Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

viki

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #160 op: April 12, 2010, 10:13:14 AM »
Van Zyl ek kyk nie tv nie. Vertel my van die debat asb.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #161 op: April 12, 2010, 10:28:28 AM »
Mnr Visagie het basies net gese dat die boer (AWB) is so 100 000 tot 150 000 strerk en groei teen n groot tempo na die naweek. Dit gese nadat daai Piet gemors gese het die AWB is net so 100 na 150 sterk.Piet gemors twyfel ook dat daar eenigsins meer mense sal belangstel in die AWB. Dan het Vesagie ook net bevestig waar voor hulle staan nl EIE regering en eie grond met self beskiking en heerskapy en hulle gun dit ook vir alle ander nasies. Dat die boer noot heerskapy onder enige ander nasie sal aanvaar nie. Die oomie (teologie) se net dat die rasse verskille te groot is en dat mense soos Piet gemors in ontkening is wat weier om te sien dat baie van die moorde rasse diskremenasie van alle kante is. Hy se dat rasissme heers nog in allmal aan al die kante en tot dit nie weg gaan nie sal daar nie vrede wees nie. Piet gemors het later met hom self gedebateer. Wet jou hy het nog nie langs sy eie famielie se oop grafte gestaan nie. Dis maklik om te praat solank iemand anders die prys betaal.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #162 op: April 12, 2010, 10:49:38 AM »
Viki op CARTE BLANCH het hulle die noodgevalle man wat op die toneel eerste was gevra wat het hy gesien. Hy se dat ET se belt net los gemaak was en sy zip afgetrek. Dis al, nie sy broek was afgetrek nie. Daar was ook geen kondoom nie. Wat wel vir hom snaaks was is dat die kamer se deur van buite gesluit was. Daar was ook bloed in die ander kamer en daar is meer as een venster gebreek in die huis. Dit klink vir my hulle was meer as twee en met die moord het van die bloed op een van die satans beland en so in die ander vertreke beland. Dis net my gedagtes.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

viki

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #163 op: April 12, 2010, 11:23:29 AM »
So, dan was ET nie in sy slaap vermoor nie? Daar was dan waarskynlik 'n geveg? ???

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #164 op: April 12, 2010, 12:57:06 PM »
Viki ek weet nie dis net n afleiding wat ek maak. Bloed kan net op twee maniere verskuif . Die persoon self wat beweeg of die aanvalers wat dit verskuif op verskeie maniere.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #165 op: April 13, 2010, 12:59:09 AM »
‘Ek het seer, té seer’

Mnr. Everard Buy (27) gister by sy ouerhuis in Centurion waar sy pa, mnr. Dave Buy, vermoor is.


‘Ek het seer, ek het té seer. Ek kan nie meer aangaan nie,” het ’n misdaadslagoffer gister in Clubview, Centurion, aan sy vrou geprewel. Toe is hy dood.

Mnr. Dave Buy (59), ’n pensioentrekker-sakeman is gister omstreeks 08:30 in die agterplaas van sy huis in die Cormorandt-veiligheidskompleks dood terwyl sy seun en ’n paramedikus sy lewe probeer red het.

Sy vrou, Adreen, was ook by.

Die egpaar en mev. Buy se ma, mev. Kysie Bruyns (80), woon skaars twee maande lank in dié huis.

Buy is vermoedelik net ná 08:00 deur twee jong mans oorval terwyl hy op pad was na sy motorhuis. Hy het oudergewoonte sy vrou in die huis gegroet en die voordeur en -hek agter hom gesluit.

Hy was op pad na twee van sy slag-huise.

Dié slaghuise is in GaRankuwa, noord van Pretoria, en Hebron, wes van Soshanguve. Buy het dit ná sy aftrede as tegnikus by Denel begin bedryf.

Hy is deur die twee mans oorval en twee keer in die skouer en een keer in die bors geskiet.

Volgens mnr. Quinten Buy (26), Buy se jongste seun wat kort voor 08:30 ná ’n noodoproep van sy ma by sy ouerhuis aangekom het, het een van die twee aanvallers ’n vuurwapen gehad en sy pa tydens ’n struweling voor die motorhuis geskiet.

’n Buurvrou het dié drie skote gehoor en onmiddellik haar huisalarm geaktiveer wat die aanvallers met leë hande op die vlug laat slaan het.

’n Gewonde Buy het toe om die huis gehardloop en in sy agterplaas op ’n klein grasperkie inmekaargesak.

“Ek was by die werk toe my ma my bel en sê ek moet dadelik huis toe kom.

“Ek het nie geweet waarom nie, maar halfpad het ek my ouma gebel en toe sê sy net my pa is geskiet en dit is baie ernstig,” het Buy jr. gesê.

Bruyns het in die kombuis gestaan en deur die venster die aanval op haar skoonseun gesien.

Volgens Buy jr. was sy pa se buurvrou, ’n paramedikus, eerste op die toneel en toe hy daar aankom het sy hom dadelik geroep om haar met hartmassering te help.

“Hou net aan, hou net aan, hou net aan,” het sy aan hom gesê terwyl hulle albei noodbehandeling op Buy uitgevoer het.

“Maar dit het niks gehelp nie, hy is net daar op die gras dood. Hy het aan my ma gesê hy het te seer, hy kan nie aangaan nie,” het Buy jr. gesê.

Kapt. Agnus Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het die voorval bevestig.

Sy het gesê danksy Bruyns se goeie beskrywing van die mans is die twee verdagtes kort ná die voorval sowat 1km van die toneel af met ’n ongelisensieerde vuurwapen betrap en gearresteer.

Na verneem word soek die polisie na nog twee aanvallers.

Meer as 20 ongebruikte patrone is voor die motorhuis gevind.

Die twee verdagtes sal môre in die Pretoriase landdroshof verskyn.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-het-seer-t%C3%A9-seer-20100412
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #166 op: April 14, 2010, 01:32:49 PM »
Oud-brandweerhoof op kleinhoewe vermoor

2010-04-14 11:12

Wolfram Zwecker

’n Oud-brandweerhoof van Nigel, mnr. Gert Pretorius (67), is gisteroggend voor ’n skuur op sy kleinhoewe by Holgatfontein doodgeskiet in die eerste plaasmoord in ’n lang tyd aan die Oos-Rand.

Die vermeende aanvaller, een van sy hoewewerkers, het daarna van sy eiendom uit sy kamer naby die agterdeur van Pretorius se hoewehuis gevat en met Pretorius se bakkie gevlug.

Volgens ao. Madelein von Wielligh, woordvoerder van die Nigel-polisie, het die aanvaller omstreeks 09:00 gisteroggend die kombuis binnegekom waar mev. Anet Pretorius, die slagoffer se vrou, besig was om die verdagte se weekoue baba se winde uit te vryf.

“Hy het haar met ’n vuurwapen gedreig en die sleutel vir die kluis geëis. Sy het dit nie by haar gehad nie en hy het haar aangerand en vasgebind,” het Von Wielligh gesê.

Die aanvaller het toe blykbaar met ’n hoekslyper die kluis oopgesny en ’n vuurwapen en juwele gevat.

Hy is daarna uit die huis uit, vermoedelik om Pretorius te gaan soek wat besig was om voer vir sy varke by die skuur af laai. Dit is nie bekend wat presies dáár gebeur het nie, maar mev. Pretorius, wat haar kon loswikkel en haar man gaan soek het, het hom by die skuur aangetref.

Hy is op ’n kort afstand regs bo in sy bors geskiet. Die polisie is omstreeks 11:00 van die aanval verwittig.

Pretorius was meer as 35 jaar aan die brandweer en nooddienste van Nigel verbonde. Hy het die laaste sowat 12 jaar op sy hoewe, 10 km buite Nigel, geboer.

Die verdagte is nog soek. Hy het met Pretorius se rooi Mazda Drifter-bakkie (registrasienommer FYS 379 GP) gevlug.

Die baba en sy ma het vermoedelik saam met die verdagte verdwyn.



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Oudbrandweerhoof-op-kleinhoewe-vermoor-20100414
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #167 op: April 16, 2010, 10:39:08 AM »
Houtbaai-man (23) in huis doodgeslaan

2010-04-16 10:15

Kaapstad – ‘n 23-jarige man is na bewering deur twee inbrekers doodgeslaan by sy pa se huis in Saddlers Close, Houtbaai, het die polisie Vrydag gesê.

Volgens ao. Tanya Lesch, polisiewoordvoerder, is Conrad Griss omstreeks 02:00 in die huis aangeval.

“Volgens Griss se pa het hy wakker geword van die honde wat blaf en sy seun wat om hulp geroep het,” het Lesch gesê.

“Die pa het ondersoek ingestel en op sy seun afgekom wat sy bebloede gesig vasgehou het.”

Na bewering het Griss die twee verdagtes met ‘n ’n korrelgeweer (pellet gun) genader toe hulle hom met ‘n hamer begin slaan het. Die mans het glo deur ‘n venster geklim en op die vlug geslaan.

Daar is nog nie duidelikheid of iets uit die huis gesteel is nie.

Paramedici het na Griss omgesien op die toneel, maar hy het later aan sy beserings beswyk.

- Sapa


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Houtbaaiman-%2823%29-in-huis-doodgeslaan-20100416
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #168 op: April 19, 2010, 10:40:20 AM »

Man doodgeslaan op hoewe; vrou verkrag

2010-04-18 22:27

Sapa

’n Man is doodgeslaan, sy vrou herhaaldelik verkrag en hul vierjarige dogtertjie erg aangerand toe sowat 15 mans by hul huis op hul kleinhoewe in Dalmada buite Polo­kwane (Pietersburg) ingebreek het.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het die mans eergister omstreeks 03:30 by die gesin se huis ingebreek.

Hulle het die 40-jarige man vasgebind en hom doodgeslaan voordat vyf van hulle sy vrou verkrag het.

Daarna het hulle die kind aangerand.

Volgens Ngoepe is die motief vir die voorval onbekend. Niks is uit die huis gevat nie.

Hy het gesê die vrou en haar dogtertjie is na ’n nabygeleë hospitaal geneem nadat mense van die omgewing die polisie van die voorval in kennis gestel het.

Ngoepe het gesê die vrou was “te getraumatiseer” om ’n verklaring aan die polisie te gee.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om 10111 te skakel.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-doodgeslaan-op-hoewe-vrou-verkrag-20100418
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #169 op: April 19, 2010, 10:44:06 AM »

Man (60) dood in spruit gekry nadat hy verdwyn

2010-04-16 23:25

Sonja van Buul en Johan Brits

Sasolburg – ’n Man van dié dorp se lyk is gisteraand naby Parys gekry nadat hy Dinsdagoggend verdwyn het.

Mnr. Johannes Jacobus Hendrikus Coetzee (60) het minstens een steekwond gehad. Hy is teen skemer in ’n modderige spruitjie net buite Parys gekry, het ’n ingeligte na aan die ondersoek gesê.

Die polisie het hom gevind nadat hulle ’n leidraad opgevolg het.

Coetzee het vermis geraak nadat hy sy huis Dinsdagoggend verlaat het vermoedelik om sake in die dorp te gaan afhandel.

Luidens bankrekords is verskeie transaksies sedertdien op verskillende dorpe gedoen, waaronder by die Vaal Mall in Vanderbijlpark.

In ’n desperate poging om hom op te spoor, het Coetzee se vrou, Elmien (59), en mnr. Kobus Coetzee (24), sy seun, sy bankrekords nagespeur wat die transaksies wys.

Die Coetzee-gesin se tuinwerker was die laaste persoon wat hom Dinsdag gesien het, het me. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, gesê.

“Coetzee is omstreeks 09:00 by sy huis weg. Volgens die tuinwerker het hy gesê hy ry, maar kom nou weer terug.”

Sy familie het hom verskeie kere op sy selfoon probeer bel, maar dit was heeltyd afgeskakel.

’n Lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-%2860%29-dood-in-spruit-gekry-nadat-hy-verdwyn-20100416
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

viki

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #170 op: April 20, 2010, 10:03:07 AM »
Ek hoor nou net op IFM102.2 radio in Vdbpark area op die nuus van 2 voorvale
 1)'n Vrou en haar kinders wat doodgebrand het in haar houthuis - dis van buite gesluit en aan die brand gesteek. Daar is op mense geskiet wat haar probeer help het. Noggal kliber patrone wat die SAP nie eers kon identifeseer nie.
2) 'n man wat met 'n stomp voowerp dood geslaan is sy vrou gegroep verkrag is en hul 3jarige dogtertjie geslaan is toe sy begin huil.

Ek sit by die werk met trane vlak in my oë. Hoeveel moet mens nog vat?

As die dinge voortduur is ek bang ek gaan myself nie meer kan beheer nie.
Ek weet hul is daarop uit om ons te tart, ek kan nie meer nie.
Almagtige Vader help ons!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #171 op: April 20, 2010, 10:15:08 AM »
Viki

Jy praat van die volgende berigte:

Dit blyk egter dat niemand in die brand voorval dood is nie.  Dat die motief moord was, is egter onbetwyfelbaar:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Huis-met-ma-kinders-in-aan-brand-gesteek-20100419

Dit lyk nie of die name van die vermoorde man en verkragte vrou bekend gemaak is nie:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-doodgeslaan-op-hoewe-vrou-verkrag-20100418

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisielede-kry-berading-n%C3%A1-erge-aanval-op-egpaar-kind-20100419

Natuurlik weet enige denkende mens dat die motief vir hierdie aanvalle, verkragtings en moorde VOLKSMOORD is.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

viki

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #172 op: April 20, 2010, 10:43:19 AM »
Dankie Werner

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #173 op: April 20, 2010, 06:12:59 PM »
Viki.Al wat ek kan se is dat die bloed van die onskuldige en die kinders van GOD sal opstapel as getuienis teen die ongelowige en GOD lasterik mense. Ons VADER moet die onheilige en bloed dorstige mens ook die kans gee om te bekeer en sy wee om te draai en Hy alleen bepaal waar die lyn getrek is.Ons moet net sorg dat ons saak reg is en dat ons nie hulle versoek nie. Dan moet ons ook voorbery vir wat ook al.Onthou dat wanneer die VADER red is dit altyd in so n situasie dat die mens nie kan se ons het dit uit ons eie krag gedoen nie.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #174 op: April 21, 2010, 09:40:34 AM »
Pa hoor dogter se hulpkrete voor moord (EN VERKRAGTING)

2010-04-21 07:31

Stellenbosch - ’n Pa het gehoor hoe sy 16-jarige dogter ’n paar meter van die huis om hulp roep kort voordat haar aanvaller haar glo verkrag en daarna vermoor het.

Alicia Muller van die plaas Morning Glory buite Villiersdorp is Maandagoggend vroeg in ’n boord op dié plaas oorval en doodgemaak. Sy is vermoedelik eers verkrag en daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.

Ao. Sylvester de Long, ’n polisiewoordvoerder van Villiersdorp, het gesê dié gr. 10-leerder was alleen op pad na die punt van die boord waar die skoolbus die plaaskinders oplaai.

De Long het gesê die slagoffer se ouers het haar omstreeks 06:45 hoor skreeu. Haar pa – wie se naam nie aan die polisie bekend is nie – het dadelik gaan ondersoek instel. Hy het op die skoktoneel afgekom waar ’n man bo-op Alicia gesit het.

“Die man het skielik opgespring en die slagoffer se pa met ’n mes aangeval. Die pa het daarin geslaag om weg te kom en het gaan hulp soek,” het De Long gesê.

Nadat Alicia se pa met ander plaaswerkers na die toneel teruggekeer het, is haar lyk in ’n ravyn langs ’n rivier gevind. Daar was verskeie steekwonde in haar bors. Die aanvaller het toe reeds gevlug.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, het De Long gesê.

Die polisie glo Aäron Setona (ongeveer 25 jaar oud), ook bekend as Papie en ’n buurman van die oorledene, kan hulle in die ondersoek van die saak help.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat weet waar Setona is, moet speurkonst. Hendré Baardman by 079 893 9915 of 028 840 8019 bel.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Pa-hoor-dogter-se-hulpkrete-voor-moord-20100421
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #175 op: May 03, 2010, 09:38:21 AM »
Rowers vermoor man by kind


2010-04-29 00:06



Me. Yolande Barnard (links) word buite die hoewe waar haar vriendin se man, mnr. Dirk Human, vermoor is deur me. Vanessa Galanakis, ’n lid van die gemeenskap, vertroos.

Hilda Fourie

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.

Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.

Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand vasgehou en hom gesmeek om by te kom.

Mnr. Dirk Human (41) het egter op die toneel gesterf.

Sy vrou, Yolanda, was ná die gebeure te getraumatiseerd om met Beeld te praat. Sy kon ook nie ’n verklaring by die polisie aflê nie.

Terwyl gemeenskaps- en polisielede buite die huis op die hoewe in Mooiplaats, in die Boschkop-omgewing, gestaan het, het me. Yolande Barnard, ’n vriendin van die Human-egpaar, daar aangekom. Sy het ineengestort en in trane uitgebars toe die nuus oor Human se dood aan haar oorgedra is.
Barnard het drie nagte gelede by die egpaar oornag.

Gisteroggend se aanval op Human is uitgevoer minder as 24 uur nadat byna 300 gemeenskapslede eergister saam met lede van die plaaslike polisiekantoor deelgeneem het aan ’n teenmisdaad-operasie.

Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal mans het toegang tot Human se erf gekry. Hulle het die huishulp in haar kamer toegesluit en Human in die huis aangehou.

Verskeie skote is geskiet in ’n struweling tussen hom en die rowers. Hul ondersoek moet nog bepaal wie die skote geskiet het.

Dit is nie duidelik of Human getref is nie en die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word, het Stoltz gesê.

Beeld het verneem Human is ook met ’n skerp voorwerp in die gesig gesteek, maar Stoltz kon dit nie bevestig nie.

Mnr. Johan van Wyk, ’n inwoner van dié gebied wat een van die eerste mense op die toneel was, het gesê Human se buurvrou het die huishulp, me. Lettie Lebina, se gille gehoor en omstreeks 07:20 gemeenskapslede op die burgerbandradio in kennis gestel dat iets fout is.

Mev. Human en hul ander seun (8) het die huis omstreeks 06:50 verlaat.

Volgens Lebina het sy, terwyl sy in haar kamer toegesluit was, net ’n “geraas” gehoor en iemand wat skree: “Skiet, skiet, skiet”.

Toe Van Wyk en nog twee buurtwaglede by die huis stilhou, het Lebina vir hulle geskree die kind is in die huis. “Ons het in die huis ingeloop en die seuntjie in die hoofslaapkamer gekry waar hy rustig in sy bababedjie gestaan het,” het Van Wyk gesê.

“Hy het nie gehuil nie. Ons het sy pa in die aantrekkamer sien lê. Sy pa was nét buite sy sig. Sy hande was met skoenveters vasgebind en sy kop het in die kas gelê. Daar was baie bloed.

“Ons het met mond-tot-mond-asemhaling begin en gedoen wat ons kon totdat die paramedici opgedaag het.”

Twee weke voordat Human vermoor is, het iemand ook probeer om by sy huis in te breek.

Hy kon dit nie by die Boschkop-polisiekantoor aanmeld nie omdat dié glo gesluit was, het Van Wyk beweer. Die huis is minder as 200 m van dié polisiekantoor af.

Stoltz het by navraag gesê ’n polisiekantoor mag nie gesluit wees nie. Volgens haar kon die deur toe gewees het weens die koue en het beamptes moontlik in die kantoor agter in die aanklagkantoor gesit, maar daar is altyd mense.

Human se Colt-bakkie wat geroof is, is ’n paar uur ná die voorval verlate deur lede van die Pretoria-blitspatrollie in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, gekry.
’n Saak van moord en huisroof word deur die Bronkhorstspruit-trio-taakspan ondersoek.

    * hfourie1@beeld.com


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-vermoor-man-by-kind-20100428
« Laaste verandering : May 03, 2010, 09:40:58 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig nagwag777

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 143
Re: Volksmoord
« Antwoord #176 op: May 03, 2010, 10:34:19 AM »
Passievol oor Afrikaans

viki

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #177 op: May 03, 2010, 11:00:22 AM »
Ek het vanoggend die e-pos gekry.
ESubject: Re Volksmoord.


> Genocide Watch threatens to raise Boer-Genocide Alert to Level 6 - preparation for Genocide:
>
> I expect Dr Gregory Stanton to soon make the announcement from the USA that his organization Genocide Watch now views the Boer population of South Africa as being targetted by a 'preparation for genocide'(level 6).
>
> At this stage his organisation would call on the international community to provide direct help to the 'endangered minority' by providing sustenance and self-defence weaponry and safe places/safety corridors in which the endangered population could still be saved from all out genocidal attacks (stage 7).
>
> One of his definitions for Stage Six is that the minority is 'increasingly forced into marginalised land where they are allowed to starve to death'.
>
> That's exactly what is ALSO happening with the Boers besides the very violent attacks they have to endure - more than 700,000 of the 3-million Afrikaner/Boers now live on marginal sites in little tuckedaway squatter camps, terrified of attacks and moreover being constnatly denied food-aid from the ANC-officials who recently refused food-stamps under the excuse that 'it is racist to feed starving whites' (statement by Helpende Hand charity helpendehand.co.za ) These Afrikaners are 'poor and homeless' ONLY because they are whites, and being denied access to the entire job market under a plethora of laws passed by the ANC since 1994.
>
> Dirk Hermann of Solidarity trade union said in an exclusive news report on their radio solidariteitradio.co.za that they were warned by Dr Greg Stanton, founder of Genocide Watch, now a professor at George Masion University in the USA - that if Malema continues singing the song "Shoot the Boer' his organisation will raise its present Genocide Alert level for the ongoing Boer Genocide from level 5 (polarization) to level 6 (preparation)
>
> Stanton also told Hermann that 'the singing of this song and the fact that Pres. Jacob Zuma does not disclipline Malema or have him charged, is worsening the situation in South Africa".
>
>

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #178 op: May 03, 2010, 11:27:35 AM »
Hoe lank gaan dit neem om tot die besef te kom dat kruisies trek nie help nie?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #179 op: May 03, 2010, 11:45:01 AM »
Watter rol gaan die moontlike optrede van die Amerikaanse Genocide Watch speel rondom die VVK en alles waarvoor ons ons beywer?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal