Het enigiemand hierdie salf al gebruik? Waarvoor? Het dit gehelp? My vrou sukkel nou al langer as 'n jaar met 'n diabeties ulcus op haar enkel wat nie gesond wil word nie. Ons het al heelwat medikasies probeer, maar niks help nie. Ons het toe van hierdie salf by die buurman gehoor. My skoonma het dit vir 'n soortgelyke wond gebruik en is binne 'n maand genees.
Ek sien toe ek verder gaan soek vir inligting dat die medisyne beheerraad bedenkinge het daaroor. Is dit nie maar net 'n kwessie van die groot farmaseutiese maatskappye wat nie wil hê dat 'n kruie wonderkuur op die mark moet kom nie? Aan die ander kant, wat verhoed die mense wat die middel bemark om beheerde kliniese toetse daarop te doen en so hul aansprake te bewys?
So tussen ons, hoekom het hulle daai klein blou pilletjie ontwikkel? Was daar so baie mans wat gekla het oor hulle vermoëns en toe besluit Phizer om hulle massiewe hulpbronne aan te wend om 'n oplossing te kry vir die probleem of is dit toevallig ontdek?