Ek het nou onlangs 'n baie interessante geskiedkundige roman gelees. Dit handel oor die Kaap aan die begin van 1700.
Daar het baie interessante dinge uitgekom, soos byvoorbeeld dat die Vrymesselaars in die omgewing van 1704/1705 daar begin het. Twee name het nogal uitgestaan, nl. Adam Tas en Swellengrebel. Hierdie groepie het dit hul missie gemaak om die Van der Stels swart te smeer en leuens te verkondig omdat Simon en Willem Adriaen van der Stel nie belang gestel het in hul geheime groep nie.
Die boek begin deur te vertel dat Simon se Ouma 'n afstammeling van die Swart Jode is en sy Oupa 'n Nederlander. Adam Tas en die ander lede van die geheime groep stam weer af van die Verstrooide Jode in Europa. Hulle noem daar dat in die Joodse geloof jy tydelik van geloof kan 'verander' om sekere redes. Die Jode was nie toegelaat tot die VOC nie en het dus die Christelike geloof 'aangeneem' om werk daar te kry. So het hulle later in voorsitterskap gekom van die VOC. Een van hul groot koppe in die 'geheime groep' het aan die einde van die boek gesê dat hy sy voelers na Engeland wil uitsteek, want die tyd van die Nederlanders is besig om verby te gaan Hy het ook genoem dat hy van Engeland af na Amerika wil uitbrei...
Nou wat vir my interessant was van die hele boek, was dat ons geleer het dat Willem Adriaen van der Stel mense uitgebuit het en dat Adam Tas die 'redder' van die gewone burgerlikes was.