Skrywer Onderwerp: AVP Mediaverklarings  (Read 7757 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #60 op: May 27, 2009, 09:25:33 AM »
Ek gelukkig ook....

SP Ben, het jy vir my krag gereel?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #61 op: May 27, 2009, 09:30:54 AM »
Ek maak so.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #63 op: July 17, 2009, 03:54:41 PM »
Ek sien daar is meer aanlyn besoekers as wat Bravoland seker ooit sal het +- 220.

Hierdie is ook bo my vuurmaakplek:

Totale besoekerstal:
Content View Hits : 78528
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #64 op: July 17, 2009, 04:03:39 PM »
Die kritiek het betrekking op die nuuskommentaar:

‘n Stelsel wat gewerk het

Onrus en betogings oor swak dienslewering, nepotisme, korrupsie en wanadministrasie binne munisipaliteite is aan die orde van die dag. Miljoene rand se belastinggeld word deur plaaslike owerhede gebruik om hofsake te verdedig wat deur ontevrede belastingbetalers aanhangig gemaak word. Die ekstremes brand munisipale kantore en regeringsgeboue af om hul frustrasie en ontevredenheid uit te druk. Belastingbetalersverenigings word oral gestig om burgemeesters en munisipale besture tot orde te dwing.

Vir die eerste keer ooit gee die ANC-regering, by monde van mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, nie die skuld vir apartheid nie, maar vir die vorige ANC- regeerders van die Mbeki era. Nuwe ampsbekleërs kom skynbaar daagliks op hope briewe met klagtes af, wat deur inwoners aan amptenare gerig is, maar waaraan nooit aandag gegee is nie.

Die beginsel van “verdeel en heers”, is ‘n eeue oue strategie om deur middel van ‘n kombinasie van politieke, militêre en ekonomiese verdelings, die mag te bekom en te behou. Die Romeinse Keisers het hierdie strategie die eerste keer amptelik gebruik in hulle onderwerping van die Midde-Ooste en Europa. So ook was hierdie strategie een van die beginsels waarop die Franse Republiek van die agtiende eeu gebou is. Die Britte het ook nie op hulle laat wag nie en die beginsel van “divide and rule” is mildelik toegepas in hul Imperialistiese kolonialisering van groot dele van die wêreld. Hierdie konsep het ‘n groot rol gespeel in die jare-lange Britse oorheersing oor Indië. So het die beginsel van “verdeel en heers” dan ook reg in die kraal geval van die ideologieë van die kommunis. Ons sien dit by die Bolsjewiste in Rusland, Mau Tse Toeng in China, Rakosi in Hongarye, vele plekke in die Midde-Ooste en Sentraal- en Suid-Amerika en natuurlik dan ook in Afrika. Ruanda, Sudan en Nigerië is maar ‘n paar voorbeelde.

“Verdeel en heers” is presies dit wat Nelson Mandela en sy kommunistiese trawante gedoen het na 1994. Die land is onmiddellik in nege provinsies verdeel. Munisipale grense is so verskuif dat ekonomiese klasse wat by mekaar hoort, verdeel is. Nuwe munisipaliteite is geskep en ander is weer ontbind. Die kiesstelsel is só verander dat raadslede en burgemeesters nie meer verteenwoordigend is van die inwoners nie.

‘n Teelaarde is toé reeds al geskep vir ‘n stelsel wat gedoem is om te misluk. Die geskiedenis het tog immers lankal bewys dat so ‘n stelsel slegs tot voordeel van die oorheerser is en dat onrus en geweld die uiteinde van die stelsel word.

Indien Jacob Zuma ernstig is met sy “uitreik-aksie” na die Afrikaner, om ons kennis te gebruik tot opbou van die land, is die Boerevolk enige tyd bereid om te help. Lúister dan net na ons. Gee aan elke etniese groep die reg om, beginnende op munisipale vlak, homself te regeer, self te besluit waarvoor sy eie belastinggeld aangewend moet word, self vir die opvoeding van sy kinders, in moedertaal, verantwoordelik gehou word en self te sorg vir die veiligheid van sy eie mense.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #65 op: July 17, 2009, 05:38:22 PM »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #66 op: July 17, 2009, 06:26:09 PM »
Dit wil vir my voorkom of Gelofteland 'n skepping van die AVP is, 'n soort mondstuk.

http://gelofteland.co.za/index.php?option=com_content&task=section&id=1&Itemid=2
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: AVP Mediaverklarings
« Antwoord #67 op: July 17, 2009, 07:38:37 PM »
Gregan en kie is soos kinders wat aandag soek. Geen ernstige volksorganisasie steur hulle aan die gekerm van die bende nie. Aan die begin was hulle strooi praatjies amusant, maar nou is dit redelik vervelig.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal