Aan die begin van die vorige eeu, na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog, was die Boer verarm en gestroop van alles. Tereg het Pres. M.T.Steyn tydens die ondertekening van die Vrede van Vereeniging, "Ons het alles verloor, maar ons het darem nog ons Kerke".
Om die volk weer ekonomies op te rig is baie gedoen. Uiteindelik is die Joodse oorheersing die hoof gebied toe die eerste Landbou Kooperasies gestig is, wat later uitgekring het tot elke dorp in die land.
Vandag, sowat 100 jaar later, sit ons weer met 'n byna soortgelyke situasie. Die vreemdeling in ons poorte het die meeste van die groter Kooperasies geprivatiseer, en gaan kyk maar wie beheer vandag daardie "voorheen kooperatiewe instellings". Beslis nie ons volksgenote nie - en ook nie die landbouers wat dit opgerig en uitgebou het nie.
Dit bring ons by die vraag: "Hoe hervestig ons die Kooperatiewe Landbou instellings wat die landbouer tot diens sal wees?"
Alhoewel dit sinvol sal wees om hierdie saak ten brede te voer met die samewerking van byvoorbeeld Transvaal Landbou Unie (SA), moet in gedagte gehou word dat die strukture wat in plek was, en nou "verpand" is, vervang moet word. Dit sal beteken dat groot uitgawes aangegaan moet word, tensy metodes gevind kan word om die verlore eiendom te herwin.
Landbouers kan gerus verdere toeligting bied en hul mening lug.
Naskrif: iemand get na aanleiding van Pres. Steyn se opmerking oor die Kerke, dit so gestel:
"Na die Tweede Vryheidsoorlog het die volk darem nog hul kerke gehad - kan ons dieselfde aanspraak maak?"