Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: 1 [2] 3 4   Go Down

Author Topic: Plaasmoorde  (Read 5107 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Insake: Plaasmoorde
« Reply #20 on: March 27, 2009, 11:36:08 AM »
Ek kry 'n groteske pyn in my gat as witmense praat van "Madiba". Ek verkwalik nie die swartes oor al die plaasmoorde nie, dit is in hulle aard om barbaars te wees, maar die bloed van al die dooie boere is op die hande van almal wat JA gestem het.

Ek mag nie oordeel nie, maar ek hoop Ronnie Kasrils en al die ander hanskakies (of hans*******) moet eendag gaan verantwoording doen vir dade soos hierdie:

<a href="http://www.youtube.com/watch?v=xJmbRS7f1Gc" target="_blank" class="aeva_link bbc_link new_win">http://www.youtube.com/watch?v=xJmbRS7f1Gc</a>
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

André Strydom

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1549
Insake: Plaasmoorde
« Reply #21 on: March 27, 2009, 05:39:29 PM »
Ai Karina,

Eerstens, die video het my tot in my diepste wese geruk. Al wat ek kan sê is, vertrou op ons Hemelse Vader vir krag en vertroosting.

Dr At van Wyk het een aand gesê, hy begin glo in "wegraping". Want soek nou een persoon wat JA gestem het en kyk of jy ene kry!
Logged
Ons Sal!!!

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Insake: Plaasmoorde
« Reply #22 on: March 27, 2009, 06:18:51 PM »
Hehehe, dit sal ook die enigste rede wees hoekom ek in die wegraping glo.

Dankie Oom, tyd genees alle wonde.
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 3546
Insake: Plaasmoorde
« Reply #23 on: March 28, 2009, 04:09:08 AM »
Dankie Karina - woorde is nie nodig nie.
Logged
Kennis is mag

MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 855
Insake: Plaasmoorde
« Reply #24 on: March 28, 2009, 07:29:55 AM »
Karina, ek dra kennis van hierdie gebeure, en ek dink ek verstaan hoe jy voel.

Ek het self ook al n groot persoonlike prys betaal vir Mandela se vrylating, maar die ergste is dat ek nog steeds elke dag aanhou betaal. Nie omdat ek iets slegs gedoen het nie, net vir dit wat ek is.

Die feit is dat hierdie Volk ook sal aanhou betaal tot ons weer vry is. Die gemiddelde mens stel egter nie veel in vryheid belang nie, net sekuriteit van die basiese behoeftes.

Dit maak die verantwoordelikheid soveel groter vir diegene by wie die vryheidsvlam brand in die hart. Vryheid is iets waarvoor gestry moet word, risiko's geloop moet word, opofferings gemaak moet word. Ons het hier te doen met n ideologie van mag, en mag sal nie in hierdie situasie maklik prysgegee word nie.

Hier is baie dinge wat reggestel moet word.
Logged
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Insake: Plaasmoorde
« Reply #25 on: March 28, 2009, 11:06:29 AM »
Oom Sakkie,

Elke keer as ek bietjie mismoedig oor ons situasie voel en voel dat ons elke keer teen 'n muur vas loop, dan dink ek net aan die volgende, ek het dit al baie genoem, maar dit is so belangrik dat ons dit altyd onthou:

Ons wat hier en nou aan die suidpunt van Afrika asem haal het 'n groot taak, en God het genoeg vertroue in óns dat hy ons in hierdie tydsbestek geplaas het om die goeie stryd te stry, so hoe kan ek dan eens dink aan tou opgooi en die stryd te laat vaar? Ons is nietige mense, maar ons is tot alles in staat deur God wat ons krag gee!
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 2489
    • WWW
Insake: Plaasmoorde
« Reply #26 on: March 28, 2009, 02:28:14 PM »
Die tyd van geregtigheid sal aanbreek .
Dit is 'n diepe wond wat ons volk toegedien word , en sal baie tyd vat om te genees .
Logged
http://bravolandmedia.blogspot.com
http://bravolandads.blogspot.com


Kliek op boonste logo om Oranjekas te besoek

Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 808
  • Verkenner
Insake: Plaasmoorde
« Reply #27 on: March 31, 2009, 01:04:16 PM »
Ek weet nie of hierdie skakels al geplaas is nie.

Dit lyk of die webwerwe redelik op datum en aktief is.

http://plaasmoorde.blogspot.com/

http://www.plaasmoorde.com/
Logged
"...hy wat sy nasietrots en identiteit prysgee, het sy reg op voortbestaan verbeur.."  -  Jan Breytenbach

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Insake: Plaasmoorde
« Reply #28 on: March 31, 2009, 01:29:00 PM »
Dit is verskriklik, kyk dié video... om te dink daar is mense wat hierdie mense geken het, wat ook hierdie video gesien het. As ek hierdie mense geken het, sou ek nie die video kon kyk nie:

http://plaasmoorde.blogspot.com/2008/02/onslaught-against-peoples-of-south.html
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

André Strydom

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1549
Re: Plaasmoorde
« Reply #29 on: November 12, 2009, 02:00:28 PM »
Altesame 91 Britse soldate het vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan gesterf, terwyl minstens 111 mense in dieselfde tydperk in plaasmoorde in Suid-Afrika dood is.

Dit blyk uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA.

“Omdat die polisie nie amptelike statistieke bekend wil maak nie, is ons afhanklik van mediaberigte om ons syfers op datum te hou,” het mnr. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gister by navraag gesê.

Die afgelope agt jaar het 232 Britse soldate in Afganistan gesneuwel, terwyl 292 mense in net vier jaar in plaasaanvalle in Suid-Afrika dood is.

Die polisie het Agri SA se na- sionale veiligheidskomitee vandeesweek op ’n vergadering in Centurion gevra om nie die statistieke bekend te maak wat die polisie aan hulle gegee het nie.

Op dié vergadering het mnr. André Botha, voorsitter van dié veiligheidskomitee, onverantwoordelike uitsprake deur politici en senior staatsamptenare die skuld vir plaasaanvalle gegee.

Hy het gistermiddag gesê hy glo TLU SA se syfers is “konserwatief”. Botha sê huisrooftogte, kapings, verkragtings en veral veediefstal het kwaai toegeneem in landelike gebiede. Swart én wit loop deur.

Ná die moord op dr. Warwick Dorning, bekende KwaZulu-Natalse boer, vroeër vandeesweek het die ANC in dié provinsie luidens berigte gesê hy neem kennis van bekommernisse van landbougroepe oor die veiligheid van boere en ander plaasbewoners.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/f037291e55ec4ae7acf1c3f8d079542c/12-11-2009-02-12/SA_plaasaanvalle_eis_meer_as_di%C3%A9_oorlog
Logged
Ons Sal!!!

MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 855
Re: Plaasmoorde
« Reply #30 on: November 13, 2009, 05:23:57 AM »
Hoe lank moet hierdie onreg aanhou? Wat moet gebeur dat dit stop?
Logged
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

André Strydom

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1549
Re: Plaasmoorde
« Reply #31 on: December 06, 2009, 11:18:31 PM »

’n Man van ’n plaas in die Roossenekal-distrik in Mpumalanga is in ’n wraakaanval met sy eie vuurwapen “tereggestel”.

Die aanval op mnr. Gawie Hough (42) kom twee maande nadat ’n voormalige plaaswerker van Deon (41), sy broer, hom gedreig het met die woorde: “Ek gaan jou wys wat ek met ’n wit man kan maak.”

Deon Hough, baas van dié plaas op die Steelpoort-pad, sê sy broer is Donderdagaand vermoor.

“Ek is Donderdag omstreeks 16:30 van die plaas af weg. Ons het nog gepraat en gelag. Om 18:00 het ons bure vier skote gehoor. Ons huiswerker, wat saam met my broer tuis was, is eers die Vrydagoggend na die polisie om te sê my broer is vermoor.”

Volgens hom het sy broer se aanvallers hom in die huis oorval en daarna sowat 600?m van die huis af gesleep. Hulle het hom toe in ’n paadjie op ’n baie kort afstand, terwyl hy vermoedelik vir hulle gekyk het, in die linkerkant van sy gesig geskiet.

’n Bron na aan die Hough-familie sê die kruit van die vuurwapen het ná sy dood nog op Gawie Hough se gesig vasgesit.

“Hy het hom vermoedelik in die paadjie doodgebloei, want hy het in ’n plas bloed gelê. Hulle het hom daarna nog sowat 15m verder in die bosse gesleep, maar het moontlik gestop om te rus voordat hulle hom nog 15m verder gesleep en hom onder ’n boom gelos het,” sê Deon Hough.

Die aanvallers het sy broer vervolgens nog sowat 20m verder tot langs ’n rivier gesleep en hom daar in die bosse gelos voordat hulle gevlug het.

Hy was net in ’n onderbroek geklee.

Deon Hough sê een van sy plaaswerkers het ná die voorval spoorloos verdwyn. Die werker is ’n broer van een van sy voormalige werkers. Albei mans is van Zimbabwe.

Volgens Deon Hough het hy die een broer ’n paar maande gelede afgedank omdat hy moeilikheid veroorsaak het.

“Twee maande gelede het dié werker my gebel en gesê: ‘Ek gaan jou wys wat ek met ’n wit man kan maak.’ Ek het hom gevra wat hy soek en hy het gesê hy wil R600 van my hê.

“Ek het die R600 vir sy broer gegee om vir hom te gaan gee. Ek het ook sy broer gevra om my selfoon waarmee die een broer weg is terug te kry, maar hy het dit nooit gestuur nie.”

Gawie Hough se moordenaars is vort met sy rewolwer, twee radio’s, twee selfone en sowat R1 000.

Die polisie het nooit vingerafdrukke op die toneel gaan neem of sy selfoonnommer geneem om hom te kontak nie, het Deon Hough gister gekla.

Supt. Ronel Otto, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Houghs se huiswerker die polisie ontbied het. Otto sê daar is ’n moontlikheid dat drie verdagtes by die aanval betrokke is.
Logged
Ons Sal!!!

Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 808
  • Verkenner
Re: Plaasmoorde
« Reply #32 on: December 07, 2009, 09:33:55 AM »
Plaasmoorde eis vier


2009-12-07 07:46

Malani Venter

Stellenbosch - In ’n “swart naweek” vir die landboubedryf is ’n boer en drie werkers in twee afsonderlike voorvalle op Kaapse plase vermoor.

’n Vrugteboer van Ceres en drie plaaswerkers van Beaufort-Wes is onderskeidelik Vrydagnag en Saterdagmiddag doodgeskiet.

Lena Nuwegeld (85) en Hendrik September (64) en Mannetjie John (38) is Saterdag op die plaas Nooitgedacht, sowat 25 km van Beaufort-Wes, met ’n jaggeweer doodgeskiet, het kapt. Bernadine Steyn, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Dié plaas behoort aan Gert van der Merwe.

Ná wat gelyk het soos ’n rusie tussen twee van die plaaswerkers en ’n opsigter van dié plaas, het die opsigter glo al drie werkers met ’n jaggeweer doodgeskiet, het Steyn gesê.

Nuwegeld en September is albei in die kop geskiet, terwyl John in sy kop, bors en been geskiet is.

Al drie slagoffers is op die toneel dood. ’n Man (37), wat kort ná die voorval in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Beaufort-Wes op drie aanklagte van moord verskyn.

In ’n tweede voorval is Pieter Malan Cillie (57), ’n appel- en peerboer van die plaas Lorraine buite Ceres, drie keer in sy huis geskiet.

Volgens supt. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n onbekende aantal mans omstreeks 23:45 die kombuisdeur oopgeskop en die plaashuis binnegedring.

Cillie het glo wakker geword van die geraas en gaan ondersoek instel, waarna die mans hom oorval het, het Traut gesê. Cillie se twee kinders en twee vriende van die kinders was ook ten tyde van die voorval in die huis.

Hy is in die kop en maag gewond en is op die toneel dood.

Die twee vriende het hul ouers gebel, waarna die polisie na die toneel ontbied is. Die kinders is ongedeerd gelaat en dit blyk niks is uit die huis gesteel nie, het Traut bygevoeg.

Die verdagtes is steeds op vrye voete. ’n Saak van moord word ondersoek.

In ’n verklaring het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, sy skok en hartseer oor albei voorvalle uitgespreek. “Plase en landelike gebiede moet veilig wees vir boere en plaaswerkers. Die afgelope naweek het gewys dat dit nie die geval is nie,” het hy gesê.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het dit as ’n “swart naweek” beskryf: “Die reg moet nou sy gang gaan. Die proses moet nie uitgerek word nie en dit moet vinnig afgehandel word sodat ons die stukke kan begin optel.”

Adv. Lennit Max, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het gesê die verdagtes sal met die volle mag van die gereg te doen kry. Hy het sy skok oor die voorvalle uitgespreek en meegevoel met die naasbestaandes betuig.

- Die Burger



http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/e7b0820eb117435aaca5315663c1b643/07-12-2009-07-46/Plaasmoorde_eis_vier
Logged
"...hy wat sy nasietrots en identiteit prysgee, het sy reg op voortbestaan verbeur.."  -  Jan Breytenbach

Plaas Botha

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 3146
Re: Plaasmoorde
« Reply #33 on: December 22, 2009, 03:51:51 PM »
Nóg 'n plaasmoord in Limpopo
2009-12-22 14:30

Johannesburg - Die TLU SA Noord is geskok oor die moord op Pieter Snyman, bestuurder van die plaas Balmoral, naby Vivo in Limpopo.

Luidens ’n mediaverklaring deur die TLU SA Noord, is Snyman glo dood na hy deur vier mans buite sy huis aangerand is.

Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord sê Snyman se vrou en twee dogters is vasgebind en ook aangerand, hoewel hulle nie ernstig beseer is nie. Die vier verdagtes het glo gisteraand Snyman se huis binnegestap terwyl hy en sy oudste dogter plaaswerkers, wat aartappels uitgehaal het, by hul huise gaan aflaai het.

Hulle het sy vrou en 12-jarige dogter na bewering vasgebind en aan hulle gesê hulle weet Snyman is nie tuis nie, maar hulle gaan hom buite inwag.

Snyman het glo omstreeks 19:30 by die huis gekom en is deur die vier mans aangerand. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Lees meer op Landbou.com

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/0edd5e938cdd4765add504ec5e0a5d0f/22-12-2009-02-30/N%C3%B3g_n_plaasmoord_in_Limpopo
Logged
VOEL TUIS

Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 210
Re: Plaasmoorde
« Reply #34 on: December 22, 2009, 05:43:56 PM »
Wat doen die boere om hulleself te beskerm op plase? Bestaan daar radio verbindings tussen plase? Is die manne altyd gewapen? Ek het nog baie vrae want dit lyk of die boere nie regtig belangstel om hulle en hulle families te beskerm nie. Kan daar nie geleer word by die destydse Rhodesie hoe om jouself te beskerm teen terrorisme nie?   
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Plaasmoorde
« Reply #35 on: December 22, 2009, 07:52:56 PM »
Wat doen die boere om hulleself te beskerm op plase? Bestaan daar radio verbindings tussen plase? Is die manne altyd gewapen? Ek het nog baie vrae want dit lyk of die boere nie regtig belangstel om hulle en hulle families te beskerm nie. Kan daar nie geleer word by die destydse Rhodesie hoe om jouself te beskerm teen terrorisme nie?   

Mike, jy laat dit klink asof dit die boere se skuld is dat hulle (ons) vermoor word.

Dalk kan jy vir die boere 'n paar wenke en werkbare planne gee om hulleself te beskerm op plase (soos in destydse Rhodesië, want dit is bietjie voor my tyd). Ek sal graag wil hoor wat die boere daar gedoen het.
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 184
  • Verkenner
Re: Plaasmoorde
« Reply #36 on: December 22, 2009, 09:09:28 PM »
Wat doen die boere om hulleself te beskerm op plase? Bestaan daar radio verbindings tussen plase? Is die manne altyd gewapen? Ek het nog baie vrae want dit lyk of die boere nie regtig belangstel om hulle en hulle families te beskerm nie. Kan daar nie geleer word by die destydse Rhodesie hoe om jouself te beskerm teen terrorisme nie?   
Mike, ek wil aansluit by Karina, ek dink nie daar is boere wat nie ingeskakel is by een of ander vorm van plaaswag nie.  Gisteraand was daar 'n aanval by Louis Meintjies Adj president van TLU en ek weet bv hy is ingeskakel met patrollies radio's ensovoorts.  Ek self is betrokke by verskeie veiligheids aksies. Ek dink net nie mens waaksaamheid en paraatheid moet verslap nie.
Logged

MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 855
Re: Plaasmoorde
« Reply #37 on: December 23, 2009, 06:34:39 AM »
Die politieke klimaat is die groot verskil tussen die huidige situasie, en Rhodesie van destyds.

Alle Boere in Rhodesie was deel van die weermag, en gewapen met FN gewere (selfde as R1). Ons Kommando-stelsel is vernietig deur die terroriste-regering. Enige georganiseerde selfbeskerming word tans hier gesien as teenrevolusionere optrede. Aanvalle word deur die regering geregverdig in politieke uitsprake.

Vryheid van beweging was die terroriste ontneem deur bv. padblokkades, heuwelkruinpatrollies,  aandklokreels en n pas-stelsel. Vreemdelinge wat nie in n area gewerk het nie, kon dus nie vrylik daar beweeg nie. Hier mag dit nie, want dit maak mos inbreuk op menseregte.

Terroriste was destyds eenvoudig gejag en uitgewis m.b.v. honde, spoorsnyers en "Scouts", en daar was nie enige veilige areas vir hulle nie. Hier geniet hulle die volle beskerming van die reg - jy word vervolg met die volle gesag van die staat, as jy dit durf waag. Die sogenaamde speelveld is dus nie gelyk nie, en die terroris het n groot voordeel. Na n aanval vlug die lafaards eenvoudig en gaan skuil in die beskerming van n plakkerskamp. Hulle het dus veilige areas tussen ons, vanwaar aanvalle beplan en uitgevoer kan word.

Begin dus by die regering as jy dinge wil regmaak. Daar was baie goeie redes vir apartheid.
Logged
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 210
Re: Plaasmoorde
« Reply #38 on: December 23, 2009, 08:12:30 AM »
Wat doen die boere om hulleself te beskerm op plase? Bestaan daar radio verbindings tussen plase? Is die manne altyd gewapen? Ek het nog baie vrae want dit lyk of die boere nie regtig belangstel om hulle en hulle families te beskerm nie. Kan daar nie geleer word by die destydse Rhodesie hoe om jouself te beskerm teen terrorisme nie?   

Mike, jy laat dit klink asof dit die boere se skuld is dat hulle (ons) vermoor word.

Dalk kan jy vir die boere 'n paar wenke en werkbare planne gee om hulleself te beskerm op plase (soos in destydse Rhodesië, want dit is bietjie voor my tyd). Ek sal graag wil hoor wat die boere daar gedoen het.

Karina was die boer gewapen toe hy aangeval is? Waar in my brief lees jy ek beweer dis die boere se skuld dat hulle aangeval word? Ek het jare gelede ook met die boere daar in die noorde te doen gehad deur die weermag en grenspatrollies. Laat ek jou vertel die troepe het hulle gehaat as gevolg van hulle arrogansie, en hulle misbruik van vreemdelinge op hul plase. Ons is somtyds na dae in die veld van die plaas afgejaag. Maar kom ons los dit daar.

Meerkat wat is 'n GPF anders as georganiseerde patrollies en misdaadbekamping? Die boer het miskien nie meer 'n R1 nie maar hulle het sekerlik nog hulle handwapens. Hulle word selde aangeval met AK 47's of soortgelyke militere wapens. Niemand verbied die boere om ook op 'n koppie te sit en die gebied te bespied en vreemde beweging te monitor nie, ons doen dit in die stede. Niemand verbied die boere om drie of vier op 'n bakkie te klim en patrollie in 'n gebied te doen nie. As jy dink die regering gaan dinge regmaak gaan jy bitter lank wag.

Waar is die boere se politieke en militere kennis as hulle so uitgemoor word. Vannogend is daar nog twee berigte van plaas aanvalle in die koerante die een lui dat die vrouens na 'n buurplaas is om hulp te ontbied. Is daar nog plase waar daar nie radio verbinding is tussen boere nie?
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Plaasmoorde
« Reply #39 on: December 23, 2009, 09:25:52 AM »
Wat doen die boere om hulleself te beskerm op plase? Bestaan daar radio verbindings tussen plase? Is die manne altyd gewapen? Ek het nog baie vrae want dit lyk of die boere nie regtig belangstel om hulle en hulle families te beskerm nie.   

Mike, lees jou eie skrywe. Die trant is beskuldigend teenoor die boere.

Het iemand jou al in jou huis aangeval, het jy al ooit op 'n plaas gebly?

Wag tot jy in daai situasie kom, dan praat ons weer. Die mees parate mens wat ek ken, is in my ouerhuis se voordeur vermoor. Jy gaan nie eens kans hê om jou wapen uit jou holster te haal as aanvallers kom om jou te vermoor nie.
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~
Pages: 1 [2] 3 4   Go Up