Skrywer Onderwerp: AVP Mediaverklarings  (Read 7756 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
AVP Mediaverklarings
« op: November 04, 2008, 04:12:16 PM »
Ter kennisname.

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #1 op: November 05, 2008, 09:22:50 PM »
Obama

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #2 op: November 11, 2008, 08:24:22 AM »
VF+ Koalisie

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #3 op: November 11, 2008, 12:55:25 PM »
Buchan

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #4 op: November 11, 2008, 04:08:57 PM »
Dankie Sanderis, die mediaverklaring aangaande Buchan het nou vir my n paar dinge duidelik gemaak. n Baie oulike en skerpsinnige jong man (n kollega) het my gister gekonfronteer en wou weet of ek gaan stem. Sou houding was dat dit my Christelike plig is om te stem - en ek kon nie mooi agter die kap van die byl kom nie. Ek is egter bewus daarvan dat hy graag groot Christelike byeenkomste bywoon - soos ek gese het werklik n oulike mannetjie. Nou weet ek waar dit vandaan kom.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Oom Henry

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #5 op: November 11, 2008, 08:13:23 PM »
About this mixing of the Kaffirs with the Indians I must confess I feel most strongly. I think it is very unfair to the Indian population, and it is an undue tax on even the proverbial patience of my countrymen.” Mahatma Ghandi

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #6 op: November 11, 2008, 08:32:54 PM »
Oom Henry, elkeen moet handel volgens sy beginsels - niemand kan vir jou se of jy moet stem of nie. Persoonlik het ek nie vertroue in beroepspolitici nie. Onthou dat hulle ook maar salarisse trek en die regte geluide sal maak hiervoor. Ons het ons vryheid De Facto veloor, nie De Jure nie. Daar was geen De Jure regverdiging vir wat in 1994 gebeur het nie.

Nou is daar baie argumente (voor en teen) om te gaan stem. Ek is oortuig daarvan dat ons ons vryheid ook weer De Facto gaan terugkry, nie by die stembus nie (DeJure). Daarom is dit so belangrik om te verenig rondom beginsels, en nie rondom instansies, mense of politieke partye nie.

Ek ondervind egter n ernstige probleem daarmee as n Christelike saamtrek as forum gebruik word om te verkondig dat om te stem ons Christelike plig is. Dit is dan dieselfde as toe sekere kerke verklaar het dat apartheid sonde is.  By implikasie word al my voorouers dan skuldig bevind aan n sonde, en verdoem tot die hel, vir die eenvoudige rede dat weens apartheid my vel vandag wit is en nie koffiekleurig nie.

Dit, oom Henry, is onaanvaarbaar. Godsdiens moet nie as n partypolitieke speelbal gebruik word om mense vir n aardse saak te mobiliseer nie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #7 op: November 11, 2008, 08:39:13 PM »
Buchan


Moet ons dus nie gaan stem nie?


Oom Henry, my antwoord op hierdie vraag is nee. En al sou ek wou gaan stem, sou ek moes wag tot 2014, want ek het nog nooit geregistreer nie, en nog nooit gestem nie. Ek is wel op die VVK se kieserslys geregistreer (en ek wil almal aanmoedig om ook daar te registreer).

Hier is 'n draad wat oor hierdie onderwerp gaan, "Waar is die stemmers?", ek sal gou die skakel soek en dit plaas.

*****************************

Ek het dit gekry:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=517.msg51422#msg51422
« Laaste verandering : November 11, 2008, 08:42:49 PM deur Karina de Jager »

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #8 op: January 05, 2009, 05:50:31 PM »
Webwerf van die Afrikaner Volksparty in lewe: 
http://www.afrikanervolksparty.co.za of http://www.afrikanervolksparty.org.za

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #9 op: January 05, 2009, 06:43:22 PM »
Die volgende artikel is op die AVP se webblad.

Mynsinsiens word hier 'n paar rowwe bewerings gemaak wat die artikel 'n onverdunde stuk verdagmakery maak.  Ek sal graag wil hoor wat julle daarvan dink. 

--------------------------------------------------------------

 Volkseie Sakekamers, Afrikanerbanke en die Nuweland Maatskappy

 Written by Mnr AF v Wyk   
Sunday, 04 January 2009 12:50

Dit word veronderstel dat regeerders ‘n plan moet hê wat ten minste vir 20 jaar vooruit moet kan projekteer.  Dit is presies wat ons volksverraaiers, die Broederbonders en hul meelopers gedoen het met die hulp van die internasionale geldmag.

Net ‘n naĭewe mens sal glo dat die NP hul mag in 1994 op ‘n skinkbord aan die ANC sou oorhandig sonder dat geheime agendas reeds in plek was.  Selfs Joe Slovo en Kie was verbaas dat De Klerk niks vir die Blankes beding het nie, veral die beloftes van eie skole, eie kultuur, eie woonbuurtes en moedertaalonderrig, alles deel van ‘n goed uitgewerkte plan.
Die Boerevolk het tevore opgestaan uit die as van die Tweede Vryheidsoorlog en alleenlik deur harde werk met die sëen van God ekonomies vooruitgang gemaak. Hierdie opkomende nasie was ‘n doring in die vlees van die hebsugtige geldmag wat alles wil beheer en manipuleer. Die ou resep van buitelandse druk, boikotte en omkoop van gierige leiers is weer nagevolg.
Nêrens in die geskiedenis van Afrika bestaan bewyse dat ‘n swart regering ‘n land suksesvol kon regeer nie. Lewer die volk dus uit aan die swart ANC, wag vir die anargie wat noodwendig sal plaasvind en neem dan die beheer oor hierdie land. Ontneem die Afrikanervolk só van feitlik alle mag en maak dit vir hom onmoontlik om sy identiteit te behou.
Die Boerevolk het reeds ‘n groot deel van sy ekonomiese mag verloor. Die internasionale geldmag het gehoop dat sy oornameproses vir SA veel vinniger sou geskied, maar die onvermoë van Swartes om ekonomies te beplan het dit vertraag, selfs ten spyte van die Swart Ekonomiese Bemagtingingsprogram as voertuig (BEE).
Dit het klaarblyklik ook tyd geword vir ons volksvyande om die finansies van ons volk te sentraliseer en beheer daaroor uit te oefen. Waarom anders sal projekte soos Nuweland, Volkseie sakekamers en Afrikanerbanke nou skielik soos paddastoele opskiet? Ons weet mos waarlê die sentimente van ons volk. Hang net die regte etikette om die verskuilde planne en hierdie goedgelowige volk sal dit uit desperaatheid verorber.
Volgens Christo Burger van die Nuweland-foefie word ons volkie glo al meer agterdogtig hoe slegter dit met ons gaan.     Die waarheid is,in hierdie smeltkroes waarin ons tans verkeer, het ons net ‘n deel van ons kinderlike naĭwiteit verloor, maar ons was nog nooit ‘n agterdogtige nasie nie; dit is waarom ons telkens so maklik mislei kon word.
Op die oog af lyk hierdie projekte en planne baie goed en kan die Afrikaner kwansuis goeie vrugte hiervan pluk.  Die werkloosheid onder Blankes kan aangespreek word en ‘n projek soos Nuweland kan op die korttermyn bydra dat daar weer dissipline, eenvormigheid, samewerking en nasionalisme onder die Afrikanervolk bewerkstellig word.  Maar oor die langtermyn verstewig dit  die geldmag se greep.
 Wat die ‘volkseie sakekamers’ betref, moet ons oplet na die soort onderneming, wie aandele het en wie daar werk. As gevolg van regstellende aksie en wetgewing word besighede gedwing om ‘n sekere persentasie Swartes deel van die besigheidsbestuur te maak . Swartes in direksionele posisies sal nooit toestem tot die bevordering van die blanke ekonomie nie. Sal dit hier die geval wees dat dergelike besighede op twee stoele sit om hulself te bevoordeel? Sommige sê ja vir volkseie sakekamers en ander vir BEE, en so word beide aan die gang gehou en kry hul die goedgesindheid van die Afrikaners om hulle te ondersteun?
Ondernemings wat nou hul hand na die Afrikaners uitsteek is reeds gevestigde besighede met ‘n gevestigde werkerskorps. Is hulle bereid om hulle swart werknemers af te dank om plek te maak vir die werklose Afrikaner?  Wat is hierdie besighede se toekomsvisie tov afsonderlike ontwikkel of bly dit die grootste van alle sondes?  Die skape sal hier van die bokke geskei moet word want daar is wel besighede wat dit erns het met ons volksaak.
Die ‘redder’ wat skielik na vore gekom het met die Nuwelandprojek, Christo Burger,is baie behep met ons vorige ondergrawers en moordenaars.  Waar Engeland en Amerika ons skaamteloos uitbuit deur ons minerale, grondstowwe en besighede op te raap, predik hierdie man ‘n volkstad of staat.   Christo Burger ken duidelik die maak al die regte geluide, tokkel op hul sentimente, klits ‘n bietjie godsdiens by, wakker die vrees aan by ‘n reeds weerlose volk, misbruik hulle Calvinistiese streep om hul skuldig te laat voel, en siedaar,  ‘n wenresep om met goedkoop arbeid en kundigheid vir die geldmag ‘n wêreldstad te skep!  Burger se verwysing na internasionale sakevennote is ook veelseggend. Wat bly dan volkseie? Dit is nie verkeerd om van internasionale finansiering gebruik te maak nie, maar hierdie finansieringsbron is nie ons sakevenoot nie. Sakevennootskap impliseer immers ‘n vennootskap waar elkeen gelyke seggenskap en inspraak het. Die rooi ligte flikker vir die Afrikaner as ‘n buitelander gelyke seggenskap oor die besighede en bates van Nuweland sou hê. Dit sal, soos tans onder die ANC, veroorsaak dat dividende en winste nie teruggeploeg word in jou eie land nie, maar dat kapitaal die land verlaat en groot druk op die ekonomie plaas.
As alles in plek is volgens die ontwerpers,  word  die  deure   na sewe jaar oopgegooi en Nuweland word op die basis  van  ‘ n  vryemarkstelsel   bedryf  sodat volksvreemdes weer eens kan oorneem, dít wat met bloed en sweet deur die Afikaner tot stand gebring is. Die Afrikaner kry darem ‘n suigstokkie van ‘n erfie en goedkoop huisie as beloning vir sewe jaar se arbeid. Ná sewe jaar waartydens hierdie wêreldstad gebou en sewe miljoen hektaar ontwikkel is, mag ons dan by die regering gaan bakhand staan en smeek vir onafhanklikheid. Vir die res van sy lewe sal die Afrikaner in sy goedkoop huisie bly, teen ‘n belaglike salaris werk by besighede wat aan die Nuweland Maatskappy behoort, en baie dankbaar moet wees vir sy “vryheid”.  Nooit sal hy kan bekostig om aandele in hierdie maatskappy te bekom en voordeel daaruit trek nie. Sy finansiële posisie sal steeds benard bly omdat hy soos ‘n slaaf vir sewe jaar moes werk sonder behoorlike vergoeding.
As mnr Burger se motiewe sonder enige verskuilde agendas is, waarom nie inskakel by Orania nie?  Want hy wil ‘n temastad skep wat buitelandse toeriste sal lok, en ‘n ‘kappiekommando’pas nie daarin nie!
Dit is ook insiggewend dat ‘n maatskappy as ondernemingsvorm gekies is en nie ‘n koöperasie  waaruit  die  hele  Afrikanervolk voordeel kan trek nie. In ag genome die haglike omstandighede van baie Afrikaners, sal daar talle wees wat ten gronde gaan.  Met die Nuweland-projek is dit nou sommer maklik om vryheid in ‘n volkstaat te verkry, spesifiek op ‘n tydstip waar rassespanning in Suid-Afrika breekpunt bereik het en ‘n burgeroorlog ‘n werklikheid is. En daar word ons toe tweedeklas burgers in ‘n volkstaat wat ons sal verhoed om op te staan vir die res van ons erfenis wat vertrap en vernietig word!
Die geldmagte weet ook dat wanneer rassekonflik in Suid-Afrika ontstaan, dit vinnig wêreldwyd kan versprei omdat veral Europa reeds met groot getalle swart immigrante sit. Daarom moet hierdie situasie so gou moontlik ontlont word deur ‘n volkstaat as oplossing. Hierdie Afrikanerstaat mag egter nooit te sterk word sodat dit ‘n bedreiging vir die res van Suid-Afrika inhou nie.  Nuweland moet dus as ‘n wêreld -vakansiestaat ontwikkel word en die Afrikaner ‘n vermaaklikheidsvolk word sonder nasionalisme. Die vryemarkstelsel sal verder sorg dat ons nooit weer enigiets ons eie kan noem nie.  En indien daar nie geslaag word om die rassespanning suksesvol te ontlont nie, moet daar ‘n plan B in plek wees.
Wanneer rassekonflik in Suid-Afrika uitbreek, is die kanse goed dat die Afrikaners deur die genade van God die stryd sal oorleef; dit besef ons vyande ook,  en daarom is dit van kardinale belang dat alle Afrikanerbelange nou reeds op alle terreine deur die vyand beheer probeer word.  Daarom sal Nuweland Maatskappy ook die handel en ekonomie binne en buite die voorgenome Volkstaat beheer, en is die Afrikanerbanke en -sakekamers reeds besig om in plek gestel te word.  Waarop ook gelet moet word is dat daar nie daadwerklike pogings aangewend sal word om die beloofde Afrikanerbeheerde geldeenheid binne ‘n ‘volkstaat’ tot stand te bring nie, juis met ons eie Reserwebank teenwoordig, want ons moet steeds beheer word deur globalistieste geldmagte.
Om politieke mag oor die Afrikaner te verkry word die ou metodes oor en oor gebruik van leuens, verdeling en beheer, praat regs en doen links.  Daarby sal ons ewig ‘n goedvertrouende, kultuurvaste Christenvolk bly wat voortdurend sal soek vir ‘n uitkoms na volksvryheid want dit is diep gesetel in ons gene, maar laat ons nie soos skape ter slagting op sleeptou geneem word nie, bly weg van verraderlike foefies, herken die leuens, verstaan die vyand se metodes, en bly buite die bestel! Kom sterk die hand van die AVP dat ons as ‘n ware volk die boodskap vinniger na ons medevolksgenote kan uitdra.  En laat ons eendragtig voorberei vir die dag wat ons Hemelse Vader uitgekies het om ons volk te bevry!


"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #10 op: January 05, 2009, 08:08:09 PM »
Sal graag wil weet wat is hul verduideliking . Gepraat van banke , ek verneem vandag ABSA gaan 'n staatsinstansie word .
Is dit waar , indien wel gaan die kliënte mos die kommunis bestel mos finansier ?!
Lyk die vlag nie amper soos Bravo vlag nie ?

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #11 op: January 05, 2009, 08:26:28 PM »
Daar is redelik baie kritiek wat uitgespreek kan word oor hierdieverklaring - miskien het die skrywer nagelaat om in gedagte te hou dat Radio Pretoria net blankes in diens het, en dit was ook in die hof getoets - daarbenewens is dit so dat die wet bepaal uitdruklik hoeveel mense in dien moet wees voordat dit van toepassing word dat daar "ge-affirmative" moet word.

My oordeel is dus: Redelike eensydige standpunt is dus gestel - en die vraag ontstaan - moedwillig of onkundig of oningelig?
Kennis is mag

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #12 op: January 05, 2009, 09:52:41 PM »
Dalk simpel vrae:

Wat is Nuweland? Waar is dit?

(Ek weet van die sportfasiliteite en woonbuurtes in Suid-Afrika - nie daardie Nuwelande nie)

Vriendelike groete

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #13 op: January 05, 2009, 09:59:27 PM »
Ek kan ook nie agterkom of die AVP aan die komende verkiesing wil/gaan deelneem nie.

Die HNP het al jare die "Kies reg, bly weg"-gedagte gehuldig, maar die AVP sal sekerlik daaroor moet duidelikheid gee.

Indien hulle nie gaan deelneem nie, kan die AVP eerder as 'n dinskrum ("think tank") bekend staan as 'n politieke party?

Vriendelike groete
« Laaste verandering : January 05, 2009, 10:02:49 PM deur Francois Coetzee »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #14 op: January 05, 2009, 10:05:31 PM »
Ek wil dit duidelik stel dat Christo Burger en die sogenaamde "Nuweland" niks te doen het met die Oranje Sakekamers of die Oranjekas nie.

Wat ek wel weet van Christo Burger, is dat hy in Amerika woon en elke dan en wan hier in SA kom draai en dan sy "wyshede" met ons "arme drommels" wil kom deel. Hy het ook onlangs een of ander manifes geskryf, wat hy laat druk het en wou verkoop.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #15 op: January 05, 2009, 10:11:32 PM »
Dit wil voorkom asof die AVP hulself as waghond aangestel het om soos 'n wafferse Don Quixoti al wat windmeul is te bestorm.

Aanhaling
Dit het klaarblyklik ook tyd geword vir ons volksvyande om die finansies van ons volk te sentraliseer en beheer daaroor uit te oefen.

 ;D

As die Nuweland-foefie die "geldmag" se greep versterk, wonder ek wat doen ABSA, Standard Bank, FNB en Nedbank. Ek wonder ook by wie bank die AVP...

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #16 op: January 05, 2009, 10:26:18 PM »
Die "Nuweland-foefie" soos Van Wyk dit stel, lyk nogal interessant.

http://www.afrikaansenuusagentskap.co.za/LysBoeke.html
Naam: Nuweland
Outeur: Christo Burger
Uitgewer: Afrikaanse Nuusagentskap

In hierdie moontlik kontroversiele boek, stippel die bekende Christo Burger sy plan uit om een van die "groenste" stede van die wêreld in Suid-Afrika te vestig. Hy dink dat die gedeelte om Prieska 'n Afrikaner toeriste mekka kan word.



Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #17 op: January 05, 2009, 10:55:31 PM »
Hoekom juis Prieska? Ek herinner my dat die Siener-dissipels praat van 'n spoorlyn by Prieska, of het ek nou die kat aan die stert beet?

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #18 op: January 05, 2009, 10:58:33 PM »
Ek kan ook nie agterkom of die AVP aan die komende verkiesing wil/gaan deelneem nie.

Die HNP het al jare die "Kies reg, bly weg"-gedagte gehuldig, maar die AVP sal sekerlik daaroor moet duidelikheid gee.

Indien hulle nie gaan deelneem nie, kan die AVP eerder as 'n dinskrum ("think tank") bekend staan as 'n politieke party?

Vriendelike groete

So ver ek weet sal hul nie aan die verkiesing deelneem nie , dit staan so in hul beginsels.
Behoort op die webblad te wees.

Omtrent die Sakekamers , gaan iemand hul kontak om dit met hul uit te klaar ?

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #19 op: January 05, 2009, 11:02:27 PM »
Hoekom juis Prieska? Ek herinner my dat die Siener-dissipels praat van 'n spoorlyn by Prieska, of het ek nou die kat aan die stert beet?

HA, ha . Ai Siener Desipels . :-)
Ja wat kan ek sê ?
heh heh.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal