Skrywer Onderwerp: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde  (Read 1402 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« op: February 17, 2010, 08:22:53 PM »
Landbouweekblad het ’n versoekskrif oor plaasmoorde en -aanvalle op sy webwerf, landbou.com, geskep.
Die webwerf sê hy gaan probeer om die versoekskrif volgende maand aan ’n senior regeringsamptenaar te oorhandig.
Die versoekskrif is op ’n onafhanklike webwerf wat vir dié doel geskep is, gepubliseer.
 
Die naam van die versoekskrif is Stop plaasmoorde.
 
Dit is versoekskrif 418 op die webwerf www.mypetition.co.za.

Of gaan direk na die petisie hier

http://www.mypetition.co.za/index.php?page=sign_petition&petition_id=418
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #1 op: February 17, 2010, 09:42:42 PM »

Kom Bravolanders! Dit vat net twee minute van julle tyd! Ek sien daar is alreeds talle buitelanders wat die petisie geteken het!
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #2 op: February 17, 2010, 09:51:16 PM »

Kom Bravolanders! Dit vat net twee minute van julle tyd! Ek sien daar is alreeds talle buitelanders wat die petisie geteken het!

Dit verbaas my altyd hoe maklik die buitelanders ons inisiatiewe ondersteun, maar ons eie mense lewer net kommentaar van hoe ons nie kan saamstaan nie, en hoe dit nie gaan werk nie, en... en... en... (Gewoonlik mense wat nog nooit 'n vinger verroer het om ons saak te help nie.)

Die buitelanders weet meer as wat ons besef. Hulle kyk wat in SA aangaan.

Kom ons werk 'n bietjie saam! Ek hoop daardie webwerf se databasis raak te klein om die massas name op hierdie petisie te hanteer!!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #3 op: February 18, 2010, 07:02:15 AM »
Nog 'n nuttelose petisie! Solidariteit se duisende handtekeninge staan seker nou nog buite in die reen. Hoeveel petisies is nie al geteken en vergete nie.

viki

  • Gas
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #4 op: February 18, 2010, 07:39:43 AM »
Wat ek nie verstaan nie is hoekom begin solidariteit nie die VVK openlik ondersteun nie? Hoeveel keer wil hul nog die wang draai?
Is landbouweekblad nie maar net besig met afrikaner sentiment nie? Al hoekom ek vra is, landbouweekblad behoort tog aan media 24, net soos Beeld en Rapport ens.
Myn insiens is ek klaar met al die mooi pratery en gat lekkery.  Ek begin doen.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #5 op: February 18, 2010, 12:58:12 PM »
Oor die nut van die petisies kan ons redelik lank redeneer.  Natuurlik kan die nut daarvan ook uit meer as een hoek gesien word.  Ek glo nie baie mense sal van my verskil as ek se dat petisies nie die regering sal beweeg om iets te doen nie, veral nie aan die sogenaamde misdaad wat 'n groot volksmoord komponent bevat nie. 

Die ANC keur dit mos goed ? ? ?

Die ontbinding van die kommandostelsels en die nuwe ontwapeningswet is konkrete bewyse hiervan.

Die nut van 'n petisie is dan juis die feit dat die ANC hulle nie daaraan steur nie.  Dit dien as verdere bewyse van wie en wat die ANC is vir diegene wat na hoeveel dekades se geskiedenis dit nog nie besef nie.

----------------------------

Oor waarom Solidariteit nie die VVK steun / sal steun nie...

Solidariteit beywer hulle nie vir selfbeskikking vir ons volk nie.  (ek sien uit daarna om verkeerd bewys te word)

Hulle is besig, soos verskeie ander organisasies in "volksgeledere", om die huidige eenheidstaatgemors reg te dokter.  Dit was tog immers die strewe van die Broederbond, aldus die huidige Afrikanerbond. 

http://www.afrikanerbond.org.za/index.php#

Soos wat 'n persoon geken word aan sy vriende, word 'n organisasie ook geken aan sy vriendorganisasies, ledeorganisasies, frontorganisasies, dogterorganisasies ens.

Let gerus op wie Solidariteit se vriende is en besluit self.
« Laaste verandering : February 18, 2010, 01:03:11 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #6 op: February 18, 2010, 01:22:11 PM »
Ek stem heelhartig saam Werner.
Met fyn beplanning (soos in al die ander sfere van ons volk), is daar vroegtydig gesorg dat die sterkste blanke vakbond (die MWU), nie dalk in 'regse' hande val nie.  Aan die een kant sou dit GROOT probleme vir die beplanners van die oorgawe meegebring het, en aan die ander kant gee die beheer van daardie groep Afrikaners se "werkregte" tans vir die linkse (skyn-konserwatiewe) organisasies die sterk basis en inkomste wat hulle nodig het om die Afrikaner onder bedwang te hou en die ANC-bedeling the "beskerm".

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Landbouweekblad se petisie teen plaasmoorde
« Antwoord #7 op: February 18, 2010, 02:02:15 PM »
Die nut van 'n petisie is dan juis die feit dat die ANC hulle nie daaraan steur nie.  Dit dien as verdere bewyse van wie en wat die ANC is vir diegene wat na hoeveel dekades se geskiedenis dit nog nie besef nie.

Dankie Werner!

Ongelukkig ly baie van ons mense steeds aan tonnelvisie wat sulke sake aanbetref!

Een aksie het nie noodwendig net een reaksie tot gevolg nie! 'n Reaksie kan baie nagevolge/rimpelings hê! Dink maar net aan die eenvoudige voorbeeld wanneer jy 'n klip in 'n dam gooi. Daar is die die aanvanklike plons in die water en daarna die rimpeleffek wat steeds alles te doen het met die gooi van die klip! Hoeveel en hoe groot die rimpelings gaan wees is nie altyd voorspelbaar nie. 'n Rimpeling kan egter groot genoeg wees om dalk 'n kano om te keer. Wie weet? As ons nie probeer nie sal ons nooit weet nie!
Ons Sal!!!

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal