Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Majuba 2009  (Read 6328 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Majuba 2009
« op: January 25, 2009, 03:26:00 PM »
Ek dink dit is hoog tyd vir 'n Majuba-draad!

Gaan daar hierdie jaar weer 'n stoet wees van Kleinfontein/Pretoria na Majuba?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #1 op: January 25, 2009, 03:32:19 PM »
Soos ek verstaan is Kommando Korps se volgende maand se kamp by Majuba . Ek dink die naweek 20-22 Februarie .

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #2 op: January 25, 2009, 10:46:37 PM »
Ek het van ASP verstaan dat dit ons jong verkenners se werk is om 'n stoet/konvooi te reel hier vanuit Pretroria se geweste.

Wat is die datum vir Majuba 2009?  Kan ons maar aanneem dit is die naweek van 27/28 Feb?
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #3 op: January 26, 2009, 08:33:01 AM »
Werner,

Alles wat jy se is korrek.  Die Verkenners Jeug reel die konfooi, en die naweek wat jy het is reg.

Groete

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #4 op: January 30, 2009, 05:43:04 PM »
27 Februarie val hierdie jaar op n Vrydag. Is die feesvieringe op die Vrydag, of eers oor die naweek? Anders gestel, ry ons die Donderdag of eers die Vrydag?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #5 op: January 30, 2009, 05:45:39 PM »
Meerkat

Ek is seker die konvooi sal die Vrydag vertrek, aangesien die amptelike verrigtinge op Majuba gewoonlik die Vrydag begin (alhoewel daar 'n paar mense is wat al vroeër in die week gaan).
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #6 op: January 30, 2009, 05:59:05 PM »
Ek het van ASP verstaan dat dit ons jong verkenners se werk is om 'n stoet/konvooi te reel hier vanuit Pretroria se geweste.

Wat is die datum vir Majuba 2009?  Kan ons maar aanneem dit is die naweek van 27/28 Feb?

Ek verbeel my hy (Jan Bank) het dit laas jaar gereël. Bly om te sien hy het dit gedelegeer.

Smook, as jy dit reël, besef jy seker dat jy dit sal moet adverteer op Radio Pretoria(soos wat Jan Bank dit laasjaar gedoen het).

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #7 op: January 30, 2009, 06:40:31 PM »
Juis SP, juis

Soos ASP al reeds aan my die pragtige voorbeeld gestel het, sal ek ook die verpligtinge delegeer.  M.a.w. ek sal dit LAAT doen.

Weens my Mikrofobie is ek toet en taal ongeskik vir sodanige bedrywighede. 

Byvoorbaat dankie vir u innige simpatie in die verband.

Groete
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #8 op: February 12, 2009, 07:17:01 AM »
Majuba?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #9 op: February 12, 2009, 08:24:40 AM »
O-ja..  dankie vir die herinnering oom!

Die Majuba trust gaan die Saterdag op die Majuba fees 'n veiling hou ten bate van die trust.

Enige skenkings is welkom vir die veiling. 

(Plaas, kan ek maar jou bottel wyn en SAL gedenkalbum op die veiling sit?  ek stoor dit al lank!)

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #10 op: February 12, 2009, 08:39:16 AM »
ASP Jan, dink jy ek mag namens Plaas antwoord? Dit is immers 'n verdienstelike saak!
Kennis is mag

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #11 op: February 12, 2009, 05:42:16 PM »
Ek dink dit is weer tyd om 'n lysie te maak van wie almal Majuba toe gaan einde van die maand... (Ek wil eintlik net sien op wie almal ek jaloers moet wees.)  ;)

Sannie, Jan Bank, Oom Clem, Jankejan.... ??

1. ?
2. ?
3. ?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #12 op: February 12, 2009, 05:56:02 PM »
Karina

Ek glo ek sal gaan. 

As jy in Witbank gaan wees, moet jy net sê dan kom laai ons jou op  :P ;D
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #13 op: February 12, 2009, 08:07:10 PM »
O-ja..  dankie vir die herinnering oom!

Die Majuba trust gaan die Saterdag op die Majuba fees 'n veiling hou ten bate van die trust.

Enige skenkings is welkom vir die veiling. 

(Plaas, kan ek maar jou bottel wyn en SAL gedenkalbum op die veiling sit?  ek stoor dit al lank!)

Maak so, geen probleem nie :)

Jy moet onthou om te noem dat dit 'n Bravoland skening is
VOEL TUIS

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #14 op: February 12, 2009, 09:37:20 PM »
1. Sannie
2. Anné
3. Jankejan
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #15 op: February 13, 2009, 08:18:48 AM »
1. Sannie
2. Anné
3. Jankejan
4. Jan Beyers (hoe dan nou anders?) en gesin
5. Oranje-Doring en gesin (Ne swaer..?)

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #16 op: February 13, 2009, 03:13:18 PM »
Vir die Vrystaters wat nie Majuba toe kan gaan nie:

BLOEMFONTEINSE KULTUURVERENIGING

(‘n Gesinskultuurvereniging vir Afrikaners)

Ons leuse:  ‘n VOLK RED HOMSELF


Liewe Kultuurvriend,

Wat ‘n wonderlike voorreg om hier aan die begin van die nuwe jaar die hoop uit te spreek dat jy en jou gesin ‘n wonderlike jaar gaan beleef.  Maar ook dat 2009 vir ons volk nuwe vergesigte gaan open sodat ons in die draaikolk van ‘n taamlike deurmekaar wêreld altyd koers sal hou om ons volkseie te help uitbou. 

Hier is jou uitnodiging na ons eerste kultuuraand van die jaar. 

Datum en tyd:  Vrydagaand, 27 Februarie 2009 om 19:00
Plek:        Ouditorium, Bybelhuis (Let op nuwe plek!)
Geleentheid:     Majubadag (27 Februarie 1881)

Op 27 Februarie 1881 (Eerste Vryheidsoorlog) dien die Boere die Engelse ‘n verpletterende nederlaag toe bo-op Majubaberg.  Hierdie nederlaag van die magtige Engelse is ‘n baken in die Afrikaner se geskiedenis en wakker Afrikanernasionalisme sterk aan. 

Gespreksonderwerp:  Majuba: baken en inspirasie op ons pad na vryheid.
Gespreksleier:  professor Andries Raath, UV (boeiende spreker wat met gesag oor VOLKSVRYHEID kan praat).

Program sluit ook in:

*  Instrumentale nommers (viool – vaderlandsliedere:  Elsabé en Marié
    Raath).
*  Boeremusiek – David Fourie en twee jong seuns. 
*  Sangsolo’s – volksliedere – mnr. Riaan Malan. 
*  Lekker saamsing.

Koffie, tee en ‘n lekker peuselhappie om ons vyfde verjaarsdag te vier!

Kom praat saam en lig jou mening. 

Sam de Klerk
SJ DE KLERK (12-02-2009)
(Voorsitter)     
Tel.:  051-4461899

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #17 op: February 15, 2009, 07:56:47 AM »
1. Sannie
2. Anné
3. Jankejan
4. Jan Beyers (hoe dan nou anders?) en gesin
5. Sarel Roets en gesin (Verseker!!!)
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #18 op: February 15, 2009, 12:42:08 PM »
Mense, ek gaan kyk of ek hierdie jaar weer by Majuba kan uitkom.  Ek het ongelukkig baie werk en 'n klaspreek wat vir my wag op die 2de Maart.  As ek dit kan maak sal ek sekerlik iemand saambring.  My voete jeuk om weer die berg aan te durf.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Johannes de Wet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #19 op: February 15, 2009, 06:55:34 PM »
Goeie dag ek is op soek na die kamp kostes van Majuba 2009 as enige iemand my asb kan raad gee. my E pos adres is dewetboerdery@vodamail.co.za


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal