. Die koning staan hom egter nie dadelik te woord toe hy op 5.11.1837 in Mgungundhlovo aankom nie; hy het vroeër, na ontvangs van Retief se brief, eers vir Allen Gardiner, 'n sendelingfilantroop wat sy vertroue geniet, na die hoofkraal ontbied om hom te adviseer tydens sy onderhandelinge met Retief Gardiner daag egter nie op nie en Retief ontmoet die koning in die teenwoordigheid van eerw. Francis Owen, 'n sendeling wat deur die bemiddeling van Gardiner kort tevore by die hoofkraal geplaas is.

Piet Retief besoek Dingane

Nadat Retief sy versoek tot Dingane gerig het, beskuldig die koning hom dat die Boere sy vee gesteel het, alhoewel hy daarvan bewus is dat Sekonyela, 'n baTlôkwa-kaptein, eintlik die skuldige is. Retief wys hom daarop en Dingane beloof om

Die Traktaat-monument

Die gebied tussen die Tugela en die Umzimvubu aan die Trekkers af te staan indien Retief die gesteelde vee herneem en aan hom besorg. Alhoewel Dingane se eis onredelik is, en waarskynlik gestel is met die doel om 'n botsing tussen Sekonyela en Retief te bewerkstellig, stem hy nogtans in om aan die voorwaardes te voldoen.

 
Op 8.11.1837 vertrek Retief vanaf Mgungundhlovo oor Port Natal terug na sy waens. Hy stuur boodskappers vooruit met die nuus omtrent sy onderhandelinge met Dingane. Toe die Trekkers die gunstige uitslag verneem, begin hulle dadelik en sonder om die koms van hul leier af te wag, om teen die Drakensberge af te trek en versprei oor 'n wye gebied. Retief slaag sonder veel moeite daarin om die beeste van Sekonyela terug te kry en neem ook 'n boete van 'n klompie perde en gewere.

Retief se verdrag met Dingane

Retief besluit onverwyld om 'n tweede besoek aan Dingane te bring en beplan aanvanklik om met 'n sterk mag van ongeveer 200 gewapende man na Mgungundhlovo te vertrek, maar Gerrit Maritz en sommige van die Trekkers maak beswaar daar hulle meen dat Retief hom onnodig aan gevaar wil blootstel en dat die sending ewe goed deur Maritz en 'n klein afvaardiging onderneem kan word. Retief bly onversetlik en vertrek op 25.1.1838 na Mgungundhlovo met ongeveer sestig vrywilligers, met inbegrip van sy eie seun en nog drie minderjariges, asook dertig agterryers. 'n Aansienlike getal van die Trekkers, soos Gerrit Maritz, is egter hoogs ontevrede met Retief se 'ondemokratiese' handelwyse en nie geesdriftig omtrent hierdie tweede besoek aan die Zoeloekoning nie.


Die moord op Piet Retief en sy geselskap

Onbewus van Dingane se verwardheid en wantroue teenoor die nuwe instroming van Blankes in Natal, kom Retief en sy manskappe op 3.2.1838 by Mgungundhlovo aan. Omdat hy oortuig is van die koning se goeie bedoelinge vertoef hulle nog nadat Dingane die grondbrief, gedateer 4.2.1838, onderteken het waarin hy ten gunste van die Trekkers afstand doen van die gebied tussen die Tugela en die Umzimvubu wes van die land van die Zoeloes, en noordwaarts van die see tot so ver as wat dit vir hulle bruikbaar is.

 
Omdat Retief onder die indruk verkeer dat 5 Februarie 'n Sondag is, besluit hy om eers op 6.2.1838 te vertrek. Die oggend voor hulle sou vertrek, waarsku William Wood, 'n jong seun wat by eerw. Owen bly en die Zoeloe-taal goed verstaan, 'n aantal Boere dat Dingane bose planne teen hulle in die mou voer.

Niemand steur hom daaraan nie. Retief is besig om vir die terugrit gereed te maak toe hy en sy hele gevolg na Dingane ontbied word om hom te groet en deur hom onthaal te word. Soos dit die gewoonte is, verskyn hulle ongewapend voor die koning. Terwyl hulle bier drink en na die dansende Zoeloes kyk, gee Dingane bevel dat die towenaars gedood moet word. Op 'n afstand kan eerw. Owen se huishouding die moord waarneem. Die slagoffers word gesleep na die galg-heuwel, kwaMatiwane, 'n klipperige uitloopsel van Hlomo Amabutho, ongeveer 'n halwe myl noord van die hoofkraal, en aan die aasvoëls oorgelaat. Volgens oorlewering is Retief se hart en lewer verwyder en in die pad begrawe waarmee hy gekom het. Die Zoeloes glo dat dit ongeluk vir die Blankes sal bring as hulle terugkeer om wraak te neem.

 
Die moorde by Blaauwkrantz, Moordspruit,
Malanspruit en Boesmansrivier


Dieselfde dag nog vertrek die Zoeloes om die niksvermoedende Trekkers by Bloukransrivier, Moordspruit, Malanspruit en Boesmansrivier aan te val. Hierdeur word die Boere in Natal in die onbeskryflikste ellende gedompel, maar die aankoms van nog Trekkers en veral A. W. J. Pretorius* maak dit moontlik om tien maande later die Zoeloemag te breek. Na die slag by Bloedrivier (16.12.1838) vlug Dingane nadat hy sy stat aan die brand gesteek het. Die oorwinnaars vind die beendere van Retief en sy makkers op kwaMatiwane, asook Retief se leertas met die grondskenkingsakte nog daarin. Die beendere word in 'n gesamentlike graf geplaas waarop later 'n gedenkteken aangebring is.


Kommentaar oor Piet Retief

Retief is een van die mees tragiese figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Deur sy opvoeding, intelligensie, ondernemingsgees en persoonlikheid is hy toegerus om uit te styg bo die gemiddelde en voorbestem om 'n leier te word. Hy het dan ook daarin geslaag om die respek en vertroue af te dwing van almal wat hom geken het. Die Britse Setlaars het sy goedhartigheid, belangstelling en hulpvaardigheid geloof en die owerheid het in hom 'n man met leiers-hoedanighede herken en dienooreenkomstig met hom gehandel. Vir die boere op die oosgrens en later tydens die Groot Trek was hy die onbetwiste leier.

Piet Retief se blinde geloof in sy medemens en sy oormatige selfvertroue het tot gevolg gehad dat hy in sy lewensduur van sewe-en-vyftig jaar baie persoonlike mislukkings belewe het. Sy eiendoms- en handelstransaksies het vir hom bankrotskap gebring. As verkose leier kon hy nie daarin slaag om die Trekkers te verenig nie, en sy pogings om 'n permanente tuiste vir hulle te vind, het geëindig met sy eie ontydige ondergang en groot ellende vir die gemeenskap wat hy gedien het. Retief se betekenis in die geskiedenis lê veel meer in wat hy verpersoonlik het vir die vryheidsliewende Afrikaner as in wat hy werklik tot stand gebring het.

Daar bestaan so ver bekend geen outentieke afbeelding van Retief nie. Terwyl hy op die oos-grens was, het hy 'n skildery van hom laat maak, maar dit het verlore geraak. Daar bestaan egter 'n hele aantal afbeeldings van hom wat na sy dood gemaak is. In die 1820-Setlaarsgedenkmuseum, Grahamstad, hang 'n portret van hom wat in 1867 deur A. Elliott geskilder is. In die Voortrekkermonument, Pretoria, is hy op drie panele afgebeeld: waar hy ingehuldig word as Goewerneur (no. 6), waar hy met Dingane onderhandel (no. 12) en waar hy en sy manne om die lewe gebring word (no. 13). Hierdie panele en die hoekfiguur in die Monument is deur Frikkie Kruger ontwerp. Voor die gerestoureerde Voortrekkergedenkkerk in Pietermaritzburg is in 1962 'n standbeeld van Retief (deur Coert Steynberg) opgerig.

Bron: http://www.groottrek.co.za/retief_02.htm#Die%20moord%20op%20Piet%20Retief
         http://gelofteland.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=257&Itemid=66

Onthou aksie Bloedrivier Gelofte 170    www.bloedrivier.org

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Om na grashalms te gryp
« Antwoord #3 op: May 17, 2009, 08:33:19 PM »
Cope was toe net grashalms in die wind....


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal