Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Geloftefees in die VSA  (Read 1072 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Geloftefees in die VSA
« op: December 08, 2008, 08:58:23 AM »
per e-pos ontvang:


  Slag van Bloedrivier Herdenking

Vanjaar sal dit 170 jaar wees sedert die Slag van Bloedrivier op 16 Desember
1838.

Ons beoog `n gedenkgeleentheid op Saterdag 13 Desember om 18H00 by ons aan
huis.

Wat wil ons doen?

  a.. Riaan gee `n kort  geskiedkundige oorsig van die Slag van Bloedrivier.
Veral ter wille van ons kinders.
  b.. Luister na `n uitvoering van die "Voortrekkersymfonie" op CD,
uitgevoer deur die befaamde Nederlandse orrelis, Martin Mans, soos deur hom
gekomponeer en opgeneem in 2002. Dit is `n roerende stuk werk en bestaan uit
8 dele wat vooraf aan almal verduidelik sal word. Baie van die musikale
verwerkings sal herken word. Die "Voortrekkerssymfonie" duur sowat 18
minute.

Martin Mans skryf: " Toen ik in  het jaar 2002 een concerttournee door
Zuid-Afrika verzorgde, raak ik onder de indruk van dit schitterende land en
haar geschiedenis. Na een bezoek aan het beroemde Voortrekkersmonument te
Pretoria raakte ik in een gesprek met de organisator van deze tournee, Jan
W. Klijn, en ontstond het idee om de geschiedenis van die Voortrekkers in
klinkende muziek om te zetten ........."

  a.. Lees van die Gelofte soos deur Sarel Cilliers aan die trekkers
voorgehou by Danskraal en Wasbank.
  b.. Sing van etlike Gesange (Skrifberymings) en Psalms wat aan die
Voortrekkers bekend was. (Christa is `n uitstekende begeleier.)
  c.. Dankgebed.
  d.. Deel herinneringe met mekaar van Geloftefees geleenthede in
Suid-Afrika toe ons nog daar gewoon het. Ons kyk na die lys van name van
trekkers wat aan die slag deelgeneem het en soek familie op. (bv. my ma is
`n Natalse Robberste en was daar drie Robbertses in die laer asook een
Röscher aan my pa se kant - ook Snyman, Uys en Rudolph familie)

Ons maak `n pot sop en sny brood en kuier lekker saam vir die res van die
aand so lank ons wil.

Alhoewel verrigtinge uiteraard in Afrikaans sal wees en ook `n Christelike
grondslag sal hê, is almal welkom wat `n belangstelling en `n waardering vir
Afrikaner tradisie en kultuur het. Geen politiek !!

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Geloftefees in die VSA
« Antwoord #1 op: December 08, 2008, 01:43:46 PM »
Klink vir my die klomp aan die anderkant die see verlang lekker terug.  ;)
Bly om te sien die fees word daar herdenk, belangrik dat die kinders nie sal vergeet waar hulle vandaan kom nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal