Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #180 op: May 03, 2010, 12:14:50 PM »
Kan iemand my se wat is die nuutste getalle vir boer en die algemene blanke moord syfer is tot op hede. Ek dink almal weet min of meer wat dit was met oom eugene. Wat is dit nou.

Ek wil net die tempo bepaal waarteen ons blankes gemoor word dat ek vir my seun kan se hoeveel tyd hy oor het . Dan ook vir al ons res wat kruisies will trek en gis en gons en volkstaate wil stig en klubs.

Moet my nie verkeerd verstaan nie baie van dit is werkbaar en baie goeie idees en ek stem saam met baie van die gedagtes.

Is daar nie iemand met politieke verbintenis met ander goedgesinde lande sodat ons finansiering kan kry vir van die voorgestelde projekte soos bv "die klub idee". Dalk kan die verkenners of vvk ens iemand afvaardig om so iets te bemark.

Al wat ek se is kom ons beveilig eers ons mense en eers as ons in die syfers kan sien ons slaag daarin dan kan ons verder gaan.           
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

ML

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #181 op: May 03, 2010, 12:37:51 PM »
Sjoe ek weet nie, is dit net ek of draai die wiel hopeloos te stadig?  Hy draai wel dit kan ons almal die afgelope tyd sien maar wat kan ons ekstra doen behalwe ons self beveilig?

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #182 op: May 04, 2010, 12:02:43 AM »
Ek klassifiseer hom nou nie eintlik as een van my volk nie, maar ek weet nie waar anders om dit te plaas nie...

Lolly Jackson vermoor
2010-05-03 23:11

Kaapstad - Lolly Jackson, eienaar van die ontkleeklub Teazers, is Maandagaand vermoor, het die Ekurhuleni-polisie gesê.

Die sosiale netwerk Twitter is ook aan die gons oor dié nuus.

Iemand het glo die polisie gebel en gesê dat hy Jackson geskiet het.

Die polisie het na die Teazers-baas se huis gegaan en sy lyk met talle skietwonde gekry.

Niemand is sover in hegtenis geneem nie.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Lolly-Jackson-vermoor-20100503
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #183 op: May 04, 2010, 04:17:15 AM »
3 Maart 2010

Johannesburg - Polisiebeamptes van die Johannesburgse georganiseerde misdaadeenheid het glo 'n vervalste lasbrief gebruik om Lolly Jackson agter tralies te sit.

Die lasbrief wat in die Johannesburgse landdroshof ingedien is, toon dat die dokument op 8 Februarie uitgereik is vir 'n oortreding wat op 16 Oktober 2010 gepleeg is. Dié lasbrief is ook nie gemagtig of deur 'n hooflanddros geteken nie.

Die Teazers-baas was vir twee dae in die tronk opgesluit met verdagtes wat vir gewelddadige misdade aangekla is.

Die probleme met die lasbrief is vasgestel kort voor hooflanddros A Pieterson Maandag borgtog van R5 000 aan Jackson toegestaan het.

Die 53-jarige Jackson staan tereg op aanklag van poging tot ontvoering, afpersing, intimidasie en crimen injuria.

Die aanklag van bedrog gaan moontlik teen die betrokke polisiebeamptes gelas word.

Jackson moet op 6 April weer in die hof verskyn.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #184 op: May 12, 2010, 08:49:14 PM »
Bejaarde man (74) van Upington Dinsdag vermoor. Die bure het eers vandag op mnr. Carel van Zyl se lyk en sy erg aangerande vrou afgekom.

Die tannie is in 'n ernstige toestand in die Upington-Medi-Clinic opgeneem nadat sy meer as 'n dag op die vloer in die koue deurgebring het.

Ek het nog nie meer inligting nie, dit behoort môre in die koerant te wees.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #185 op: May 14, 2010, 10:12:11 AM »
Dankie vir die wenk Karina!!!

Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand

2010-05-13 00:37

UPINGTON

Op die dag wat ’n bejaarde man van Florapark, Upington, sy 74ste verjaardag sou gevier het, is sy lyk gister deur kuiergaste in sy huis gekry nadat hy vermoedelik reeds Dinsdag helder oordag vermoor is.

Sy erg beseerde vrou is in ’n kritieke toestand in die Medi-Clinic hier nadat hulle in hul huis oorval en erg aangerand is.

Mnr. Carel van Zyl is weens hoofsaaklik hoofbeserings dood. Mev. Van Zyl (70) het ook ernstige hoofbeserings opgedoen. Hulle is deur kuiergaste gekry wat Van Zyl met sy verjaardag wou kom gelukwens.

Wasgoed wat mev. Van Zyl Dinsdagoggend gewas het, het gistermiddag nog aan die wasgoeddraad gehang.

Geskokte bure wat van die werk teruggekom het, het laatmiddag stadig voor die huis verbygery.

Oorkant die huis het polisielede na leidrade in die veld gesoek.

Kol. De Witt Botha van die polisie se afdeling georganiseerde misdaad het gister op die toneel gesê die aanval was vermoedelik Dinsdagmiddag laat. Die aanvallers het nie geforseerde toegang tot die huis gekry nie.

Die patologiese ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Hy sê tot dusver is daar nog geen leidrade nie. Klagte van moord, poging tot moord en inbraak word ondersoek. ’n DVD-speler en los goedere is uit die huis gesteel.

Mnr. Van Zyl is in die gastebadkamer gekry, en sy vrou op ’n matjie in die badkamer by hul slaapkamer.

’n Geskokte buurvrou en vriendin van die Van Zyl-egpaar, mev. Max van Rensburg, het aan Volksblad vertel mev. Van Zyl het Maandagmiddag by haar gekuier. Sy het toe gesê sy wil Dinsdagoggend wasgoed was.

“Sy het altyd vroegoggend klere gewas. Sy het vanoggend (gister) ’n haarafspraak gehad. Toe dit gisteroggend stil by hul huis was, het ek gedink sy is reeds weg vir die afspraak.

“Ons het juis Maandag oor die veiligheidskwessie gesels,” het sy gesê.

’n Hartseer Van Rensburg het vertel die Van Zyls het in Desember haar en haar man, Tokkie, se tuin versorg toe hulle gaan toer het. “Ons was baie goeie vriende.”

Die twee egpare was sowat vier jaar lank bure, nadat die Van Rensburgs hier kom woon het. Die Van Zyls het heelwat langer hier gewoon.

Sy sê sy en haar man het uitgevind wat gebeur het toe hulle uit hul huis gestap het om vir die Van Zyls te gaan kuier. Mev. Van Zyl het gesê sy sal koek gereed hê as hulle mnr. Van Zyl wil kom gelukwens.

Sy sê die egpaar se seun, Louis, woon in Pretoria, en hul dogter, wie se naam sy nie ken nie, in Namibië. Hulle is reeds in kennis gestel.

De Witt het versoek dat enigiemand met moontlike inligting wat in die ondersoek gebruik kan word, ao. Boer Muller van die afdeling teen georganiseerde misdaad moet bel. Sy nommer is 082-464-9591.

- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-Upingtonner-vermoor-vrou-aangerand-20100513
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #186 op: May 15, 2010, 07:05:56 PM »
‘Skiet die Boer’ lei tot skend van graf
2010-05-15 09:56

Marietie Louw-Carstens, Beeld

Phalaborwa. – Die vier jong mans van hier wat van hoogverraad en terrorisme beskuldig word, het glo geen bande met regse organisasies nie.

Die landdroshof in dié dorp het Vrydag gehoor hulle het opgetree weens Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, se gewraakte “skiet die Boer”-uitlatings verlede maand.

George Kiratizidis (21) en Marthinus Christopher Vorster (19) het Vrydag tydens hul borgtogaansoeke erken hulle het die graf van Norman Mashabane, voormalige ambassadeur in Indonesië, in die dorp geskend.

Hulle hou egter vol hulle is onskuldig op alle ander aanklagte.

Albei mans het om verskoning gevra vir die grafskending.

”Ons was kwaad vir die ANC en Julius Malema oor sy uitlatings en het gepraat oor hoe ons onsself sal verdedig indien ’n burgeroorlog uitbreek,” het Kiratizidis in ’n verklaring, wat deur sy regsverteenwoordigers aan die hof voorgelees is, gesê.

Vorster het in ’n verklaring gesê hulle het “baie gedrink en toe ’n belaglike voorstel om Mashabane se graf te skend”, deurgevoer.

Vorster was verlede jaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Frans du Toit in die dorp. Ruan Rufus Louw (22) se borgtogaansoek sal Woensdag aangehoor word.

André Stroh (21) is op borgtog van R3 000 vrygelaat nadat adv. Shaun Abrahams SC van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) alle aanklagte, behalwe dié van die besit van onwettige ammunisie, teen hom teruggetrek het.

Die aanklagte waarop die mans teregstaan, wissel van terrorisme, die besit van plofstof, die vervaardiging van plofstof, die onwettige besit van ammunisie en grafskending.

Luidens die klagstaat is sewe pypbomme en ’n groot klomp ammunisie, waaronder ’n 9 mm-pistool en patrone vir AK47-, R5- en R1-aanvalsgewere, by die mans gekry.

Luidens Kiratizidis en Vorster se verklarings het die polisie, kort nadat hulle in hegtenis geneem is, hulle gevra of hulle aan die AWB, Boeremag of Suidlanders behoort.

Albei mans het dit ontken.

Kiratizidis en Vorster beweer hulle is deur die polisie aangerand.

’n Mediese verslag is ingedien wat sê Vorster se linkeroortrom het gebars weens ’n vermoedelik harde hou wat hy teen die oor gekry het.

’n Sielkundige verslag is ook ingedien waarin bevind is hy is op “die rand” van psigose en kan moontlik selfmoord pleeg. Hy het Vrydag met ’n Bybel in sy hand in die beskuldigdebank gestaan.

Stroh, wat op 30 April in hegtenis geneem is, is in die Dendron-polisieselle aangehou. Hy beweer polisielede het hom op 2 Mei op pad na Polo-kwane vir ondervraging glo in die gesig en maag geslaan.

’n Pistool is glo langs sy kop gedruk. ’n Mediese verslag is ingedien wat sê Stroh is gesodomiseer. Hy gebruik tans anti-retrovirale middels in die vrees dat hy MIV/vigs opgedoen het.

“Hy is gesodomiseer deur ’n man genaamd Joe Black,” lui die verklaring. Kiratizidis het gevra om op borgtog vrygelaat te word omdat hy glo bilharzia het.

Sowat 300 lede van die ANC en ANC-jeugliga het buite die hof betoog en plakkate rondgeswaai met “War” opgeskryf.

Francois Vos (36) en Stroh moet weer op 25 Junie in die hof verskyn.

Die saak teen Albertus Kruger (22) en Hendrik Venter (21) is verlede week teruggetrek.

Kiratizidis, Vorster en Louw bly in aanhouding tot Woensdag wanneer hul borgtogaansoeke hervat word.

HIER MOET N ONDERSOEK NA POLISIE-OPTREDE GEEIS WORD!
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #187 op: May 16, 2010, 12:11:50 PM »
Liewe hemel, hierdie optrede is ONAANVAARBAAR en barbaars, onmenslik en onChristelik!!

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Volksmoord
« Antwoord #188 op: May 16, 2010, 02:20:32 PM »
...
HIER MOET N ONDERSOEK NA POLISIE-OPTREDE GEEIS WORD!
Watter kanale kan gevolg word?

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Volksmoord
« Antwoord #189 op: May 16, 2010, 04:51:17 PM »
Interessant hoe die regering aan die hand van sg. "regse komplotte" die media effektiewelik ge(mis)bruik om antagonisme jeens blankes by die massas aan te blaas.

Die media laat hulle ook gerieflik ge(mis)bruik.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #190 op: May 16, 2010, 04:54:04 PM »
Boer in Potch vermoor

Johannesburg – Drie mans is Sondag in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 40-jarige boer in Potchefstroom, het die polisie gesê.

Volgens lt. kol. Lesego Metsi is Johannes Strydom Saterdag omstreeks 13:00 by die hek van sy plaas, Naderfontein, aangeval.

Die verdagte het Strydom met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan en sy lyk na die motorhuis gesleep. Die verdagte het ‘n Mazda bakkie, selfoon en beursie gevat en gevlug, het Metsi gesê.

Volgens Metsi is die verlate motor in Potchefstroom gevind.

‘n Man (21) is Sondag by ‘n naburige plaas in hegtenis geneem. Hy het die polisie na twee ander mans gelei wat die beursie en selfoon gehad het, het Metsi gesê.

Die drie mans verskyn Maandag in die landdroshof in Potchefstroom.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-in-Potch-vermoor-20100516
« Laaste verandering : May 17, 2010, 12:50:36 PM deur André Strydom »
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #191 op: May 17, 2010, 09:31:47 AM »

From: Crooks Amelda - Colonel <crooksa@saps.org.za>
Date: Mon, 17 May 2010 09:11:14 +0200
Subject: Investigation of unnecessary police brutality
To: Complaints Investigations <complaints.invest@saps.org.za>
Cc: smaartens@gmail.com

To: Complaints Investigations

Find complaint for your handling as received from Mr Maartens.

Regards

Amelda Crooks  COLONEL

NATIONAL DEPUTY INFORMATION OFFICER

SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE

TEL: 012 393 2606 / +27 12 393 2606

FAX: 012 393 2156 / +27 12 393 2156

________________________________

From: Sanderis Maartens [mailto:smaartens@gmail.com]
Sent: Sunday, May 16, 2010 4:05 PM
To: Crooks Amelda - Colonel
Cc: Mathe Temba - National Secretary
Subject: Investigation of unnecessary police brutality

‘Skiet die Boer’ lei tot skend van graf
2010-05-15 09:56

Marietie Louw-Carstens, Beeld

Phalaborwa. – Die vier jong mans van hier wat van hoogverraad en terrorisme beskuldig word, het glo geen bande met regse organisasies nie.

Die landdroshof in dié dorp het Vrydag gehoor hulle het opgetree weens Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, se gewraakte “skiet die Boer”-uitlatings verlede maand.

George Kiratizidis (21) en Marthinus Christopher Vorster (19) het Vrydag tydens hul borgtogaansoeke erken hulle het die graf van Norman Mashabane, voormalige ambassadeur in Indonesië, in die dorp geskend.

Hulle hou egter vol hulle is onskuldig op alle ander aanklagte.

Albei mans het om verskoning gevra vir die grafskending.

”Ons was kwaad vir die ANC en Julius Malema oor sy uitlatings en het gepraat oor hoe ons onsself sal verdedig indien ’n burgeroorlog uitbreek,” het Kiratizidis in ’n verklaring, wat deur sy regsverteenwoordigers aan die hof voorgelees is, gesê.

Vorster het in ’n verklaring gesê hulle het “baie gedrink en toe ’n belaglike voorstel om Mashabane se graf te skend”, deurgevoer.

Vorster was verlede jaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Frans du Toit in die dorp. Ruan Rufus Louw (22) se borgtogaansoek sal Woensdag aangehoor word.

André Stroh (21) is op borgtog van R3 000 vrygelaat nadat adv. Shaun Abrahams SC van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) alle aanklagte, behalwe dié van die besit van onwettige ammunisie, teen hom teruggetrek het.

Die aanklagte waarop die mans teregstaan, wissel van terrorisme, die besit van plofstof, die vervaardiging van plofstof, die onwettige besit van ammunisie en grafskending.

Luidens die klagstaat is sewe pypbomme en ’n groot klomp ammunisie, waaronder ’n 9 mm-pistool en patrone vir AK47-, R5- en R1-aanvalsgewere, by die mans gekry.

Luidens Kiratizidis en Vorster se verklarings het die polisie, kort nadat hulle in hegtenis geneem is, hulle gevra of hulle aan die AWB, Boeremag of Suidlanders behoort.

Albei mans het dit ontken.

Kiratizidis en Vorster beweer hulle is deur die polisie aangerand.

’n Mediese verslag is ingedien wat sê Vorster se linkeroortrom het gebars weens ’n vermoedelik harde hou wat hy teen die oor gekry het.

’n Sielkundige verslag is ook ingedien waarin bevind is hy is op “die rand” van psigose en kan moontlik selfmoord pleeg. Hy het Vrydag met ’n Bybel in sy hand in die beskuldigdebank gestaan.

Stroh, wat op 30 April in hegtenis geneem is, is in die Dendron-polisieselle aangehou. Hy beweer polisielede het hom op 2 Mei op pad na Polo-kwane vir ondervraging glo in die gesig en maag geslaan.

’n Pistool is glo langs sy kop gedruk.
’n Mediese verslag is ingedien wat sê Stroh is gesodomiseer. Hy gebruik tans anti-retrovirale middels in die vrees dat hy MIV/vigs opgedoen het.

“Hy is gesodomiseer deur ’n man genaamd Joe Black,” lui die verklaring. Kiratizidis het gevra om op borgtog vrygelaat te word omdat hy glo bilharzia het.

Sowat 300 lede van die ANC en ANC-jeugliga het buite die hof betoog en plakkate rondgeswaai met “War” opgeskryf.

Francois Vos (36) en Stroh moet weer op 25 Junie in die hof verskyn.

Die saak teen Albertus Kruger (22) en Hendrik Venter (21) is verlede week teruggetrek.

Kiratizidis, Vorster en Louw bly in aanhouding tot Woensdag wanneer hul borgtogaansoeke hervat word.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #192 op: May 17, 2010, 12:09:52 PM »
Mooi Sanderis!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #193 op: May 17, 2010, 01:46:51 PM »
Sanderis, jy verdien'n pluimpie vir die een. Laat weet ons of daar iets van kom en wat die "Complaints Investigation" daaraan/mee gaan maak.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #194 op: May 17, 2010, 05:52:00 PM »
Dankie Sanderis.

Hierdie tipe van ding sal nie geduld word nie, en die boodskap moet uitgedra word dat toekomstige samewerking met die SAP hierdeur in gedrang gebring word.

Laat weet as ons moet help om op te volg.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #195 op: May 17, 2010, 06:55:00 PM »
Dankie , ek maak so . In uitsonderlike gevalle hoor ek weer van hulle en miskien eers maande later . Ek dink egter ek moet druk op hulle plaas .
Al wie skerp is , is dié dame , Kol . A .Crooks , sy het nog altyd my navrae binne 24 uur beantwoord .

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #196 op: May 17, 2010, 09:04:24 PM »
Dankie Sanderis, ek hoop regtig hier kom iets van, want die grootste misdadigers het blou uniforms aan.

Met die volskaalse volksmoord wat aan die gang is, wil ek net Bravolanders vra om uiters versigtig te wees wanneer julle onderdeur brûe ry, die moordenaars het gister weer 'n vrou probeer vermoor wat onderdeur 'n brug in die Wonderboom-area gery het. Haar man het bestuur en sy is met 'n ysterstaaf in die gesig getref. As haar man nie paramediese ondervingding gehad het nie, sou sy nie oorleef het nie.

So wees maar versigtig en ry so min as moontlik in die nag.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #197 op: May 18, 2010, 11:28:48 AM »
Dankie vir jou moeite Sanderis, hoop jy kry reaksie hierop.

Intussen blyk dit my dat ons 'n moord+verkragting voorval oorgeslaan het:

Jong ma se lyk in afvoerpyp gevind

2010-04-24 13:00

Charles Thompson

Kaapstad - Die lyk van 'n 28-jarige ma van twee, Liesel Fourie, is in 'n stormwaterpyp gevind ná sy vir dae lank vermis was.

Fourie se verloofde, Cobus Hanneman, het Saterdag aan Nuus24 gesê sy is ook verkrag.

"Haar hande was met haar broek agter haar lyf vasgebind en haar gesig was inmekaargeslaan," het Hanneman per telefoon gesê.

Fourie, wat in Rustenburg gewoon het, was op 'n naelversorgingskursus in Benoni die afgelope maand.

Sy het by haar ouers in Brakpan tuisgegaan.

"Liesl het net gou winkel toe gery vir brood en melk," het Hanneman gesê oor Fourie se verdwyning op Vrydag, 16 April.

Fourie het egter nie dié betrokke dag teruggekeer van die winkel, Caroline's in Voortrekkerstraat, Brakpan, nie.

Haar ouers het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.

Fourie se voertuig is eers verlede Dinsdag in Windmill Pioneers Park, Springs, gevind.

"Die agtervenster was stukkend en daar was bloed op die motor," het Hanneman die toneel beskryf.

Fourie se lyk is sowat 500m van die motor in 'n stormwaterpyp gevind.

Volgens Hanneman het die polisie vingerafdrukke op die voertuig gekry, en sal DNS-toetse ook gedoen word.

Spring-polisie het Saterdag gesê die saak word ondersoek, maar kon geen verdere inligting uitreik nie.

'n Begrafnisdiens vir Fourie sal Maandag, 26 April, om 11:00 by die Sewendedag-Adventiste Kerk in Hastingslaan, Brakpan, plaasvind.

Sy laat twee seuns agter.

- Nuus24

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Jong-ma-se-lyk-in-afvoerpyp-gevind-20100424
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Waterfontein

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 7
Re: Volksmoord
« Antwoord #198 op: May 18, 2010, 11:47:01 AM »
3 Maart 2010

Johannesburg - Polisiebeamptes van die Johannesburgse georganiseerde misdaadeenheid het glo 'n vervalste lasbrief gebruik om Lolly Jackson agter tralies te sit.

Die lasbrief wat in die Johannesburgse landdroshof ingedien is, toon dat die dokument op 8 Februarie uitgereik is vir 'n oortreding wat op 16 Oktober 2010 gepleeg is. Dié lasbrief is ook nie gemagtig of deur 'n hooflanddros geteken nie.

Die Teazers-baas was vir twee dae in die tronk opgesluit met verdagtes wat vir gewelddadige misdade aangekla is.

Die probleme met die lasbrief is vasgestel kort voor hooflanddros A Pieterson Maandag borgtog van R5 000 aan Jackson toegestaan het.

Die 53-jarige Jackson staan tereg op aanklag van poging tot ontvoering, afpersing, intimidasie en crimen injuria.

Die aanklag van bedrog gaan moontlik teen die betrokke polisiebeamptes gelas word.

Jackson moet op 6 April weer in die hof verskyn.

Sy moord was seker ook maar gereel.. seker bang hy sou te veel van die geld vat gedurende die bal-rond-skoppery
JOHANNES 15:7 - As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #199 op: May 19, 2010, 03:09:34 PM »

‘Ek bel jou nou terug’ – toe kom sy af op sy lyk
2010-05-15 00:10

Mnr. Martin Krügel

Hilda Fourie

Minder as ’n uur nadat haar 78-jarige pa aan haar gesê het “ek bel jou nou terug”, het ’n vrou op sy lyk afgekom in sy woonstel oorkant die Pretoriase landdroshof.

“As ek my oë toemaak, sien ek hom op die mat lê met die onderbroek oor sy kop,” het me. Carina Krügel (49) gister gesê.

Krügel het haar pa, mnr. Martin Krügel, gister begrawe nadat hy Sondagaand in die Colorado-woonstelle, waar hy 18 jaar lank die opsigter was, vermoor is.
Hy is vermoedelik doodgeskop en -geslaan.

Krügel en haar pa het Sondagmiddag saam geëet, waarna sy na haar woonstel in dieselfde gebou is vir ’n middagslapie.

Sy het hom omstreeks 18:00 gebel. “Ek het vir hom gesê ek gaan afkom omdat ek daar wou gaan stryk,” het sy gesê.

“Terwyl ons gepraat het, het ek gehoor hy praat met iemand by sy deur. Baie van die mense in die woonstelblok het gereeld by hom kom avokado’s koop.

“My pa het vir my gesê hy bel my nou terug. Hy het nooit teruggebel nie. Ek het nie onraad vermoed nie, want ek het gedink hy het besig geraak.”

Omstreeks 18:45 het Krügel na haar pa se woonstel gegaan.

Die veiligheidshekke van sy voordeur en sy kantoor, wat aan sy woonstel grens, was oop, terwyl die deure toe was.

Sy het die voordeur oopgesluit. Die woonstel was in chaos gedompel. In sy kantoor was die kluis en die laaie oop. In die woonstel was die mat opgefrommel, die stoele omgegooi en die skilderye van die mure afgeruk.

“Ek het na my pa geroep, maar hy het nie geantwoord nie,” het Krügel gesê.

“Ek het hom in sy kamer op die mat gekry met ’n onderbroek oor sy kop. Ek het by hom gaan sit, hom geskud, hom op sy wang geklap en met hom probeer praat, maar daar was niks. Sy vingers was al yskoud.”

Volgens Krügel het die nadoodse ondersoek onder meer bevind haar pa se neus, kakebeen en arm is gebreek.

Mnr. Krügel is vermoedelik geskop en met ’n stomp voorwerp geslaan.

Sy moordenaar(s) het met sy vuurwapen, juwele en huurgeld weggekom.

“Ek kon nie eens ‘goodbye’ sê nie,” het Krügel gesê.

“Ek wil weet wat het gebeur en hoekom. Maar die meeste van als wil ek weet wie dit aan my pa gedoen het, want dit is nie mense nie.”

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die moord en huisroof in hegtenis geneem nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ek-bel-jou-nou-terug-%E2%80%93-toe-kom-sy-af-op-sy-lyk-20100514
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal