Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33574 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Volksmoord
« op: February 05, 2009, 09:01:24 AM »



Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – ’n Wildveearts van Limpopo het ’n gebed opgesê vir hom, sy vrou en ses weke oue babaseuntjie.

Minute later is hy doodgeskiet.

“Wat ek nou gaan doen, doen ek vir jou en ons kind,” het hy aan sy vrou gesê net voordat hy ’n aanvaller se pistool probeer gryp en toe self doodgeskiet is.

Dr. Paul Meyer (38), sy vrou, Marelise (31), en hul babaseun, Wouter, is eergisteraand in hul plaashuis op die Selati-natuur?reservaat in die Gravelotte-gebied in Limpopo saam met hul bure oorval.

Hulle is deur die aanvallers in dr. Meyer se twee dubbelkajuitbakkies gedwing en op ’n nagmerrierit van etlike ure geneem.

Die tragedie het omstreeks 22:00 begin toe mnr. Pierre en mev. Sue Gallagher by die Meyers in hul oopplan-kombuis op die tweede verdieping van die huis geëet het. Hulle was net klaar toe vier gewapende mans, wat diefwering by ’n venster gebreek het, die trappe opgekom en ’n skoot geskiet het wat die mikrogolfoond getref het.

Die Meyers en Gallaghers is met gordels en toue vasgebind en aangesê om onder ’n tafel te sit. Die huis is geplunder en die mans het deurgaans vir geld en wapens gevra.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die mans het wel wapens in die huis gekry. Daarna is die Meyer-egpaar in een van hul wit Toyota-bakkies gedwing, saam met twee van die aanvallers. Die Gallaghers en Wouter is in Meyer se ander bakkie gedwing, saam met die ander twee rowers.

Mev. Meyer het gesê toe hulle naby die hoofhek van die reservaat kom, het haar man vermoedelik probeer om ’n pistool by een van die mans af te vat.

“Hulle het hom geskiet. Hy was dadelik dood . . . Ek het bo-op hom geval en is met die pistool oor my skouers en kop geslaan. Ek het uit die bakkie gespring en probeer wegkom, maar hulle het my gegryp en met ’n bobbejaanspanner geslaan.”

Die Gallaghers het gesien hoe die voorste bakkie oor die pad swenk en hoe dr. Meyer uit die bakkie gegooi word. “Die mans het hom in die veld ingesleep.”

Hul nagmerrierit het vir sowat 70 km voortgeduur op die pad na Phalaborwa voordat hulle die teerpad verlaat en die veld in is. Die rowers het die bakkies se satelliet-opsporingstoestelle verwyder.

“Omstreeks 04:30 het ons ’n voertuig se toeter gehoor. Die rowers het toe in die twee bakkies en met al die buit gevlug. Ons het seker sowat tien minute deur die veld gehardloop voordat ons by die teerpad gekom het.”

’n Motoris het hulle opgelaai en na mnr. Piet Warren se plaas gevat. Een van Meyer se bakkies is gister verlate in die Kruger-wildtuin gekry, het Otto gesê.

Die polisie het die tweede bakkie gisteraand in die wildtuin probeer voorkeer. Hulle het ’n spykerband oor die pad gegooi, wat die bakkie tot stilstand gedwing het. Die moordenaars het daarna te voet oor die Mosambiekse grens gevlug waarop ’n skietgeveg met dié land se polisie uitgebreek het.

Dié polisie was gisteraand nog op die bende se spoor.

Dreig om baba te skiet

Die paartjies se aanvallers het verskeie kere ’n pistool teen Wouter Meyer (ses weke) se koppie gedruk toe hy histeries gehuil het.

“Maak hom stil of ons maak hom vir altyd stil,” het die mans in Engels gesê.

Wouter was by mev. Sue Gallagher en haar man, Pierre, in die tweede bakkie. Sy het gesê die babatjie het gehuil want hy was honger.

“Ons het met van die rowers onderhandel sodat sy ma hom kon borsvoed. Hulle het gestop, ons in die veld laat sit en ons hande vasgemaak.

“Ons is die hele tyd met wapens aangehou en gedreig,” het Gallagher gesê.


http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2464341,00.html

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #1 op: February 05, 2009, 11:54:18 PM »


Mev. Marilise Meyer (34) en haar babaseun, Wouter (ses maande).

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #2 op: February 10, 2009, 07:52:16 AM »
Vicus Bürger

Clarens. – ’n Geliefde inwoner van dié gewilde Vrystaatse toeristebestemming is in haar huis vermoor nadat sy in 2000 uit Johannesburg getrek het om aan misdaad te ontsnap.

Mev. Thyrza Lombard (77), ’n weduwee wat in Besterstraat op die dorp gewoon het, is vermoedelik met ’n skoenveter verwurg – vir niks meer nie as ’n selfoon.

’n Huiswerker het gisteroggend op Lombard se lyk in haar slaapkamer afgekom. Sy is die vorige aand laas gesien.

Die polisie het gevra dat die werker se naam weerhou word, want dit kan haar lewe in gevaar stel as dit bekend word.

Volgens haar het sy Lombard se lyk langs die bed sien lê. Sy het haar geroep, maar die oorledene het nie gereageer nie.

Die werker het uit die huis gehardloop en om hulp geskree, waarop die polisie ontbied is.

Lombard was bekend daarvoor dat sy altyd vir mense wat by die huis kom aanklop het, kos of geld gegee het.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê Lombard is met ’n skoenveter verwurg. Niks behalwe ’n selfoon is gesteel nie. Dit is nie seker hoe die moordenaars toegang tot die huis verkry het nie.

Lombard het alleen gewoon en haar gastekamer aan toeriste verhuur.

Drie verdagtes, tussen 19 en 21 jaar oud, is intussen by ’n taverne in Kgubetswana vasgetrek. Hulle sal môre in die Bethlehemse landdroshof verskyn.

Lombard was ’n bekende tuinboukundige en het tuinuitleg gedoen. Sy het graag raad vir mense se tuine uitgedeel.

Die oorledene se seun, mnr. Pierre Lombard, wat in Botswana woon, sê sy pa, mnr. Hendrick Vermaas Lombard, is in 2000 weens kanker oorlede. Sy ma het toe van Johannesburg na Clarens getrek “om weg van die misdaad te kom”.

Lombard word ook oorleef deur drie dogters, mevv. Thyrza Stott van Johannesburg, Ingrid Merry van Durban en Sonja Moore van Margate, asook 18 kleinkinders.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467007,00.html

Sanderis

  • Gas
Insake: Volksmoord
« Antwoord #3 op: February 10, 2009, 08:37:28 AM »
Wanneer is genoeg GENOEG !

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Volksmoord
« Antwoord #4 op: February 10, 2009, 01:21:20 PM »
4 ure langs man se lyk
Feb 10 2009 12:24:28:320PM  - (SA) 
 
Virginia Keppler

'n Sestigjarige vrou van Kameeldrift, noordoos van Pretoria, het sowat vier uur lank langs haar man se lyk in hul bed gelê en gesukkel om haar vasgebinde ledemate los te wikkel nadat hulle deur drie gewapende rowers oorval is.

Mev. Daphne Boshoff kon nie eers om hulp skreeu nie omdat die rowers haar jongste seun, Marius (24), se das in haar mond gestop het.

Haar man, Renier sr. (69), is met 'n enkele skoot in die kop geskiet terwyl hy probeer regop sit het in sy bed.

Marius het gesê sy ouers is omstreeks 02:00 Dinsdagnag in hul slaapkamer in hul bed oorval. Die aanvallers het die diefwering van 'n venster langs die voorkamer gebreek om toegang tot die huis te kry.

"My ouers het niks gehoor nie en het eers wakker geskrik toe hul slaapkamerlig aangeskakel is. Toe my pa probeer regop sit, het die rowers hom in die kop in sy bed geskiet.

"Daarna het hulle my ma deur die huis geneem en haar gevra vir geld, vuurwapens en juwele. Sy het gesê sy het nie die kluis se sleutel nie - dit is by een van haar seuns," het Marius hartseer vertel.

Hy het gesê die rowers het daarna sy ma terug na die hoofslaapkamer geneem. "Hulle het haar hande en voete met toue vasgebind en my das in haar mond gedruk," het hy snikkend vertel.

Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval en dat niemand nog aangekeer is nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467296,00.html
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #5 op: February 10, 2009, 05:54:52 PM »
My vanmiddag geskakel.  Nog 'n plaasmoord op Kameeldrift gewees oom Renier Boshoff (69 jr)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467296,00.html

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #6 op: February 10, 2009, 11:55:51 PM »
Tutu moet seker gek wees om die vermeutelheid aan die dag te le om blankes om hulp te vra in die NSA en te pleit dat ons onsself nie van die politieke bedrywighede distansieer nie........

Hierdie is inderdaad niks ander as volksmoord nie en ek het nog nooit gehoor dat Tutu 'n traan daaroor pik nie.......
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

viki

  • Gas
Insake: Volksmoord
« Antwoord #7 op: February 11, 2009, 12:25:28 PM »
Ek wonder hoeveel mense voel soos ek voel.  Elke keer as ek oor 'n moord lees, word ek woedend kwaad. Wanneer gaan iets gedoen word? Wat kan gedoen word? viki

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Volksmoord
« Antwoord #8 op: February 11, 2009, 09:34:14 PM »
Vicus Bürger

Clarens. – ’n Geliefde inwoner van dié gewilde Vrystaatse toeristebestemming is in haar huis vermoor nadat sy in 2000 uit Johannesburg getrek het om aan misdaad te ontsnap.

Mev. Thyrza Lombard (77), ’n weduwee wat in Besterstraat op die dorp gewoon het, is vermoedelik met ’n skoenveter verwurg – vir niks meer nie as ’n selfoon.

’n Huiswerker het gisteroggend op Lombard se lyk in haar slaapkamer afgekom. Sy is die vorige aand laas gesien.

Die polisie het gevra dat die werker se naam weerhou word, want dit kan haar lewe in gevaar stel as dit bekend word.

Volgens haar het sy Lombard se lyk langs die bed sien lê. Sy het haar geroep, maar die oorledene het nie gereageer nie.

Die werker het uit die huis gehardloop en om hulp geskree, waarop die polisie ontbied is.

Lombard was bekend daarvoor dat sy altyd vir mense wat by die huis kom aanklop het, kos of geld gegee het.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê Lombard is met ’n skoenveter verwurg. Niks behalwe ’n selfoon is gesteel nie. Dit is nie seker hoe die moordenaars toegang tot die huis verkry het nie.

Lombard het alleen gewoon en haar gastekamer aan toeriste verhuur.

Drie verdagtes, tussen 19 en 21 jaar oud, is intussen by ’n taverne in Kgubetswana vasgetrek. Hulle sal môre in die Bethlehemse landdroshof verskyn.

Lombard was ’n bekende tuinboukundige en het tuinuitleg gedoen. Sy het graag raad vir mense se tuine uitgedeel.

Die oorledene se seun, mnr. Pierre Lombard, wat in Botswana woon, sê sy pa, mnr. Hendrick Vermaas Lombard, is in 2000 weens kanker oorlede. Sy ma het toe van Johannesburg na Clarens getrek “om weg van die misdaad te kom”.

Lombard word ook oorleef deur drie dogters, mevv. Thyrza Stott van Johannesburg, Ingrid Merry van Durban en Sonja Moore van Margate, asook 18 kleinkinders.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467007,00.html


Moord-verdagte glo seun van slagoffer se tuinhulp
) vicus Bürger

BETHLEHEM. – “Meer soos Jesus”, ’n rooi kruis en ’n verkleurmannetjie is wat agterop een van die vermeende moordenaars van mev. Thyrza Lombard (77) van Clarens se hemp gedruk was.

Mnr. Tshokolo David Mashinini (22) het gister saam met mnre. Bongane Steven Mokoena (19) en David Matjebedi Mohloana (21) van Phahameng in die landdroshof op Bethlehem verskyn.

Hulle word daarvan verdink dat hulle Lombard in haar huis met ’n skoenveter verwurg het.

Haar lyk is Maandagoggend deur ’n huiswerker in haar slaapkamer gevind.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê net ’n selfoon is gesteel. Dit is nie seker hoe die vermeende moordenaars toegang tot die huis gekry het nie en alles was soos gewoonlik.

Die jong mans is reeds Maandag in hegtenis geneem.

Lombard was bekend daarvoor dat sy altyd vir mense wat by die huis kom aanklop het, kos of geld gegee het.

Vriende en familie het haar as ’n dierbare mens beskryf. Sy was ook baie gelowig.

Die oorledene se seun, mnr. Pierre Lombard van Botswana, was gister ook in die hof.

Volgens hom is Mashinini die seun van ’n tuinhulp wat by sy ma gewerk het.

Sy ma het vir die tuinhulp al borgtog betaal toe hy weens diefstal in hegtenis geneem is.

Sy het ook vir die tuinhulp gereeld geld en kos gegee.

Mnr. Lombard vermoed sy ma het opgehou om dít te doen. “Om ander te help, het haar haar lewe gekos.”

Hy is woedend en sê hy sal in alle waarskynlikheid sy ma se moordenaar vermoor as hy in die straat op hom afkom.

Volgens hom is hy en sy suster, mev. Thyrza Stott, vroeër in Johannesburg deur gewapende mense beroof.

Hulle is in ’n huis gyselaar gehou.

Mnr. Lombard sê ’n mens hoor altyd van misdaad, maar nou voel hulle dit naby aan hul lyf.

Die vermeende moordenaars sal Woensdag weer in die hof verskyn wanneer hulle om borgtog sal kan aansoek doen. Die staat het reeds te kenne gegee dat hy die aansoek sal teenstaan.

Die jong mans het voor landdros Estrelita von Maltitz verskyn. Adv. Celeste Ferris het aangekla.
« Laaste verandering : February 11, 2009, 09:36:17 PM deur Karina de Jager »
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #9 op: February 12, 2009, 12:59:01 PM »
Wat vir my die toppunt van ironie is, is dat dit dikwels mense is na wie jy jou hand van mededeelsaamheid uitgereik het wat jou so in die rug steek.  Ek het deur die jare met ons plaasvolk geleer dat daar nie iets onder hulle soos lojaliteit en ware dankbaarheid bestaan nie.  Jy kan, figuurlik gesproke, vir hulle soveel brood gee as wat jy wil.  Jy kan selfs vir hulle 'n mes daarmee saam gee om dit te sny.  Later sal hulle omdraai en jou met daardie selfde mes in die rug steek.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #10 op: February 12, 2009, 01:33:14 PM »
Werner,

Ek het gister vir iemand dieselfde vertel jy kry nie lojales nie.  Hy is net "gelukkig" solank jy sy salaris betaal.

Kan hom nie vertrou nie.

Groete.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Volksmoord
« Antwoord #11 op: February 12, 2009, 02:17:30 PM »
Viki,

Jy vra hoeveel mense soos jy voel en kwaad word wanneer hulle hierdie dinge lees. Ek weet nie wat in ander mense se koppe aangaan nie, en kan dus net namens myself praat.

Ja ek word kwaad, en mens wonder waar en wanneer die breekpunt is. Bowenal wonder n mens waar jou Volk se breekpunt is - hoe lank moet hierdie dinge nog aangaan? Gaan daar ooit n breekpunt kom? Dit is duidelik dat die misdadige elemente, en die NSA regering, en die hele wereld hierdie Volk minag. Boerebloed het spotgoedkoop geword.

Vir wie moet n mens nou kwaad word? Het hierdie Volk se voorgeslagte nie vir langer as 300 jaar in Afika gewoon, en ondervinding met bloed gekoop nie? En tog vrywillig toegelaat dat sy mag gestroop en hy ontwapen word nie? Ken ons Afrika dan nie? Weet ons dan nie dat Afrika net een taal, naamlik "mag is reg" verstaan nie?

Maar die wereld wil sokker speel, en ons moet gaan stem in die verkiesing. Wat is Boerebloed nou van belang?

Mens moet soms werklik daarteen veg om nie jou eie Volk te begin minag nie.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

viki

  • Gas
Insake: Volksmoord
« Antwoord #12 op: February 12, 2009, 03:10:23 PM »
Meerkat,

Daar MOET 'n breekpunt kom, anders sal ons hele Volk uitgemoor word.
Wat gaan dit vat om die mense wakker te maak?  Ek is beslis na aan breekpunt. Ek is stukkend geskeur in my hart.
 Ek kyk gistraand 'n dvd oor die Suidlanders en was verheug om te sien dat hul besef, hul eerste stap sal moet wees, om na God terug te keer, dan is daar hoop vir ons Dis net jammer dat so baie groepe hul geloof wil afdwing op jou.  Ek voel dat die Volk net terug moet keer na God en dan moet saamstaan as hul wil voortbestaan.  Die Volk moet al hul tierlantyntjies en mooipraatjies en gemors stop en besef wat aangaan.
Ons moet ons saak met God regmaak en opreg met Hom wees, anders is dit verby met die Boerevolk.


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #13 op: February 13, 2009, 09:22:52 AM »
Die pepersproei waarmee ’n boervrou van Mpumalanga haar aanvaller in die gesig gespuit het, het hom so woedend gemaak dat hy haar 17 keer in haar slaapkamer met ’n mes gesteek het.

Me. Yvonne Gubb (65) van ’n plaas by Warburton, oos van Ermelo, is in die rug en maag gesteek en vir dood gelaat.

Die aanvaller het minute tevore op die plaashuis se dak geklim, teëls oopgebreek en deur die plafon tot in die gang van die plaashuis afgeklim.

Me. Tracy Pemperton (40), Gubb se dogter wat saam met haar ma in die plaasopstal woon, het gister vertel sy is byna seker daar was nog aanvallers buite die plaashuis, want sy het vroeër die nag geluide buite die huis, spesifiek op die dak, gehoor.

Sy het egter nie veel daarvan gedink nie en verder geslaap.

Omstreeks 01:30 het sy wakkergeskrik van haar ma se gille.

Toe sy gaan ondersoek instel, het sy die aanvaller in haar ma se kamer gesien.

Pemperton sê sy het “verskriklik geskrik en histeries kombuis toe gehardloop”. In die kombuis het sy etlike minute lank “van een hoek van die vertrek na die ander gehardloop en nie geweet wat om te doen nie” omdat haar selfoon in haar kamer was.

Ná ’n ruk het sy moed bymekaar geskraap en gewapen met ’n broodmes in die plaashuis se gang afgesluip om haar selfoon te gaan haal, het sy gesê.

By haar ma se kamer was alles egter stil. Die aanvaller het intussen deur ’n venster gevlug wat hy oopgebreek het. Gubb kon haar ander dogter in Port Elizabeth bel voordat sy haar bewussyn verloor het. Dié dogter in Port Elizabeth het die polisie en ’n ambulans gebel.

Die ambulans, van ER24 in Ermelo, was binne enkele minute by die plaashuis en het Gubb, wat toe reeds baie bloed verloor het, gestabiliseer. Blitsvinnige optrede deur die paramedici van ER24 het sonder enige twyfel haar lewe gered, sê boere wat gister op die toneel was.

Die polisie het langer as ’n uur geneem om op te daag, het mnr. Werner Selzer, ’n boer, gesê.

En toe hulle uiteindelik opdaag, het hulle net mooi niks gedoen om die aanvaller of aanvallers te soek nie, het hy gesê.

Selzer, voorsitter van die TLU in Ermelo, het gesê ’n boer het hom net voor 02:00 gebel en gevra om na Gubb se plaas te jaag, want sy is aangeval.

“Ek het Gubb op die kombuisvloer gekry waar sy inmekaargesak het,” sê Selzer. Haar dogter was by haar, ook op die kombuisvloer. Oral was net bloed.

Paramedici het Gubb na die Midmed-hospitaal in Middelburg geneem. Teen druktyd was haar toestand ernstig, maar stabiel.

Supt. Abie Khaobane, polisiewoordvoerder, het gesê die bewerings oor die laat aankoms op die toneel sal onmiddellik ondersoek word, waarna hy kommentaar sal lewer.


http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2469203,00.html

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: Volksmoord
« Antwoord #14 op: February 14, 2009, 11:47:38 AM »
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2469734,00.html

Ons wens jy bloei dood, f***** Boer!’
Feb 13 2009 08:46:22:813PM  - (SA)   

Daniel Maluleke
 
‘Ons wens jy kan doodbloei, jou f***en Boer.”

So het een van sewe aanvallers wat hulle as polisielede voorgedoen het, aan ’n Pretoria- se man gesê toe hulle hom tuis aangerand en beroof het.

Mnr. Conrad Coertze (64), ’n enkelloper van George Storrarrylaan in Groenkloof, is eergister net ná 07:00 deur dié groep mans in polisie-uniforms oorval.

Die sewe het hom uit ’n blombedding bespring toe hy sy erf se hek gaan oopsluit het sodat sy tuinwerker en huishulp later kon inkom.

Coertze, wat gedink het hulle ís polisiemanne, het aan die rowers gesê: “Ek het niks gedoen nie. Hoekom wil julle my vang?”

“Een van hulle het ’n wapen onder my ken gedruk, terwyl die ander een syne in my linkeroor gedruk het.”

Die aanvallers het gesê hulle sal sy lewe spaar as hy saamwerk. Hulle het hom die huis ingedwing en hom aangerand.

Hulle het sy hande met dasse en sy voete met draad vasgemaak, hom herhaaldelik geskop en met die vuiste bygedam.

Die boewe het hom aanhoudend gevra waar sy kluis is. Hy kon nie praat nie, omdat ’n lap in sy mond gedruk is.

“Een van hulle het my met ’n mes op my regterbeen gesny en my tussen die bene en op my linkerknie geskop. Toe sê hy: ‘Ons wens jy kan doodbloei, jou f***en Boer’.”

Toe Coertze se tuinwerker, mnr. Lukas Makola (44), vir werk opgedaag het, het van die booswigte hom ook aangerand.

Hy het ’n kopbesering opgedoen en lê nou in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria.

Nadat die rowers in Coertze se Toyota Corolla gevlug het, kon hy homself ná ’n gesukkel loskry. Hy het die noodknoppie gedruk om die ADT-veiligheidsmaatskappy te ontbied.

Makola se ma, mev. Anna Matsimbi, het op die geplunderde huis en bebloede vloer afgekom het. Sy is Coetze se huiswerker.

Matsimbi het dadelik twee blokke ver gestap om hulp te vra. Die polisie is ontbied.

Volgens Coertze is hy R1,5 miljoen se goed, onder meer ’n groot TV, juweliersware, ’n rewolwer, sy ring en die motor, kwyt.

VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #15 op: February 24, 2009, 07:34:48 AM »


Virginia Keppler

’n Gr. 11-leerling is gisteroggend op pad na die Hoërskool Garsfontein in Pretoria dood nadat ’n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery het.

Bernadine Kruger (16) is op slag dood.

Sy het van haar pa, mnr. Koos Kruger (51), se huis in Garsfontein gery toe die ongeluk omstreeks 07:00 plaasgevind het.

Mnr. Hugo Vermaak, wat in Atterburyweg gery het, het dit tussen die kruisings met Jacqueline- en Genl. Louis Botharylaan gesien gebeur.

“Ek was in ’n westelike rigting op pad. Die verkeer was baie druk en ons het baie stadig beweeg.

“Ek het gesien hoe die meisie op haar klein scooter in ’n oostelike rigting ry. Sy was in die linkerkantste baan.

“Toe sien ek die taxi teen ’n hoë spoed agter haar aanry en hy het vir haar toeter geblaas. Net toe sy van baan wou verander, het hy haar voluit getref.

“Ek het gesien hoe haar mond oopgaan toe hy tref. Sy het geval en toe ry hy nog bo-oor haar ook. Dit was nie mooi nie,” het Vermaak vertel.

Net ná die ongeluk het die verkeer doodstil gaan staan en talle mense het uit hul motors gespring en na Berna-dine gehardloop om te kyk of hulle haar kon help.

Haar familie en beste maats was kort daarna op die toneel, waar haar skoolskoene langs haar lyk gelê het. Haar silwer bromponie het ’n ent verder af in die pad gelê.

Haar ma, mev. Elsabé Homan (44) van Montana in Pretoria, het vir ’n oomblik by haar dogter se lyk op die harde teerpad gekniel.

“Ek moes vir myself sien. Ek het haar vir oulaas drukkies gegee. Sy was my beste vriendin,” het sy vertel.

Volgens Homan was haar dogter ’n saggeaarde mens wat honderde vriende gehad het. Sy was lief vir dans en het akademies uitstekend presteer.

Bernadine se broer, Danie (18), het geskok na sy suster se halfbedekte lyk gekyk. “Sy was my legend gewees, want sy het haar lewe skoon en rein gehou,” het hy gesê.

’n Groep van haar vriende en haar broer het ’n paar meter van haar lyk af gekniel en saam gebid, terwyl ander hard en hartseer gehuil het.

Die polisie het onmiddellik ’n traumaberader na die toneel ontbied wat net daar aan familie en vriende berading gegee het.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê dié is een van verskeie opgeleide beraders van verskillende kerke in die Garsfontein-polisiewyk wat in sulke gevalle uitgeroep word.

Die Hoërskool Garsfontein se ondersteuningspan, wat ’n sielkundige insluit, het ook twee dominees na die skool ontbied om met berading te help.

Mnr. Dirk van Zyl, skoolhoof, het gesê kort nadat mense gebel het met die nuus dat een van sy leerlinge raak gery is, het hy die twee adjunkhoofde en twee onderwysers na die toneel uitgestuur om te gaan vasstel wie dit is, want Bernadine het nie haar skooltas by haar gehad nie. “Dit het as ’n groot skok vir ons almal gekom. Dit is ’n ongelooflike slag. Sy was ’n baie oulike kind en het akademies baie goed gepresteer,” het Van Zyl gesê.

Erasmus het gesê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. Die taxibestuurder is nog nie in hegtenis geneem nie omdat die polisie eers hul ondersoek na die ongeluk moet voltooi, het sy bygevoeg.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2474929,00.html

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Volksmoord
« Antwoord #16 op: February 28, 2009, 09:26:20 AM »
Wrede moord ruk inwoners
Feb 27 2009 09:37:42:807PM  - (SA) 
 
Alta Snyman

Rustenburg. – “Help my, asseblief! Help my!”

So het ’n man wanhopig geroep nadat rowers hom in sy garage aan sy motor se kantspieëltjie vasgemaak en aan die brand gesteek het.

Mnr. Willie Klopper (51) se gille omstreeks 01:00 gister het inwoners van die meenthuiskompleks waar hy gewoon het, uit hul slaap geruk.

Klopper het alleen in sy meenthuis geslaap toe hy oorval is. Nadat sy aanvallers hom vasgemaak het, het hulle brandstof oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek.

Hy het hom losgeruk en deur die meenthuis na buite gevlug en in die toegangspad inmekaargesak.

Mev. Lizzelle Meyer, ’n buurvrou, was eerste by hom. “Toe ons die gille hoor, het ons deur die venster gesien iemand sit buite plat in die pad. Hy het al gelê toe ons daar kom.

“Hy het verskriklik gebrand. Hy het vir water gevra, maar toe ons vir hom wou gee, kon hy nie die glas vat nie. Die vel van sy voorarms het van sy vingerpunte afgehang.

“Terwyl hy nog by sy bewussyn was, het hy gesê twee groot mans het ingebreek en hom aan die brand gesteek.”

Volgens mev. Theonilde de Klerk, nog ’n buurvrou, was Klopper kaal toe hulle hom gekry het. Dit is onseker of hy so geslaap het en of hy sy klere afgeruk het toe hy aan die brand gesteek is.

“Ons het nat lakens oor die oom gegooi sodat hy nie so kaal lê voor al die mense wat kom kyk het nie,” het De Klerk gesê.

Die motor het nog gebrand en die brandweer en die ambulans is ontbied. Knalle was deurentyd hoorbaar soos goed in die garage ontplof het.

Klopper is na die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg geneem en van daar per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Hy is gister omstreeks 18:30 in dié hospitaal se trauma-waakeenheid dood weens 100%-brandwonde, berig Magdel Fourie.

Klopper se meenthuis is in die agterste hoek van die kompleks en grens aan die muur. Die aanvallers het hier toegang tot sy erf verkry, die spaarkamer se diefwering geknip en só die huis binnegekom.

Volgens kapt. Elsabe Augoustides, polisiewoordvoerder, word net Klopper se beursie en selfoon vermis.

Die brandreuk het gister nog in die omgewing gehang. Die uitgebrande motor was nog in die garage.

Beeld het van ander inwoners in die kompleks verneem dat Klopper baie stil was en nie veel besoekers ontvang het nie. Hy en sy vrou (naam onbekend) was glo besig om te skei. Sover bekend het hy ’n seun en ’n dogter. Hy het by ’n mynkontrakteursmaatskappy gewerk.

Volgens Augoustides soek die polisie onverpoos na die verdagtes.

Mense met inligting oor die voorval kan die misdaadkamer by 014 590 4119 bel.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2477499,00.html
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Volksmoord
« Antwoord #17 op: February 28, 2009, 11:35:01 PM »
Begin soek by sy vrou....

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #18 op: March 03, 2009, 08:05:49 AM »
’n 61-jarige vrou is dood en haar man (57) in ’n bedenklike toestand nadat hulle gister in Benoni met messe aangeval is.

Die egpaar het glo nog geslaap toe hulle in hul huis in Moodleystraat, Actonville, aangeval is, het sers. Robert Chauke, polisiewoordvoerder, gesê.

Die egpaar se dogter het omstreeks 08:45 op hulle afgekom.

“Dit wil voorkom of die egpaar met messe gesteek is.”

Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem, het Chauke gesê.

“Die huis was omgekrap en ons is nog nie seker hoeveel aanvallers daar was nie.”

Daar kan ook nog nie bevestig word of enigiets uit die huis gesteel is nie. – Gloria Edwards


http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2478765,00.html

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #19 op: March 09, 2009, 01:21:49 PM »
Vroue wreedaardig aangeval; ma sterf
Mar 09 2009 02:28:56:017AM  - (SA) 
Tom de Wet


ALLANRIDGE. – ’n Man op borgtog nadat hy vroeër weens moord in hegtenis geneem is, is agter tralies weens die grusame en wreedaardige aanval op ’n bejaarde vrou en haar dogter Vrydagnag op die dorp.

Mev. Alice Lotter (78) is kort ná die aanval aan haar beserings dood.

Geharde polisiemanne en paramedici het die slagting in die huis waar Lotter en haar dogter mej. Helen Lotter (57) omstreeks 23:30 deur vermoedelik hul tuinhulp en een of meer helpers oorval is, beskryf as die ergste wat hulle nog gesien het.

In die kombuis, waar mej. Lotter in ’n bedenklike toestand gekry is, was die mure, dak en meubels met bloed besmeer. Sy is verskeie keer met ’n skerp voorwerp gesteek en gesny. Haar gesig is vergruis.

’n Ou bebloede naaldwerkskêr is ook op die toneel gekry.

Mev. Lotter is in die eetkamer gekry met veelvuldige beserings en ’n steekwond in haar nek. Sy kon een van hul vermeende aanvallers, die tuinhulp, aan die polisie identifiseer voordat sy met haar aankoms by die hospitaal dood is.

Sy het kapt. Koos Venter, bevelvoerder van die polisie se speurtak op die dorp, omstreeks 23:40 gebel. Die foon is toe vermoedelik uit haar hand geruk voordat sy kon sê wat fout is.

Venter het sy persoonlike selfoonnommer aan haar gegee nadat sy ’n man in Januarie met ’n tuinvurk in haar huis betrap het.

Venter het die pad tussen sy huis op Odendaalsrus en Lotter se huis op Allanridge binne 15 minute afgelê, maar was te laat.

Mev. Lotter, wat meer as 40 jaar die orrelis van die AGS- kerk op Odendaalsrus en Allanridge was, het in die voorval in Januarie gebid vir die man wat sy in haar huis betrap het, en hy het gevlug. Vrydagnag ná die aanval op hulle het sy hardop vir haar kinders bly bid terwyl sy sterwend was.

Past. Gerrie Pretorius van die AGS-kerk op die dorp sê sy was ’n steunpilaar en voorbidder in die gemeente, wie se plek nooit gevul sal kan word nie.

Mev. Antoinette Horn, Lotter se enigste ander kind, sê hulle vermoed haar suster het terugbaklei en dit is waarom sy so erg beseer is.

Sy was gister nog in ’n uiters kritieke toestand in die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.

Horn sê haar suster kry die beste behandeling van dr. André Loubser en ander spesialiste en hulle is aan hulle en die hospitaal, asook dokters in Welkom, baie dank verskuldig.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die vroue het ’n inbreker by hul bakkie onder die afdak voor die huis gehoor en op hom geskreeu. Hulle het gedink hy het weggehardloop, maar is die volgende oomblik oorval nadat by die enigste venster sonder diefwering in die huis (in die sitkamer) ingebreek is.

Die aanvallers het by die kombuisdeur uitgevlug en dit oop gelos. Dit is waar Venter die huis kon inkom. ’n Handsak en selfoon word vermis.

Die Lotters se huis is in dieselfde heel buitenste straat op die dorp as die polisiekantoor en ook nie ver daarvandaan nie.

Die tuinhulp is in 2007 op aanklag van moord net hoër op in die straat naby ’n taverne in hegtenis geneem, maar is op borgtog vrygelaat. Hy het ook uitstaande sake van rooftogte teen hom, en is ’n opgeskorte vonnis weens inbraak opgelê. Hy het skaars twee maande by die Lotters gewerk.

Hy is Saterdagoggend enkele ure ná die aanval vasgetrek, en sy vermeende makker Saterdagmiddag.

Mev. Lotter word ook deur drie kleinkinders oorleef. ) Sien ook foto op bl. 2.

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2482075,00.html
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal