Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Majuba 2009  (Read 6328 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #40 op: February 27, 2009, 09:02:02 AM »
Ek beaam alles wat Karina gese het. Ons harte is beslis die naweek by Majuba, al kan ons nie daar wees nie.
Geniet dit!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #41 op: February 27, 2009, 11:53:06 AM »
Dit is vandag 128 jaar gelede dat die beslissende veldslag van die eerste Engelse Oorlog van 1880 tot 1881, by Majuba gelewer is. Dit was ‘n veldslag waarvan die weerklanke en skokgolwe omtrent net so ver as dié van Bloedrivier trek. Op daardie dag van 27 Februarie 1881 het die burgers van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek ‘n Engelse leërafdeling onder die bevel van genl Colley letterlik van Majubaberg afgeskiet. Een van die Engelse soldate het die kostelike uitspraak gemaak dat hy vyf uur lank geswoeg het om bo-op Majuba te kom, maar dat hy met die afkomslag skaars vyf keer grondgevat het!

Die Eerste Engelse Oorlog, voorafgegaan deur ‘n reeksvolksvergaderings was vir die burgers van die ZAR ‘n oorlog van suksesvolle veldslae: Bronkhorstspruit, Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba was botsings wat vir die eerste maal in die Afrikaner se geskiedenis gewys het dat die magtige Engelse empaaier nie onoorwinlik was nie.

So het die aanloop tot daardie oorlog en die wonderlike suksesse op die slagveld die smeltkroes geword waarin die republikeinse Afrikaner vir die eerste maal werklik tot één volk, één van sin en wil saamgevoeg is. Majuba se groot oorwinning, moontlik gemaak deur die Boere se militêre vernuf, dapperheid en deursettingsvermoë het die voorbeeld geword van wat ‘n verenigde volk met ‘n enkelvoudige strewe na vryheid kon vermag.

Daarom kan verstaan word waarom op generaal Nicolaas Smit se grafmonument in die Ou Begraafplaas in Kerkstraat die volgende merkwaardige spreuk verskyn:

“Laat nooit het bloed der vaderen, verbasteren in uw aderen. Och! Dat de latere zonen, Zich hunner erfenis waardig tonen.”

Vir generaal Smit, die man wat by Majuba die bevel gevoer het en die skitterende oorwinning behaal het, was dit ‘n groot ideaal dat die Afrikaner één, éénsgesinde volk teenoor die Engelse empaaier sal bly. Die versugting op generaal Smit se grafmonument is byna ‘n eggo van die slotparagraaf van die Verbond wat die Burgers by Wonderfontein in 1879 en Paardekraal in 1880 onderskryf is om die eensgesindheid, die innerlike verbondenheid en die ideaal van die Afrikaner onder woorde te bring. Daar is deur die versamelde burgers belowe:

“God wil, dat de eerbied jegens onze vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen oor te leveren. Daarom is het dat wij hier bijeengetreden en dat wij elkander die hand geven als mannen, broeders, plegtig belovende trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek.”

Wanneer hierdie onderneming oorweeg word, word dit duidelik wat bedoel word dat die vadere volksmatig gedink het, die groter geheel van die Afrikaner as volk was belangriker as die enkeling. Dit is, in ons dae waar die egoïsme op soveel terreine die bo-toon voer, ‘n versoberende gedagte om na hierdie onderneming te luister.
Daarby kom ‘n tweede saak en dit is die koddige opvatting wat deesdae so dikwels verkondig word dat die verlede ‘n afgehandelde saak is en in die hede niks meer te sê het nie. Dit is natuurlik ‘n totale misvatting want, soos al dikwels betoog is, leef die Boerevolk uit sy geskiedenis en word sy denke in die hede en sy ideale vir die toekoms bepaal, gevorm en gekleur deur sy verstaan van sy eie verlede.

Daarom dat Majubadag en alles wat dit beteken en wil sê, sy tydlose betekenis in die denke van die volk behou het.
http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #42 op: March 01, 2009, 05:59:00 PM »
Waar is die foto's??  :)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #43 op: March 01, 2009, 07:47:17 PM »
Waar is die foto's??  :)

Gedink ek's nuuskierig...
Shoe gee hulle kans om te rus - jy hoor mos wat sê Ben in die koffiekroeg "Wat 'n Majuba ".
Dit spreek boekdele .

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #44 op: March 02, 2009, 11:41:57 AM »
Die naweek se Majuba kamp hier in Londen was ook 'n sukses, nou nie op dieselfde skaal as die oorspronklike Majubakamp nie, maar netso lekker.

Ons het dalk 'n Cantus gekort, maar dis die probleem met 'n tekort aan opgeleide praesisse in hierdie geweste.

Groete

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #45 op: March 02, 2009, 12:16:26 PM »
Om te koördineer dat oor die 50 mense saam by 'n plek soos Majuba staan, is nie maklik nie. Veral as almal nie op die selfde tyd daar aan kom nie. Die 50 is die lede van die Paardekraal Verkenners en die CVO Brandwag. Plek vir so baie kampeerders om by mekaar te staan, is daar ook nie werklik nie, behalwe as jy reeds die Donderdag daar is. Ons het dus drie kampe gehad, met die een kamp wat uit 34 mense bestaan het en die ander kampe uit 16.

Om die groot kamp se mense almal in te kry, was 'n logistieke probleem wat Sjarko en Bloedbroer goed hanteer het. Daar gaan baie mak skape in 'n kraal, maar net as daar goeie wagters is.

Die pad na Majuba lyk die jaar wraggies goed, die probleem is die ander pad gebruikers. Ek wonder of dit rassisties is as ek die volksvreemdes op die pad as padvarke beskryf?

Nietemin was ons veilig en redelik vinnig op 'n nat, modderige Majuba. Met al die skool kinders wat ons saam gevat het, was die kamp ook redelik vinnig op geslaan. Ook maar goed so, want dit het kort daarna weer begin reën. Almal was uitgehonger vir geselskap en ons het die opening skoon mis gekuier. Rustig is daar om die kampvuur gekuier tot na 01h00. Wel, 01h00 het ek gaan inkruip en toe is daar steeds gekuier. Weens die reën het die kinders nie die gebruiklike fakkelloop gedoen nie. Dit sou die Saterdagaand gedoen word, maar ook hierdie poging het uit gereën.

Net na vyf die volgende more het Coenie elkeen persoonlik by sy tent kom wakker maak. Teen 06h00 was almal op en reg vir die dag, of so het ons gedink. Want hoe maak mens gereed vir so baie reën as jy kamp?   

Die opening en verwelkoming is hanteer deur Oom Theuns de Wet. Mens kon sien dat hy baie moeite daarmee gedoen het. Die vlagparade  is hanteer deur CVO leerlinge en ook oud CVO leerlinge. Anne was ook een van hulle. Teen hierdie tyd was die reuse vlag reeds oop en dit was 'n gesig om in die agtergrond die vlag te aanskou.

Henk van de Graaf, die nuwe voorsitter van die Trust, het in sy welkom boodskap 'n bemoedigende boodskap gebring. 'n Boodskap wat ek wens meer volksgenote kon hoor.

Die gebruiklike berg bestyging het hierop gevolg. Met al die gegroet en kuier met bekendes het ek nooit daarby uitgekom nie. Ook maar goed so, want talle mense is deur die reën gevang.  Die fout wat ek gemaak het was om by die stalletjies 'n draai te maak, fout omdat dit my geld gekos het. Ek het o.a 'n eerste uitgawe van Genl de Wet se boek in Afrikaans gekoop.

Die res van die naweek was nat. Baie nat. Baie van die items op die program moes weens die reën na die saal skuif. Wens net hulle kon die berg ook daarheen skuif...

Die aand was dit Cantus. Ek sal maar nie te veel daaroor vertel nie, al wat ek wil vertel was dat die "straatnaam" bende amper weer amok gemaak het. Ek los egter daardie verhaal oor aan Jan Beyers.

Saterdagnag het dit regtig gereën. En gereën en gereën.   Talle tente is weg gewaai en meeste mense het verspoel. Niemand het regtig geslaap nie. Teen Sondag more, toe die son uitkom was almal besig om op te pak. Alles was vol modder. Taai, gladde modder. Meer as een persoon se voertuig het ook vas gesit.

Dit dan, Majuba 2009!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #46 op: March 02, 2009, 02:43:11 PM »
Majuba, simbool van stryd - selfs teen die elemente van die natuur !!
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #47 op: March 02, 2009, 02:56:07 PM »



Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #48 op: March 02, 2009, 06:01:40 PM »
Die prys vir die persoon wat Majuba 2009 die meeste geniet het........
















Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #49 op: March 02, 2009, 06:12:42 PM »
Die prys vir die persoon wat Majuba 2009 die meeste geniet het........


















Sy arme, arme ma.  :D  Ek het elders gelees die kinders het in teekoppies gebad, want daar was weer waterprobleme. Arme, arme vrou.  :)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 576
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #50 op: March 02, 2009, 07:51:36 PM »
Naand almal,

Sjoe wat 'n Majuba ,nat ,koud maar tog baie baie lekker..........

Om 'n ma van 6 kinders te wees was ook nie altyd maklik nie ,veral as dit so baie gereen het. ;)

Nou ja Ben het omtrent alles vertel ek wonder net waar was Sannie........ ;)


Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #51 op: March 02, 2009, 10:38:03 PM »
My skoonsus het my belowe sy glo my nooit weer as ek sê iets is lekker nie...en sy het dit drie maal bevestig...
want ek het haar oor en oor vertel hoe lekker dit is om Majuba toe te gaan...



...om te loop was nie te maklik nie


en haar skoene het dit ontgeld.


Droë klere was skaars


maar as jy reg aantrek


- of 'n ander plan maak -


sweepklap kan ook help


of as jy aan die boeresport deelneem, maak dit nie te veel saak.


Die regte behuising help ook


Berg-op kan maar sukkel-sukkel gaan, en dan rus mens maar bietjie en gesels


of groet bekendes


 'n versterkingkie kan ook 'n bietjie help


mens se voete kan dit ontgeld


maar daar's altyd die vreugde van bo wees


 Saterdagaand is daar nog Cantus ook


...en al kan jy sommige mense mooi aantrek, kan jy hul ook nie altyd saam vat nie ;)


Sondagmore was 'n totale chaos


en almal vroeg uit die vere


en die Handhawerjeug se bus moes deur twee weldoeners uitgesleep


en deur hulself hard gestoot word


oppad terug het ek egter, nes my skoonsus, vir Paul en Charlie op die bus se vloer beny...


maar lekker bly maar lekker, al stem my skoonsus nie saam!!

Majuba is vreugde
want Majuba is oorwinningsgrond!
« Laaste verandering : March 02, 2009, 10:50:20 PM deur Ankoren »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #52 op: March 03, 2009, 01:56:40 PM »
Dankie Ankoren, ek het nou lekker gelag.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #53 op: March 03, 2009, 04:59:10 PM »
Ek is regtig spyt ek kon dit op die ou einde nie maak nie.

Anders as al die vorige byeenkomste (toe ek my reëlings op die nippertjie getref het), het ek hierdie jaar vir Majuba my reëlings redelik lank voor die tyd in plek gehad, en toe loop alles skeef Vrydag en kon ek nie betyds ander reëlings tref nie.

Ek is baie bly om te hoor dat julle dit geniet het.  
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #54 op: March 03, 2009, 05:34:18 PM »
Sannie, dit is jammer jy kon dit nie maak nie. Dit was maar stil sonder jou  ;D

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #55 op: March 03, 2009, 05:35:24 PM »
Ek dink Sannie het Vrydag die weerburo geskakel en toe haar planne verander.....

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Majuba 2009
« Antwoord #56 op: March 03, 2009, 05:39:11 PM »
Sannie, dit is jammer jy kon dit nie maak nie. Dit was maar stil sonder jou  ;D

 ;D



Tannie Anita, baie dankie vir die fotoverhaal. Dit is baie oulik!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal