Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor

Klippie in die skoen.

(1/11) > >>

JANNEMAN:

Kleinbekkie:
Janneman,  baie dankie vir hierdie pos. Ek hoop almal lees jou pos en verstaan hoekom ons so verbete stry om die verwysings na die Buurstaat hok te slaan. Ek wil jou uitnooi om Saterdag 2 Junie 2007 by ons aan te sluit op Kraaifontein se skietbaan, sal jou graag wil ontmoet.

Groete
IG:SA Kleinbekkie

Kleinbekkie:
Gaan lees gerus onder Volksbyeenkomste by die Kaapse byeenkoms. As jy enige verdere inligting verlang, vra gerus.

JANNEMAN:

Karools:
Ek is maar 'n eenvoudige Boer, met min geleerdheid en min geld, en daarby maar net 'n ou wat so bietjie toer deur Bravoland - en ek dank u almal vir die gasvryheid.

Klippie in my skoen: Dit is met kommer dat ek waarneem dat burgers van die staat ietwat oorhoops raak met mekaar oor geloofsake.

Kan ek my raad gee? Ons glo almal aan die Drie-Enige God. Hou dit daarby. Moet nie toelaat dat julle van mekaar wegdryf oor ander onderliggende geloofsake nie. Dit is juis hierdie gedrag wat 'n volk verskeur en verdeel.

In wese behoort 'n departement (kultuursake ? ) beheer uit te oefen oor godsdienstige aangeleenthede. Enige negatiewe verwysings na veral en in die besonder, Christen teenoor Christen, nie in Bravoland toelaatbaar mag wees nie. Verwyder sulke sinsnedes onverwyld.

Ons gaan nie mekaar oortuig nie - en die verskillende sieninge en uitgangspunte sal nie tot enige ander se oortuiging lei nie. Intussen raak ons verdeeld en begin ons handel tot nadeel van ons eie mense - alles daarvan so reg in die kraal van die liberalisme en die
anti-chris.

Plaas 'n wag voor u mond - en voor u pen!

"Broeders verdra mekaar soos Christus ons ook verdra het."

Ek vra maar net!



Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version