Skrywer Onderwerp: AVP Mediaverklarings  (Read 7758 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #20 op: January 06, 2009, 09:15:47 AM »
Ek kan ook nie agterkom of die AVP aan die komende verkiesing wil/gaan deelneem nie.

Die HNP het al jare die "Kies reg, bly weg"-gedagte gehuldig, maar die AVP sal sekerlik daaroor moet duidelikheid gee.

Indien hulle nie gaan deelneem nie, kan die AVP eerder as 'n dinskrum ("think tank") bekend staan as 'n politieke party?

Vriendelike groete

So ver ek weet sal hul nie aan die verkiesing deelneem nie , dit staan so in hul beginsels.
Behoort op die webblad te wees.

Omtrent die Sakekamers , gaan iemand hul kontak om dit met hul uit te klaar ?


Sanderis, die AVP het juis tot stand gekom omdat hulle die nuwe leier van die HNP daarvan beskuldig het dat hy die HNP stembus toe gaan neem - intussen het vele verklarings vanaf talle HNP leiers, insluitende die leier, verklaar dat die HNP nooit aan hierdie bestel se verkiesings sal deelneem nie.

oor die sakekamers die volgende - dit blyk dat die AVP oningelig is, want Christo Burger se teenwoordigheid by die eerste vergadering, was sy status slegs die van n waarnemer. Die sakekamers het niks met hom te doen of met sy projekte nie.

Hierteenoor het Christo se projekte ook geen vermelding gehad tydens die stigtingsvergadering nie.

Dit kan dan gestel word dat die bepaalde berigte in hierdie verband blote verdagmakery is en niks anders nie - dit is jammer dat daar mense is wat mede strydgenote aanvat en niks doen om die werklike vyand van ons volk te beveg nie.

Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #21 op: January 06, 2009, 09:54:09 AM »
Dankie Clem , ek besef dit so .
Ek het eintlik bedoel , gaan iemand die sakie van die sakekamers met die AVP bespreek ?

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #22 op: January 06, 2009, 11:17:55 AM »
Die Sakekamers moet maar self besluit of hulle met die mense wil praat - ek het geen rede te vind om in daardie kring gesprek te voer nie. Te veel kere is my woorde verdraai.......
Kennis is mag

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #23 op: January 06, 2009, 11:24:20 AM »
Die idee wat ek kry is dat lede van die AVP persoonlike gevegte het met sekere lede in ander organisasies soos die HNP, TLU en Radio Pta en dit is waar al die verdagmakery vandaan kom. 
Jy sal altyd mense kry wat verdeeldheid wil saai vir hul eie gewin.   >:(

Afwesig Francois Coetzee

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 77
  • Invictus
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #24 op: January 06, 2009, 11:26:44 AM »
Oom Clem,

Daardie skryfstuk is gebasseer op hoorsê en swak afleidings.

Wanneer ek weer in SA is, sal ek graag met Van Wyk wil gesels.  Sulke argumente dra nie eers by tot 'n goeie debat nie.

Vriendelike groete

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #25 op: January 06, 2009, 11:29:14 AM »
Date: Tue, 6 Jan 2009 09:17:47 +0000
Subject: Fwd: Topic reply: AVP Mediaverklarings
To: afrikanervolksparty@polka.co.za

Graag wil ek verneem wat die doel van die skrywe is aangaande Oranje Sakekamers

(nie Orania Sakekamers nie).
Lees gerus die kommentare , dit kan gevind word in die skakel soos
hier onder geplaas .
Indien u nie antwoord nie sal dit as negatiewe propoganda teenoor die
betrokke partye beskou word en sal dit dan met teenpropoganda beveg
word .

Vriendelike Groete
S.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #26 op: January 07, 2009, 12:42:10 PM »
Kommentaar op een van Sydney Gregan se artikels in die Volkstem:

Sydney Gregan moet verban word      
http://praag.co.za/content/view/3908/402/
Geskryf deur Thys Human, Pretoria   
Woensdag, 07 Januarie 2009


Spyker oppie kop, redakteur, met die mening oor hierdie klomp Afrikaners of eertydse Afrikaners wat nou so oorloop van bewondering vir Helen Suzman. Maar veral daardie laaste punt oor die anti-etniese Suzman wat toe tog 'n etnies Joodse begrafnis verkies, is uitmuntend.

Ek wil sommer hier ernstig beswaar aanteken teen die plasing van 'n brief van Sydney Gregan van die Afrikaner Voksparty. As 'n "liberale demokraat" is ek sterk en driftig ten gunste van die vryheid van spraak en mening vir almal - behalwe vir diegene wat dit nie vir ander gun nie. Gaan kyk gerus na die jongste uitgawe van Gregan se party se elektroniese nuusblad, Volkstem, en die liederlike, totaal ongegronde aanval op Radio Pretoria wat daar sommer as "'n Pro-ANC-verkiesingsagent"  bestempel word - en dit blykbaar omdat Radio Pretoria soms steun vir die VF+ laat blyk. En in Gregan se brief op die Praagblad word enigeen wat nie voldoen aan sy vereistes nie, skynbaar nie aanvaar as 'n Afrikaner nie.  Jy stem saam met hulle, jy aanvaar hulle sieninge en beleid of jy is 'n verraaier. Aitsa!

Ek is ook 'n groot voorstander van 'n eie Afrikanertuisland - hoe klein ook al, maar ek pleit nou al dat indien dit eendag bereik sou word (helaas, seker nie in my tyd nie) moet Gregan en sy party uit daardie gebied verban word en gedwing word om in "swartland" te bly. Sulke bekrompe, onverdraagsames hoort nie in die Afrikanervolk nie - gewis nie as leiers nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #27 op: January 07, 2009, 12:54:22 PM »
Ek wou nog RPta ook noem , maar het geswyg , mens kan nie te veel ysters in die vuur laai nie .

Thys Human is mos 'n Bravolander ?

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #28 op: January 07, 2009, 02:36:26 PM »

Thys Human is mos 'n Bravolander ?

Hy is eintlik meer bekend vir sy blog, Thysgenoot, maar ja Sanderis, hy is ook 'n Bravolander. Maar ek het hom baie lanklaas hier gesien.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #29 op: January 07, 2009, 03:42:30 PM »
Die uitlatings van die AVP was vir my hinderlik en irriterend, juis omdat dit soveel ooglopende leuens en halwe waarhede bevat.

In die volksorganisasie  "familie" is AVP redelik nuut, dus in die familie, die baba. Dit is dan hierin wat ek my berusting oor hulle gevind het. Sien, wanneer 'n baba/peuter/kleuter aandag soek, dan sal hy enige iets doen om aandag te kry. Selfs negatiewe aandag is aanvaarbaar. Dus is so baba/peuter/kleuter soms stout, net om aandag te kry. Selfs al beteken dit dat die baba/peuter/kleuter 'n pak slae moet kry.....

DIe probleem is natuurlik dat as so 'n baba nie gestraf word wanneer hy stout is nie, word hy 'n baie onaangename mens. Iemand met wie niemand wil speel of assosieer nie.

Siestog, wil iemand dan nie maar hierdie "baba" bietjie aandag gee nie? Sy speelgoed lê al die hele wêreld vol!


Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #30 op: January 07, 2009, 08:35:29 PM »
Ben

Ek sou graag aan die baba wou aandag gee, maar ek is self nog een en weet gevolglik te min om die mense effektief en sinvol aan te vat of reg te help.  Dit is by my werklik 'n groot begeerte om te sien dat 'n paar van die groot manne hulle sal aanvat.  Ek wil nie graag name uitsonder nie, maar ek praat spesifiek van die manne wat deel was van die stryd in 1994 en vroer.  Daar word nou allerhande ou koeie ook uit die sloot gegrawe.  Ek moet alles gaan google of by ander uitvind wat dan tot gevolg het dat ek ook maar net uit ander se monde praat.  Ek voel meer gemaklik om oor hedendaagse kwessies waarvan ek meer eerstehands ervaring het te gesels en selfs te stry as dit moet.

Ek is bewus van die feit dat baie seker sal meen dat dit beter is om hulle te los.  So 'n siening dra sekerlik water, maar ek is bevrees dat hierdie verdagmakery ons later nog duurder te staan gaan kom.

Wel, ek hoop ons sien 'n paar reaksies op hierdie wilde bewerings wat gemaak word.  Plaas dit gerus hier, sodat babas soos ek daarvan kan kennis neem en groot word.  hahahahaha

Vriendelike volksgroete
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #31 op: January 08, 2009, 12:21:26 AM »
Ek en paar vriende gesels vandag , ons praat politiek - dié negatiewe stories van die AVP.
Ons het tot die konsensus gekom , vir 'n nuweling (soos Ben sê : baba ) maak hul teen 'n vinnige tempo baie vyande .
Soos Ben sê , hul soek aandag ; maar die vraag is : hoekom nou juis negatiewe aandag .
Daar is 'n hele volk daarbuite wat hul sal ondersteun as hul 'n positiewe bydrae kan lewer .
Maar dié negatiewe bydraes van AVP , Nee wat dit sal hul ondergang beteken.
Dit spyt my , ek het hoop gehad in die begin vir AVP .

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #32 op: January 08, 2009, 08:37:26 AM »
Dit spyt my , ek het hoop gehad in die begin vir AVP .

Ek het nooit regtig hoop gehad vir hulle nie.  Jy sit hier met mense wat nie eers hul eie beginsels het nie maar wel die van die HNP (daarop geskoei), hulle kon nie eers kreatiwiteit aan die dag le vir 'n eie wapen nie en het tot dit van die HNP gekry.

Verder dink ek nie eers die onderleier vertrou sy eie familie nie.  Almal is in sy oe veraaiers of pappegaaie vir die veiligheidspolisie.  Nou wonder ek maar net hy wat volksvreemdes verteenwoordig teen ons eie as dit kom by grondeise. Dit daar gelaat.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #33 op: March 30, 2009, 12:34:05 PM »
Ek kry vandag 'n e-pos van dié lot en besluit toe om dit vir 'n verandering oop te maak, want dit lyk bietjie anders as die gewone galbraak-mediaverklarings wat hulle gewoonlik uitstuur.

Eerstens toe sien ek die groot "plakkaat" of wat ook al dit is en toe die geskrifte onderaan dit:



En toe die volgende:
Stap 1 na ons vryheid is om nie te stem nie, dit is al wat u hoef te doen.
Stap 2 en verder gaan vanself na die verkiesing volg, u hoef net gereed te wees.


Baie veelseggend met duidelike riglyne... :-[ Ek weet nie wie se "opdragte" is die swakste nie, die DA se Stem en Wen, of bogenoemde?? Ek wonder nogal wat na die verkiesing gaan gebeur.

O ja, en onderaan die e-pos moedig hulle jou aan om hulle webwerf te besoek. Daar gekom, bietjie rondgesnuffel, en toe val ek amper van my stoel af by die vorige meningspeilings... Nie die resultate nie, nee (want daar was seker net 3 stemmers wat deelgeneem het), maar die vermetelheid oor wat die vraag in 'n vorige meningspeiling was. Nee kyk, as jou missie in die lewe is om almal rondom jou te vertrap, gaan ek nie eers sleg voel as die ou partytjie vou nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #34 op: March 30, 2009, 01:26:59 PM »
"Stap 2 en verder gaan vanself na die verkiesing volg, u hoef net gereed te wees."
Klink soos die Uhuru goeroes. Maak gereed, maak gereed!!

Gereed vir wat?? As jy moet gereed maak, moet jy seker weet vir wat. Jy kan tog nie vir iemand vertel maak jou gereed om uit te gaan vir die dag en jy vertel hom nie waareen jy gaan nie. Hy maak dan dalk gereed om na 'n rolprent te gaan kyk en dan neem jy hom strand toe.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #35 op: March 30, 2009, 01:30:35 PM »
O ja, oor hulle menings peiling. Dit is niks anders as aandag soek nie. Ek gaan egter nie toelaat dat hulle mense vir wie ek respek het, in 'n slegte lig plaas deur leuns te verkondig nie. Ek kan nie wag om die "Dr" in die publiek raak te loop nie.....

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #36 op: March 30, 2009, 01:56:04 PM »
Hulle webblad laai gladnie reg in my blaaier nie!!!

Weet julle dalk waarom?

Ek sien net dat die meningspeiling gaan oor waar FW vanjaar gaan stem, maar die teks van die verklaring oorvleuel met die meningspeiling ens.  Vir wie is hulle besig om in 'n slegte lig te plaas.  Sluit dit aan by ons laaste gesprek SP???
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #37 op: March 30, 2009, 02:06:13 PM »
Werner, hulle het so 'n tydjie terug probeer om LV De Klerk sleg te maak.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #38 op: March 30, 2009, 02:13:45 PM »
Smook,

Is FW die enigste man met daardie van?


Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #39 op: March 30, 2009, 02:23:32 PM »
Nou kan jy nou meer - die dr.tjie en sy paar stemmers weet darem baie, hy nogal vir 'n man wat Sondagsport doen, en dan is dit nog gemengde sport daarby.

Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal