Skrywer Onderwerp: Orania, straatname moet waai in NK  (Read 2028 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Orania, straatname moet waai in NK
« op: November 16, 2008, 05:05:47 PM »
Ek kry 'n vreeslike pyn in my gat as ek dié goed lees.

Orania, straatname moet waai in NK
) frans coetzee

KIMBERLEY. – Die naam Orania, straatname van “afvalliges’’ en die Kimberley-lughawe se naam moet waai. Indrukwekkende standbeelde moet vir kamerade in die bevrydingstryd opgerig word.

Só het die Jong Kommuniste-liga (JKL) die naweek op sy provinsiale kongres in die stad besluit.

Mnr. Kabelo Mohibidu, sekretaris van die JKL in die Noord-Kaap, het gister gesê nie net moet Orania se naam verander word nie, maar ook sy samestelling wat arpartheid steeds verteenwoordig.

“Orania moet ten volle met die res van die land integreer sodat swart, bruin, wit en Indiër saam kan woon.”
Die Kimberley-lughawe moet na die Tommy Morebodi-lughawe herdoop word.
“Tommy was die eerste jeugdige wat hier in 1985 in die bevrydingstryd gesterf het. Ons gaan met sy naastes in verbinding tree om verdere inligting oor dié jong held se lewe en tragiese dood in te samel.”

Mohibidu het gesê die kongres het verder besluit pogings om tersaaklike straatname en geskiedkundige landmerke te verander, moet versnel word.

“Die Bantu Holomisa-straat wat na die renegaat genoem is, is ’n skande. Lucas Mangopestraat moet ook verander, want dit verteenwoordig ’n uitgediende era.”

Die kongres benodig nie “klein” standbeelde wat vir kamerade in die stryd opgerig word nie.

“Ons moet na Kuba vir voorbeelde kyk in ons strewe om ons revolusionêre helde met ‘ernstige’ monumente te vereer.”

Mohibidu het gesê die owerheid se tenderprosedures moet dringend hersien word, want dit is deurspek met korrupsie en bedrog.

“Ons gaan ook vra dat jeugdiges wie se ouers aan byvoorbeeld vigs dood is, gratis huise, onderrig en ’n basiese toelaes kry.”

Die premier se beurstoekenning moet herontwerp en aangepas word sodat die beurshouers beter vergoed en in bepaalde praktiese rigtings soos entrepreneurskap opgelei word.

) Mnr. Carel Boshoff IV, president van die Orania-beweging, het gister gesê hy neem die JKL se besluit oor Orania met ’n knippie sout.

“Orania se naam en samestelling het niks met die JKL uit te waai nie. Ons indruk is hulle is desperaat vir ’n bietjie publisiteit. Ons wil ons nie tot ’n sinlose getwis laat uitlok nie.”

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #1 op: November 16, 2008, 08:12:20 PM »
Dat iemand nou so n slagoffer van sy eie minderwaardigheid kan wees...
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #2 op: November 16, 2008, 09:03:34 PM »
Waar het jy aan hierdie gekrap gekom Karina?

Ek moet se dit is goed vir my lae bloeddruk.  Ek dink mens kan egter ietsie meer van dit maak as om dit te ignoreer.  Nie noodwendig al daarteen te protesteer nie, maar bloot as propaganda te gebruik.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #3 op: November 16, 2008, 09:09:18 PM »
Waar het jy aan hierdie gekrap gekom Karina?

Ek moet se dit is goed vir my lae bloeddruk.  Ek dink mens kan egter ietsie meer van dit maak as om dit te ignoreer.  Nie noodwendig al daarteen te protesteer nie, maar bloot as propaganda te gebruik.

Dit is more op bl. 5 van Volksblad.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #4 op: November 16, 2008, 09:54:23 PM »
Daar is seker nie baie nuus in die Vrystaat as sulke bemesting die koerant haal nie. Kom ons kyk gou hoe werk hierdie klomp se houtkoppe.

Die Jong Kommuniste-liga hou n provinsiale kongres op Kimberly - mens neem aan dit is die Nood-Kaapse provinsiale kongres. Nou moet hulle seker geluide maak, want hulle kan seker nie n kongres hou en niks se nie.

Hou in gedagte dat hierdie jeug se groot terleurstelling die feit is dat hulle die sogenaamde 'Struggle" misgeloop het. Nou moet hulle in die Noord-Kaap van alle plekke n nuwe 'Struggle" loop soek, want die groen banke van die parlement lok, en daar moet naam gemaak word.

DIt lyk werklik of hulle kommunisme bestudeer, maar nie verstaan nie. Daarom het ons hier n gebrabbel wat n mengsel van idiologiese napratery en party-politieke verbale diarree is.

Die gedeelte oor die tenderprosedure wat hersien moet word klink goed, maar is ook onsinnig. Daar is nie fout met die regulasies en prosedures nie, die probleem is dat die prosedures nie nagekom word nie. DIt lyk of hulle iets gehoor het en napraat, maar weer nie mooi verstaan het nie.

As alles nou verander het, en daar is niks meer oor nie - ook nie om te steel nie - waaroor gaan hulle dan praat?

Waarom pla Orania hulle? Is dit dalk oor hier n stelling gemaak dat ons hulle nie meer nodig het nie?

Waarom kla hulle nie oor die loodse wat hulle Kimberley toe gevlieg het blank is nie?

As hierdie jeug die ANC se toekomstige leiers is dan het ek sommer nuwe moed vir ons vryheid. Gaan hulle ons keer?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #5 op: November 17, 2008, 07:07:08 AM »
Hier is die selfoon nommer 083 542 5372.

Dit is die nommer waar die klonkie - Kabelo Mohibidu, sekretaris van die JKL in die Noord-Kaap bereik kan word.  Dis die een wat so baie babbel in Karina se berig hierbo.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #6 op: November 17, 2008, 03:30:41 PM »
Nou gaan Pretoria se jkl seker sê dat met Kleinfontein dieselfde moet gebeur.

Wat sit agter die skerms?  Waarmee hou die regering ons besig om sodoende ons aandag te verdeel om belangriker sake dalk mis te kyk?
« Laaste verandering : November 17, 2008, 03:34:52 PM deur Johan Joubert »
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #7 op: November 17, 2008, 06:19:50 PM »
Ek stel voor ons stuur vir hom sms'e waarin ons vir hom vra dat orania se naam moet verander na Verwoerdburgstad ;D en die hoofstraat Eugene de Kok laan ;D
Die rioolplaas nelson mandela :o 

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #8 op: November 17, 2008, 07:33:25 PM »
Mike, moet my nie uitdaag nie.  Ek het 'n sms bondel en kan dus elke dag 'n paar aanstuur as dit moet.  Ons vernoem die munisipaliteit sommer na Clive Derby Lewis.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #9 op: November 17, 2008, 09:45:12 PM »
Ai , ai - hul soek vir moeilikheid wat kan bly !

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #10 op: November 18, 2008, 05:20:26 AM »
Wat motiveer hierdie mense en wat is hulle doel? Wie is hulle teikengroep en wat is hulle ondersteuningsbasis? Wat is hulle invloed op die politieke situasie in S.A.? Ons praat nou hier van die jong Kommuniste, die PAC Jeug, ANCYL die nuutgestigte PAMYL en andere. Hierdie is definitief n onderwerp op sigself. Wat is die algemene gevoel -moet ons n nuwe draad hieroor begin?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Insake: Orania, straatname moet waai in NK
« Antwoord #11 op: November 18, 2008, 08:58:32 AM »
Ek dink nie dit kan skade doen om bietjie navorsing te doen nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal