Skrywer Onderwerp: Plaasmoorde  (Read 8141 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Plaasmoorde
« op: November 25, 2008, 08:02:09 AM »
Dit kan nie so aangaan nie. Daar is nou daagliks plaasaanvalle, selfs twee of drie per dag. Iemand moet nou tot orde geroep word.

Die 9000 terroriste wat hulle nou weer uit die tronke gaan vry laat, gaan ook nie die situasie verbeter nie.

Ons kan nie meer sit en wag vir die regime om ons te beveilig nie, hulle gaan nie, ons sal dit self moet doen. 

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #1 op: November 25, 2008, 08:59:18 AM »
Vanoggend het my bloed weer begin om op te kook na die gedeelte van my brein wat nie lekker kan dink as die bloed daar uitkom nie.

Die derduiwels is besig om ons mense uit te moor!  In die dae toe ons Boere nog murg in ons pype gehad het, sou ons die goed gaan straf het met 'n strafkommando.  Deesdae is ons net te erg op ons geld, huise ens ens ens.

Dan word daar 'n optog gereel teen die moorde, maar ons volksgenote is te ordentlik om werklik te wys hoe hul voel!  Wanneer gaan die dag kom wat ons paaie gaan toemaak en gebiede vry verklaar van vreemdes?  Wanneer gaan die dag kom dat wanneer ons 'n "protes" optog reel, ons die polisiestasie se hek afbreek?

Nee wat.  My volk se manne het slap geword.  Ons het muise geraak.  "Solank hulle net nie by my inkom nie"

Pateties man!

Waar is ons murg?  Of moet ons vrouens eers weer dreig om kaalvoet oor die berge te stap? 

Met ons God kan ons 'n bende stormloop!  Of kruip ons liewer weg?   

"Ek in my klein hoekie, en jy in joune????"

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #2 op: November 25, 2008, 09:02:46 AM »
Elke oggend word ek wakkergemaak met die nuus op die radio, ek kan nie onthou wanneer laas die 08:00-nuus nie berig het oor aanvalle nie. Dit is regtig elke dag.

Ons huise gee vir ons 'n valse gevoel van veiligheid, dus moet ons ons huise so veilig moontlik maak. Ons huis op die plaas waar ek grootgeword het het 'n veiligheidshek in die gang en die kamers is alles aan die ander kant. Elke aand word die hek gesluit en ek het ook altyd die hek gesluit as ek alleen by die huis was en my ma-hulle êrens heen moes gaan en ek nie wou saamgaan nie. Daardie huis se kamers het ook diefwering wat jy nie eers iets deur die vensters kan gooi nie, dis 'n tipe "mesh"-diefwering wat aan die buitekant van die huis vasgesit word.

Hou alle gordyne in die aand toe, moenie op 'n verligte plek wees waar iemand jou van buite af kan sien, maar jy kan hulle nie sien nie. Mens hoor al hoe meer van mense wat sommer deur die venster geskiet word, en die skurke kom nie eers in die huis in nie, hulle kom uit en uit om te moor.

Leer almal in jou huisgesin hoe 'n vuurwapen werk en hoe om een te hanteer. Al is hulle 8 jaar oud en korrel 'n halfuur lank voordat die skoot klap, ons almal moet êrens begin. Wapenveiligheid is seker die eerste en belangrikste aspek van wapenopleiding.

Sluit julle kamerdeure as julle gaan slaap, mens hoor al hoe meer van mense wat in hul bed oorval word, as die kamerdeur gesluit is, gee dit jou darem kans om wakker te word voordat die swerkaters die deur afbreek.

En 'n vuurwapen se plek is nie in die kluis nie, veral nie in die aand nie. Selfs as jy sit en TV kyk, hou maar 'n skietding byderhand. Dit is ook hoekom dit belangrik is dat jou hele gesin gewoond is aan vuurwapens en dit respekteer.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #3 op: November 25, 2008, 12:49:34 PM »
Ek het al lankal die idee gekry dat die volksvreemdes met so 'n strategie na vore kom om die Afrikaner stadig uit te wus.  Hulle sien die Afrikaner is nie berreid om die land te verlaat en dat dit net 'n swart Suid-Afrika word nie of selfs dalk 'n swart Afrika.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig EWB Investigations

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 5
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #4 op: March 10, 2009, 09:02:54 PM »
Geagte Lesers,

Dit is nou al 'n geruime tyd dat ek hierdie webblad dophou en alle kommentaar lees. Ons nasie is definitief blootgestel aan grootskaalse terrorisme en daagliks is daar haat spraak teen die Afrikaner in die media.

Ek is 'n Privaat Speurder wat talle boere al behulpsaam was t.o.v plaasaanvalle, -moorde, veediefstal en gewone kriminele aktiwiteite op plase.
Ek bied ook berading aan vir mense wat deur bogenoemde geraak is.

Indien enige iemand hulp of advies verlang is julle welkom om my te skakel.

Wayne Botha
EWB PRIVATE INVESTIGATIONS
084 604 0716
www.ewb.co.za
wayne@ewb.co.za

Sanderis

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #5 op: March 11, 2009, 12:42:01 AM »
 >:(
Ek het opgemerk 'n nuwe tegniek wat hul deesdae gebruik is om 'n staalpyp (3/4 duim waterpyp en soortgelyk) in verlate grondpaaie (gewoonlik naby stop teken ) in te slaan , soveel dat jy dit nie kan sien tot jy bo oor dit ry .
Verlate grondpaaie stopstrate stop mens mos nie eintlik rêrig nie , jou voertuig bly in beweging , as dit reg oor die pyp beweeg rig dit ernstige skade aan jou enjin (gate in samp) en moontlik petroltenk .
As jy daaraan dink om te stop , moenie ry eerder so ver weg as wat jy kan . As jy daar gaan stop waar dit gebeur het is daar 'n goeie kans hul gaan jou aanval .
Ek het my vriend se petroltenk gister herstel a.g.v. so voorval .

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #6 op: March 11, 2009, 11:21:27 PM »
Boer vermoor in huis waar hy sedert geboorte woon
Mar 11 2009 08:29:50:427PM  - (SA)   
Linda de Beer

’n Boer van Delareyville in Noordwes is gisteroggend dood gevind met ’n enkele skietwond in die bors in die plaashuis waar hy sedert sy geboorte woon.

’n Buurman het kort ná 07:00 op mnr. Wessel Badenhorst (55) afgekom waar hy op die kombuisvloer gelê het.

Sy moordenaars het ’n deur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry, het insp. Wilmarie van der Merwe, polisiewoordvoerder, gesê.

’n Patroondoppie van ’n 9 mm-pistool is op die toneel gevind.

Plaaswerkers het onraad vermoed toe Badenhorst nie by die melkstalle opgedaag het nie.

Hulle het die buurman se hulp ontbied toe hy ook nie op hul geroep by sy huis geantwoord het nie.

Net Badenhorst se Isuzu-bakkie word in dié stadium vermis.

Hy het alleen op die plaas gewoon waar hy gebore is en grootgeword het, het mnr. Johnny van Biljon, ’n lewenslange vriend, gesê.

“Hy was sy hele lewe op die plaas. Sy pa en my pa was al maats.

“Hy was ’n eerlike, reguit ou. As jy nonsens gepraat het, was hy nie skaam om dit vir jou te sê nie,” het Van Biljon gesê.

Badenhorst was in die omgewing ook as Boetie bekend.

Hy word volgens Van Biljon deur ’n broer en ’n suster oorleef.

Die polisie weet nog nie hoeveel aanvallers daar was nie.

Niemand het glo iets op die plaas gesien of gehoor nie. Die presiese tyd van Badenhorst se dood moet ook nog bepaal word.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2483899,00.html

Ons Sal!!!

Afwesig Sarah

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 4
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #7 op: March 12, 2009, 09:18:29 PM »
Darem snaaks hoe die goed so in 'n sekere omgewing kan gebeur.  Twee blanke vrouens is ook oor die naweek vermoor op Allenridge naby Odendaalsrus.  Die een vrou was in haar tagtiger jare en die dogter was 57 jaar.  My kleindogters neem model in Welkom en moes ek hulle Maandag deurvat Welkom toe.  Die dame wat die model aanbied het gesê dat die polisie en die dokter gesê het dat dit die wreedste moorde was wat hulle nog gesien het.  Saterdagaand is daar ook by my plaashuis ingebreek.  Die diefwering voor die vensters is met 'n swaar voorwerp uitgeslaan. Ek was gelukkig nie tuis nie maar het by my dogter op 'n ander plaas gaan slaap.  Ons moet besef dat ons Boere is uitgelewer aan hierdie barbare.  Polisie stel nie belang om sulke sake op te volg nie.  Ek het dit nou self ondervind.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #8 op: March 13, 2009, 04:05:51 AM »
Sarah, jammer om te hoor van jou skade - is daar baie goed gesteel?

Ek hoop jy het genoeg mak ganse wat om die huis slaap?

Sterkte vir jou - ons boere is werklik uitgelewer aan die barbare.
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #9 op: March 19, 2009, 08:50:46 AM »
Twee dood in plaasaanval
Mar 19 2009 03:17:14:527AM  - (SA) 
Jana Engelbrecht


BRANDVLEI. – Terwyl die landbougemeenskap erg geskok is oor die grusame moord op ’n bekende boer en sy lewensmaat Dinsdagaand in die omgewing, het Agri-Noord-Kaap dié nuutste plaasaanval skerp veroordeel.

Mnr. Willouw Cilliers (59), van die plaas Retseh, en me. Loudene van Blerk (60) se drie moordenaars het hulle vermoedelik laatmiddag by die plaashuis ingewag.

Cilliers is na bewering dood toe die motor waarin die verdagtes met hom gevlug het, omgeslaan en hy uitgeslinger is.

Van Blerk is vroeër glo in die plaashuis vasgebind en doodgeskiet. Die plaas is sowat 25 km buite Brandvlei.

Politieke partye het die moord ten sterkste afgekeur.

Mnr. Andries Krugel, ’n buurman, het gesê die verdagtes het vroeër die aand in een van die paartjie se motors van ’n plaaspad afgery. Sy seun het by die verlate motor stilgehou.

“My seun het ’n rewolwer en drank op die sitplek gesien. “Ons het die polisie gebel. Ek het ook gaan kyk.”

Die verdagtes het vermoedelik na die plaashuis teruggekeer nadat hulle met die motor van die pad af gery het.

“Die boewe het toe nog ’n bakkie van Cilliers gevat. Dit het by die eerste ongelukstoneel omgeslaan.

“Toe ek daar aankom, het die beseerde huishulp by die bakkie uitgekruip.”

Sy het geprewel Van Blerk is doodgeskiet.

“Cilliers het buite gelê. Hy was reeds dood.

“Twee van die verdagtes, wat albei by Cilliers op die plaas gewerk het, was bewusteloos.”

Onderweg plaashuis toe het die polisie ’n derde verdagte langs die pad aangekeer. Hy het na bewering ook een van Cilliers se werk-bakkies omgekeer.

Sowat ’n week gelede het een van die verdagtes glo ’n voertuig van Cilliers op die plaas gesteel.

“Cilliers het ’n klag teen hom ingedien. Hy is aanvanklik aangehou. Ek vermoed dit was ’n wraakaanval.”

Een van die verdagtes is verlam. Sy meeloper is vermoedelik breindood.

Mnr. Wessel van der Merwe, president van Agri-Noord-Kaap, het gesê dié sinnelose en onaanvaarbare moord wys dat die wetteloosheid in die land lank reeds buite beheer is.

“Die landbougemeenskap is uiters kwesbaar in die groot vakuum wat agtergelaat is nadat die kommandostelsel uitgefaseer is.

“ ’n Nuttelose polisie-reserviste-stelsel is ingestel.”

Van der Merwe het gesê die naasbestaandes van vermoordes op plase moet geraadpleeg word voordat borgtog aan die moordenaars toegestaan word.

“Die destabiliserende uitwerking van ’n plaasmoord is alombekend. Dit het ’n ongekende negatiewe uitwerking op die ekonomie van ’n streek, die gemoedstoestand van ander landbouers in die gemeenskap, die invloed wat dit op plaaswerkers het en nog ander negatiewe implikasies.”

Van der Merwe het sy innige simpatie teenoor die familielede en gemeenskap van dié gebied uitgespreek.

Cilliers word oorleef deur twee seuns, Jaco (25) en Nicholas (23). Van Blerk word oorleef deur haar twee seuns en ’n dogter.

Kapt. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het gesê vuurwapens is in albei motors, ’n dam en in die plaashuis gekry. Die twee ernstig beseerde verdagtes is na ’n hospitaal in Kimberley oorgeplaas.

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2487931,00.html
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #10 op: March 19, 2009, 08:28:26 PM »
My gemoed is besoedeld ! Besoedeld van bg. gebeure ; dit is nie net hier nie - dit is orals op die Net waartoe ek gaan . Duisende ! verskillende weergawes ; tyd plek datum en slagoffers verskil net .
Ek kan nie daarin slaag om die storm in my tot bedaring te bring nie , dit vererger soos die situasie vererger . So die enigste oplossing is seker om uiting daaraan te gee .
Soos ek al genoem het op ander plekke , die tyd het aangebreek om ons eie beveiliging strukture in plek te kry , die tyd vir praat is verby , die tyd vir doen het aangebreek .
Die voorstel wat ek maak moenie gesien word as DIE oplossing nie maar eerder as 'n beginpunt vir samesprekings tot 'n oplossing .
As ons kyk na moontlike punte van bespreking vir die vorming van die beveiliging strukture , kan ek vinnig aan 'n paar Hoofkategorië dink : Beveiliging , Misdaadvoorkoming , Misdaadbevegting en 'n Forensiese ondersoekeenheid . Laaste 3 punte is eintlik streng die werk van die Polisie ; maar in my oë is hul onbevoegd? , onopgeleid? , onderbeman? ; hoe dit ookal sin , hul kan nie die taak verrig nie .
In lande soos Amerika en Brittanje word Privaat Forensiese ondersoek spanne reeds jare suksesvol gebruik om die Polisie te help in hul ondersoeke .
Die effektiwiteit en geslaagdheid van 'n forensiese ondersoek bepaal grootliks die effektiwiteit van Misdaadvoorkoming en -bevegting.
As ek praat van misdaad in dié opsig , praat ek spesifiek van moord en gewapende roof wat betrekking het op ons Volk .
Om privaatstrukture te stig wat bg. doelwitte sal bevredig , sal daar gekyk moet word na die wetsaspek daarvan - nie hieroor of daaroor nie , ek glo die NSA Grondwet behoort dit te akkomodeer .
Die "Beveiliging" kategorie behoort nie 'n regsprobleem te wees nie en is dus onmiddelik uitvoerbaar .
Om 'n paar drade saam te vat ; in  Boere alarm word verskeie beveiligings tegnieke bespreek in pos 13 word 'n soortgelyke opsie beskryf as hier in dié draad pos 2 van Afrikanermeisie .
Om só alarmstelsel te ontwikkel , vervaardig en installeer gaan bevondsing benodig word .
Om dit te bewerkstellig kan 'n Nasionale Boerevergadering belê word , met die doel om bg. punte te bespreek en aksie daarvolgens te neem . As bevondsing moontlik gemaak word , sal 'n regulerende liggaam aangestel moet word om dit te beheer .
Verdere punt van beveiliging is 'n Privaat Sekuriteits Maatskappy/e , dit sal as ware die die wettiglike herimplementering van die "Kommandostelsel" wees ; wat alleenlik die doel van sy lede dien , en alleenlik deur blankes beman word . Die probleem van plase is hul is so wyd en ver van mekaar , so moontlik sal verskeie "wagposte" op strategiese punte in dié gebiede ideaal wees .
'n Moontlike oplossing vir bespreking van befondsing , kan gekyk word of subsidiering vanaf die staat moontlik is . Waarvoor betaal jy belasting ? Deel van dit is vir beveiliging en Sekuriteit , maar die owerhede faal daarin , in so mate dat dit ons verplig om privaat strukture in plek te kry .

Ek is bereid om my Volk in nood te help , maar is my Volk bereid om hul kant te bring ?
Onwillekeurig wonder ek by myself ; is die Afrikanerfront gereed en opgewasse vir so uitdaging ?
Die tyd vir doen is nou . Hoekom wag ? Wag vir wat , om te wag word tyd verspil en dit kan gemeet word aan die onskuldige bloed wat verspil word .
Wag en Hoop en Bid , dat ek nie vanaand die volgende slagoffer word nie ?
Die ironie is , ek slaap met my deure en vensters oop . Ek vrees nie en ook vrees ek nie die dood nie . Inteendeel sal ek dit met ope arms verwelkom , maar nié op so brutale onnodige wyse nie .
Ek vrees nie vir myself nie maar vir die voortbestaan van my Volk !
Die oorsprong van dié pos is voortspruitend uit 'n epos wat ek ontvang het vir oproep tot samewerking .
« Laaste verandering : March 19, 2009, 08:36:15 PM deur Sanderis »

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #11 op: March 20, 2009, 07:25:16 AM »
Sanderis, ek het jou skrywe gisteraand gelees, maar nog nie n manier gekry om jou te antwoord nie.

Dalk is dit so bedoel dat ons hierdie bitter beker moet drink? Dat slegte dinge eers met goeie mense moet gebeur?

Dan leer ons dalk dat die belange van die groep meer tel as die individu?

Daar moet eers n kritieke massa bereik word t.o.v. bewuswording van hierdie dinge, dit kan nie ryp gedruk word nie. Nie emosie nie, net stille vasberadenheid en eenheid van gedagte en doel.

As die vrug ryp is neem gravitasie oor, jy hoef hom nie te pluk nie. En dan kan niemand dit ook keer nie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

viki

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #12 op: March 20, 2009, 12:47:32 PM »
Ek voel net so woedend, maar Meerkat wanneer sal daai kritieke massa bereik word?  Ons toestand is alreeds kritiek, myns insiens. 'n Paar miljoen afrikaners het al geimegreer. Nog 'n paar duisend is alreeds vermoor. Die ander wat oor is, lyk of hul liberaliste is, wat soos passers redeneer.  Ek wens ek kon weet hoeveel afrikaners is daar wat werklik voel soos wat ons hier in Bravoland voel.  Hoeveel sal regtig opstaan vir vryheid? Dalk 'n miljoen, minder, meer?

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #13 op: March 20, 2009, 01:18:54 PM »
Nav Sanderis se punte wil ek net graag herinner daaraan dat al daardie aspekte - beveiliging, misdaadvoorkoming, privaatstrukture, waarskuwingsmeganismes, herlewing van die kommando's - al reeds in plek gestel is in die landelike omgewings van Transvaal, hoofsaaklik deur die TLUSA. 

Ek is maar relatief oningelig maar dit klink net logies dat ons by reeds bestaande en suksesvolle strukture moet aanhaak en dit uitbrei na die stedelike gebiede en die hele land.

Sanderis

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #14 op: March 20, 2009, 01:45:55 PM »
As ek dit nie mis het nie , TLUSA is 'n lid van die Afrikanerfront .

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #15 op: March 20, 2009, 01:49:52 PM »
Sanderis, jy is in die kol - TLU SA is lid van AF
Kennis is mag

Afwesig EWB Investigations

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 5
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #16 op: March 23, 2009, 02:15:37 PM »

Goeie Dag Boere?

Ek en my 2 speurders het n plaasaanval gedoen in die NW. Ons het die verdagtes binne 4 dae toegesluit.
Hou maar die Rapport dop daar gaan n goeie storie kom oor Plaasaanvalle & Moorde.

Groete

Wayne Botha
EWB Pvt Investigations
www.ewb.co.za

Sanderis

  • Gas
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #17 op: March 23, 2009, 07:05:39 PM »
Daar was gister berig in Rapport oor 'n NW plaasaanval , ek het dit nie gelees nie .
Jopieswan , is dit moontlik dat jy ons kan vertel hoe om betrokke te raak by TLU SA se pogings .
Ek sien dit so , aangesien TLU SA lid is van AF en Bravoland ook lid is van AF , is dit my plig as Bravoland burger om dit te ondersteun welke geval moontlik .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #18 op: March 27, 2009, 08:00:43 AM »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Plaasmoorde
« Antwoord #19 op: March 27, 2009, 08:03:35 AM »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal