Volksekonomie > Departement van Finansies

Internet bankdiens

(1/2) > >>

Johan Joubert:
Ek wil graag van die mense hoor wat van die internet gebruik maak om banksake te doen hoe veilig en betroubaar dit werklik is. 

Kleinbekkie:
Ek maak al die afgelope vyf jaar gebruik van internet bankdienste en het nog nooit probleme ondervind nie.

Karina Marais:
Ek wil net dit wat KB sê beaam. Ek het ook nog nooit enige probleme gehad nie, dit verhoog net jou bankkoste met 'n hele paar rand, want buiten jou bankkoste moet jy nog vir internet bankdienste ook betaal, so as jy daardie sommetjie maak, dan is dit nogal duur.

Ek weet nie of dit regtig die moeite werd sal wees terwyl jy nog 'n student is nie, maar dit is baie gerieflik. Ek hou nie daarvan om in rye te staan by die bank nie.

Kleinbekkie:
Ek het 'n tjekrekening by Nedbank, wat my R85 per maand kos met internetbankdienste ingesluit. Ek weet nie wat hulle dit noem nie, maar ek dink daar is al heelwat banke wat so 'n sisteem het.

Plaas Botha:
My internet bankdienste by ABSA is by my maandelikse pakket ingesluit.

Internet bankdienste is baie veilig solank jy die volgende belangrike punte onthou

 - Moet nooit op enige e-pos in verband met jou internet bank reageer nie, al lyk dit presies soos jou bank se webwerf
- Moet nie jou internet bankdienste by internet kafees doen nie
- Hou jou wagwoords ens geheim

Daar is nog 'n paar ander veiligheidsmatreëls, maar hierdie is vir my die belangrikste.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version