Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Werksgeleenthede vir Volksgenote  (Read 75143 times)

0 Lede en 5 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #20 op: March 16, 2009, 04:15:11 PM »
Vriend Andre

Maak gerus kontak met Volkshulp 2000 by tel no.012-333 5906
Kennis is mag

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #21 op: March 22, 2009, 11:04:35 PM »
Baie dankie vir die plasing Karina.

Dit lyk vir my of dit voordelig kan wees vir die jonger manne (en dames) om daardie Kode 14 lisensie te bekom. Daardie groot voertuie het almal kragstuur, so die dames hoef nie terug te staan nie

Dit lyk vir my asof mens met so n lisensie (en die regte houding teenoor die lewe), altyd werk sal he. Dit is ook n vaardigheid wat vorentoe baie handig te pas kan kom.

Ek het nog altyd n bewondering gehad vir iemand wat daardie groot goed so met vaardigheid kan handteer - veral in trurat.

Ek herhaal - dit is n vaardigheid wat vorentoe handig te pas kan kom.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #22 op: March 24, 2009, 10:33:38 AM »
Ek het nogsteed die poste vir onderwysers beskikbaar, dit raak nou dringend.  As julle bang is oor dit CVO skool is die salaris dalk te min sal wees, stuur steeds jou CV, ons is bereid om te onderhandel.  Veral as ons mans onderwysers kan aanstel.  Ons diskrimineer nie teen vroue nie, maar die res van die personeel is reeds van die rokvolk.  Hier is die inligting weer.

Die CVO Skool Vryburg het poste vir onderwysers vir die volgende vakke.  Wiskunde Gr 8 - 12,
Rekeningkunde Gr 8 - 12,
Reis en Toerisme Gr 10 - 12,
Rekenaartik en tegnologie Gr 10 - 12,
Skeinat Gr 8 - 12 en
Biologie(Natuurwetenskap) Gr 8 - 12. 
Moet kan begin skoolhou met aanvang van  tweede kwartaal 2009. Salaris onderhandelbaar met beheerliggaam. Stuur CV's aan my by mardewyk@lantic.net.  Ek sal dit deurgee na die die beheerliggaam.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #23 op: March 24, 2009, 10:59:49 AM »
KB,

Plaas asb die inligitng op 'n PM aan die burgers.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #24 op: March 24, 2009, 01:27:11 PM »
Kwalifikasies ontbreek .

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #25 op: March 26, 2009, 10:59:08 AM »
Die eerste en die laaste keer wat ek met Ekurhuleni Munisipaliteit te doen gehad het, was toe hulle my gedagvaar het vir R500.00 spoedboete.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #26 op: March 26, 2009, 11:14:38 AM »
Sanderis

In verband met die onderwysposte te Vryburg CVO.  Die minimum vereiste is 'n HOD of gelykstaande kwalifikasie en verkieslik toepaslike opleiding in een van die vakrigtings.  Die grootstye nood is by die Wiskunde, waar die persoon in staat moet wees om Wiskunde tot Gr12 in die BCVO sillabus te kan aanbied.  Ervaring is egter nie 'n vereiste nie en die BCVO vakadviseur is beskikbaar vir hulp as die aplikant nog nie bekend is met die BCVO sillabus nie.

Daar is reeds aanstellings gemaak vir Skeinat, Biologie, RTT, Rekeningkunde en Toerisme.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #27 op: March 26, 2009, 01:15:05 PM »
Martin,

As dit vir Gr8 tot Gr12 is wat julle 'n persoon soek, het julle al gekyk na Telweb se telematiese stelsel wat ook die BCVO silabus volg?

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #28 op: March 26, 2009, 01:34:33 PM »
Ben

Ja ons het, die kostes is 'n groot faktor, maar nie onoorkombaar nie.  Die grootste probleem is dat ons nie oor voldoende rekenaars beskik om dit te kan doen nie.  Ons rekenaarsentrum is klein, net 8 werkende rekenaars waar die Gr 8 - 12 leerlinge rekenaartik en tegnologie neem, daar is in die Gr 8 groep 15 leerlinge wat dit moet gebruik.  As ons nog die Wiskunde ook daar aanbied gaan ons in 'n klasbotsing inhardloop.  DIe alternatief is om nog ten minste 5 rekenaars te kry wat ons dan vir telweb vakke kan aanwend.  DIe koste daaraan verbonde kan ons nie nou dra nie.  Dan kom nog die aankoop van die pakette wat self redelik hoë koste beteken.  Na my beste kennis moet daar by telweb vir elke leerling 'n pakket gekoop word, wat te verstane is, hulle het groot onkoste aan die maak van die lesings.  In totaal het ons bereken kan dit ons meer kos as om 'n onderwyser aan te stel, maar as dit nie anders kan nie sal ons dalk maar daardie pad moet loop.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #29 op: March 26, 2009, 01:42:31 PM »
Martin,

Dit is nie nodig dat elke leerling sy eie rekenaar het nie. Ons het 4 Gr8's wat een rekenaar gebruik. Verder kan julle ook koste bespaar op die pakkette per leerling deur van die ander onderwysers die merkwerk te laat doen (blykbaar 'n besparing van tot 40%). Ek stel voor jy kontak vir Gideon Grobler.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #30 op: March 26, 2009, 01:46:57 PM »
Dankie Ben

Ek was nou onlangs met hom in kontak, maar het nie daaraan gedink om weer navraag te doen oor Telweb nie, te veel ander goed gehad.  Ek sal hom kontak, dalk is dit 'n oplossing.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Chatjie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #31 op: March 31, 2009, 10:11:52 AM »
goeie dag aan almal in Bravoland.....

Ek het n groot versoek aan al die "omies" of outjies by die groot maatskappye wat dalk bereid is om n jongman aan te vat wat bereid is om ENIGE IETS te leer wat hy met sy hande kan doen.

Hy kan weld en hy leer onsaglik vinnig en kan onafhanklik werk. . .hy is tans 18 en al wat hom besig hou is sy "stamp kar" wat hy elke dag aan werk vir die volgende geleentheid. Hy doen asl op sy kar van die enjin tot en met die bou van die kar........

As enige iemand van iet weet laat weet my ASB.....wonderlikke forum die baie dankie

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #32 op: March 31, 2009, 10:21:34 AM »
Chatjie,

In watter area is die jong man?

Afwesig Chatjie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #33 op: March 31, 2009, 10:29:15 AM »
Hi Ben,

Ons is tans op de wildt op die ou Brits pad R513. ek ry van daar af deur pta wes opad centurion toe......so enige iets op die roete sal baie help, maar soos die engelsman se: beggers can't be choosers.

Brits en noordwes sal ook nog reg wees....baie baie dankie vir die hulp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #34 op: April 01, 2009, 08:52:20 AM »
Ek neem aan Krugersdorp is bietjie ver?

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #35 op: April 01, 2009, 09:36:22 AM »
Chatjie

My suster hulle het 'n plot by de wildt. Hulle begin binnekort met 'n nuwe besigheid  - en mag dalk belangstel om hom 'n geleentheid te gee. As hy kan sweis is dit goed... hy sal egter moet leer van sement ook. Kontak my gerus cois@bravoland.co.za. Die mannetjie sal dalk gebruik kan word.
« Laaste verandering : May 04, 2009, 08:57:42 PM deur Cois Conradie »

Afwesig Kotie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #36 op: April 01, 2009, 04:24:01 PM »
Hi julle almal

Hier is 'n paar werksgeleenthede wat ek dink 'n paar manne bly oor sal wees, Dankie Karin met die hulp daarvan.

Meganiese ontwerpers x 2
Produksie Bestuurder
Semi-skilled welders
Qualified Boilermakers
Logistieke bestuurder

Fax: CV na 086 577 3250

Dan vir die dames:

HR Assistent met Pastel VIP ondervinding

Die maatskappy bou Bakke van trokke en groot trailers soos Side Tippers, 10 cube Tippers, Tankers, Dropsides, Flatdecks.

So enige manne wat al bietjie ondervinding in daardie gebied het sal sterk oorweeg word.
Die meganiese ontwerpers doen die ontwerpe van die bakke en die Bill of materials.

Ja mense dus 'n scoop ek is die Finansiële Assistent hier die maat skappy is in Potchefstroom, EVV Manufacturing gaan gerus op ons website: www.evv.co.za

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #37 op: April 01, 2009, 04:39:43 PM »
Dankie Kotie, en groot plesier!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Chatjie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #38 op: April 03, 2009, 10:38:30 AM »
HI Ben jammer ek kom nou eers terug, Krugersdorp is glad nie so ver van ons af nie en as daar werk is daar sal dit baie help asb. Hier is my e-pos adres roecha@radioretail.co.za

Baie dankie Ben vir al die moeite.

Cois ek sal later vandag gou vir jou die cv aanstuur dit sal baie gaaf wees as jul daarna kan kyk......

Sjoe wonderlik om te sien ons kan almal nog saam staan....DANKIE ALAMAL! ! !

Afwesig Skipkop

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 10
  • Oorwinning is in Christus
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #39 op: April 23, 2009, 06:51:47 PM »
Ek is opsoek na 'n werksgeleentheid - hetsy op kontrak of permanent - as "Deminer K9, MDD". Dit behels die ontmyning en soek na versteekte amminusie in lande wat deur oorlog geteister was. Indien u enige inligting vir my het waarheen ek my CV kan pos of wie om te kontak sal ek dit baie waardeer. Ek is 'n ten volle opgeleide Springstof Honde-geleider met ondervinding in die S.A.Polisie en tans werkloos.
'n Volk se sterkte word gemeet aan sy gehoorsaamheid aan die Woord van God !


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal