Skrywer Onderwerp: Plaasmoorde  (Read 8143 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #60 op: December 27, 2009, 02:09:12 PM »
Boo ek dink dit is ook maar 'n geval van belangeloosheid. As jy vir die mense vra kom ons protesteer in massas dan daag daar 100 mense op, as daar rugby gespeel word op loftus dan sit daar 60 000 mense.

Ek is oortuig daarvan dit sal nooit verander nie. Daar gaan nog duisende boere vermoor word want prioriteits gewys is veiligheid laaste op die lysie en geldmaak heel bo-aan. Van hierdie boere is al bejaarde mense en dit lyk of die kinders of familie nie juis omgee dat hulle op die plaas in gevaarlikke omstandighede bly nie.


Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #61 op: December 28, 2009, 01:45:09 PM »
...My en Mike se argumente was dan juis dat iewers iets sal moet verander... toe was daar gesê ons blameer die boere dat hulle aangeval word...
... Die aanvale kan maar op die ANC blameer word en op diegene wat gehelp het om maghebbers te word.

Die boere kan net reaktief optree. Maar die politieke probleem sal uiteindelik "stedelik" opgelos moet word.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #62 op: December 28, 2009, 01:51:43 PM »
Maar die politieke probleem sal uiteindelik "stedelik" opgelos moet word.

Ek is nie seker ek weet wat jy hiermee bedoel nie.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #63 op: January 01, 2010, 07:48:15 AM »
Pa en seun geskiet
2010-01-01 06:55
 Druk artikel Epos artikel

Verwante skakels
Man op plaas naby Botrivier geskiet
Man op plaas naby Botrivier geskiet
Man geskiet in casino-rooftog

Johannesburg - 'n 83-jarige man is doodgeskiet en sy seun gewond ná 'n onbekende persoon op hulle losgebrand het op hul kleinhoewe in Hartzenburgfontein, suid van Johannesburg op Vrydagoggend, het polisie gesê.

Konst. Ntshidiseng Phakwe het gesê die twee is kort voor 01:00 geskiet.

"Hulle het gaste op die kleinhoewe gehad. Toe die gaste die kleinhoewe omstreeks 12:55 verlaat, het die twee buite die huis gebly om op te ruim.
 
"Die 83-jarige man se vrou het gesê sy was besig om met die trappe op te gaan toe sy geweerskote hoor... toe sy terugkyk, het sy haar man en seun op die grond sien lê," het Phakwe gesê.

Die bejaarde man is op die toneel dood verklaar en die seun is inderhaas na 'n hospitaal geneem.   

Die motief agter die voorval is nie bekend nie aangesien niks uit die huis geneem is nie, het Phakwe gesê.

"Geen inhegtenisname is gemaak nie, en ons ondersoek die saak," het sy gesê.

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/734badfe0c614dbca1e4f55e648f2c96/01-01-2010-06-55/Pa_en_seun_geskiet
VOEL TUIS

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #64 op: January 05, 2010, 02:22:58 AM »
Ook die boeregemeenskap sal sy gewoontes moet verander.

Dit bring my terug ook na my aanvanklike punt - as sekere boere nie die inisiatief neem met plaasbeveiliging nie, sou dit nou die oorskakeling na volkseie arbeid wees, of die ry van patrollies, of 'n kombinasie van die twee sal hulle blootgestel bly.

Sommige boergemeenskappe doen egter NIKS om hulle omstandighede aan te spreek nie...

My en Mike se argumente was dan juis dat iewers iets sal moet verander... toe was daar gesê ons blameer die boere dat hulle aangeval word... 




Toegegee, talle gemeenskappe is nie na wense georganiseerd wat gemeenskapsbeveiliging aanbetref nie. Dit wil voorkom asof baie nog nie die erns van die situasie wil besef nie, of lei aan die sindroom van "dit sal nie met my gebeur nie".

Die feit is dat die aanvallers swart is, en die primêre teiken is witmense. In bykans alle gevalle word die aanvalle beplan met behulp van binne-inligting van swartes wat in die onmiddelike omgewing werk of gewerk het, bly, of gereeld kuier.

Mense wil dit nie besef nie, want hulle sien eenvoudig nie kans om sonder volksvreemde arbeid klaar te kom nie.

Dan is daar ook nog werklik wittes op naburige plase wat openlik vyandig gesind is teen voorkomende aksies. Mense wat so diep in swartes se agterkante opgekruip is dat n gastro-enteroloog hulle nie daar kan uitkry nie. Laat jy dit nou durf waag om nagtelike bewegings te monitor, en mense te konfronteer en visenteer, dan hardloop hulle reguit na hierdie witman toe, wat jou met die grondwetlike hof dreig.

Dalk moet ons eie geledere eers gesuiwer word?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #65 op: January 05, 2010, 03:22:12 AM »
Meerket jy is reg, in die Boseld het ons ook sulke gevalle, selfs kort na n plaasaanvalin die omgewing. (mens verwag dat tot die liberales dan sou wakkerskrik) maar nee, hulle klou eerder aan hulle vyhandigheid as om saam te werk.

Ek het so buurman gehad, hulle breek toe by hom in laat nag, hy bel my en vra om hulp. Ek kry toe van my personeel en ons gaan help. Teen 12h00 die middag het ons alle gesteelde goed terug, en het boonop drie van die vier booswigte gevang. Ons het die inbrekers se spoor oor n afstand van 14km gevolg en het op my koste n helikopter gereel, wat tot die finale sukses gelei het.

Toe die klompie gelaai word van my bakkie af in die vangwa, toe maak hy aanmerkings omdat ek die een met 'Cable ties' vasgemaak het teen die draad en hom vir ure in die bloedige son gelaat het sonder water, ek kon hom laat weet het waar die man is, dan kon hy en sy vrou minstens water vir hom gevat het!!!!!

Ek kon dit kwalik glo, die grap is dat hy hulle hoor inbreek het (sy slaapkamer is agter tralies) het hy my gebel, en hulle albei in die toilet gaan wegkruip het tot ek daar gekom het.

Die een wat ons nie die dag gekry het nie, was sy eie voorman, en die is later deur die ander weg gegee. Tydens die verkiesing, het hy in die openbaar verklaar dat grondhervorming goed is, dat ons 'regse' verkramptes die oorsaak van die probleem is dat ons aangeval word ens.

Wat ek nog altyd gese het is dat die Afrikaan nie n papert verdra nie, swakelinge is vir hulle maklike teikens. Soos tyd verloop sal sulkes verdwyn, of emigreer of vermoor word.

Groete 

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #66 op: January 06, 2010, 01:46:44 PM »
Johannesburg - In ’n toneel wat deur paramedici as ’n “bloedbad” beskryf is, is ‘n egpaar dood op hul plaas in die Vrystaat aangetref.

“Paramedici het op ‘n bloedbad afgekom toe hulle gisteraand na ‘n plaas ontbied is,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

Botha het gesê dit blyk dat die moord op die plaas, Plaas Poortje, wat tussen Senekal en Steynsrus geleë is, laat Dinsdagaand plaagevind het.
   
“Die man (65) en sy 60-jarige vrou is as gevolg van ernstige trauma dood.”

Sers. Majang Mosupa het gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Mosupa het gesê die kragopwekker van die plaas het gaan staan en die vrou het gaan ondersoek instel, waarna sy met ‘n mes gesteek is.

Die vrou én haar man is geskiet.

Mosupo het gesê ‘n Chevrolet wat aan die vermoorde egpaar se dogter behoort het, is vroeër op die plaas gesteel.

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/f3d77e08d30a47ac916e78211d7127a1/06-01-2010-12-48/%E2%80%98Bloedbad%E2%80%99_op_plaas_in_Vrystaat
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #67 op: January 07, 2010, 04:03:15 PM »
Meer inligting oor die vorige pos!


'n Boer en sy vrou is eergisteraand wreedaardig op hul plaas tussen Senekal en Steynsrus in die Oos-Vrystaat vermoor.

Mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is albei vroegaand met hul eie haelgeweer in die bors doodgeskiet nadat hulle met ’n vleishaak aangerand is.

Uitstekende samewerking deur die Vrystaatse polisie het gistermiddag tot die inhegtenisneming van ’n 27-jarige verdagte, ’n voormalige plaaswerker van die egpaar, gelei.

Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die egpaar se dogter, Marietjie, se rooi Chevrolet Aveo-sedan aangekeer.


Die egpaar het hom glo nog R250 geskuld.

Sers. Majang Mosupa, ’n polisiewoordvoerder, sê mev. Van Zyl het moontlik die huis verlaat nadat hul kragopwekker afgegaan het.

Hul plaas, Poortjie, het nie Eskom-elektrisiteit nie.

Van Zyl is kort daarna buite die kombuis deur haar aanvaller, wat vermoedelik die kragopwekker afgeskakel het, ingewag.

Hy het haar oorval en wreed met ’n vleishaak, hoofsaaklik oor haar bors, asook een keer in haar nek, gekap.

Mnr. Van Zyl, wat baie sieklik was, is daarna in die kombuis oorval en twee keer met die vleishaak in sy nek en op sy kop gekap.

Hartseer gemeenskapslede sê hy was die afgelope tyd baie swak en sou hom nie teen sy aanvaller kon teësit nie.

Die aanvaller het mev. Van Zyl se hande met baaltou vasgemaak en haar deur die kombuis tot in die gang van die huis gesleep.

Hy het die egpaar se haelgeweer langs hul nog opgemaakte bed in hul slaapkamer gevind.

Hy het elkeen van naby met een skoot in die bors doodgeskiet.

Die verdagte het daarna met hul dogter se voertuig en hul twee selfone gevlug.

Hy het ook glo een van die egpaar se skape in die kar gelaai en iemand ’n rygeleentheid gegee.

Reserviskonstabels Thapelo Mponeng en Moeti Mokoatsi van Odendaalrus se eenheid vir sigbare polisiëring het die voertuig, waarna die polisie gesoek het, gistermiddag gesien.

Hulle het hul kollegas om bystand gekontak en die verdagte toe vasgetrek.

Die gemeenskap vrees dat die moord slegs deel van die statistieke gaan word.

Mnr. Jan de Villiers, ’n veiligheidsbeampte van die Emdonio-boerevereniging, doen ’n beroep op boere om aktief deel van hul gebied se veiligheidstelsel te word.

Hy sê dit was die tweede plaasaanval in die distrik in twee weke.

Mnr. Frik Ras, ook ’n boer, is die dag ná Kersfees in ’n aanval op sy plaas beseer.

“Dit is ’n neiging wat sedert 1994 aanhou.

“Die ouens wat oorbly, sal moet leer om na hulself te kyk,” sê De Villiers.

Mev. Rautenbach sê haar suster het onlangs ná 42 jaar as onderwyseres afgetree. Sy sê sy was ’n rustige, goeie mens.

Mnr. Van Zyl is as ’n nederige, hardwerkende mens beskryf.

Die egpaar word deur hul drie kinders, Erik, Estie en Marietjie, oorleef.

Hulle het nie kleinkinders nie.

Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #68 op: January 07, 2010, 05:01:07 PM »
Grusaam. Die berig gee my koue rillings elke keer as ek dit lees.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #69 op: January 14, 2010, 09:35:46 AM »
Twee boere per week vermoor
 
Deur ALANI JANEKE

Agri SA is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle wat die afgelope paar maande in Suid-Afrika voorkom. Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê volgens hulle jongste statistieke vind daar gemiddeld twee plaasaanvalle per dag plaas.

Die statistieke dui ook aan dat gemiddeld twee boere per week in Suid-Afrika op hul plase vermoor word. “Ons is baie bekommerd oor die huidige situasie. Sedert Augustus verlede jaar het die aanvalle toegeneem.”

Botha sê statistiek wat die Polisie in Oktober verlede jaar bekend gemaak het, het ook aangedui dat verkragting onder swart vroue wat op plase werk of woon met 49% toegeneem het vergeleke met die statistiek van Oktober 2007. Agri SA beoog derhalwe om volgende maand in Pretoria met die Regering en ander betrokkenes ’n veiligheidsberaad te hou.

Botha sê hulle ondervind probleme met die toepassing van die veiligheidsplan wat hulle in 1998 saam met die Regering onder oud-pres. Nelson Mandela ontwikkel het. “Ons wil die uitdagings van die plan bespreek en dit nagaan om vas te stel of die plan veranderings verg.”

Regering se stilte
Botha sê hy het die Regering al uitgedaag om op die toename in aanvalle te reageer. “Maar nie die president, ministers, LUR’e of burgemeesters het nog enigsins iets daaroor gesê nie. As gesê word dat kommersiële landbouers ook ’n beroep beoeofen, wat sou gebeur het as dié aanvalle in enige ander beroepsegment voorgekom het?”

Botha sê volgens AgriSA se statistiek word daar gemiddeld 700 boere per jaar in Suid-Afrika vermoor.

Maklike teikens
Botha meen plaasaanvalle kom so gereeld voor omdat boere maklike teikens vir misdadigers is. Boere is uitgelewer, omdat hulle gewoonlik ver van dorpe of stede af woon en dit lank duur voordat die Polisie by hulle uitkom. Misdadigers weet dus hulle het genoeg tyd om ’n aanval uit te voer en te ontsnap voor hulp opdaag.

Hy sê die lae suksessyfers in vervolgings in die land speel ook ’n rol. Volgens Botha het Unisa vir ‘n studie in Oktober verlede jaar onderhoude met 37 misdadigers gedoen. Die groep misdadigers het elkeen gemiddeld 105 geweldsmisdade gepleeg voor hulle aangekeer is. “Dit beteken ons het dus met ’n suksessyfer van 6 % met vervolgings. Misdadigers het dus ’n 94 %-kans om weg te kom.”

Die finale besonderhede oor die beraad sal binnekort bekend gemaak word.

13 Januarie 2009

nuus artikel
________________________________
Source URL (retrieved on 14 Jan 2010 - 09:29): http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/twee-boere-week-vermoor

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #70 op: January 14, 2010, 09:53:51 AM »
Gemiddeld 2 plaasmoorde per week is 104 minder produserende boere per jaar. Meeste van ons het familielede wat boer of wat op verafgelee plekke in afsondering woon.Boonop is alle boere mynsinsiens ons familie.Ons is almal vertroud met die stats en feite. Ons weet die aanvalle neem toe. Die vraag is: Wat kan ons doen? Hoe kan ons help?
Passievol oor Afrikaans

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Plaasmoorde
« Antwoord #71 op: January 23, 2010, 08:18:36 PM »
Nog 'n Vrystaatse boer vermoor!


Bloemfontein - ’n 59-jarige Boer van die Vrystaat is vroeg Saterdagoggend aangeval en na bewering deur drie mans op sy plaas in Ficksburg vermoor, het die polisie gesê.

Sers. Majang Mosupa het gesê die voorval het omstreeks 05:00 Saterdagoggend op die plaas met die naam Goeiehoop  plaasgevind.

Die slagoffer Ernest Giefeke het na buite gegaan om sy diere en plante water te gee toe hy deur die mans oorval is, het sy gesê.

“Hy was met ‘n klip aan die agterkant van sy kop geslaan en sy keel is met ‘n mes afgesny,” het Mosupa gesê.

Die gewapende mans het daarna glo die huis binnegegaan en geld en vuurwapens by sy vrou geëis.

Die vrou het egter daarin geslaag om die noodhulpknoppie te druk. Die mans, wat ‘n mes en ‘n skroewedraaier by hulle gehad het, het geskrik en die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/afc97b7d7129423a9f9cc9ef5ab77baf/23-01-2010-05-33/Vrystaatse_boer_wreed_vermoor
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal