Skrywer Onderwerp: Werksgeleenthede vir Volksgenote  (Read 64541 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #120 op: February 18, 2010, 08:09:00 PM »
Werksgeleenthede 18/02/2010

Alida Engelbrecht
079 036 6512 / 078 949 9380

Soek 'n dame wat kan bestuur om haar vir ongeveer 1 maand te vervoer vanaf Kemptonpark na Benoni.  Haar eggenoot het 'n ernstige operasie ondergaan en sy kan nie self bestuur nie.  Woonplek kan voorsien word.

Linda
073 224 2467

Het die volgende poste beskikbaar:
1.  Konstruksie Ingenieur - Moet in besit wees van 'n sertifikaat om goedere af te teken - 6-8 jaar ondervinding.  Moet die Teklarekenaarprogram kan hanteer.
2.  Kwaliteitskontroleur met 4-5 jaar ondervinding van staalwerke.  Moet bekend wees met die pendingproses.
3.  Swaarvoertuigbestuurders - Kode 10 en 14 met PDP.

Hannes
Potchefstroom
018 290 6755 / 083 637 7690

Soek 'n swaarvoertuigbestuurder Kode 14 met PDP en D.  Moet gevaarlike goedere kan vervoer.

Alida Human
Montana
012 548 4313

Het 'n pos vir 'n ontvangsdame asook 3 telefoonbemarkers om rekenaartoebehore en inkkassette (cartridges) te bemark.

Dorie Venter
Silverton
012 804 4713

WAP Ingenieurswerke.  Het 'n pos vir 'n draaier.  Moet Dringend gevul word.

Albert le Roux
083 574 5774

Het poste vir Kode 14 met PDP en D bestuurders.  Moet gevaarlike goedere kan vervoer.  Ondervinding word vereis.  Algehele sober gewoontes - Christelike lewensbeskouing.

Piet Barkhuizen
Pretoria Oos
012 480 0088 / 082 607 0900

Het 'n pos vir 'n gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige.  Moet CV saambring.

Danie Prinsloo
082 553 039

Soek iemand om staalkonstruksie op te rig.  Moet so gou as moontlik begin.  Moet toesig hou oor werkers.  Geen drinkers.  Sal soms weg van die huis moet werk.  Moet baie dringend gevul word.

Wessel van der Westhuizen
Nelspruit
076 645 5581 / 076 335 4633

Soek iemand in Nelspruit wat lugverkoelingstelsels kan diens.

Alta
East Lynne
084 200 2468

Soek 'n gesonde afgetrede suster / verpleegster wat gekwalifiseerd en geregistreer is.  Dokumentasie moet op datum wees.  Moet kennis hê van tehuis van bejaardes en versorging van bejaardes.  Alta het ook 'n pos vir 'n kombuiassistent wat in East Lynne omgewing woon.  Moet kan kook van 'n spyskaart kan afwerk en opdragte uitvoer.

Mnr. Frik Nortje
Riggellaan / Waterkloofrif
078 150 8972

Soek 'n handlanger om met restourasiewerk te help vir ongeveer 1 maand.

Henro Greeff
Kameeldrif
083 255 0409

Soek 'n gekwalifiseerde en geregistreerde verpleegkundige om 'n tehuis vir bejaardes te bestuur.  Sy moet ondervinding hê van bejaardes en 'n tehuis vir bejaardes maaltyd beplan, voedselvoorberei, personeelbestuur, algemene bestuur van tehuise.

Dries
Delmas
082 346 3187

Het 3 poste vir gekwalifiseerde passers met rooiseël.  Dit is permanente poste en is dadelik beskikbaar.

Faks CV na 013 665 7280

Jo Muller
012 346 2127/8

Soek 'n drywer - Kode 8.  Moet ook sekuriteitswerkies doen.

Alet / Susan / Kantoor
073 845 2279 / 079 384 6399 / 012 345 2340

Is op soek na bemarkers om skoonmaakmiddels te bemark.

Japie
Standerton
082 455 1119

Soek 'n man met meganiese aanleg en bestuurderlisensie Kode 8 - indien Kode 10 is dit 'n aanbeveling.  Moet ook help met algemene plaas werk en instandhouding van voertuie en implemente.  Enkellopend of egpaar sonder kinders.  Kelin woonstel beskikbaar.

Henry Combrinck
082 552 9428

Soek verkoopsverteenwoordiger om veiligheidsklerasie te bemark.  Basiese salaris en kommissie.  Kennis van beroepsveiligheid 'n aanbeveling.  Moet eie vervoer hê.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #121 op: February 19, 2010, 11:50:39 AM »
Ek is 51 jaar jonk getroud met twee afhanklikes fisies gesond en op soek na 'n pos in logistiek. Ek het tegniese ondervinding in rekenaar netwerke en het ook onlangs 'n elektriese vaktoets by olifantsfontein geslaag.

Het vir 'n paar jaar my eie besigheid gehad maar moes handdoek ingooi agv die ekonomiese ressesie.

Ek is tans besig met 'n een jaar sertifikaat kursus in logisteik deur Unisa en wil dit graag my loopbaan maak. Ek sal dit waardeer as daar iemand is wat my kan help, wat dalk bewus is van so 'n geleentheid.

Afwesig AnsiaBuys

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #122 op: February 23, 2010, 11:22:23 AM »
Hallo almal,

My Ma soek dringend 'n half dag pos in die Montana, Sinoville, Magalieskruin, Wonderboom, Annlin omgewing.  Sy werk tans half dag in Midrand by 'n 'Engelse' Laerskool as tikster/PA vir hoof.  Beheer liggaam het haar nou vertel sy is te wit om daar te werk.  Sy is alleen dus afhanklik van 'n inkomste... Ek het haar CV as iemand dit dalk sou benodig of weet van 'n pos.

Vreeslik baie dankie en geniet julle week  ;)

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #123 op: February 25, 2010, 10:48:04 AM »
VOLKSHULP 2000

André
Kemptonpark
082 871 9963

Soek werkers vir 'n voedselverwerkingsaanleg.  Kandidate moet Kode 8 lisensie hê.

Xander
Silverton
082 567 7921

Het 'n pos vir 'n drywer Kode 8 lisensie.  Kode 10 is 'n aanbeveling.  Hy het ook 'n nutsman nodig.

James van Niekerk
Pretoria
082 568 0713

Het die volgende poste vir gekwalifiseerde ambagsmanne en siviele ingenieurs.

Jackie
Les Marais Pretoria
012 335 0761

Admin pos beskikbaar vir 'n dame:
Rekenaarvaardig
Kliëntediens kan doen
Moet eie vervoer hê
Moet dringend gevul word.

Frikkie
Bethal
082 820 0408

Soek 'n betroubare persoon met 'n Kode 8 lisensie om koerierwerk te doen.  Sober gewoontes asseblief.

Theresa Coetzee
Die Wilgers
083 609 1492

Soek 'n dame om haar moeder te versorg terwyl sy aansterk na 'n operasie.  Haar dienste sal slegs 'n paar uur bedags benodig word.

Christelle
Magaliesberg
079 508 8091

Soek 'n versorger vir bejaarde dame.
In woon posisie.
Moet eie vervoer hê met lisensie.
Beskikbaar onmiddellik.
Goeie inkomste.

Brian Karlsson
Carletonville / Westonarea
011 234 6892
Faks:  086 542 7438

He recruits in the mining industry and he is searching for fitters, electricians, diesel mechanics and boilermakers with underground mining experience.

Madelein
013 656 6121

2 Elektrisiens
2 Diesel meganikusse in Welkom
2 Myners in Phalaborwa
--------------------
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #124 op: February 25, 2010, 02:04:56 PM »
1. Monumentpark/Elarduspark - Dame met 'n rybewys om 2 dogters na skool te vervoer 2 NM tot 5 NM stuur epos aan info@tock.co.za
 
2. Bemarking van hoenders indien jy 'n afsetgebied besit - skakel Hercules 076 382 6539
 
3. Bemarkers van veiligheidsprodukte - 20 tot 25 jaar - skakel 082 552 9428
 
4. Bedieningspersoneel - Sinnoville Pretoria - 012 808 0402
 
5. Meganiese Ingenieur - tweetalig - 5 tot 10 jaar ondervinding - stuur CV aan ben@geostoot.co.za
 
6. Afgetredene met rekenaarvaardigheid - Skakel heinrich 082 976 6815
 
7. Magaliesburg - Dame om versorging te doen - rybewys - Skakel Christelle 079 508 8091
 
8. Gekwalifiseerde ambagsmanne - Ondergronds : Ketelmakers, Passers, elektrisiens en dieselwerktuigkundiges - skakel Brian Carelse in Carletonville 011 234 6892 ofn stuur u CV aan 086 542 7438
 
9. Gekwalifiseerde ambagsmanne : 2 x elektrisiens, 2 dieselwerktuigkundiges in Welkom, 2 x myners - skakel Madelein 013 656 6121
 
10. Gekwalifiseerde Auto-elektrisien - Stuur CV aan peter@barnesfening.co.za
 
11. Gekwalifiseerde passer - staal en draad ondervinding - stuur Cv aan bev@barnesfencing.co.za
 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #125 op: February 25, 2010, 03:43:20 PM »
Nog werksgeleenthede

Ben Zentgraf
e-pos:  ben@geostott.co.za

1 Tegniese verkoopspersoon
N6 Meganiese Ingenieurswese of soortgelyke kwalifikasie.
Goed twee talig (Afrikaans en Engels).
Uitgaande persoon met kakrakter om goeie verhoudinge met mynaankopers te bou.
5-10 jaar ondervinding in die staal of myn bedryf sal 'n groot voordeel wees.
Verkope van staal pressing, forgings, mill liner bolts, roof support products ensovoorts aan myne en groothandel mynverskaffers.  Enige ander swaar staalwerk aan myne insluitend grislies, conveyor systems, shaft buntons en ander strukturele staal vervaardigings werk.
Markverwante CTC pakket met 'n moontlike kommissie struktuur vir mense wat goeie besigheid dryf.

1 Tegniese Estimator
N3/N6 Meganiese of industriële kwalifikasie of soortgelyke kwalifikasie.
Goed twee talig (Afrikaans en Engels).
Baie goeie menseverhoudings.
AutoCAD en goeie MS Office ervaring nodig.
Die persoon sal betrokke wees by die costing van produkte wat in die fabriek vervaardig word, tenders invul en kwotasies doen vir ons verkope afdeling.
Mark verwante CTC pakket.

Shilela Malatjie
e-pos:  shilelam@gmail.com

I need assistance with a secretary with a strong knowledge of microsoft programs.  Pastel would be an added advantage but not a prerequisite.  I work from home in Sunnyside & would need her for 10 days in a month at R 1500.00.  No other benedits available.  To start ASAP.

Piet van der Watt
Sinoville Vleismark Derdepark Sentrum
012 808 0402

Ons soek 'n dame wie belangstel in vleisprodukte en behulpsaam kan wees by die bedienings toonbank.
Vereistes:  Vriendelike persoonlikheid, behulpsaamheid georiënteer, bestellings kontrolering.

H.M.
082 976 6815

Afgetrede man of dame!
Rekenaarvaardig en kennis van boekhouding.

Jasper van den Berg
082 442 4587

Alternatief begin jou eie besigheid met 'n mini bus toere na Sodwana baai en oornag by Isimbobolo Bush Camp, byvoorbeeld 15 kinders @ R50.00 per persoon per nag, eie tent en toerusting.  Twee dae is R 1500.00, toerleier gratis oornag.  Brandstof ongeveer R 1500.00 per retoer = R 3000.00.  Wins byvoorbeeld R 2000.00 = R 5000.00 per toer.  Dit wil sê R 350.00 per kop.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #126 op: February 25, 2010, 10:17:26 PM »
'n Paar geleenthede vir mense met die volgende:

Water Suiwering Operateurs Klas 3+4+5 (4 Poste)
Riool Behandeling Operateurs Klas 3+4+5 (4 Poste)
Loodgierters Gekwalifiseerd (20 Poste)
Mense met Loodgieter ondervinding (20 Poste)
Water diensmanne NQF 3/4 (6 Poste)
Water diensmanne met ondervinding (6 Poste)

Indien iemand hier belangstel stuur cv aan bhmaritz@gmail.com

Poste in JHB, Hermanus, Oos Kaap en 4 in buur lande.

Afwesig Andre1

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #127 op: March 01, 2010, 01:58:14 PM »
Goeie dag.
Ek en my vrou is terugkerende Suid-Afrikaners, dringend op soek na werk as Sr & Jr Bourekenaars in die konstruksie/bou bedryf.

1) Sr Bourekenaar met 10 jaar totale ondervinding (B.Sc (Hons) Surveying Ireland, N.Dip Construction Technology Ireland, N.Dip Siviele Ingenieurswese Suid Afrika)
2) Jr Bourekenaar met 4 jaar ondervinding in boubedryf (H.Certificate Construction Technology, Ireland)

Sou Wes Kaap verkies, maar nie 'n vereiste nie.
Baie Dankie





Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #128 op: March 04, 2010, 03:50:06 PM »
Werksgeleenthede 04/03/2010

Monica Strydom
Waverley
083 593 6117

Soek dames wat kan naaldwerk doen om te help met die maak van gordyne en kussingoortreksels, ensovoorts.  Hulle moet vervoer hê om in Waverley te kom.  Die poste sal deeltyds wees.

Dewald Stander
082 922 6488

Soek siviele ingenieurs wat kennis het van die bou en konstruksiebedryf.

Mnr. van der Kooi
Kilnerpark Sekuriteit
082 822 2851

Soek E Graad Sekuriteitsbeamptes.  Jongmanne wat fietspatrollie kan doen.  Eie fiets nie 'n vereiste.

Linda
PMP
073 224 2467

Het die volgende poste:
1.  Konstruksie ingenieur wat kennis van staalwerke en wat projeket kan afteken.
2.  Quantity Surveyor met kennis van die staalbedryf.
3.  Takbestuurders van personeelagentskap - Gauteng / Pretoria.
4.  Konsultante van personeelagentskap - Gauteng / Pretoria.

Gert Minnie
Randburg
011 462 8818

Soek 'n sweiser wat "arc welding" kan doen - 25-35 jaar oud.  Nie gekwalifiseerd - slegs ondervinding.

Antoinette Lockhorst
083 441 4802

Benodig die dienste van sober en ordentlike egpaar sonder inwonende afhanklikes op plaas naby Bapsfontein.
Pligte van man:  moet algemene plaaswerk kan reël en verrig, moet 'n swaarvoertuig lisensie hê of bereid wees om lisensie te bekom.
Pligte van vrou:  voltydse versorging van swak en bejaarde man.
Vergoedingspakket sal afhang van ondervinding en bereidwilligheid om bogenoemde pligte na te kom.  Behuising word voorsien.
Datum van indiensneming:  Ongeveer 19 Maart 2010.

Drickus
Die Wilgers
076 575 3100

Het 'n pos vir iemand wat kennis het van kantoorpartisies (dri-walling) en wat ook algemene nutswerk kan doen.

Jasper van der Berg
082 442 4587

Alternatief begin jou eie besigheid met mini bus toere na Sodwana Baai en oornag by Isimbobolo Bush Camp, byvoorbeeld 15 kinders @ teen R 50.00 per persoon per nag, eie tent en toerusting.  Twee dae is R 1 500.00, toerleier gratis oornag.  Brandstof ongeveer R 1 500.00 per retoer = R 3000.00.  Wins byvoorbeeld R 2000.00 = R 5 000.00 per toer. Dit wil sê R 350.00 per kop.

Brian Karlsson
011 234 6892

I recruit in the mining industry and am searching for fitters, electricians, diesel mechanics and boilermakers with underground mining experience.  The mines are in the Carletonville / Westonarea region.

H.M.
082 976 6815

Afgetrede dame of man.  Rekenaarvaardig en boekhoukundig.

Ben Zentgraf
ben@geostott.co.za

1 Tegniese verkoopspersoon.
N6 Meganiese Ingenieurswese of soortgelyke kwalifikasie.
Goed tweetalig (Afrikaansen Engels).
Uitgaande persoon met karakter om goeie verhoudinge met mynaankopers te bou.
5-10 jaar ondervinding in die staal of myn bedryf sal 'n groot voordeel wees.
Verkope van staal pressing, forgings, mill liner bolts, roof support products ensovoorts aan myne en groothandel mynverskaffers.  Enige ander swaar staalwerk aan myne insluitend grislies, conveyor systems, shaft buntons en ander strukturele vervaardigings werk.
Markverwante CTC pakket met 'n moontlike kommissie struktuur vir mense wat goeie besigheid bedryf.

1 Tegniese estimator
N3/N6 Meganiese of industriële kwalifikasie of soortgelyke kwalifikasie.
Goed tweetalig (Afrikaans en Engels).
Baie goeie menseverhoudings.
AutoCAD en goeie MS Office ervaring nodig.
Die persoon sal betrokke wees by die costing van produkte wat in die fabriek vervaardig word, tenders invul en kwotasies doen vir ons verkope afdeling.
Markverwante CTC pakket.

Madelein
013 656 6121

2 Elektrisiëns
2 Diesel Meganikuste in Welkom
2 Myners in Phalaborwa

Allerlei

JJ Snyman
H/S Hercules Sportgronde
082 573 5881

Potjiekoskompetisie - Tema Curriebeker Rugby.  Soek mense wat nog stalletjies wil neem en ook deelnemers aan Potjiekoskompetisie.  Baie kunstenaars - onder andere Frieda Francis.  Pryse te wen.

Jean-Marie Lubbe
Silverton
083 326 7503

Het 2 groot pastei verwarmingsoonde wat sy wil verkoop.

Huibre Oosthuizen
076 801 9137

Installeer voorafbetaalde elektrisiteitskaste (Prepaid power box).  U kan omtrent 50% bespaar op u maandelikse elektrisiteitsrekening omdat u slegs betaal vir die krag wat u gebruik en nie meer onderworpe is aan foutiewe kraglesings nie.  Huibre werk as 'n konsultant vir die verskillende stads- en dorpsrade.  Krag kan by meeste kettingwinkels en sommige motorhawens aangekoop word.  Wanneer die meterkas geinstalleer word sal aan u verduidelik word.

Afwesig Claymore

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #129 op: March 08, 2010, 01:40:26 PM »
Alle manne met Sekuriteitsondervinding in Irak stuur asb dringnd julle CV's vir my. Daar is 'n moontlike drie maande PSD kntrak in Irak met goeie betaling. Moet gereed wees vir onmiddelike ontplooing. Groete. Louis de la Porte bodyguard@telkomsa.net

Afwesig Santa

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #130 op: March 08, 2010, 10:37:28 PM »
Hallo,

Ek is 'n dowe 46 jarige dame. Tans woonagtig te Midrand. Soek na 'n matrone pos of binne matrone pos by 'n skoolkoshuis verkieslik te Ermelo, Keetmanshoop of iewers in die Kalahari, met asseblief.
Het ondervinding / opleiding van die volgende : Algemene Administratiewe pligte, asook datavaslegging, brandstof -logostieke opsommings, liasseerwerk, exel, Windows Mail, Microsoft Office, reel van funksies en onthale, SAP, Hurqules
Verpleeg assistent ondervinding
Ook kursusse geloop vir Naels, Massering en waxing.

Cv. op aanvraag beskikbaar
Kontak my per e-pos : santa@mighty.co.za
 

Afwesig leonieo@mweb.co.za

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #131 op: March 16, 2010, 09:47:41 AM »
stuur jou ma secv na agentskap sal dit by my kind se kleuterskool in handig miskien kan hulle dalk vir jou kyk of daar 'n pos is vir jou ma of so of so aan so stuur dit na leonieo@mweb.co.za
dan kyk ek wat ek kan doen het jy haar sertifikaate of kan jy dit vir my more deur stuur.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #132 op: March 18, 2010, 10:42:06 PM »
Afrikaners by voorkeur gesoek as restaurantpersoneel


Versprei asb. die boodskap dat Café Riche op Kerkplein in Pretoria kelners, 'n kok en ander restaurantpersoneel soek. Hulle verkies Afrikaners.

Blykbaar kan 'n kelner tot R700 per dag aan fooitjies verdien!

Hier is die skakel na die kafee se webwerf waar hulle dit adverteer:

http://www.caferiche.co.za

Of kontak Lamé Ebersohn sommer direk by:

caferiche@kerkplein.co.za
012 328 3173

Dis belangrik dat ons 'n Afrikanerteenwoordigheid op die historiese Kerkplein behou en bedags word die kafee ook druk deur regsmense besoek.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #133 op: April 16, 2010, 09:18:31 AM »
1. Dame om kinders te versorg 5 dae per week - woonplek -
Skakel 012 392 2759 of 072 823 6440 - Corrie
 
2. Eie besigheid - Netwerkbemarking - Skakel Kitty 072 225 3296
 
3. Persoon om alarms te installeer (IDS 805 sisteme programeer) - Eie vervoer - Skakel Louis Allen 012 323 3589 of 073 369 9596
 
4. Susterkoerant van JUNKMAIL - Betroubare persoon - ideaal vir pensioenaris -  twee dae per week - Skakel Danie 082 784 9023
 
5. Enkellopende jongman om toesig te hou oor groenteboerdery te Vastfontein - Enkelkwartiere - salaris - stuur CV aan eugene@law.co.za
 
6. Voertuigbestuurder met kode 8 - Skakel Faan 082 824 5703
 
7. Voertuigbestuurder - Kode 8 - Maandag tot Vrydag - Faks CV na
 012 844 0343
 
8. Nutsman met kode 8 rybewys - Skakel Mark de Jager 082 829 2424
 
9. Naaldwerksters - Moot - Eie vervoer - Skakel Marietta 082 464 6534
 
10. Egpaar sonder afhanklikes om toesig te hou oor beeste in Coligny - Skakel Pieter 012 673 0002
 
11. Verpakkers - jongmense - Skakel Michelle 012 804 9666
 
12. Verkeerstellers - Skakel Stefan 083 614 9755
 
13. Hoedspruit - Graad C sekuriteitsbeampte - Skakel Gerhard 072 637 8112
 
14. Persoon om kombuiskaste te installeer - Skakel Jan Burger 012 653 2802
 
15. Gekwalifiseerde Toyota werktuigkundige asook 'n onderdeleverkoopsman met ondervinding in Toyota onderdele - Skakel Anton Venter 082 338 6155 of 014 743 0161
 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #134 op: April 21, 2010, 06:54:22 PM »
Hierdie is maklik die onderwerp wat die meeste op die Bravoland-forum gelees word deur mense van buite omdat daar so 'n groot vraag na werksgeleenthede is en die werkloosheidsyfer by die dag styg.

Ek wil 'n beroep op elkeen doen wat hier lees, neem asb. die eerste stap in die permanente oplossing tot die werkloosheidprobleem, registreer by die VVK sodat ons oor onsself kan regeer en ons in die poste kan aangestel word wat ons verdien en nie op straat te staan en te wonder waar ons volgende bord kos vandaan gaan kom nie.

Ons kry nie werk nie, want daar word teen ons gediskrimineer omdat ons vel wit is en daar 'n groot persentasie swart velle in alle ondernemings moet wees, of hulle nou die werk kan doen of nie.

As ons in 'n wit land woon gaan witmense die werk moet doen en ook die betaling daarvoor kry.

Help jouself deur by die VVK te registreer, hoe vinniger ons by 200 tot 250 duisend kiesers uitkom, hoe vinniger is ons vry van onderdrukking!! Verseker 'n toekoms vir jou kinders in hierdie land.

Vir meer besonderhede, besoek: www.vvk.co.za of vra sommer onder hierdie onderwerp wat julle wil weet. Soek 'n registrasiebeampte in jou omgewing en registreer.

Die toekoms begin vandag!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #135 op: May 06, 2010, 08:04:09 PM »
Werksgeleenthede 06/05/2010


Werksgeleenthede 6 Mei 2010


Dawie
072 196 0901
Langs die Apiesrivier naby Petronella.

Soek 'n enkellopende persoon of egpaar wat wil boer op 28 Ha besproeiingsgrond.  Kandidate moet selfversorgend wees.

Magriet
Waltloo
012 348 3439 / 073 843 1540

Soek 'n man met Kode 10 plus PDP lisensie.  Moet ondervinding hê om insleeptrokke (Rollback trucks) te bestuur.

Dewald van Rooyen
079 186 8279

Het 'n groenteplasie naby Mooiplaats naby Donkerhoek.  Hy soek 'n jongman 20-30 jaar oud (enkellopend) om hom te help met groente verbouing.  Moet kan inwoon of as hy naby woon kan hy daagliks inkom.

Chantal
Pretoria-Noord
012 565 4145

Het 'n pos beskikbaar vir 'n installeerder van optiese vesel- en koperkabels.  Moet 'n eie bakkie hê.  Het ook 'n pos vir 'n projekbestuurder vir installasie van optiese vesel- en koperkabels.

Ilse en Corrie
084 606 6617 / 083 448 5091

Het 'n pos vir 'n enkellopende dame om as onderwyseres (aupair) diens te doen vir 4 kinders tussen 4 - 15 jaar.  (Tuisonderrig).  Die kandidaat moet inwoon en oor 'n geldige paspoort beskik om tussen Pretoria en Botswana te beweeg.

Mnr. Henderson
072 406 5794

Soek 'n man met 'n geldige Kode 8 lisensie ongeveer 30 jaar oud.  Hy moet help met bestuur van koelkamers.  Kandidaat moet netjies wees met sobergewoontes.

Mnr. du Plessis
017 689 2992 / 084 498 0744

Woon op 'n plaas waar hy lande en implemente tot sy beskikking het maar hy het behoefte aan arbeid.  Hy soek twee jongmanne of 'n egpaar sonder kinders om hom op die plaas te help.  Hy kan huisvesting en voedsel voorsien maar geen salaris nie.  As vergoeding sal hy 'n derde van die opbrengs van die oes aan hom / hulle afgestaan word.  Die plaas is naby Hazyview.

Daniel Carstens
Frankfurt / Kroonstad
072 103 1204

Is in die boubedryf en doen instandhouding.  Hy kan huisvesting en salaris aanbied.  Skakel hom - hy bied goeie vooruitsigte.

Dennis
Brooklyn
073 484 6795

Soek sekuriteitsbeampte - verkieslik gegradeer en geregistreer.  Indien die kandidaat nie gerigestreer of gegradeer is nie sal Dennis 'n plan maak om die persoon op te lei.  Moet vervoer tot by die werk hê.  Sal skofte werk.  Sober gewoontes asseblief.

Awie Nel
Belfast - Middelburg
084 240 1773

Het 'n pos vir 'n jongman om te help met algemene plaaswerk - die versorging van hoenders en skape.  'n Egpaar sonder kinders is ook welkom.  Woonplek en salaris word aangebied.

Mev. Nell
Naboomspruit
083 304 1516

Soek 'n dame om tuisversorging van 'n bejaarde dame, 93 jaar ou en bedlêend, te doen.  Moet kan inwoon.  'n Egpaar sonder kinders is ook welkom.  Sober gewoontes asseblief.

Elaine
Silverton
082 339 5898

'n Bekende bandehandelaar in Silverton het die volgende poste:
1.  Verkoopspersone,
2.  Wielsporingstegnikus.

Barbara Jansen
Pretoria Oos
012 807 2277

Het 'n pos vir ontvangspersoon.  Dit is 'n halfdag pos.

Mnr. Becker
Jan Niemandpark
012 800 2654

Het 'n pos vir 'n persoon om te help om te help om 6 stock oor te trek.

Mnr. Kramer
Danville
012 386 0350

Bied geleentheid aan iemand om 'n huiswinkeltjie by hom oor te neem.  hy kan dit vir 'n jaar gratis kry en bedryf.  Indien iemand met inisiatief belangstel kan hulle vir so min as R 300.00 'n eie besigheid begin.  Mnr. Kramer sal bystand en raad gee.

Chris
Pretoria Oos
082 578 7678

Soek 'n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut met goeie menseverhoudings.

Retha Kok
Johannesburg
083 448 9353

Bied 'n werksgeleentheid aan 'n middeljarige dame om haar huishouding te behartig.  Kandidaat moet verantwoordelik wees en op haar eie kan werk.  Sy kan inwoon indien nodig.

Kitty Nel / Abie Oosthuizen
072 225 3296 / 082 463 3582

Skep 'n beter leefstyl vir families.  Begin jou eie besigheid en verdien R 18560 of meer per maand lewenslank vir so min as R 48.96 of R 160.00 per maand.

Theo Fourie
Nylstroom
082 963 6084

Gratis inwoning en voedsel vir onafhanklike afgetrede egpaar of dame op plaas.Bly in spaarkamer saam met eienaars en oupa.  Inruil vir versorging van oupa.  Ons is baie uithuisig en oupa wil nie ouetehuis toe gaan nie.  Oupa word 90 en sy geheue is sleg.  Plaas is tussen Warmbad en Nylstroom geleë.  Geen drinkers of troeteldiere.

Pieter en Meree Scholtz
072 158 2511 / 084 438 8286

Graag wil ons net uitvind of 'n blanke dame wat bereid sal wees om huiswerkies vir ons te doen.
Ons bly in die Noorde van Pretoria op 'n plot en aangesien ons beide werk benodig ons iemand om ons met die dag tot dag takies van die huis te help.  Belangstellendes kan ons gerus skakel.

Willem
Centurion
072 327 3130

Bouer vir huisbou gesoek.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #136 op: May 13, 2010, 01:42:40 PM »
Werksgeleenthede 13 Mei 2010

Nico Van der Merwe
Pretoria
083 559 8374

Het 'n pos vir 'n toesighouer en drywer (Kode 8 ) vir 'n tuindienste.

Mariette
Magaliesburg
079 508 8091

Soek 'n dame wat 'n bejaarde dame kan versorg.  Kandidaat moet kan inwoon en 'n geldige Kode 8 lisensie beskik.  Eie vervoer is noodsaaklik.  Die pos is op 'n kleinhoewe in die Magaliesburg omgewing en die kandidaat moet van diere hou.  Salaris en gratis inwoning word aangebied.

Mnr. Kotze
Pretoria Oos
083 561 5979

Het 'n pos vir 'n man ongeveer 25 jaar oud met kennis van elektrisiteit en rekenaarprogramme veral Excell hê.  Moet Afrikaans en Engels magtig wees en 'n sterk verantwoordelikheidsin hê.

'n Wergewer
082 776 2076

Soek 'n enkellopende jongman met 'n plaasagtergrond om te help met plaaswerk.  Hy moet kennis hê van trekkers, beeste, ensovoorts.

Hester
Moreletta Park
082 578 4667

Het 'n pos vir 'n jongman (20 - 25 jaar oud) met 'n geldige Kode 8 lisensie.  Hy moet tegniese aanleg hê.

Hettie Venter
Origstad
013 238 0087 / 083 270 7369

Bied 'n geleentheid aan 'n gesin of enkellopende man of 'n plaas om 'n plaas om te help met die versorging van diere en die groentetuin.  Gratis inwoning en klein salaris word aangebied.  Daar is geleentheid om salaris aan te vul met die groeneteboerdery.

Albert
Wierda Park
082 330 0791

'n Vervoer Maatskappy soek 'n betroubare Dieselwerktuigkundige met Kode 8 lisensie.

Mariette
Villieria
082 464 6534

Het naaldwerksters dringend nodig.  Sy het 'n groot kontrak en sy kan vir 'n hele paar dames werk gee.  Eie vervoer is noodsaaklik - indien kandidate nie in die Moot-omgewing woon nie.

Mnr. en Mev. Swanepoel
Crystal Park Benoni
011 403 4900 / 084 596 5562

Soek 'n dame om huisskoon te maak.  Verkieslik uit Crystal Park - omgewing.

Manie Engelbrecht
Rosslyn
012 564 4000

National Car Corporation het poste vir gekwalifiseerde dieselwerktuigkundiges.  Goeie ondervinding ook aanvaarbaar.

Pieter Kühn
Pretoria / Brits
083 274 7722

Van Pretoria Vleisbees wat groothandel vleis verkoop, soek 'n man met Standerd 10 kwalifikasie of self 'n gegradueerde persoon om opgelei te word as 'n takbestuurder wat alle aspekte van die besigheid moet kan behartig.

Hans Coetzee
071 063 6210

Het 'n pos vir 'n auto elektrisiën (gekwalifiseerd).  Moet ondervinding hê van grondverskuiwingsmasjinerie en oor 'n geldige Kode 8 lisensie beskik.  Moet eie gereedskap hê.

Marianne Hennop
012 997 1392

Soek 'n drywer in die middae vir 2 weke.

Retha Kok
083 448 9353

Ek bly in Johannesburg en is op soek na 'n persoon wat kan help met die huishouding.  'n Enkellopende blanke middeljarige betroubare dame.  Daar is nie baie werk nie, maar wil iemand by die huis hê op wie ek kan staatmaak.  Slegs weeksdae as dit moet kan sy in bly.

Rienie Reyneke
076 529 9861

Ek is dringend op soek na volkseie mense wat kan help om beskuit en gebak fabriek te begin met 'n teetuin en om privaat funksie te help reël.  As iemand kan help laat weet asseblief.  Ek het net so 'n dringende behoefte aan 'n ekstra inkomste en wil ook 'n gedeelte aan Volkshulp afstaan as ons eers op dreef is.  Ons het die gebou en grond.  Laat weet asseblief.  Die gebou is 66 vierkante meter en die grond 1 hektaar.

Kitty Nel / Abie Oosthuizen
072 225 3296 / 082 463 3582

Skep 'n beter leefstyl vir families.  begin jou eie besigheid en verdien R 18 560 of meer per maand lewenslank vir so min as R 48.96 of R 160.00 per maand.

Riaan Joubert
Montana
012 548 4114 / 082 900 3383

Ons deel pamflette uit op groot skaal.  Ons het 32 mense op 'n permanente basis in diens om vir ons pamflette by robotte en van hui-tot-huis uit te deel.  Saterdae en Sondae benodig ons 8 addisionele uitdelers.  Hulle word vergoed teen R 70.00 per dag (vanaf 09:00 tot 14:00) en gedurende die week R 80.00 per dag (voldag).  Buiten studente, wat oor naweke help, maak ons tans hoofsaaklik van anderskleuriges gebruik omdat hulle bereid is om die werk te doen.  Ons wil egter ook van ons eie mense wat dalk sukkel help.  Indien u weet van mense (verkieslik manspersone) wat belang sal stel om Saterdae en Sondae te help, sal ons graag van u wil hoor.

Theo Fourie
Nylstroom
082 963 6084

Gratis inwoning en voedsel vir onafhanklike afgetrede egpaar of dame op plaas.  Bly in spaarkamer saam met eienaars en oupa.  Inruil vir versorging van oupa.  Ons is baie uithuisig en oupa wil nie ouetehuis toe gaan nie.  Oupa word 90 en sy geheue is sleg.  Plaas is tussen Warmbad en Nylstroom geleë.  Geen drinkers of troeteldiere. Klein vergoeding ingesluit.

Louis Hanafey
072 902 7396

Ek hoop dat ons mekaar kan help.  Ek is 'n transportryer wat 'n myn kontrak het met 2 myn groepe en met Evkom om vir hulle kole te vervoer.  Ons werk op 24 myne.  Ek moet tans 1 500 000 ton kole per maand vir hulle vervoer.  Ek weet dat daar baie blanke trok eienaars is wat se trokke tans staan.  baie van die trok eienaars staan die kans om hul trokke te verloor weens hulle nie die bank kan terug betaal nie.

Die trokke wat ek benodig is "Side tippers" en "Slopers".  Die hoeveelheid wat ek benodig is 300 plus.

Rina
071 376 3285

Soek na bemarkers vir Konferensies wat gewoond is om op kommissie basis te werk soos eiendomsagente.

Riëtte van Schalkwyk
083 307 7029

Soek 'n betroubare volkseie dame om een dag per week te help in die huis met skoonmaak en wasgoed ophang en stryk.  Eie vervoer noodsaaklik.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #137 op: May 13, 2010, 01:47:33 PM »
Nog twee werksgeleenthede


Elsie Coetzee
Kromdraai naby Petronella / Pyramid
012 711 0766

Soek 'n afgetrede selfversorgende egpaar om by hulle te kom woon op 'n kleinhoewe.  Hulle is 2 bejaarde egpare wat daar woon.  Daar is woonplek beskikbaar en man en vrou kan help met die versorging van die 4 bejaardes en ander los werkies op die hoewe.

Marlene
Middestad Pretoria
087 727 3570

Het 'n pos vir 'n gekwalifiseerde loodgieter met 'n geldige Kode 8 rybewys.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #138 op: May 20, 2010, 11:21:32 AM »

Werksgeleenthede 20/05/2010

Mnr Vermeulen
074 141 7530

Het 'n pos vir 'n swaar voertuigbestuurder.  Kode 14 plus PDP.  Moet ook kennis hê van instandhouding van geboue en elektriese werke.  Sal 2-3 per maand Kaap toe gaan.  Geen rokers of drinkers.

Piet du Preez
Orchids Pretoria Noord
082 857 5018

Soek 'n man om algemene werkies en instandhouding op die kleinhoewe behartig.  Geen huisvesting beskikbaar.

Johanie Tolmay
012 548 9823/4/5
012 548 9850
johanietolmay@lantic.net

Het die volgende poste:
Rekenmeestersklerke
Boehouers
Debiteure / Krediteure klerke
Administratiewe personeel
Datavasleggers
Jongmense met Standers 10 en wiskunde

Peter Henderson
072 406 5790

Soek 'n jongman (25 jaar of ouer) met 'n geldige Kode 8  lisensie besit, 'n waterpas kan lees en 'n 90 grade hoek kan uitsit.  Hy kan koelkamers in Pretoria, Johannesburg en soms landswyd.  Kandidate moet wil werk.

Ben Pretorius
071 152 8126

Soek 'n jong dame (skoolverlater) met geen afhanklikes om in 'n klein winkel / kafee te werk.

Mathys Fox
Kempton Park / Pomona
082 707 4118

Soek 2 ouer mans (50+) wat nie rook of drink nie om motors te verskuif.  Moet geldige Kode 8 rybewys besit.  Verkieslik mans wat in die omgewing woon want hulle sal by hulle huise gehaal en teruggeneem word.

André
Pretoria omgewing
082 774 8935

Het 'n pos vir 'n plaasbestuurder moet kennis hê van saaiboerdery en diere en meganiese werke.
Huisvesting, voertuig, selfoon word verskaf.  Sober gewoontes asseblief.

Rienie Reyneke
076 529 9861

Ek het verlede week geadverteer vir geleentheidskoordineering en 'n moontlike teetuin, maar ongelukkig het ek vergeet om die area te spesifeer, ons is in Roodepoort, Princess op 'n plot.  Ek soek na mense hier naby wat kan help om funksies te organiseer, ek is self op soek na 'n inkomste en soedoene kan ons dalk 'n besigheid op die been bring.  Almal wat gebel het, is van Pretoria.  Baie het gevra vir verblyf.  Ons het grond en geboue beskikbaar.  Asseblief, ek is dringend op soek na ons volkseie mense wat kan help.

Albert Swanepoel
Silver Lakes
012 809 2122

Ons het 'n posisie vir 'n betroubare drywer met 'n Kode 8 lisensie.

Blits Elektrisiëns en Hardeware
012 332 1815

Ons het 'n pos oop vir 'n verkoopspersoon.  Definitiewe vereiste dat persoon met mense kan werk, rekenaargeletterd is en ten minste 'n hardeware agtergrond moet hê.  Moet ook bereid wees om enige werk wat benodig word te kan doen hetsy sementsakke ronddra, rakke pak, verkope te doen, voorraad af te lewer, ensovoorts.  Pos beskikbaar 1 Junie 2010.

Johan / Hettie Duvenage
013 697 3831/4

Vaketure bestaan by my besigheid vir persoon met die nodige kennis en ondervinding i.t.v. installering.
Auto-X-Sec is geleë te Witbank en spesialiseer in die installering en herstel van:
Satelliet vlootbestuur stelsels
Voertuig Opspoorstelsels
Radios, DVD, CD
Voertuig Lugversorging
Alarm / Immobiliseerders
Die is 'n tipiese voertuig passentrum

Ons het 'n werkswinkel in sentraal Witbank en werk ook mobiel.  Kandidate moet:
Beskik oor 'n wettige bestuurderslisensie
Nie drink nie en moet sober gewoontes hê
Onafhanklik kan werk
Ondervinding hê

Fakse met CV in Afrikaans asook ID afskrif aan 086 509 1744 / 013 697 3813 gestuur word.

Kobus Broodryk
012 332 1666 / 083 301 2140

Ek het 'n pos vir 'n telebemarker mt vorige ondervinding en of kwalifikasies is 'n vereiste.

Jaco Gouws
Kemptonpark
083 986 7850

Het poste vir bouers, messelaars, pleisteraars, telers, loodgieters - alle ambagte wat betrekking het op bouery.

Sanderis

  • Gas
Re: Werksgeleenthede vir Volksgenote
« Antwoord #139 op: May 23, 2010, 08:00:33 PM »
Aanhaling
Ek het n konstruksie maatskapy nl: Berwick civils wat spesialiseer in form werk. Ons doen geen bou werk met steene nie maar wel groot "concrete" strukture soos bv stadions. Ons is gebaseer in Klerksdorp maar werk oor die hele land. So persoon moet kan beweeg van huis af.
Op soek na formwerk voormane en "steel fixing" voormane. Moet kan konstruksie struktuele en staal planne kan lees en verstaan. Moet n baie self gedrewe persoon wees. My kontak mail : frans.berwick@vodamail.co.za 
Tel is:0826776084


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal