Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Historiese vlae (volgens GAS)  (Read 2428 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Historiese vlae (volgens GAS)
« op: December 08, 2008, 06:33:40 PM »
Hierdie inligting is afkomstig van GAS se webwerf: http://www.freewebs.com/afrikanersimbole/HistorieseVlae.htm



PRINSEVLAG (1572 - 1652)



Die Prinse vlag is deur Prins Willem van Oranje gebruik in sy stryd teen die Katolieke Kerk. Op 5 April 1566 het Lodewyk van Nassau namens Nederlandse Protestante ‘n versoekskrif aan Margareta van Parma oorhandig. Dit word vertel dat die landvoogde by haar nadering van die groep edeles aan een van haar raadgewers gevra het wie die groep besoekers is en dat sy in Frans geantwoord het: “Dit is slegs ‘n klomp bedelaars!” Hierdie minagtende uitlating het spoedig bekend geword en van toe af noem almal wat teen die regering is hulself “geuse”, wat “bedelaars” beteken. Kort hierna is ook Hollandse hooggeplaastes wat petisies gehou het in die Hof van Barliamont vir Hollandse historiese regte, uitgeskel as "‘n klomp bedelaars". Patriotte wat ter see teen Spaanse en Rooms katolieke oorheersing geveg het, het hierdie beledigende aanmerking ook as eretitel aangeneem en hulself die "Water bedelaars" of "Watergeuse" begin noem. Toe hierdie "Watergeuse" 1572 die hawe van Den Briel annekseer, en met vlieënde vaandels van oranje, blanje, blou die stad binnevaar het openlike rewolusie losgebars. Dit het die weg gebaan vir verdere opstande wat uiteindelik tot gevolg gehad het dat die regte van die Calvinistiese Protestante erken is. Van toe af het die Prinse vlag "hunne gewone vlag" (volksvlag) geword in teenstelling met die rooi, wit en blou wat uitsluitlik 'n konings vlag was. Dus is hierdie vlag, die oranje, blanje, blou Prinse vlag die oudste volksvlag ter wêreld.


VOORTREKKERVLAG (1838 -1938)





Die vlag van die hertog van Boergondië was ‘n rooi oorhoekse St. Andrews kruis op ‘n blou agtergrond. Hierdie vlag is moontlik deur die Franse Hugenote na Suid-Afrika gebring en het dan ook as die “Kruisvlag” bekend gestaan. Dit het later ook as die “Voortrekker-”, “Potgieter-” en “Schoemanvlae bekend gestaan. Daar is bewerings dat die naam “Boer” van die staat Boergondië afkomstig is. Alhoewel daar nie van vlae by die Voortrekkers melding gemaak word nie, kan juis die benaming “Voortrekkervlag” aanduidend wees daarvan dat hierdie vlag moontlik deur die Voortrekkers gebruik is. Hendrik Potgieter was ‘n groot voorstander van hierdie vlag en sou dit sonder twyfel by hom op trek gehad het. Later het Stephanus Schoeman dit ook in Soutpansberg gebruik. Die Genootskap van Afrikaner Simbole het besluit dat die vlag “Die Voortrekkervlag” sal heet aangesien dit die mees neutrale naam van die vier is en dat die naam Voortrekker dan daardeur in ons heraldiese geskiedenis bewaar word.


NATALIAVLAG (1839 - 1843)




Toe die Voortrekkers in Natal aankom, was die Nederlandse rooi, wit en blou heel moontlik by hulle. Maar hulle het gevoel dat dit eintlik die vlag van die stamland was en dat hulle 'n eiesoortige vlag moes hê. Hulle wou steeds 'n eie identiteit hê. Die gevolg was 'n baie mooi en unieke ontwerp: 'n rooi, wit en blou gepunte of swaelstert vlag wat eiesoortig in ontwerp in die wêreld is. Wie hierdie pragtige vlag ontwerp het, weet ons tot vandag toe nie. Op 3 Desember 1838 annekseer Maj. Charters egter die Natalse gebied namens Brittanje. Slegs 21 dae daarna besluit die Britte om hulle te onttrek. Toe die eerste Britse troepe die hawe van Port Natal op die skip die "Vectia" op 24 Desember 1839 verlaat, was daar 'n Franse handelsreisiger aan boord met die naam Delagorgue. Hy beskryf die vlag so: "The pole that carries the flag on the fort now bears a new unknown flag, a combination of French and Dutch colours, similar to the Dutch, but placed transversely." Toe die Vectia die hawe uitvaar het die Boere 'n saluut van vyftig kanonskote gevuur om hul heerskappy te bewys. Op 14 Februarie 1840 word die Republiek Natalia amptelik gestig en word die vlag van Natalia in gebruik geneem. Byna twee jaar later op 2 Desember 1841, annekseer Brittanje, Natalia weer. Hierna trek die meeste Boere weg na die gebiede van die Oranje Vrystaat en die Transvaal. Hulle moes egter hierdie vlag met hulle saamgeneem het, want later is dit as amptelike vlag van die Voortrekker jeugbeweging ingestel

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #1 op: December 08, 2008, 06:38:51 PM »
VRYSTAATSE PRESIDENSIEVLAG (1854 -1855?)




Verskeie foto’s van so ‘n vlag wat voor die Vrystaatse Presidensie hang bestaan in anale. Dit was dus ‘n amptelike vlag wat deur die Presidensie gebruik was. Aangesien die oorspronklike kleure slegs in swart en wit is, is dit moeilik om te bepaal of die rooi dalk oranje kon gewees het. Daar is ook bespiegelinge dat die baan bo-aan dalk oranje kon gewees het om die Prins Willem- gedagte te simboliseer.


KRUITHORINGVLAG (1855 -1857?)



Hoffman het gevoel dat hy deskundige advies moes inwin. skryf hy aan prof. U.G. Lauts, wat die Vrystaatse konsul in Nederland was. Pres. Hoffman skryf in 1854 aan koning Willem III dat die naam van die Huis van Oranje in die naam van die Republiek vereer is. Die koning se raadgewers moes nou besluit of die Huis van Oranje verteenwoordig moet word of die vlag of die stamland, Nederland. Daar het egter geen antwoord gekom nie en het die ou Vrystaatse president ongeduldig begin raak en sy eie raadgewers gevra om 'n vlag te ontwerp. Argiefstukke bewys dat dit uit 'n golwende oranjekleurige baan bestaan het waarby later jaghorings gevoeg is. ('n Baie ou embleem in die Huis van Oranje). Dit word ook in Suid-Afrika deur politieke partye en verskeie instellings as simbool gebruik. Hierdie vlag het bekend gestaan as die Kruithoringvlag. Die Nederlandse kabinet en die koning het hierdie ontwerp goedgekeur maar die Nederlandse volk het dit verwerp. Die vlag is toe verander na vier oranje bane tussen drie wit bane almal van gelyke breedte met 'n rooi, wit en blou kanton bo teen die stok. Hierdie vlag is later verander na drie oranje bane tussen vier wit bane almal van gelyke breedte met 'n rooi, wit en blou kanton bo teen die stok soos wat die Vrystaatse vlag vandag is

VRYSTAATSEVLAG (1857 - VANDAG)



Pres. Hoffman skryf in 1854 aan prof. U.G. Lauts, wat die Vrystaatse konsul in Nederland was, en aan koning Willem III dat die naam van die Huis van Oranje in die naam van die Republiek vereer is. Die koning se raadgewers moes nou besluit of die Huis van Oranje verteenwoordig moet word of die vlag of die stamland, Nederland. Intussen is Pres. Boshoff benoem as president en hy “weet glad niks van het verzoek” van Pres. Hoffman nie! Hy bestel ‘n vlag en ‘n grootseël van die Kaapse goewerneur. Intussen stuur Nederland ‘n gesant, ene Hiddingh na die Vrystaat met die vlag en die grootseël van die koning. Hierdie vlag en grootseël kom toe per ossewa na ‘n reis van ‘n maand in Bloemfontein aan saam met die vlag en die grootseël wat deur die Kaapse goewerneur vir die Vrystaat ontwerp is! Wat nou gemaak? Die koning kon nie beledig word deur sy ontwerpe te verwerp nie, net so min kon die goewerneur se ontwerpe verwerp word. Daar is toe besluit om die Koning se vlagontwerp te aanvaar en die goewerneur se grootseël. Die vlag wat aanvaar was het aanvanklik vier oranje bane tussen drie wit bane gehad met die rooi, wit en blou kanton bo teen die broeking maar is later verander na drie oranje bane tussen vier wit bane met die rooi, wit en blou kanton in die ereplek

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #2 op: December 08, 2008, 06:43:07 PM »
VIERKLEUR (1857 - VANDAG)



In 1855 is 'n komitee benoem om 'n grondwet en vlag vir Transvaal saam te stel. Op die komitee het o.a. gedien Jacobus Stuart as voorsitter met Ds. Dirk van der Hoff in 'n raadgewende hoedanigheid asook ’n jong seun met die naam Paul Kruger as lid van die komitee. In 'n onderhoud wat gevoer is met 'n dogter van Martinus van der Hoff, broer van Ds. Van der Hoff, het sy onthul dat die Vierkleur deur haar pa en Jacobus Stuart ontwerp is in opdrag van bogenoemde komitee. Volgens haar het haar vader hierdie gebeurtenis persoonlik aan haar meegedeel. Die vlag is dus deur Ds. vd Hoff se broer ontwerp en nie deur homself soos deur verskeie ander bronne aangegee nie. Die groen vertikale baan wat deur Van der Hoff en Stuart aangebring is, was om goeie hoop te simboliseer. Aan Sy Majesteit, die koning van Nederlande, skryf Pres. Pretorius op 10 Januarie 1857: Onze vlag is boven rood, midden wit, onder blaauw horisontaal en eene groene strook ter halver breedte an eene der drie kleuren, langs den stok perpendicular, aan deze vasgehecht. “Ons het goeie hoop, dat ons, met God se hulp in die reinheid en suiwerheid van bedoelings ons vryheid sal behou, en bid tot God dat geen menslike mag hierdie vryheid van ons sal ontneem nie! Op 6 Januarie 1857 is die vlag amptelik in gebruik geneem. Die Volksraad bekragtig dit dan ook met hierdie bewoording: "Is besloten dat eene vlag voor de Zuid-Afrikaansche Republiek aangenomen zal worden, bestaande uit de volgende kleuren: Rood, Wit en Blaauw, horizontaal - even breed en boven elkanderen gesteld en groen perpendiculair langs den stok”. Daarop zullen de woorden geplaatst worden; “EENDRACHT MAAKT MACHT” Die bepaling dat hierdie woorde op die groen baan geplaas moet word is later verander deur die woorde op die leuselint onderaan die staatswapen te plaas.


RUSTENBURGSE VIERKLEUR (1857)



Op Rustenburg is die Vierkleur ook met groot geesdrif as amptelike volk en staatsvlag ontvang, maar daar kon geen materiaal gevind word om die rooi bo aan die Vierkleur te vervaardig nie. Daar is toe maar van bruin materiaal gebruik gemaak, wat aan hierdie vlag toe die bynaam, die “Rustenburgse Vierkleur” besorg het. Of was daar meer as net die onbekombaarheid van materiaal in Rustenburg? Dit moet onthou word dat Kmdt. Schoeman van Soutpansberg en Kmdt. Kruger van Rustenburg drasties verskil het oor die amp van Staatspresident wat Schoeman op daardie stadium beklee het. Ewenwel, die bruin is toe later gekorrigeer na rooi. Vandag is die kleure van die Hoërskool Rustenburg steeds groen, bruin en wit - drie basiese kleure van daardie Vierkleur.

BURGERSVLAG (1874 -1875)



Die Vierkleur kry in 1872 teëspoed toe President Burgers die Staatspresident van die Z.A.R. word. Hy was ‘n volgeling van Hendrik Potgieter en wou 'n nuwe weergawe van die ou Kruisvlag instel as staats vlag. Hy het heraldiese advies ingewin en hierdeur is bevestig dat die rooi kruis nie direk op die blou vlak geplaas kan word, soos in die geval van die Voortrekkervlag nie, waarop hy toe ‘n wit skeiding tussen die blou en rooi laat aanbring het. Dit het as die Burgers- of President vlag bekend gestaan. Dit het egter vir die Boere soos ‘n Union Jack gelyk en het groot teenkanting uit hul geledere ontlok. Toe Burgers vroeg in 1875 na Europa vertrek, neem die Boere hul kans waar en stryk hierdie nuwe staat vlag en hys weer die Vierkleur. Burgers het intussen die volkslied “Ken gij dat volk” uit Switserland saamgebring wat deur ‘n Switserse meisie, ene Cato von Rees gekomponeer is.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #3 op: December 08, 2008, 06:49:02 PM »
STELLALANDVLAG (1883 - 1885)




Hierdie klein Republiek het sy ontstaan gedurende die jare van die Groot September Komeet van 1882 gehad en het aanvanklik ‘n groot wit vyfpunt ster in die middel van ‘n totale groen vlag gehad. Soms is die volledige staatswapen ook op die vlag gebruik. Later is die vlag verander na twee groen en rooi vertikale bane met ‘n agtpunt ster in die middel Die storie word vertel dat die President se vrou die vlae op haar naaldwerkmasjien gemaak het en soos wat haar buie verander het, het die vlag ook verander! Stellaland, wat Sterland beteken, het ophou bestaan toe dit geannekseer en by die Kaapkolonie ingelyf is.


GOSENVLAG (1882 - 1885)



Die vlag van Goosen was 'n Vierkleur. Dit het egter uit 'n vertikale groen baan langs die stok met swart, wit en rooi as horisontale bane bestaan. Hierdie vlag het sy oorsprong by die ou Duitse imperiale vlag wat uit swart, wit en rooi horisontale bane bestaan het. Dit is 'n bewys dat die trekkers met Duitse bloed in hul are noordwaarts getrek het. Dit het egter die Britse owerheid ontstel: Die Britte wou hulle magsgebied Noordwaards uitbrei, en die Ooswaartse uitbreiding van die Boere na Duits Suid-Wes kon nie toegelaat word nie. Die groen baan teen die stok is moontlik ook hier as simbool van goeie hoop aangebring. Hierdie republiek het ophou bestaan toe dit geannekseer en by die Kaapkolonie ingelyf is.
Die vlag van Goosen was 'n Vierkleur. Dit het egter uit 'n vertikale groen baan langs die stok met swart, wit en rooi as horisontale bane bestaan. Hierdie vlag het sy oorsprong by die ou Duitse imperiale vlag wat uit swart, wit en rooi horisontale bane bestaan het. Dit is 'n bewys dat die trekkers met Duitse bloed in hul are noordwaarts getrek het. Dit het egter die Britse owerheid ontstel: Die Britte wou hulle magsgebied Noordwaards uitbrei, en die Ooswaartse uitbreiding van die Boere na Duits Suid-Wes kon nie toegelaat word nie. Die groen baan teen die stok is moontlik ook hier as simbool van goeie hoop aangebring. Hierdie republiek het ophou bestaan toe dit geannekseer en by die Kaapkolonie ingelyf is.


VRIJHEIDVLAG / NIEUWE REPUBLIEKVLAG(1884 - 1888)




Genl. Lucas Meyer se Republiek Vrijheid (1884 - 1888) het ook 'n Vierkleur vlag gehad maar waarvan die groen en blou omgeruil was. Die Volksraad het egter in 1884 besluit om die Union Jack op die blou baan te plaas, die ZAR vlag op die rooi baan, die Vrystaatse vlag op die wit baan en die Kaapse vlag (Prinse vlag) op die groen baan. Of dit egter tot uitvoering gebring is, bly tot vandag 'n raaisel. Hierdie gedagte het egter later werklikheid in die vorm van die latere Unievlag geword! Die interne vlaggies het egter nooit in ‘n ware weergawe van ‘n vlag verskyn nie en die vlag het later bekjendgestaan as die Nieuwe Republiekvlag. Die dorp Vryheid het tot in die laat negentigerjare die vlag steeds as munisipale vlag en ook in sy dorpswapen gebruik. Soms sien 'n mens hierdie vlag nog by volks- byeenkomste, maar hy is baie skaars.

VRYBURGERVLAG(1899 - VANDAG)



Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het baie Kapenaars hulle aan die kant van die twee Boere republieke; Transvaal en Vrystaat geskaar en dan ook onder die Kaapse Boere Generaals, Jaap Kritzinger, Manie Maritz en Jan Smuts geveg. Hulle het as “Kaapse rebelle” bekend gestaan. Volgens oorvertellings het hierdie Kaapse rebelle blykbaar 'n weergawe van 'n Vierkleur, maar met oranje in die plek van rooi in boonste baan gebruik. Dit het blykbaar as die Kaapse Rebelle vlag of kortweg Rebelle vlag bekend gestaan. Verder is daar ook bewerings dat Genl. De Wet met geleenthede 'n soortgelyke vlag gebruik het. Daar is ook bewerings dat die naam Vryburgervlag soms gebruik is. Aangesien meeste Kapenaars hulself op daardie tydstip nog steeds as vryburgers gesien het, kan ook hierdie bewerings as betroubaar beskou word. Die Kaapse rebelle kon egter nie simbole openlik vertoon nie aangesien die Kaap onder Britse gesag was en rebelle wat gevang is summier tereggestel is. Juis vanweë hierdie rede is dit moeilik om die korrektheid van al hierdie bewerings te bepaal. Gedurende die laat dertigerjare het die Ossewa Brandwag hierdie vlag gereeld tydens openbare optogte en parades gebruik. Toe die nuwe Reënboog vlag as Staat vlag van die sogenaamde “nuwe” Suid-Afrika ingehuldig is in 1994, is hierdie vlag as stryd vlag te Kleinfontein gehys. Om onderskeid te maak tussen hierdie vlag en die Rebellievlag van 1914 noem ons dit dan die Vryburgervlag. Daar bestaan ook ‘n ware weergawe van so ‘n vlag in die Bloemfonteinse oorlogsmuseum.


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #4 op: December 08, 2008, 06:56:10 PM »
BONDSVLAG(1899 - 1902)



Die Afrikanerbond was ‘n beweging wat in die Kaap wortelgeskiet het en was aktief tussen 1880 en 1910. Die bond het sy eie vlag en wapenskild gehad, in die kanton ‘n anker met die letters AB aan weerskante. Die anker is afkomstig van die wapen van die Kaapkolonie. Na die Unie van 1910 het die Afrikanerbond ontbind en het opgegaan in verskeie Afrikanerpartye.

VYFKLEUR(1899 - 1902)



Gedurende die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het baie burgers gevoel dat aangesien die strewes van die twee Boere Republieke dieselfde was met 'n gemeenskaplike vyand, hulle 'n vlag wil gebruik wat beide die Transvaal en die Vrystaat verteenwoordig. 'n Oranje baan is toe aan die onderkant van die Vierkleur vasgeheg. Hierdie vlag het bekend gestaan as die "oorlogsvlag" of die Taung Vyfkleur. Soos wat die Boere sekere dorpe in die Vrystaat en Noord Kaapland oorwin het, het hulle hierdie vlag voor die munisipale kantore van elke dorp gehys. Dit staan dan as die Vyfkleur bekend.

OORLOGVLAG(1901 - 1902)



Later is blykbaar ook 'n ander unieke weergawe gebruik as oorlogsvlag. Daar is egter geen bewyse dat dit werklik gebruik is nie, alhoewel dit op ‘n geslagsregister voorkom. Beide hierdie vlae het egter hulle ontstaan aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog gehad en is dus selde gebruik.

REBELLIEVLAG(1914 - 1915)



Gedurende 1914-1915 breek ‘n rebellie onder Boere uit teen die regering van Genl. Louis Botha, wat soldate na “Duitswes” stuur om die gebied namens Brittanje te annekseer(steel). Die Boere, baie van Duitse afkoms, neem die wapen op teen die owerheid. Gedurende hierdie rebellie is ‘n Vierkleur met ‘n skuins oorhoekse oranje baan oor die vlag gebruik. Die rebellie is egter onderdruk en die vlag het ook ophou om in gebruik te wees.


UNIEVLAG(1927 - 1994)



Na die Tweede Vryheidsoorlog het die unie van Suid-Afrika tot stand gekom. Die nuwe unie het egter geen amptelike nasionale vlag gehad nie. Na ‘n lang en uitgerekte parlementêre stryd in 1927/28 oor die vlagkwessie word besluit dat die Prinsevlag as basis sal dien vir ‘n nuwe Unievlag, maar dat die vlae van die twee Boererepublieke en die Union Jack op die wit vlak aangebring sal word. Op Maandag 24 Oktober 1927 word die vlag aanvaar en as volg beskryf deur die parlement: Drie horisontale bane ewe wyd, van bo na onder oranje, wit, blou; in die middel van die wit baan die vlag van die Oranje Vrystaat vertikaal ten volle oopgesprei afhangende, met die Union Jack horisontaal daaraan grensende ten volle oopgesprei in die rigting van die vlagpaal, en die Transvaalse Vierkleur horisontaal daaraan grensend ten volle oopgesprei weg van die vlagpaal af, op gelyke afstand van die kante van die wit baan. Die vlae sal almal ewe groot wees, en hul vorm sal proporsioneel dieselfde as die van die nasionale vlag wees, en die breedte van elk gelyk aan een derde van die breedte van die wit baan.


Afwesig RooiJakkals

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #5 op: January 04, 2009, 02:26:37 AM »
Ek hou baie van Boerevlae. Boerevlae is pragtige.  ;) Ek het groot Vierkleur en Vrystaatse vlae in my kamer. Ek is myself trots vir Boerevolk se simbole op vlae.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #6 op: May 15, 2009, 06:53:51 PM »
Besit GAS inligting oor die Triomf vlag?

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #7 op: May 15, 2009, 07:17:42 PM »
Ek weet nie, maar dalk moet ons vir GAS vra om vir ons die Triomfvlag se simboliek op uit te lê en op skrif te sit.

Kan 'n mens hulle vra om so iets te doen? Dit sal seker teen 'n sekere fooi wees.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Insake: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #8 op: May 15, 2009, 11:23:07 PM »
Ek het nog net positiewe terugvoer ontvang oor die triomfvlag (Bravoland vlag) , die mense hou daarvan .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #9 op: September 07, 2009, 02:59:19 PM »
Alwyn,

Hier is die inligting wat jy soek.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Historiese vlae (volgens GAS)
« Antwoord #10 op: September 08, 2009, 08:50:46 AM »
Dankie Ben.
E-pos asseblief net die lys van die vlae wat ons aangekoop het na my toe. Ek wil net die twee bymekaar bring.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal