Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Vuisvoos

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4
Re: Volksmoord
« Antwoord #100 op: November 27, 2009, 02:36:20 AM »
   

 Al sy goeie rasse-betrekkinge daarmee heen na aanval
Submitted by admin on 26 November, 2009 - 09:41 News 


Eben Engelbrecht
Al sy pogings om in vrede saam met mede-Suid-Afrikaners te leef, is daarmee heen, sê ‘n jong messteek-slagoffer van Ladanna, die 21-jarige mnr Andre Bester.
Dis nadat hy Maandagmiddag op die perseel van sy vriend se woonstel in Doornkraalstraat deur ‘n onbekende aanvaller met ‘n mes in sy linkerwang gesteek is.

Bester het by die Royal Court-woonstelle by sy vriend, die 22-jarige mnr Jonathan de Ridder gekuier. Ongeveer 15:00 wou Bester sy selfoon gebruik, maar die ontvangs was te swak.

Hy en De Ridder is uit na die parkeerarea waar Bester ‘n oproep gemaak het. Onverwags en sonder dat die twee onraad bemerk het, het die aanvaller Bester van agter genader, sy selfoon probeer gryp, en toe hy nie los nie, eenvoudig die mes in sy linkerwang ingestamp. Bester sê hy en De Ridder het onmiddellik ‘n verdedigende houding teen die aanvaller ingeneem en die messteker het summier gevlug.

Hierna het De Ridder met die erg bebloede Bester na Limpopo Medi-Clinic gejaag, waar Bester 13 steke in sy wang moes kry. Die polisie was op die toneel en het ‘n dossier vir poging tot moord geopen. Bester is steeds in besit van die aanvalswapen waarop nie beslag gelê is nie. Hy sê tensy die polisie dit later kom haal, wil hy dit hou as simbool van die insident wat sy renons in misdadigers opnuut laat opvlam het.

 

Al sy pogings om in vrede saam met mede-Suid-Afrikaners te leef, is daarmee heen, sê ‘n jong messteek-slagoffer van Ladanna, die 21-jarige mnr Andre Bester.
Dis nadat hy Maandagmiddag op die perseel van sy vriend se woonstel in Doornkraalstraat deur ‘n onbekende aanvaller met ‘n mes in sy linkerwang gesteek is. Bester het by die Royal Court-woonstelle by sy vriend, die 22-jarige mnr Jonathan de Ridder gekuier. Ongeveer 15:00 wou Bester sy selfoon gebruik, maar die ontvangs was te swak. 
Polokwane Observer

Afwesig Vuisvoos

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4
Re: Volksmoord
« Antwoord #101 op: November 27, 2009, 02:50:29 AM »
Lugwaardin se vermeende moordenaars vas
19 November 2009 - 10:35
By Willem Knoetze
'n Tuinwerker en 'n man wat na aan Prinsloo was, sal more na verwagting in die hof verskyn.
Die polisie het 'n deurbraak gemaak in die moord op die Pretoriase lugwaardin mev. Cordelia Prinsloo (56). Sy is ses weke gelede dood op haar hoewe in Kameeldrift, noordoos van die hoofstad, gevind.

'n Man wat na aan Prinsloo was en 'n tuinwerker is in hegtenis geneem en verskyn more in die hof. Die tuinwerker is in die Vrystaat aangekeer.

Prinsloo, die ma van twee seuns, is met 'n skerp voorwerp doodgesteek en in 'n vlak graf in tuin begrawe en met blare bedek. Die lyk was reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding toe haar gewese man, mnr. Cobus Prinsloo, dit gevind het. Niemand het vir twee dae van haar gehoor voordat haar gelyk gevind is.


Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #102 op: November 30, 2009, 02:31:13 PM »
Van agter doodgeskiet



2009-09-27 22:13

Virginia Keppler

Die 55-jarige mev. Isabel Schonken is die naweek op ’n kleinhoewe oos van Pretoria van agter doodgeskiet terwyl sy vermoedelik in haar huis se gastebadkamer vir haar moordenaars probeer wegkruip het.

Sy is die tweede persoon wat binne 24 uur in ’n gewapende plaasaanval in dié omgewing vermoor is. Nog twee mense is gewond en ernstig beseer in dié aanvalle.

Mnr. Lars Schonken (56), haar man en ’n sakeman, is in die bolyf geskiet in die aanval eergister om 02:00 naby Klipkop.

Mnr. Schonken se skedel en gewrig is ook gebreek toe die rowers hom aangerand en met ’n pistool gekap het. Hy sterk aan in die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof, Pretoria.

Beswaarlik 24 uur vroeër is mnr. Sheun Anderson (18) Vrydag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, ook in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Oomblikke voordat hy geskiet is, moes sy ma, mev. Jeanine Anderson, toekyk hoe haar man, Robert (47), eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oor die tweede voorval het me. Héléne Rumsey (52), suster van mev. Schonken wat ’n klipgooi van die Schonken-egpaar woon, gesê die rowers het ’n elektriese heining wat reg om die kleinhoewe gespan is stukkend geknip. Hulle het deur ’n oop glasdeur by die huis ingekom.

“Hulle het Lars in die slaapkamer oorval,” het Rumsey vertel. “Dit wil voorkom of my sussie in die sitkamer voor die televisie aan die slaap geraak en wakker geskrik het toe hulle Lars skiet.

“Sy is kort daarna deur die hart geskiet.

“Die rowers het probeer om Lars ook deur die hart te skiet, maar dit was gelukkig net ’n vleiswond,” het Rumsey bygevoeg.

Mnr. Schonken het gevolglik sy bewussyn verloor. Toe hy kort daarna bykom, het hy sy pistool uit die kluis gaan haal en een van die rowers geskiet.

Hulle het volgens Rumsey met haar suster se handsak en selfoon en haar swaer se skootrekenaar gevlug.

Mnr. Schonken het sy dogter, mev. Sonja Smit, en haar man gebel. Hulle woon ook op die kleinhoewe. Smit se man, wat nie sy voornaam genoem wil hê nie, het sy bebloede skoonpa in die sitkamer en sy skoonma in die badkamer gekry. “Sy was reeds dood,” het hy gesê.

Hy het sy skoonpa na die hospitaal geneem.

Rumsey het gesê die egpaar se jongste dogter, Alma (17), was nie tydens die voorval tuis nie.

Sers. Monique Vermeulen, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n bloedspoor tot by ’n grondpad naby die kleinhoewe gevolg waar die verdagtes moontlik in ’n voertuig geklim en gevlug het.

Die polisie het dokters en mediese personeel gevra om op die uitkyk te wees vir ’n man met ’n skietwond.

Volgens Rumsey het rowers twee weke gelede by háár huis probeer inbreek, maar die alarm het afgegaan en hulle het gevlug.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/414a26c2e1d4452b965964dbfefa7901/27-09-2009-10-13/Van_agter_doodgeskiet
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #103 op: December 01, 2009, 01:49:36 PM »
Hier is 'n redelik omvattende fotoversameling wat sal agtergrond gee oor die onderwerp van hierdie draad.

http://cid-b6b44a5376348175.skydrive.live.com/browse.aspx/Kill%20the%20Boer%20Kill%20the%20Farmer%20Trauma%20Society%20of%20SA%20pictures?ct=photos
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #104 op: December 07, 2009, 04:18:41 PM »
Vrou (85) in spogbuurt vermoor

2009-12-07 14:51

Kaapstad - ’n 85-jarige vrou is dood in haar huis in Tokai, Kaapstad aangetref met haar keel wat afgesny is, het polisie gesê.

Supt. André Traut het gesê Elsa Brennan is dood in haar slaapkamer in haar huis in Foreststraat aangetref, omstreeks 19:00 Sondagaand.

“Daar was geen tekens van geforseerde ingang gevind nie en niks is uit die huis gesteel  nie,” het Traut gesê.

Die motief vir die moord is steeds onbekend, en die polisie het nog geen verdagtes nie.

- Sapa



http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/c2ed78fce94d4856abd69fda05c14c80/07-12-2009-02-51/Vrou_(85)_in_spogbuurt_vermoor
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #105 op: December 10, 2009, 03:22:14 PM »
Vrou (64) in haar huis aangeval, vermoor




2009-12-10 09:46

André Damons

’n Duitssprekende vrou is in haar huis in Rooseveltpark, Johannesburg, vermoor.
 
Haar vriend, ’n bekende motorhandelaar, is in Januarie langs die N14-hoofweg vermoor.

Die 64-jarige vrou is vermoedelik tussen eergister 11:00 en gister 08:00 doodgeslaan deur iemand wat sy geken het.

Sy het alleen in die huis in Anton van Wouwweg gebly en glo haar pensioengeld daar versteek.

Haar naam is nog nie bekend gemaak nie omdat haar familie nog van haar dood in kennis gestel moet word.

In Januarie is mnr. Dieter Fürrutter (65), ’n vriend van die vrou en eienaar van Dieter Car Sales, vermoor toe hy sy vriend mnr. Wolfram Ebel, wie se motor op die N14 naby die Diepsloot-plakkerskamp onklaar geraak het, gaan help het.

Gister het die vrou se bure onraad vermoed toe hulle haar nie soos gewoonlik in die tuin sien werk het nie. Hulle het die polisie gebel, het insp. Bokkie Keulder, polisiewoordvoerder, gesê.

Dit wil voorkom of haar aanvallers haar in die badkamer oorval en oor die kop geslaan het.

“Toe die polisie by die huis ingaan, het hulle die vrou dood op die badkamervloer aangetref. Ons weet net sy is oor die kop geslaan, maar weet nog nie waarmee nie,” het Keulder gesê.

’n Selfoon, juweliersware, beursie en kontant word uit die huis vermis. Keulder het gesê die aanvallers het die huis omgekrap op soek na goedere om te steel.

Die polisie vermoed die vrou het haar moordenaars geken. Daar was geen teken van ’n inbraak nie.

’n Provinsiale ondersoekspan van die polisie ondersoek die moord.




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a77e94658c4143c0a563f06a3439763b/10-12-2009-09-46/Vrou_(64)_in_haar_huis_aangeval,_vermoor_
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #106 op: December 10, 2009, 03:31:59 PM »
Net oor hy wit is, gaan hy nie gouer behandel word




2009-12-10 08:17

Sonja van Buul

Die dokter het gesê hy moet sy beurt afwag. Toe sterf dié jong sanger van Vanderbijlpark en was sy pa se verbete pogings om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas vergeefs.

“Al wat ek nog kon doen, was om my seun vas te hou en te huil,” sê mnr. Riaan van Niekerk (42), pa van die 20-jarige Adriaan van Niekerk wat sy lewe ná ’n motorfietsongeluk verloor het. Adriaan, wat saam met sy pa by onder meer kunstefeeste landwyd opgetree het, het vier uur voor sy dood op 29 November met sy rooi Discovery-motorfiets teen ’n boom in Rossini-boulevard in Vanderbijlpark vasgery. Sy pa glo Adriaan sou nog gelewe het as hy nie “sy beurt moes afwag” soos die dokter dié nag gesê het nie.

“Hy het gesê hy gaan Adriaan nie vinniger behandel omdat hy ’n blanke is nie.”

Van Niekerk sr., sy vrou, Annalie (39), en hul twee dogters, Michelle (11) en Annalien (2), was kort ná die ongeluk by die ongevalle-afdeling en het “met die intrapslag die dokter se swak diens beleef”.

“Die dokter het aan Netcare 911-paramedici gesê hulle moet hom nie vertel hoe om sy werk te doen nie, toe hulle hom vra om dadelik die ernstig beseerde Adriaan te behandel nie,” het Van Niekerk sr. gister gesê.

Volgens hom het die paramedici vermoed Adriaan se pelvis is gebreek en sy laerug is moontlik baie erg beseer.

“Pa, waar is my bene?” het Adriaan gevra toe hy bykom.

Adriaan het kort daarna gesê hy kry nie asem nie en sy pa het die dokter gesmeek om te help.

“Die dokter het gesê Adriaan moet sy beurt afwag,” het Van Niekerk sr. gesê.

Die woedende pa is hierna deur die polisie na buite begelei.

Hy het sy vrou en twee dogters huis toe geneem, maar was binne ’n uur terug by die hospitaal.

Hy het Adriaan by die X-straal-afdeling gaan soek, deur ’n skuifdeur geloer en gesien sy seun haal nie asem nie. “Twee verpleegsters het met my gestry toe ek hulle sê hulle neem X-straalfoto’s van my kind wat nie asemhaal nie,” het hy gesê.

Hy het Adriaan se lewe wanhopig probeer red, maar hy het oomblikke later twee keer diep asemgehaal voordat sy oë omgedop en daar bloed by sy mond uitgeloop het.

Die dokter het, volgens die pa, slegs Adriaan se een oog oopgemaak en gesê: “Hy is weg.”


“As die dokter net besef het ons wil nie eerste behandel word omdat ons blankes is nie, maar omdat my seun dringend hulp nodig het, het hy nou dalk nog gelewe,” het Van Niekerk sr. gesê.

Dr. Joe Khoali, waarnemende bestuurshoof van die Sebokeng-hospitaal, het gister gesê die bewerings word ondersoek en hulle vergader binnekort met die Van Niekerk-egpaar.




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a1215c074eba4d56bba1aa65116eebe7/10-12-2009-08-17/Net_oor_hy_wit_is,_gaan_hy_nie_gouer_behandel_word
« Laaste verandering : December 10, 2009, 03:34:00 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Volksmoord
« Antwoord #107 op: December 11, 2009, 09:32:18 AM »
Dit maak 'n mens woedend om dit te hoor. Rasisme het sy lewe gekos! Ek hoop alles moontlik word gedoen om teen die dokter op te tree en hierdie voorval moet onder die internasionale media se aandag kom. Ons beste wense vir sy familie in hierdie moeilike tyd. Mag die Here self hulle troos!
Passievol oor Afrikaans

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #108 op: December 23, 2009, 04:55:45 AM »
Man sterf ná 2de aanval
2009-12-23 04:29
 Artikel opsies
Druk artikel E-pos artikel Deel
Laaik.it Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Hilda Fourie

‘Ag Here, net nie weer nie.”


Mnr. Renier Lamprecht (43) kon dit nie glo toe hy gisteroggend vir die tweede keer binne drie jaar in ’n huisrooftog geskiet is nie.


’n Uur later was hy dood.


Sy vriendin, me. Hannelie du Toit (39), was saam met hom in hul slaapkamer in hul huis op ’n kleinhoewe in Pumulani in die Kameeldrift-omgewing noordoos van Pretoria.


Aanvalle kom die laaste ruk gereeld in die Kameeldrift-omgewing voor.


Du Toit het eers besef Lamprecht is raak geskiet toe sy gesien het die bed is vol bloed.


Lamprecht is in die bolyf getref. Du Toit het in trane vertel Lamprecht het vier mans in die sitkamer gesien toe hy omstreeks 03:30 opgestaan het om badkamer toe te gaan.


“Ek het van sy geskreeu wakker geword. Ek het opgespring en hom gehelp om die deur toe te maak. Dis toe dat ek die skoot gehoor het.”


Terwyl Lamprecht en Du Toit die deur toegedruk het, het die rowers ’n skoot daardeur geskiet.


Daarna het Lamprecht teruggestaan en die rowers het by die kamer ingekom.


Lamprecht en Du Toit is op hul bed gedwing, waarna hul hande en voete vasgebind is.


Die rowers het hulle herhaaldelik om vuurwapens, ’n kluis en juwele gevra, maar hulle het niks gehad nie. Uiteindelik het die rowers met Lamprecht se bakkie, drie selfone, ’n skootrekenaar en Du Toit se handsak gevlug.


“Renier het omgedraai en besef hy is geskiet. Hy het net gesê: ‘Ag Here, net nie weer nie’,” het Du Toit gesê.


Toe Du Toit die rowers hoor wegry, het sy die selfoonherlaaierdrade om haar arms met haar tande losgewikkel en kombuis toe gehop om die das en veters om haar enkels los te knip.


Sy is terug kamer toe om Lamprecht los te knip en gemaklik te maak voordat sy by die bure gaan hulp soek het.


Du Toit was nog by die bure toe paramedici vir haar kom sê het hulle het alles gedoen om hom te red, maar dit was vergeefs. “Ek het huis toe gegaan net om bye te sê,”
het sy gesê terwyl sy die trane van haar wange afgevee het.


Lamprecht, wat skietwerk-opleiding by myne gegee het, laat sy twee dogters van onderskeidelik 21 en 18 jaar agter.


In die vorige voorval sowat drie jaar gelede was Lamprecht alleen in ’n huis op ’n kleinhoewe buite Rustenburg toe rowers ingekom het.


Hulle het hom drie keer in die maag geskiet en beroof.


Lamprecht se bakkie is ure ná die moord in Mamelodi, oos van Pretoria, gekry. Die polisie ondersoek die saak.
 

- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/00091da2d26d4aed83558b37cd01b86c/23-12-2009-04-29/Man_sterf_n%C3%A1_2de_aanval
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #109 op: December 23, 2009, 04:57:43 AM »
Met panga doodgekap
2009-12-23 04:22
 Artikel opsies
Druk artikel E-pos artikel Deel
Laaik.it Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Buks Viljoen



’n Boer het magteloos met sy hande vasgebind aan die bad se handvatsel gehang terwyl hy eergisternag in sy vrou se arms in hul plaasopstal naby Louis Trichardt dood is.

Vier aanvallers het mnr. Pieter Snyman (in sy laat 50’s) ten aan- skoue van sy gesinslede verskeie kere met ’n panga teen die kop gekap en met ’n mes in die bors gesteek.

Die vier, gewapen met jagmesse en ’n panga, het mev. Jeanine Snyman (50) en die egpaar se dogter Sharon (12) omstreeks 18:30 in hul huis op die plaas Balmoral, naby Mara, oorval.

Volgens mnr. Japie van der Goot, veiligheidshoof van die Vivo/Alldays-gebied van TLU SA Noord, is die twee verskeie kere aangerand en vasgebind.

“Die aanvallers het Afrikaans met hulle gepraat en gesê hulle weet mnr. Snyman was in daardie sta­dium elders op die plaas om ’n pomp af te sit.”

Kort daarna het mnr. Snyman, alombekend as “Pieter Slang” vanweë sy liefde vir slange, opgedaag. Hy is ook vasgebind.

Die moordenaars het hom na die badkamer gesleep waar sy vrou en Sharon aangehou is.

Snyman se dogter Tracy (30), wat ook op die plaas werk, was besig om arbeiders by hul kampong af te laai.

By haar terugkeer is sy ook oorval, vasgebind en saam met die res van die gesin in die badkamer aangehou. Die rowers het geld en wapens geëis en mnr. Snyman verskeie kere met die panga gekap.

Hulle het die gesin later in die badkamer toegesluit en die huis deurgesoek.

Mev. Snyman het haar erg beseerde man in haar arms vasgehou totdat hy dood is, het Van der Goot gesê.

Die drie getraumatiseerde vroue kon hulself eers teen 22:00 bevry en op ’n naburige plaas gaan hulp soek.

By die polisie se aankoms op die plaas het hulle glo geweier om eerste by die opstal in te gaan en gevra boere wat op die toneel was, moet die huis eers deurkyk.

Snyman se lyk is in die badkamer gekry met gapende wonde aan sy kop. Sy hande was steeds aan die bad vasgemaak.

Daar is vasgestel twee skootrekenaars, ’n TV-stel en Snyman se Toyota-bakkie is weg. Die kluise is ook oopgebreek. Van die vuurwapens is net so daarin gelaat.

Die bakkie is later verlate in ’n plakkerskamp buite Polokwane (Pietersburg) gekry.

Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog aangekeer nie. Die moordenaars is volgens haar tussen 20 en 30 jaar oud.

Mev. Snyman en die dogters bly sedert die aanval by ’n buurman en kry berading.

Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê die geweld van die moord is skokkend. Hy het die moordenaars as “sosiale terroriste” beskryf.

“Die regering se siening dat dié tipe misdaad gewoonlik deur buitelanders gepleeg word, is verkeerd bewys aangesien die moordenaars, wat Afrikaans goed praat, plaaslike mense met kennis van die omgewing is.”


- Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9226f84f9dd54b33acb40c49399deb27/23-12-2009-04-22/Met_panga_doodgekap
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #110 op: January 11, 2010, 10:28:39 PM »
'n Bejaarde vrou se huis in Centurion is aan die brand gesteek nadat aanvallers haar oorval en vermoor het.

Me. Kitty Botha (83) se lyk is Vrydagaand buite haar slaapkamer in haar huis in Lyttelton gevind. Dit blyk dat sy verwurg is.

Bure het die brand omstreeks 20:30 opgemerk en dit met tuinslange probeer blus, aldus haar seun, dr. Johan Botha.

Die brandweer het kort daarna opgedaag en die brand onder beheer gebring.

Volgens dr.  Botha is die huis-inhoud  deurmekaar gekrap, maar dit lyk nie of iets vermis word nie.

Alhoewel die brand groot skade aangerig het, was sy ma se Bybel asook  geestelike boodskappies en versies wat sy op 'n muur bo haar Bybel geplak het, ongeskonde, het dr. Botha gesê.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1452c7a03ac9454c8a0dfdb514583f1c/11-01-2010-08-44/Huis_aan_brand_gesteek_na_moord_op_bejaarde

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #111 op: January 18, 2010, 04:26:17 PM »
Taxi eis meisie
2010-01-14 00:46


Thinus Dippenaar

’n Meisie van Vereeniging wat verlede week haar matriekuitslae gekry het, is dood nadat ’n taxi haar op haar negentiende verjaarsdag doodgery het.

Me. Yvonne van Deventer was Maandag saam met mnr. Martin Posthimus (20), haar kêrel, op pad na haar ouerhuis nadat hulle haar verjaardag by ’n restaurant gevier het.

Sy het verlede week haar matriekuitslae gekry. Die ongeluk het skaars 2km van haar ouerhuis af gebeur.

Posthimus het ernstige kopbeserings opgedoen.

Haar ouers, mnr. Tommy en mev. Brenda van Deventer, het van die ongeluk gehoor toe Yvonne, hul oudste dogter, nie soos afgespreek om 23:00 tuis was nie. Mev. Van Deventer het Yvonne op haar selfoon gebel, maar ’n paramedikus het geantwoord en haar die slegte nuus meegedeel.

’n Taxi het vermoedelik nie by die vierrigting-stopteken op die Boy Louw- en Houtkopweg-kruising in Vereeniging stilgehou nie en die motor getref waarin die paartjie gery het. Yvonne is op slag dood,

Posthimus, ’n vakleerling by ’n ingenieursmaatskappy in Vanderbijlpark, is deur paramedici van ER24 en Emfuleni-nooddienswerkers op die toneel behandel voordat hy per ambulans na die Vereeniging Medi-Clinic geneem is.

Volgens mnr. Johannes van Deventer (48), Yvonne se oom, is Posthimus eergister geopereer om bloeding op sy brein te verlig.

“Hy word in die waakeenheid onder verdowing gehou totdat sy toestand verbeter,” het Van Deventer gesê.

“Ons bid vir Martin en hoop en vertrou hy sal volkome herstel.”

Die taxibestuurder het ligte beserings opgedoen en is na die Sebokeng-hospitaal geneem.

Die Vereeniging-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Volgens Van Deventer was Yvonne ’n matriekleerling aan die Hoërskool Overvaal in Vereeniging en sy het ’n week gelede gehoor dat sy matriek met universiteitsvrystelling geslaag het.

Sy wou grafiese ontwerp studeer, maar wou eers vir ’n jaar werk.

“Ons gaan die opgewekte, altyd laggende kind wat graag stories vertel het, baie mis,” het Van Deventer gesê.

Dit gaan volgens hom “goed met haar pa en ma, maar hulle is erg getraumatiseer oor die verlies van hul dogter”.

Buiten haar ouers, word sy oorleef deur haar broers, Warren (22) en Tommy (20), en susters, Elsabie (17) en Danielle (16).

Die sussies is albei leerlinge aan die hoërskool waar hul ousus pas gematrikuleer het.

Haar verassingsdiens word môre om 11:00 in die Volle Evangelie Kerk in Vanderbijlpark gehou.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/cadac804430f4564a891522f2b2214a8/14-01-2010-12-46/Taxi_eis_meisie_
« Laaste verandering : January 18, 2010, 04:29:57 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #112 op: January 18, 2010, 04:34:31 PM »
Pta-vrou vermoor vir foon

2010-01-14 07:33

Virginia Keppler


’n Bejaarde vrou van Hermanstad in Pretoria is gisteroggend oorval en doodgeslaan vir ’n selfoon terwyl sy vermoedelik skottelgoed gewas het.

Mev. Ria van den Bergh (65) van Welthagenstraat se buurman het haar lyk gister ná 10:00 ontdek.

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Jan van den Bergh, die vermoorde se man, het gesê hy is gisteroggend om 06:00 werk toe.

De Bruin het gesê toe mnr. Van den Bergh die huis verlaat het, was ’n werker besig om op sy huis se dak te werk.

“Net voor 10:00 het mnr. Van den Bergh sy vrou probeer bel, maar sy het nie die telefoon geantwoord nie. Hierna het hy die buurvrou gebel en haar gevra om te gaan kyk of alles reg is by sy huis.”

Volgens hom het die buurvrou na die huis gegaan en mev. Van den Bergh van die heining geroep, maar sy het nie geantwoord nie.

“Die buurvrou het toe haar man gaan roep. Nadat hy van die straat gesien het die kombuisdeur se veiligheidshek is oop, het hy oor die heining gespring. Kort daarna het hy die tannie gekry waar sy in die sitkamer gelê het,” het De Bruin gesê.

“Sy is erg aangerand, maar dis nie duidelik waarmee sy geslaan is nie. Die man wat op die dak gewerk het, het spoorloos verdwyn en mev. Van den Bergh se selfoon is ook weg. Dit lyk of sy besig was om skottelgoed te was toe sy oorval is.”

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en diefstal.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/02f32bfeb24b4cb7812f75cb0ed84e54/14-01-2010-07-33/Pta-vrou_vermoor_vir_foon
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #113 op: January 19, 2010, 11:25:07 AM »
Man voor sy tweeling vermoor

2010-01-18 23:01


Virginia Keppler

Drie gewapende rowers het ’n tienjarige tweeling van Midrand met vuurwapens teen die kop aangehou en toe hul pa voor hul oë dood­geskiet.

Mnr. Kobus Snyman (42) is in die hart geskiet. Sy ouer dogter, Lenika (16), en sy vrou, Leenette (38), het ook gesien hoe hy geskiet word.

Die rowers het Snyman se skoonma en skoonsuster, mev. Shirley (57) en me. Debbie van der Vyver (34), en ’n vriendin, me. Eureke Kriel, ook aangehou.

Die vroue en kinders het Vrydag omstreeks 22:30 op die stoep van Snyman se huis in Allanweg in Glen Austin gesit en kuier toe die rowers toeslaan.

Snyman was in die sitkamer waar hy voor die TV aan die slaap geraak het.

“Drie mans in blou baadjies het aangeloop gekom. Ek het nog gedink dit is die polisie, maar toe sit een sy vinger op sy lip en wys ons moet stilbly,” het me. Van der Vyver gister vertel.

“Hulle het seker oor die heining gespring, want die hekke was gesluit. Hulle het hul vuurwapens teen die tweeling se koppe gedruk. Ons het almal begin skreeu.”

Dis toe dat Lenika haarself byna bo-oor die tweeling gooi en hulle in haar arms toevou om hulle te probeer beskerm.

“Ek het hulle (die rowers) in die oë gekyk en gesê: ‘Nee!’ Toe skreeu ek: ‘Dad’!” het sy vertel.

Snyman het wakker geword. “Maar nog voordat hy die deur (dis ’n glasdeur) kon oopmaak – sy hand was op die handvatsel – het die een rower hom geskiet,” het me. Van der Vyver gesê.

Snyman het nogtans na die slaapkamer begin hardloop om vermoedelik sy pistool te gaan haal, maar het op die trappe dood neergeval.

Die rowers het ’n skootrekenaar en selfone gevat “voordat hulle doodkalm weggestap het”, het me. Van der Vyver gesê.

Volgens haar het haar swaer “soos ’n engel” gesing en was hy lid van die Centurion-kamerkoor.

Volgens mev. Van der Vyver het sy die gesigsuitdrukking van die man wat haar skoonseun geskiet het, gesien “en ek kon sien dit is nie die eerste keer dat hy moor nie”.

“Ek wil hê die minister van polisie moet my kom sê wat hy gaan doen. Gaan die regering vir die kinders sorg?” wou sy weet.

Snyman se vrou is getraumatiseer en toon volgens haar ma in dié stadium geen emosie nie.

“Dit is asof Leenette in ’n slegte droom is.”

Mnr. Kevin MacInnest (44), ’n familievriend wat eerste op die toneel was, het gesê dit is skrikwekkend dat Suid-Afrikaners ná 15 jaar van demokrasie in vrees leef. “Niemand van ons is bullet proof nie. Kobus was nie ’n bedreiging vir hulle nie.

“Hy was ’n groot, sagte teddiebeer van 110?kg. Hy het elke dag met ’n ‘Shanana’-glimlag (’n breë glimlag) begroet,” het MacInnest gesê.

Die familie het gister die Anderson-groep, ’n maatskappy waar Snyman onlangs begin werk het, en vriende en familie van so ver as Australië bedank vir hul ondersteuning en gebede.

Snyman laat ook ’n seun, Tyron Snyman (14), agter.

Insp. Mmakgomo Semono, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie die moord en gewapende rooftog ondersoek.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/649fbfe798bc4416b0e649ac2b7f2b59/18-01-2010-11-01/Man_voor_sy_2-ling_vermoor
« Laaste verandering : January 19, 2010, 11:48:35 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #114 op: January 25, 2010, 05:36:52 PM »
Boer sterf, vrou ernstig gewond toe 2 toeslaan

2010-01-23 02:22

Aletta Otto

Middelburg. – ’n Boer (59) is dood en sy vrou ernstig gewond in ’n plaasaanval gisteroggend net buite dié dorp in Mpumalanga.

Mnr. Johan Venter is in die kop geskiet. Sy vrou, Rentia (60), is in die maag en arm gewond. Sy was teen gister in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die Life Health Midmed-hospitaal in Middelburg.

Die voorval het in die vroeë oggendure op die Venters se plaas, Keerom, aan die Stofbergpad plaasgevind.

Die aanvallers, twee mans, het by die huis ingekom deur een van die hoofslaapkamer se vensters oop te dwing.

Volgens insp. Lize Coetzee, woordvoerder van die Middelburg-polisiestasie, was die Venters se seun, Jaco (22) in sy kamer.

Hy het sy pa hoor skree en toe ’n skoot gehoor.

Sy ma het begin gil, waarna nog skote geskiet is.

“Hy het na die kamer gestorm en sy ouers daar gevind,” het Coetzee gesê.

Die aanvallers het toe glo reeds gevlug.

Dit is nie bekend watter vuurwapen in die aanval gebruik is nie.

Niks word vermis nie.

Niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/c96f53a15d5749e08abf1b575192846d/23-01-2010-02-22/Boer_sterf%2C_vrou_ernstig_gewond_toe_2_toeslaan
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #115 op: January 26, 2010, 11:46:04 AM »
Boef skiet Oos-Randse dokter dood, wond makker


2010-01-24 23:42

Wolfram Zwecker

’n Middeljarige mediese dokter van Kempton Park wat reeds jare sy praktyk in Van Riebeeckpark bedryf, is Vrydagaand deur een van twee aanvallers by die agterdeur van sy huis doodgeskiet.

Dr. Koos van Staden (55) is net ná 20:00 by sy huis in Amarillolaan, Edleen, oorval. ’n Bakleiery het ontstaan en een van die aanvallers het Van Staden vier keer in die bors geskiet, het konst. Nelda Hlase, polisiewoordvoerder, gistermiddag gesê.

Die rower wat Van Staden geskiet het, het blykbaar ook sy makker in die been gewond.

Dié man is op die toneel behandel voordat hy na die hospitaal gebring is, het die voormalige Beeld-joernalis Hennie Brandt, wat net ’n paar huise daarvandaan woon en die skietery gehoor het, gistermiddag gesê.
 
“Ek het die een gesien wat in die been gewond is en is oortuig dat dit dieselfde een is wat my in Oktober aangerand het toe hulle by ons ingebreek het,” het Brandt vertel.

Hy het die polisie gisteroggend laat weet van sy vermoede dat dit dieselfde aanvallers was wat hom en sy vrou in hul huis aangerand en aangehou het.

Volgens Hlase het die ander aanvaller vermoedelik in ’n Volkswagen Polo gevlug wat ’n ent daarvandaan in Modderfonteinweg teen ’n Mercedes-Benz gebots het.

Die polisie was kort ná die ongeluk op die toneel, maar daar was niemand in die Polo nie.

Die insittendes van die Mercedes-Benz is nie ernstig beseer nie.

Twee onwettige immigrante is kort daarna naby die ongelukstoneel deur die polisie in hegtenis geneem.

Die vermoede word ondersoek dat een van hulle moontlik met die aanval en moord op die dokter verbind kan word.

Van Staden word oorleef deur sy vrou, Hannah, en twee dogters uit ’n vorige huwelik.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/34f1f78e38874f89a804fe1075d35073/24-01-2010-11-42/Boef_skiet_Oos-Randse_dokter_dood,_wond_makker_[/color]
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #116 op: January 26, 2010, 11:48:03 AM »
‘Jy het nie meer ’n man nie,’ sê boewe aan vrou

2010-01-24 23:42



Die polisie se lykswa staan naby die watertenk waar dr. Giesekke se lyk gekry is. Foto: Gavin Boy


Sandra Coetzee

Bloemfontein. – ’n Afgetrede doktor in chemie is met ’n groot rots teen die kop geslaan, sy keel is afgesny en hy is met ’n skerp voorwerp gesteek.

Dr. Ernest Giesekke (69) se lyk is gisteroggend op die plaas Goodhope naby Ficksburg gekry.

Die moordenaars het net R50 en ’n selfoon gesteel.

Drie verdagtes is sowat ses uur ná die aanval in hegtenis geneem nadat plaaslike inwoners en die polisie saamgewerk het.

Giesekke se vrou, Eve (77), het in die bed gebly toe haar man om 05:45 uit die huis is om beeste te voer en vas te stel of die besproeiingstelsels werk.

Die Giesekke-egpaar verbou laventel en bessies, berig Gavin Boy.

Giesekke is by die watertenk op die plaaswerf vermoor. Hy is met ’n rots teen die kop geslaan, hy is gesteek en sy keel is afgesny.

Die moordenaars het daarna die plaashuis ingegaan en mev. Giesekke in die slaapkamer oorval.

Sy het aan hulle gevra waar haar man is. Een van die aanvallers het gesê: “Jy het nie meer ’n man nie.”

Sr.supt. Mptantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het geld en wapens geëis, maar is met net mev. Giesekke se handsak en selfoon weg. Daar was R50 in die handsak.

Giesekke het daarna die noodknoppie van die alarmstelsel gedruk.

Die eerste mense op die toneel was mnr. James Brown, eienaar van Alarm Security. Hy het op die lyk afgekom.

Die polisie en lede van die Gumtree-boerevereniging en die Ficksburg-veiligheid-en-sekuriteitskomitee het onmiddellik by die soektog betrokke geraak.

Na verneem word is die elektriese heining om die Giesekkes se plaaswerf verlede week geknip.

Die aanvallers is toe vermoedelik betyds verwilder.

Die geknipte drade was na verneem word nie aangemeld nie.

Giesekke is die derde Ficksburgse boer wat die afgelope twee jaar vermoor is.
 


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/95fa77587ec54e5e95d2bd15e108dc21/24-01-2010-11-42/%E2%80%98Jy_het_nie_meer_%E2%80%99n_man_nie,%E2%80%99_s%C3%AA_boewe_aan_vrou
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Volksmoord
« Antwoord #117 op: January 26, 2010, 06:57:02 PM »
Mense, die parlament kan maar my pos uitvee as dit enige iemand aanstoot geeof nie hier hoort nie:

As ek hierdie drade lees ondervind ek dat ek nie heeltemal so koelkop is soos wat ek gedink het ek is nie, hierdie goed maak my bloed so ruis dat ek lighoofdig word en my hande bewe.

Ek moet met tye sluk om nie n traan te stort nie, veral waar daar kinders betrokke is. Wat my verder laam maak is dat almal ewe lam is (soos ek) ons lees hierdie goed en gaan aan met ons lewens. Ons raak gewoond daaraan, soos wat die kinders in die konsentrasie kampe albasters gespeel het by die ter graf plasing van n vriend of familielid.

Ander klets oor wie is in watter sportspan en wat gebeur in Haiti ens. Party waag dit om te kla, oud ministers waag dit steeds om te verklaar dat ons nie onself as anders moet sien as die kaapse kleurlinge nie, (definieer hulle as Afrikaners) en dan is daar nog die wat dink die DA kan oposisie wees?

Volksliefde is n skande en sou jy jou eie volk se saak in n geselskap promofeer word jy uitgekruit as n ver regse of onaanpasbaar of oud modies of wat ookal.
Dan dink ek terug aan die grens Boere voor die trek, hulle het ook soortgelyke probleme ondervind en het straf ekspedisies gelei en van hulle gesteelde vee gaan terughaal.
Die Kaapse regeering was ook nie in staat om beskerming te gee nie maar het soos nou ons voorkom om straf ekspedisies te onderneem.
As mens kyk na die Koningshuis van Nederland wat die Kaap eerder aan Britanje gegee het as om dit onafhanklik herhinder my dit aan die de Klerk spul wat nie in staat was om die land te regeer nie en in stede daarvan om hulle eie bloed en nageslag te beveilig die land oorgegee het.

Wat ek probeer se is dat ons hier besig is met n herhaling van geskiedenis. Die groot trek het reeds weer plaasgevind, heelwat van ons volksgenote het reeds na die buiteland verhuis. n Klein groepie verhuis na Orania, Kleinfontein en Balmoral, maar die grootste deelvan die volk is vasgevang in hulle situasie.

Wat gaan ons doen aan hierdie moordbendes?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #118 op: January 26, 2010, 08:27:12 PM »
Die grootste oorsaak van die volksmoord, is die volk se verslawing aan volksvreemde arbeid. Voor jy dus strafkomandos wil oproep, speen eers hierdie volk van sy verslawing.

Afwesig propatria

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 93
Re: Volksmoord
« Antwoord #119 op: January 26, 2010, 09:03:46 PM »
Die grootste oorsaak van die volksmoord, is die volk se verslawing aan volksvreemde arbeid. Voor jy dus strafkomandos wil oproep, speen eers hierdie volk van sy verslawing.

Ben, ek stem saam met jou, jy is heel bewus van my projek waar dit voorop geplaas word.

Daar is egter twee kante van die munt, ek het tot minder as n jaar terug geboer, intensiewe groente verbouing, en met die prys van die produk teenoor die hoeveelheid arbeid kan ek jou verseker dat dit nie ekonomies lewensvatbaar is om groente op komersieele vlak te bedryf sonder om volksvreemde arbeid te gebruik nie. Sou dit wel moontlik gewees het sou ek die eerste een gewees het.

Ek het wel n deel van my boerdery so bedryf en het 11 Boerseuns gebruik. Hulle salarisse het gewissel van R2500 tot R8500 met ander voordele, die mees winsgewendste produkte is probeer maar die projek moes ek noodgedwonge aborteer want nie een van my volksgenote sal die produkte teen dubbel die tarief aangekoop het nie. As ek verkeerd is en genoeg mense onderneem om sulke groente teen kosprys aan te koop begin ek dadelik weer so projek, ek het die fasiliteite en die meeste implemente steeds.

Wat ek hiermee wil se is dat ek nie n klip sal gooi na die boere wat steeds volksvreemde arbeid gebruik nie. Ek stel ook nie voor hulle los dit nie (soos ek) want ek kry nou eintlik lekker as al hierdie oproermakers my een een bel en se: Baas, ons is honger, wil die baas nie weer boer nie? Hy vergeet dat hulle my gesin gedryg het, my implemente verwoes het, gestaak het as op kretieke tye sodat ons (paar seuns en myself) in die nag 30T groente laai vir die mark.

Wat ek dus se is dat ek ook volkseie arbeid ondersteun, en sal weer op Orania begin met boerdery met volkseie arbeid, maar intussen word mense vermoor wat selfs geen arbeid in diens het nie, wat daarvan? Die oplossing le nie in die arbeid nie, want al het jy nie n enkele arbeider nie, vrywaar dit jou nie van n aanval nie

Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal