Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #140 op: March 12, 2010, 10:10:02 AM »
Kind se hande afgekap in moord



Anika Smit

’n Blonde tienermeisie het vermoor, kaal en sonder hande gelê toe haar pa eergister in hul huis in die noorde van Pretoria op haar afgekom het.

Dié oggend het mnr. Johan Smit vir Anika (17), sy enigste kind, nog koebaai gesê voordat hy werk toe is.

Toe hy haar weer sien, was sy dood en vermoedelik verkrag. Haar hande is tussen die elmboog en pols afgesny en saam met die moordenaar(s) weg.

“Toe ek die omgekeerde stoele in die eetkamer sien, het ek geweet iets is nie reg nie,” het Smit (54) van Theresapark gesê terwyl hy gesukkel het om die trane te keer.

“Ek het na haar geroep, maar sy het nie geantwoord nie.”

Oomblikke later het Smit op sy dogter se lyk in haar slaapkamer afgekom.

Niks is geroof nie.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê ’n lykskouing sal bevestig hoe Anika dood is en of sy verkrag of onsedelik aangerand is.

Anika was eergister alleen by die huis waar sy en haar pa woon. Sy is nie skool toe nie weens infeksie in haar ore.

Smit het omstreeks 16:00, ná werk, by die huis gekom en gesien die buitehek en veiligheidshek staan oop en die slotte is weg. Anika se bromponie het voor die voordeur gestaan.

Toe hy by die huis instap, het hy gesien die eetkamertafel staan skeef en die stoele is omgekeer.

Nadat Smit sy dogter geroep en sy nie geantwoord het nie, is hy na haar kamer.

“Sy het op die grond gelê, sonder klere. Albei haar hande was afgesny en weg. Die mense (Anika se moordenaar/s) moes dit saamgevat het.”

Smit is dadelik na sy buurman, waar hulle die polisie gebel het. Volgens Smit was die polisie binne minute op die toneel en hy het baie goeie diens van hulle gekry.

“Die polisie het vir my gesê sy is ses keer met ’n mes in die nek gesny. Hulle ondersoek ook die moontlikheid dat sy verkrag is.”

Smit meen sy het haar moordenaar(s) moontlik gekrap en dat haar hande verwyder is uit vrees dat DNS-getuienis onder haar vingernaels hom/hulle aan die pen kan laat ry.

Dit lyk volgens Anika se pa ook of sy probeer terugbaklei en weghardloop het.

Smit het eergisteroggend gereël dat Anika se medisyne by die huis afgelaai word. Omstreeks etenstyd het iemand van die apteek hom gebel en gesê hulle was by die huis, maar niemand was daar om die medisyne te ontvang nie.

“Ek het Anika etenstyd gebel, maar sy het nie geantwoord nie. Ek het gedink sy slaap omdat sy nie lekker gevoel het nie.

“Toe ek tuis kom, het ek gesien wat die probleem was.”

Die skoolvlag van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria, waar Anika ’n gr. 11-leerling was, het gister halfstok gehang.

Mnr. Steven Hearne, skoolhoof, het gesê Anika was sedert Januarie vanjaar ’n leerling daar. Sy was in gr. 8 en gr. 9 ook daar, maar het daarna twee jaar by haar ma, Charlotte, in Hartenbos gewoon.

“Die skool rou,” het Hearne gesê.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/437d236d77b146dc85130adcb4a716d5/12-03-2010-06-33/Kind_se_hande_afgekap_in_moord
« Laaste verandering : March 12, 2010, 01:46:33 PM deur Werner Smook »
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #141 op: March 13, 2010, 10:17:35 AM »
Limpopo-boer vermoor

'n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall in Limpopo vermoor.

Die booswigte het toegang tot die huis verkry deur die agterdeur oop te dwing, volgens Limpopo-polisie.

Mnr. Jan Wheeler is in sy slaapkamer oorrompel en herhaaldelik met 'n skerp voorwerp gesteek.

Die moordenaars het elektirese toebehore gebuit en gevlug in Wheeler se voertuig.

Die polisie is op die spoor van vyf mense wat met die voorval verbind word. - Sapa

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/6313887d7293479aaa7a055bd2f2d09c/12-03-2010-02-22/Limpopo-boer_vermoor
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #142 op: March 15, 2010, 01:00:08 AM »
Boer met kopskoot vermoor


Die gat in mnr. Danie Nortjé se slaapkamervenster.Foto: Linda de Beer

’n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en Noordwes.

Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.

Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.

“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het. Sy is vasgebind en aangerand.”

Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug.

“Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in op die ongeluktoneel gevind.

Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog op tou gesit. “?’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”

In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet.

Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref, het sy pa, Pieter (85), gister gesê.

Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n enkele skoot gehoor het.

“Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr. gister gesê.

Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die venster sou kom.

Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.”

Me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as kritiek beskou, maar hy was teen gisteroggend bestendig.

Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.

Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie.

Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat mnr. Jan Wheeler (65) in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10?km buite Marble Hall vermoor is waar hy as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.

Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die begin van Februarie.
 
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0114fabe6e884fe1aebbba12e0f6c678/14-03-2010-10-31/Boer_met_kopskoot_vermoor
« Laaste verandering : March 15, 2010, 08:57:27 AM deur Werner Smook »
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #143 op: March 16, 2010, 01:20:28 PM »
Nóg twee vas vir plaasmoord

2010-03-16 12:22

Durban - ’n Verdere twee verdagtes is Maandag in verband met die aanval op ’n boer en die moord op sy vrou in Colenso in hegtenis geneem, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Die twee verdagtes het glo die boer se vuurwapen in hulle besit gehad, wat na bewering gedurende die plaasaanval gesteel is, het sup. Jay Naicker gesê.

Die boer, Nigel Ralfe (70), is Sondagaand twee keer deur die aanvallers geskiet. Hy het die voorval oorleef, terwyl sy vrou Lynette (68) vermoor is.

Luidens ’n verklaring wat Maandag deur die Demokratiese Alliansie (DA) uitgereik is, is daar aanvanklik vier verdagtes in verband met die aanval vasgetrek.

Naicker het Dinsdag egter bevestig dat daar inderwaarheid ses verdagtes in hegtenis geneem is.

Die verdagtes is Maandag vir ondervraging in hegtenis geneem, waarvan vier later ontslaan is.

“Hulle is nog nie aangekla nie, maar hulle sal binnekort aangekla word, omdat die vuurwapen hulle aan die moord verbind,” het hy gesê.


-Sapa


http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/e19162f649844cb092465323cc75b90b/16-03-2010-12-22/N%C3%B3g_twee_vas_vir_plaasmoord_
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #144 op: March 16, 2010, 04:14:56 PM »
‘My pa het geweet iets gaan gebeur’


2010-03-15 23:31



Mnr. Albert van Deventer, wat op sy plaas doodgeskiet is, ’n week voor sy dood saam met sy kleindogter, Lyandi van der Merwe (3).


Marietie Louw-Carstens

Die man wat die naweek in Limpopo op sy plaas vermoor is het “meer as een keer” aan sy dogter gesê daar gaan iets met hom en sy vrou gebeur.

Mnr. Albert van Deventer (63) is Saterdagaand op sy wildplaas, Langwater, naby Vaalwater doodgeskiet.

Liza van Deventer, ’n fotograaf by Media24 en dogter van die oorledene, het gesê haar pa en ma, Hannetjie (64), het sowat twee jaar gelede ná hul aftrede hul droomhuis op die plaas laat bou.

“Vandat hulle daarheen getrek het was daar probleme. Die senuweeagtige gevoel van die omgewing se boere was tasbaar. My ouers het die een gru-verhaal ná die ander gehoor van vandalisme, plase wat onteien word en moord,” het Liza gesê.

Mnr. Van Deventer is deur ’n onbekende aantal aanvallers oorval toe hy Saterdag omstreeks 19:00 die waternatleiding in die tuin gaan skuif het.
Hy is op kort afstand in die gesig geskiet. Hy is vermoedelik op slag dood.

Die aanvallers het daarna na die kombuis gehardloop waar mev. Van Deventer was. Hulle het haar vasgebind, geblinddoek en in die vertrek rondgesleep. Hulle het later haar klere uitgetrek. Sy het gevrees sy gaan verkrag word en het by die aanvallers gepleit om dit nie te doen nie. “Hulle het toe gelag en haar so gelos,” het haar dogter gesê. Die aanvallers het die kluissleutels en geld gevra.

Mnr. Van Deventer het sy jaggewere in die kluis gehou.

Die aanvallers het met selfone in ’n bakkie gevlug met die wapenkluis agter op.

Mev. Van Deventer het, nadat hulle weg is, haarself losgewikkel en na haar man in die tuin gehardloop, maar hy was reeds dood.

Sy het toe kaalvoet deur die veld na haar bure, minder as ’n kilometer van hul huis, gegaan vir hulp. Die moordenaars het die bakkie naby Modimolle (Nylstroom) gerol. Die polisie het daar op die geslote wapenkluis afgekom.

Liza het gesê haar pa was goedhartig, regverdig en het baie vir ander mense gedoen. “Ons gaan hom baie mis.”

Intussen het TLU SA verlede week ’n griefskrif aan me. Dikeledi Magadzi, LUR vir veiligheid in Limpopo, oorhandig waarin hulle vra vir ’n spesialiseenheid in die polisie om net op plaasaanvalle en -moorde te fokus.

Agt mense, insluitend Van Deventer, is sedert begin Februarie op plase in Limpopo vermoor.

Mnr. Doors le Roux, veiligheidsvoorsitter van TLU SA-Noord, het gesê die polisie moet meer op misdaadintelligensie fokus. Dit kan sulke aanvalle voorkom.

“Dit is nie meer goed genoeg om ná die tyd ’n poging aan te wend om die sosiale terroriste te vang nie. Die skade is dan gedoen. ’n Lewe is geneem,” het Le Roux gesê.

TLU SA-noord wil ook hê plaasmoorde moet as ’n prioriteitsmisdaad beskou word.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9cc9f6cb40194109817dc64f3485fbae/15-03-2010-11-31/%E2%80%98My_pa_het_geweet_iets_gaan_gebeur%E2%80%99
« Laaste verandering : March 16, 2010, 04:20:10 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #145 op: March 17, 2010, 08:36:56 AM »
'Ek het niemand vermoor nie, maar het nie simpatie met slagoffers'


’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die ANC-jeugligaleier se Facebook-blad.

Dit kom nadat die VF+ eergister gewaarsku het die ANC-jeugligaleier se gewraakte liedjie “Skiet die boere, hulle is verkragters” kan ’n atmosfeer vir moord op boere skep.

Malema se blad op die sosiale netwerk het meer as 12 000 aanhangers. Hy is nie noodwendig die stigter van die blad of enigsins daarby betrokke nie.

Een van Malema se “aanhangers”, mnr. Clearence Letlonkane, het die laaste paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is soos berig is op die webnuustuiste News24.

Een van dié inskrywings lui: “3000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”

In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land... the litte riches obtained is not merly enough to be shared equaly amongst all of us... ­Hence it is that corruption persists... Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is... all regained.”

Letlonkane skryf by een van sy plasings “agt mense is op plase in Limpopo vermoor sedert die begin van Februarie”.

Toe hy daarna uitgevra is, het hy gesê: “Ek het niemand doodgemaak nie, maar ek staan nie simpatiek teenoor dié wat vermoor is nie, sue me for not shedding a tear .”

Mnr. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het aangedui hulle gaan die Facebook-plasings gebruik as getuienis tydens die haatspraak-saak wat hulle teen Malema in die gelykheidshof aanhangig gemaak het.

Adv. Anton Alberts, die VF+ se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, het eergister in ’n verklaring gesê “geen diep denke is nodig om te besef dat Malema se uitsprake ’n atmosfeer skep wat gunstig is vir diegene wat wil moor nie”.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

- AfriForum Jeug reël ook ’n protesoptog teen Malema se optrede oormôre in Johannesburg. Dit vind Vrydag om 10:00 by die Mary Fitzgerald-plein in die middestad plaas, van waar betogers na die ANC-hoofkantoor in Sauerstraat sal stap.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1ae56d02065e432a818fc8cbcfb46508/17-03-2010-07-25/Ek_het_niemand_vermoor_nie,_maar_het_nie_simpatie_met_slagoffers
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #146 op: March 17, 2010, 02:50:22 PM »
(ons het hierdie een amper gemis?)


Sieklike man met panga doodgekap

2010-03-05 22:52


Insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, troos me. Meisie Smith (52) gisteroggend op die moordtoneel van mnr. Robert Naudé Hunter (68), Smith se aanstaande skoonpa. Foto: Sonja van Buul


Sonja van Buul

'n Sieklike man wat “voetjie vir voetjie geloop” het, is gisteroggend in ’n huisrooftog buite Vanderbijlpark doodgekap, vermoedelik met ’n panga.
Mnr. Freddie Hunter het sy pa, mnr. Robert Naudé Hunter (68), voor dagbreek dood in ’n plas bloed gevind.

Sowat twee uur later het die polisie drie mans in verband met die moord vasgetrek.

Hunter jr., wat op dieselfde Mullerstuine-hoewe as sy pa woon, maar in ’n ander huis, het omstreeks 05:00 ’n lawaai gehoor en aangeneem dis hul twee troetelvarke, Vaatjie en Biscuit, wat moles maak. “Toe ek buitentoe kyk, loop Vaatjie egter rustig verby die venster en ek het onder meer opgemerk die gevaarligte van my pa se Ford Falcon XR6 flikker.”

Hunter jr. het sy handvuurwapen gaan haal en buite gesien hoe twee mans uit die motor spring en weghardloop.

“Ek het vier skote in die grond geskiet, maar as ek geweet het hulle het my pa vermoor, sou ek geskiet het om dood te skiet.”
Hy het alarm gemaak en sy verskrikte verloofde, me. Meisie Smith, het die polisie gebel.

Hunter jr., ’n oudpolisieman, is terug na die moordhuis terwyl hulle op hulp gewag het.
“Ek het buite na my pa geroep en aan sy slaapkamervenster geklop.”

Met veiligheidswagte aan sy sy het hy by die huis ingegaan.
“Ek is dadelik na die spaarkamer waar die wapenkluis is en sien toe eerste my pa se bleek voete. Ek het hom dood in ’n groot plas bloed gevind.”
Volgens insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, was twee van Hunter sr. se vuurwapens in die Ford, maar ’n derde een is spoorloos. “Ons het ook onder meer ’n televisie en ’n plastieksak met ’n koeldrank- en drankbottel en ’n karton sigarette buite gevind.”

Die moordenaars het vermoedelik by ’n sitkamervenster ingekom nadat hulle ’n veiligheidstralie afgebreek het.

“Ons hond, Popcorn, sou ons beslis gewaarsku het, maar hy is Maandag doodgebyt,” het Hunter jr. gesê.
Sy broer, Kobus, en dié se vrou, Vanessa, asook mev. Martie van Heerden, Smith se dogter, was van die mense wat hulle kort ná die doodstyding na die moordtoneel gehaas het en wou geskok weet: Hoekom het die huisrowers nie maar eerder net die weerlose man vasgebind nie?

“Ek vermoed my pa het aan Parkinson se siekte gely,” het Freddie Hunter gesê. “Hy het voetjie vir voetjie geloop en sou omgeval het as ’n mens liggies aan hom gestamp het.”

Volgens Kobus Hunter was hul pa ’n geliefde oud-ambagsman wat met sy bewende hande motors gerestoureer het.

Sy vrou, Christine (59), is sowat drie jaar gelede weens ’n hartaanval dood.

Volgens Steyn het die Vanderbijlpark- en die Barrage-polisie sowat twee uur ná die moord drie geharde misdadigers in hegtenis geneem.
“Die mans is reeds gesoekte moord- en roofmisdadigers. Hunter se selfoon en juweliersware is teruggevind en ons het beslag gelê op ’n onwettige haelgeweer.”

Freddie Hunter het die polisie geloof vir hul puik optrede.

Die moordwapen en die vermiste vuurwapen is nog nie teruggevind nie.

Die verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/3bc6d270278e4673bdbe0ed68fb81c7c/05-03-2010-10-52/Sieklike_man_met_panga_doodgekap
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #147 op: March 21, 2010, 11:10:07 PM »
Groenteboer sterf ná skote deur slaapkamerdeur


Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik buite Brits, en sy vrou, Heleen (57). Hy is Vrydagaand tydens ’n gewapende aanval op sy plaas doodgeskiet. Foto: Verskaf



Nóg ’n boer is doodgeskiet.

Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik, ’n wildkamp sowat 20 km buite Brits in die Noordwes, is Vrydagnag in sy slaapkamer vermoor.

Hy is geskiet terwyl hy gespook het om sy vrou, Heleen (57), teen hul aanvallers te beskerm.

Die deur van die slaapkamer was gesluit, maar die rowers het dit met geweld oopgeskop. Van Staden het die deur met “al sy krag” probeer toehou. Die rowers het in die struweling twee skote deur die kamerdeur geskiet.

Van Staden het ook op die aanvallers geskiet, waarna hulle gevlug het.

Mnr. Johan Booyens (55), Van Staden se swaer, het gesê mev. Van Staden het die aand verskeie kere opgestaan nadat hul honde erg geblaf het.

“Hulle het aanvanklik niks vermoed nie omdat hulle in ’n wildkamp woon en bokke gereeld naby die heining wei.

“Omstreeks 12:45 het die huis se alarm afgegaan en Heleen het stemme in die huis gehoor. Die veiligheidsmaatskappy het dadelik gebel en Heleen het gesê hulle moet ‘kom help’.

“Toe die rowers die deur oopskop, het sy en haar man dit van binne probeer toedruk,” het Booyens vertel.

Mnr. Kobus van der Walt (29), die egpaar se buurman, was kort ná die voorval op die toneel. Volgens hom is Van Staden geskiet terwyl sy vrou gehardloop het om sy rewolwer te kry.

“Toe sy die rewolwer vir hom gee, het hy op die aanvallers geskiet,” het Van der Walt vertel.

Booyens het gesê Van Staden het daarna badkamer toe gestrompel en gesê hy “voel sleg”.

“Tóé eers het hulle agtergekom hy is raakgeskiet. Die koeël is naby sy sleutelbeen in en agter by sy rug uit. Hy het verskriklik gebloei,” het Booyens gesê.

Van Staden se seun Christiaan (28), wat sowat 5?km van sy pa af woon, het hom gaan oplaai en met hom Brits toe gejaag. Hy is egter met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens Booyens is die egpaar se twee honde ook vergiftig. Een is dood.

Van der Walt sê die polisie het eers sowat ’n driekwartier ná die voorval op die plaas aangekom. “Daarna het die honde-eenheid sowat 11 ure later opgedaag om na die verdagtes te soek.”

Supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het by ’n gat in die elektriese heining langs die kant van die huis deurgekruip en toe die voordeur oopgedwing.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en mense met inligting kan die Brits trio-taakspan kontak by 082 843 2099 of 083 361 5457.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a9b3072ecbd046bf9c50634ec86532b3/21-03-2010-10-18/Groenteboer_sterf_n%C3%A1_skote_deur_slaapkamerdeur
« Laaste verandering : March 22, 2010, 09:40:00 AM deur Werner Smook »
Ons Sal!!!

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Volksmoord
« Antwoord #148 op: March 21, 2010, 11:24:48 PM »
'n Boer, mnr. Piet Wessels, is Donderdagoggend 6:00 op sy plaas net buite Bothaville aangeval.  Gelukkig is hy nie dood nie, maar is met 'n mes gesteek ek met ysters geslaan.  Ek het ongelukkig nie meer inligting nie, behalwe dat die polisie en Vrystaat Landelike Beveiliging die gebied tussen die plaas en die lokasie afgekordon het, maar niemand is gevang nie.

Dis nou nie 'n moord nie, maar 'n boer is aangeval, daarom noem ek dit.

Sterkte vir almal.  Moenie julle wapens gaan inhandig nie!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #149 op: March 26, 2010, 09:58:10 AM »
‘Jy moet mooi na Mamma kyk ...’

2010-03-25 22:50



’n Geskokte me. Elsie Smit vertel hoe haar lewensmaat, mnr. Assie van As, in hul huis doodgeskiet is. Foto: Wayne Coetzee

Virginia Keppler

’n Pa van East Lynne, Pretoria, wat vyf keer in die bors geskiet is, het eergisteroggend tot die dood baklei om sy lewensmaat en seuntjie teen drie gewapende rowers te beskerm.

“Dêdda se groot seun, jy moet mooi na Mamma kyk. Ek is lief vir jou,” het die sterwende mnr. Jan (Assie) van As (49) vir die vyfjarige Daniël gesê.

Hy het ook vir me. Elsie Smit (37), sy lewensmaat, gesê hy is baie lief vir haar. “Toe hoor ek hom roggel.”

Die aanvallers het Van As en Smit eergisteroggend net voor 03:00 in hul bed in hul huis in Uilstraat wakker gemaak.
 
“Die volgende oomblik het ek die drie elk met ’n vuurwapen in die hand sien staan. Hulle het gesê ons moet stilbly en het geld en vuurwapens gevra.”

Van As het dadelik die kluis oopgesluit en vir hulle R4 000 wat daarin was en vier selfone gegee.

Smit het gesê toe Van As die kluis wou toemaak, het een van die rowers die sleutel gegryp.

“Assie het dit terug probeer gryp en op daardie oomblik het hy vir een van hulle geskreeu: ‘Is jy nie die een wat gister in my erf was nie?’ Toe klap twee skote.”

Smit het haar kop met die duvet toegetrek en hardop gebid. Terwyl Van As met sy aanvallers baklei het, het hy daarin geslaag om Daniël se kamerdeur toe te trek.

“Nog twee skote het geklap. Toe was dit ’n ruk stil terwyl hy die diefwering in die sitkamer wat die aanvallers oopgebuig het om in die huis te kom, weer toegebuig het. Toe klap nog ’n skoot.”

Smit en haar seun het by Van As gebuk waar hy langs die bank gelê en bloei het. Hy het hulle toe gegroet.

Smit het daarna deur die venster om hulp geroep en ’n buurvrou en polisievrou wat toevallig in die straat verby gery het, het kom help.

“Ek het my vingers in sy wonde gesteek en die bloeding probeer stop. Ek het vir hom geskreeu ‘jy het die eerste keer toe hulle jou gekaap en geskiet het oorleef en jy kan dit weer doen’, maar dit het nie gehelp nie.”

’n Geskokte Smit het gesê Van As is ’n paar jaar gelede tydens ’n motorkaping geskiet.

Mev. Elsa Smit, Smit se ma, het gister gesê hul dominee het mooi vir Daniël verduidelik sy “dêdda is nou by Liewe Jesus”.

Volgens Smit het inbrekers ’n week gelede kabels van sowat R7 000 uit hul erf gesteel.

Van As, ’n elektrisiën, se begrafnisdiens is Woensdagoggend om 10:00 in die Hervormde kerk East Lynne.



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/d04a41cf59af4c0d97772d265fbd8026/25-03-2010-10-50/%E2%80%98Jy_moet_mooi_na_Mamma_kyk_%E2%80%99
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #150 op: March 30, 2010, 10:38:45 PM »
Oud-hoof (80) in haar woonstel keelaf gesny


’n Bejaarde oudhoof van die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, is gisteroggend met haar keel afgesny in haar woonstel in Potchefstroom gekry.

Dr. Hilda Kotzé, wat op 19 Maart haar 80 geword het, se hande en knieë was met ’n vadoek vasgebind waaroor kleefband geplak was.

Sy is in ’n sit/hurkposisie langs haar bed gekry met die enkele snywond aan haar keel, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

’n Aanryete-afleweraar van Potchefstroom se dienssentrum vir bejaardes het op Kotzé se lyk in die Siesta-woonstelle op die hoek van Retief- en Walter Sisulustraat afgekom. Sy was in slaapklere en ’n kamerjas geklee.

Die afleweraar het volgens Myburgh onraad gemerk toe die ete wat hy die vorige dag afgelewer het nog voor die deur gestaan het. Die deur was nie gesluit nie.

Mev. Antoinette Christiani, opsigter van die woonstelle, het gesê Kotzé het langer as tien jaar daar gebly.

Sy was ’n stil, private mens en “hoogs geleerd”. Sy het verlede jaar nog ’n onderskeiding behaal in ’n Latyn-eksamen.

Die moord is waarskynlik die naweek gepleeg. Die moordenaar/s het moontlik toegang tot die woonstel gekry deur ’n deur wat nie gesluit was nie.

Die polisie ondersoek ook ’n saak van huisroof, hoewel dit nog moeilik was om te bepaal wat uit die woonstel vermis word, het Myburgh gesê.

Kotzé word oorleef deur twee broers, Len en Sakkie.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0151479d5f4a497ea24bb2268f6beb8b/30-03-2010-09-53/Oud-hoof_(80)_in_haar_woonstel_keelaf_gesny
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #151 op: April 03, 2010, 11:20:33 PM »



Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor


Die AWB-leier Eugene Terre'Blanche is Saterdagaand op sy plaas in Ventersdorp vermoor, het sy dogter Bea Terre'Blanche aan Nuus24 bevestig.

Volgens kapt. Adéle Mybrugh, polisiewoordvoerder in Noordwes, is Terre’Blanche vermoedelik deur twee van sy plaaswerkers, onderskeidelik 16 en 21 jaar oud, vermoor.

“Die polisie het Terre-Blanche se lyk omstreeks 18:00 in ‘n kamer op sy plaas sowat 10km buite Ventersdorp gevind. Hy het op sy rug op ‘n bed gelê en het verskeie hoofbeserings gehad.

“Daar is ook ‘n panga en ‘n knopkierie in die slaapkamer gevind,” het Myburgh gesê.

Die twee verdagtes het glo vroeër Saterdag ‘n argument met Terre’Blanche gehad oor geld. Hulle het na bewering later na sy huis teruggekeer en hom aangeval. Hulle het hulself direk na die voorval aan die polisie oorhandig.

Volgens Bea Terre'Blanche het sy die tyding by familievriende gekry en was dit 'n groot skok vir die familie.

"My pa het soms alleen op die plaas gaan slaap om na die diere te kyk. Dit was vir ons 'n geweldige skok om te hoor hy is dood,” het sy gesê.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Die verdagtes sal Dinsdag in Vensterdorp in die hof verskyn.

http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/9099cbce944245f3bfefc51557252256/03-04-2010-11-02/Eugene_Terreblanche_murdered
« Laaste verandering : April 04, 2010, 11:02:03 AM deur André Strydom »
Ons Sal!!!

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #152 op: April 04, 2010, 08:17:30 AM »
Geluk aan al die debateerders. Kom ons praat nog n bietjie, kom ons wys nog bietjie vingers.Kom ons trek nog subtiele handskoene aan, kom ons wag tot ek al my friende en famielie verloor het. Word wakker!!! 'n Skalpel vir n hart operasie gaan nie meer werk nie. Dis met groot en n diepe pyn waarmee ek die slegte nuus ontvang het van ons eenigste opregte leier wat daad by woord kon voeg. Hy het geleef wat hy glo en gevoel het.(wat n voorbeeld) Met sy foute en mense wat hom in die steek gelaat het staan hy kop bo water van almal wat ooit probeer het om die moeilike pad te loop. Dit vat n boer op n perd en nie praatery en knoeiery met mense se gevoelens nie. Ja, al val die perd en jy saam met hom, dan vat dit n boer om optestaan, weer op te klim en verder te ry. Dit vat n politikus om om te draai, te verdwyn, n boek te skryf om in sy gemak van bloedgeld dan af te tree. Ek is van zyl ,gebore in SA my grense verdedig teen die kominus. (Sien volgende pos hierna)
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #153 op: April 04, 2010, 09:04:57 AM »
Mnr Roodt jy slaan die spyker op die kop. Die DOOD van die BOER is eers gesing en daarna op die agtergrond gedoen . Die media  se hande is vol bloed wat saam met die kommunis van die dag dit af water en net soos n klein keffertjie staan en blaf om hom self te regverdig soos PONTUIS van ouds. Wel nou is die teken gegee vir die kommunis daar buite om maar massa moord te pleeg en die boer uit te wis want dit gaan soos gewoonlik deur al die politesie en PONTUIUSE af gewater word want ons die boer mag mos nie geweld praat of kwaad word nie. Almal wag vir die goie leiers. Word wakker hulle word gemoor want die volk slaap. N goeie leier is net werd wat sy mense hom toe laat om te doen. So ek voel deels is ons die boer wat die een of twee goeie leiers se hande en voete met draad vasmaak en los vir dood.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #154 op: April 06, 2010, 10:16:39 PM »
Seun sterf vir rekenaar


’n Matriekseun is deur sy slaapkamervenster op hul kleinhoewe buite Pretoria in sy bed vir sy skootrekenaar geskiet.

Ernst Hoon (18) wat tuisonderrig ontvang het, is gister om 03:00 by Leeuwfontein, noordoos van Pretoria geskiet. Hy het daarna na sy ma se kamer gestrompel en gesê: “Ek’s geskiet.”

Mnr. Deon Hoon, Ernst se pa, het gesê sy seun het toe verder na die badkamer gesukkel waar hy inmekaar gesak het.

Ernst se ma, Brenette (51), en sy suster, Kalike (21), het daarna vergeefs probeer om hom by te bring, maar hy het aan sy skietwond beswyk.

Hoon het gesê sy seun se moordenaars het eers sy kamervenster oopgebreek en Ernst toe deur die stukkende venster geskiet terwyl hy in sy bed gelê het.

“Hulle het toe deur die venster gespring en sy skootrekenaar gesteel. Sy ma het die venster hoor breek en die skoot gehoor toe dit afgaan en kort daarna het Ernst by haar kamer ingekom,” het mnr. Hoon gesê.

Volgens hom is daar drie wonings op die kleinhoewe in Leeuwfontein.

Ernst se grootouers woon in een huis, Ernst en sy ma en suster in die tweede en mnr. Hoon self woon in die derde huis. Hoon en Ernst se ma is geskei.

Toe hy oomblikke ná die skietery op die toneel kom, was sy seun reeds dood. “Dit was erg om hom daar te sien lê. Lewe het nie meer betekenis vir die moordenaars en rowers nie. Ek is baie kwaad.

“Die regering moet iets doen omtrent die misdaad. Dit is besig om hand uit te ruk,” het Hoon gesê.

Hoon het gesê sy seun was ’n gewone tiener. “Die een dag opgewonde en die ander dag het die wêreld hom gedruk.

Tog kon hy baie maklik baie snaaks wees. Hy het dinge baie ernstig opgeneem, veral sy studies en het beplan om in die regte te studeer,” het Hoon gesê.

Ernst se ma en suster was gister te geskok om met Beeld te praat.

Mnr. Deon Grobler, voorsitter van die Gebiedbeskermingsaksie (GBA) in Leeuwfontein, het opnuut ’n beroep op alle inwoners in die gemeenskap gedoen om by hul netwerk aan te sluit.

“Omdat die gesin nie by ons netwerk ingeskakel is nie, het ons te laat gehoor van die aanval. As ons betyds gehoor het, kon ons moontlik die verdagtes aangekeer het,” het Grobler gesê.

Konst. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het berading aan die gesin verskaf.

Hy het gesê die polisie ondersoek ’n saak van gewapende huisroof en moord.

Mense met inligting oor die moord kan die polisie tolvry bel by 10111 of ’n anonieme boodskap SMS na Crime Line by 32211.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/f462904dc6294097be72277d8a0b01d8/06-04-2010-09-59/Seun_sterf_vir_rekenaar
Ons Sal!!!

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Volksmoord
« Antwoord #155 op: April 06, 2010, 10:39:01 PM »
Boere en Boerinne,

Die van julle wat, soos ek, skottel-TV het, het hopelik na Robinson-Regstreeks op Kyknet gekyk.  Freek was in gesprek met Gwenda Matashwe (Of so iets), die kommissaris-generaal van die ANC (of so iets), en verskeie blanke mans in gesprek, en dit het veral oor Malema se liedjie, en plaasmoorde gehandel.

Baie geluk aan die Sekretaris-Generaal van die AWB, wat baie sterk standpunt ingeneem het, en nie geskroom het om openlik vir die ANC-leierskap te se wat aan die gang is, en wat gaan gebeur nie.  Strauss van die NG-Kerk was maar effens.  Flip Buys van Afriforum het ook my hart trots gemaak.

Die boodskap van die ANC was egter wat my bloed laat kook het.  Hulle is definitief opsetlik arrogant en oningelig oor die situasie in die land.  Hulle weier eenvoudig om te erken dat Malema rassehaat aanblaas, en dat die lied nie die moord op boere aanblaas nie.  Dit is seker nie verrassend nie, en kon voorspel gewees het.  Selfs al haal die regses statistieke aan, en wys hulle op die wreedheid van Eugene Terre-blanche se moord, beskou hulle sy moord as een wat spruit uit 'n loongeskil, en nie 'n plaasmoord nie.

As ek so na hom geluister het, was dit duidelik dat hulle nie die situasie gaan beredder nie, dat ons nie van hulle kan verwag om meer gematig op te tree nie, en dat hier groot moeilikheid kom.  Hulle wil moeilikheid he.  Van more af ry ek met 'n vierkleur in my motor se ruit, en ek gaan nou by die AWB aansluit.  Ons moet alles doen om reg te wees.

Sterte boere!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #156 op: April 07, 2010, 11:12:05 AM »
Is die tyd vir praat nie dalk verby nie?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #157 op: April 07, 2010, 01:31:37 PM »
Is die tyd vir praat nie dalk verby nie?
Dit is lankal verby. Ná al die gepraat het ons nog geen tree gevorder nie! Niemand luister nie!!! Ander belowe en doen niks!!!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #158 op: April 12, 2010, 07:26:32 AM »
‘Helfte van my is dood’




Me. Yolandie Pienaar (36) van Kwaggasrand in Pretoria-Wes vertel hoe haar broer, Willie (24), koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius

Virginia Keppler
'n Man van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is eergistermiddag deur drie rowers in sy motor oorval, in die kop geskiet en toe uit die voertuig gegooi.

Die moordenaars het daarna mnr. Willie Pienaar (24) se lyk deurgesoek en sy motorsleutel, selfoon en beursie gesteel.

Die voorval het omstreeks 17:00 reg voor die Kwaggasrand-winkelsentrum plaasgevind nadat Pienaar geld by ’n Absa-kitsbank getrek het. Hy is toe by die winkel in om ’n 2?liter-koeldrank en broodrolletjies te koop.

Me. Yolandie Pienaar (36), Pienaar se suster, het gister huilend vertel dat haar broer pas in sy motor geklim het, toe “een hom om die nek gegryp en in die kop geskiet het”.

“Ek dink nie eens hy het besef wat aangaan nie. Hy het nie kans gehad om homself te verdedig nie. Hulle het daarna sy lyk uit die voertuig gegooi, hom deurgesoek en beroof.”

Sy het vertel dat die moordenaars moontlik van plan was om in haar broer se voertuig weg te jaag, maar dat lede van die gemeenskap op hulle afgestorm het toe hulle gesien het wat gebeur het.

Mev. Ellen Tefu, ’n inwoner van die Cedar Court-woonstelle, het gesê die verdagtes het in twee verskillende rigtings gehardloop met lede van die gemeenskap agterna.

“Twee verdagtes het in ’n taxi geklim waarna mense vir die taxibestuurder geskreeu het die mans het iemand doodgeskiet.

“Die taxibestuurder het dadelik gestop en die verdagtes uit die taxi gegooi waarna die gemeenskap op hulle toegesak het,” het Tefu gesê.

Volgens haar is die derde verdagte in die park agter die winkelsentrum aangekeer.

Die verdagtes is glo aangerand en een het aan sy wonde beswyk.

Tefu het intussen Pienaar se sleutel opgetel, sy voertuig gesluit en emosionele bystand aan sy ma en suster verleen toe hulle op die moordtoneel aangekom het. Sy het ook later die aand saam met die familie gaan bid.

Mnr. Roelof Otto (59), mnr. Pienaar se oom, het gesê Tefu was uitstekend met sy familie.

“Mense van alle rasse en kleure is almal moeg vir misdaad.”

Me. Pienaar het gesê haar broer was die afgelope twee jaar ’n rekenaar-programmeerder by die departement van justisie. “Voor dit het hy twee jaar in Londen gewoon en gewerk. Hy was op sy gelukkigste daar, want hy het veilig gevoel.

“Die Here het die keer een van sy heel mooiste blomme gepluk.

“Dit is asof die helfte van my dood is, want ek het my ma gehelp om hom groot te maak,” het sy huilend vertel.

Volgens Otto is Pienaar se hand ’n maand gelede in die Pretoriase middestad deur ’n rower met ’n mes stukkend gesny toe dié hom van sy selfoon probeer beroof het.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê ’n 30-jarige verdagte is dood en die ander twee verdagtes, 27 en 28 jaar oud, is in ’n ernstige toestand onder polisiebewaking in die hospitaal.

“Die polisie het ook beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie,” het Mavimbela gesê.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Helfte-van-my-is-dood-20100411
Ons Sal!!!

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #159 op: April 12, 2010, 09:03:36 AM »
Ja ek weet nie wie almal fokus gekyk het gestaand. Die Piet auckamp moet in n sloot val en toe gegooi word . Ek dink Visagie en die oomie was in die kol en het n mooi debat gevoer. Hoop die Piet gemors lees die berig.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal