Algemene Sake > Volksmoord
Volksmoord
Ben Geldenhuys:
Marietie Louw-Carstens
Polokwane (Pietersburg). – ’n Wildveearts van Limpopo het ’n gebed opgesê vir hom, sy vrou en ses weke oue babaseuntjie.
Minute later is hy doodgeskiet.
“Wat ek nou gaan doen, doen ek vir jou en ons kind,” het hy aan sy vrou gesê net voordat hy ’n aanvaller se pistool probeer gryp en toe self doodgeskiet is.
Dr. Paul Meyer (38), sy vrou, Marelise (31), en hul babaseun, Wouter, is eergisteraand in hul plaashuis op die Selati-natuur?reservaat in die Gravelotte-gebied in Limpopo saam met hul bure oorval.
Hulle is deur die aanvallers in dr. Meyer se twee dubbelkajuitbakkies gedwing en op ’n nagmerrierit van etlike ure geneem.
Die tragedie het omstreeks 22:00 begin toe mnr. Pierre en mev. Sue Gallagher by die Meyers in hul oopplan-kombuis op die tweede verdieping van die huis geëet het. Hulle was net klaar toe vier gewapende mans, wat diefwering by ’n venster gebreek het, die trappe opgekom en ’n skoot geskiet het wat die mikrogolfoond getref het.
Die Meyers en Gallaghers is met gordels en toue vasgebind en aangesê om onder ’n tafel te sit. Die huis is geplunder en die mans het deurgaans vir geld en wapens gevra.
Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die mans het wel wapens in die huis gekry. Daarna is die Meyer-egpaar in een van hul wit Toyota-bakkies gedwing, saam met twee van die aanvallers. Die Gallaghers en Wouter is in Meyer se ander bakkie gedwing, saam met die ander twee rowers.
Mev. Meyer het gesê toe hulle naby die hoofhek van die reservaat kom, het haar man vermoedelik probeer om ’n pistool by een van die mans af te vat.
“Hulle het hom geskiet. Hy was dadelik dood . . . Ek het bo-op hom geval en is met die pistool oor my skouers en kop geslaan. Ek het uit die bakkie gespring en probeer wegkom, maar hulle het my gegryp en met ’n bobbejaanspanner geslaan.”
Die Gallaghers het gesien hoe die voorste bakkie oor die pad swenk en hoe dr. Meyer uit die bakkie gegooi word. “Die mans het hom in die veld ingesleep.”
Hul nagmerrierit het vir sowat 70 km voortgeduur op die pad na Phalaborwa voordat hulle die teerpad verlaat en die veld in is. Die rowers het die bakkies se satelliet-opsporingstoestelle verwyder.
“Omstreeks 04:30 het ons ’n voertuig se toeter gehoor. Die rowers het toe in die twee bakkies en met al die buit gevlug. Ons het seker sowat tien minute deur die veld gehardloop voordat ons by die teerpad gekom het.”
’n Motoris het hulle opgelaai en na mnr. Piet Warren se plaas gevat. Een van Meyer se bakkies is gister verlate in die Kruger-wildtuin gekry, het Otto gesê.
Die polisie het die tweede bakkie gisteraand in die wildtuin probeer voorkeer. Hulle het ’n spykerband oor die pad gegooi, wat die bakkie tot stilstand gedwing het. Die moordenaars het daarna te voet oor die Mosambiekse grens gevlug waarop ’n skietgeveg met dié land se polisie uitgebreek het.
Dié polisie was gisteraand nog op die bende se spoor.
Dreig om baba te skiet
Die paartjies se aanvallers het verskeie kere ’n pistool teen Wouter Meyer (ses weke) se koppie gedruk toe hy histeries gehuil het.
“Maak hom stil of ons maak hom vir altyd stil,” het die mans in Engels gesê.
Wouter was by mev. Sue Gallagher en haar man, Pierre, in die tweede bakkie. Sy het gesê die babatjie het gehuil want hy was honger.
“Ons het met van die rowers onderhandel sodat sy ma hom kon borsvoed. Hulle het gestop, ons in die veld laat sit en ons hande vasgemaak.
“Ons is die hele tyd met wapens aangehou en gedreig,” het Gallagher gesê.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2464341,00.html
Ben Geldenhuys:
Mev. Marilise Meyer (34) en haar babaseun, Wouter (ses maande).
Ben Geldenhuys:
Vicus Bürger
Clarens. – ’n Geliefde inwoner van dié gewilde Vrystaatse toeristebestemming is in haar huis vermoor nadat sy in 2000 uit Johannesburg getrek het om aan misdaad te ontsnap.
Mev. Thyrza Lombard (77), ’n weduwee wat in Besterstraat op die dorp gewoon het, is vermoedelik met ’n skoenveter verwurg – vir niks meer nie as ’n selfoon.
’n Huiswerker het gisteroggend op Lombard se lyk in haar slaapkamer afgekom. Sy is die vorige aand laas gesien.
Die polisie het gevra dat die werker se naam weerhou word, want dit kan haar lewe in gevaar stel as dit bekend word.
Volgens haar het sy Lombard se lyk langs die bed sien lê. Sy het haar geroep, maar die oorledene het nie gereageer nie.
Die werker het uit die huis gehardloop en om hulp geskree, waarop die polisie ontbied is.
Lombard was bekend daarvoor dat sy altyd vir mense wat by die huis kom aanklop het, kos of geld gegee het.
Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê Lombard is met ’n skoenveter verwurg. Niks behalwe ’n selfoon is gesteel nie. Dit is nie seker hoe die moordenaars toegang tot die huis verkry het nie.
Lombard het alleen gewoon en haar gastekamer aan toeriste verhuur.
Drie verdagtes, tussen 19 en 21 jaar oud, is intussen by ’n taverne in Kgubetswana vasgetrek. Hulle sal môre in die Bethlehemse landdroshof verskyn.
Lombard was ’n bekende tuinboukundige en het tuinuitleg gedoen. Sy het graag raad vir mense se tuine uitgedeel.
Die oorledene se seun, mnr. Pierre Lombard, wat in Botswana woon, sê sy pa, mnr. Hendrick Vermaas Lombard, is in 2000 weens kanker oorlede. Sy ma het toe van Johannesburg na Clarens getrek “om weg van die misdaad te kom”.
Lombard word ook oorleef deur drie dogters, mevv. Thyrza Stott van Johannesburg, Ingrid Merry van Durban en Sonja Moore van Margate, asook 18 kleinkinders.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467007,00.html
Sanderis:
Wanneer is genoeg GENOEG !
Sannie van der Walt:
4 ure langs man se lyk
Feb 10 2009 12:24:28:320PM - (SA)
Virginia Keppler
'n Sestigjarige vrou van Kameeldrift, noordoos van Pretoria, het sowat vier uur lank langs haar man se lyk in hul bed gelê en gesukkel om haar vasgebinde ledemate los te wikkel nadat hulle deur drie gewapende rowers oorval is.
Mev. Daphne Boshoff kon nie eers om hulp skreeu nie omdat die rowers haar jongste seun, Marius (24), se das in haar mond gestop het.
Haar man, Renier sr. (69), is met 'n enkele skoot in die kop geskiet terwyl hy probeer regop sit het in sy bed.
Marius het gesê sy ouers is omstreeks 02:00 Dinsdagnag in hul slaapkamer in hul bed oorval. Die aanvallers het die diefwering van 'n venster langs die voorkamer gebreek om toegang tot die huis te kry.
"My ouers het niks gehoor nie en het eers wakker geskrik toe hul slaapkamerlig aangeskakel is. Toe my pa probeer regop sit, het die rowers hom in die kop in sy bed geskiet.
"Daarna het hulle my ma deur die huis geneem en haar gevra vir geld, vuurwapens en juwele. Sy het gesê sy het nie die kluis se sleutel nie - dit is by een van haar seuns," het Marius hartseer vertel.
Hy het gesê die rowers het daarna sy ma terug na die hoofslaapkamer geneem. "Hulle het haar hande en voete met toue vasgebind en my das in haar mond gedruk," het hy snikkend vertel.
Konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval en dat niemand nog aangekeer is nie.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2467296,00.html
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version