Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33577 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #20 op: March 09, 2009, 02:00:43 PM »
Toe ek dit vanmore oor die nuus hoor op Radio Pretoria was dit vir my skokkend. Wanneer gaan ons mense ophou om volksvreemde arbeid te gebruik?

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Volksmoord
« Antwoord #21 op: March 09, 2009, 03:35:54 PM »
Toe ek dit vanmore oor die nuus hoor op Radio Pretoria was dit vir my skokkend. Wanneer gaan ons mense ophou om volksvreemde arbeid te gebruik?

SP Ben, blykbaar nie voor almal wat van hulle gebruik maak, uitgemoor is nie
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Volksmoord
« Antwoord #22 op: March 09, 2009, 05:09:23 PM »
Dit stop nie daar nie , of jy nou vv-arbeid gebruik of nie , as hul jou wil dood hê sal hul so doen .
Om vv-arbeid te gebruik verhoog natuurlik die kanse dat hul jou wel sal aanval .

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Volksmoord
« Antwoord #23 op: March 09, 2009, 05:50:29 PM »
Vroue wreedaardig aangeval; ma sterf

Geharde polisiemanne en paramedici het die slagting in die huis waar Lotter en haar dogter mej. Helen Lotter (57) omstreeks 23:30 deur vermoedelik hul tuinhulp en een of meer helpers oorval is, beskryf as die ergste wat hulle nog gesien het.

In die kombuis, waar mej. Lotter in ’n bedenklike toestand gekry is, was die mure, dak en meubels met bloed besmeer. Sy is verskeie keer met ’n skerp voorwerp gesteek en gesny. Haar gesig is vergruis.

Sy was gister nog in ’n uiters kritieke toestand in die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.


Die dogter, mej. Helen Lotter, is ook vandag in die Pelonomi-hospitaal oorlede...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #24 op: March 10, 2009, 12:16:00 AM »
Dit speit my om te vra:

Is daar foto's van die gebeure beskikbaar?
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Volksmoord
« Antwoord #25 op: March 10, 2009, 03:49:26 AM »
Dit is jammer dat die Grondwet wat sulke mooi beloftes maak, en so hoog aangeskryf word, nie mev. Lotter en haar dogter kon beskerm nie.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Volksmoord
« Antwoord #26 op: March 10, 2009, 09:28:19 AM »
Dit speit my om te vra:

Is daar foto's van die gebeure beskikbaar?

Werner, ons het nie foto's by die koerant gekry nie, net gesigfoto's van die twee vroue, maar niks van die toneel nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #27 op: March 13, 2009, 08:10:30 PM »
Vir misdaad en volksmoord statistiek inligting, sowel as agtergrond daaroor, volg gerus hierdie skakel:

http://www.africancrisis.co.za/Article.php?ID=11191&

Vir 'n redelik volledige versameling van foto's van plaasmoord slagoffers:

http://www.africancrisis.org/Photos45.asp

Wees gewaarsku dat hierdie foto's ontstellend is.

Dit is dan egter ook nie die nuutste foto's wat wel beskikbaar is nie.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Insake: Volksmoord
« Antwoord #28 op: March 14, 2009, 03:43:05 PM »
Man wat lank by Pta-paar woon, verkrag glo vrou

Mar 13 2009 08:25:41:750PM  - (SA)   


Fanie van Rooyen

“Is jy dan mal? Ek trust jou dan al die tyd. Jy bly dan by my huis. Jy het my vrou verkrag, man!”

Só het ’n woedende 66-jarige man van Meyerspark in Pretoria gister met rooigehuilde oë sy vrou se verkragter agter in ’n polisievangwa gekonfronteer.

Die man, ’n Mosambieker, het sowat vyf maande lank by hom en sy vrou ingewoon. Hy het die egpaar met herstelwerk in hul huis gehelp.

Hy het die 65-jarige vrou gisteroggend verkrag.

“Ek het hom jammer gekry en vir hom ’n dak oor sy kop gegee en kyk nou,” het die man gesê.

“Ek het selfs vir hom ’n selfoon gegee, sy skoene laat hersool en hom stad toe gery om hom te help om ’n ID te kry. Ek het gíster nog vir hom ’n gros sigarette gekoop.

“Hy was soos ’n kind in ons huis.” ??? :o

Die verdagte is gisteroggend omstreeks 07:00, kort ná die voorval, skaars ’n blok vanaf dié huis op die hoek van Kent- en Analeesstraat deur lede van die Meyersparkse buurtwag aangekeer.

Twee 9 mm-pistole, juwele en sowat R4 000 kontant, wat hy na bewering uit die egpaar se kluis gesteel het, asook dagga, is by hom gevind.

“Ek was al by die werk toe hulle my bel om te sê my vrou is aangerand,” het die man vertel.

“Toe ek by die huis kom, het my vrou nog op die bed gesit, in ’n absolute toestand.

“Ek het haar gevra wat gebeur het, maar al wat sy kon uitkry, was sy naam.”

Die verdagte se naam mag eers gepubliseer word nadat hy op die verkragtingsklag gepleit het.

“Mettertyd het sy aan ons verduidelik dat sy kombuis toe was en dat sy hom by haar terugkeer na die slaapkamer betrap het waar hy besig was om my pistole uit die kluis te haal.

“Hy het natuurlik geweet waar al die sleutels is en waar alles gebêre word. :o

“Hy het haar met een van die pistole aangehou en haar hande met maskeerband vasgebind en haar mond toegebind.

“Sy kon nie mooi dink nie, want hy was soos ’n kind hier by ons – en toe verkrag hy haar.”

Daarna het die man die juweliersware en geld bymekaar gemaak en die huis verlaat.

Mnr. Johan van Niekerk, ’n lid van die Meyersparkse buurtwag, het hom egter kort daarna aangekeer. “Die tannie het my erg ontsteld gebel en vertel wat gebeur het.

“Ek het Braam Espach van die buurtwag se radiobeheer gebel en ’n beskrywing van die verdagte deurgegee.

“Toe het ek in die kar gespring en soontoe gejaag en op pad nóg ’n buurtwaglid opgelaai.

“Naby die huis het ons die verdagte in die straat gewaar.”

Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê klagte van verkragting en diefstal word ondersoek en die verdagte sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2485227,00.html

Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Volksmoord
« Antwoord #29 op: March 14, 2009, 04:18:28 PM »
Soos n kind in die huis? Soms is dit beter om om stil te bly. Maar ek kan nog dink wat ek wil.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Insake: Volksmoord
« Antwoord #30 op: March 14, 2009, 04:40:33 PM »
Ek kan nie dink wat mense kan besiel om so persoon in hul woning in te neem .

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Volksmoord
« Antwoord #31 op: March 14, 2009, 04:53:53 PM »
Ek is nie onsimpatiek nie - maar mense wat toelaat dat vreemdes by hulle inwoon, moet maar op die moeilike manier leer hoe Afrika is !

Ek is jammer vir die vrou, die man ?, Nee ek verfoei hom.
Kennis is mag

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Volksmoord
« Antwoord #32 op: April 01, 2009, 12:20:09 PM »
Moordtog eis twee boere
Apr 01 2009 02:22:44:047AM  - (SA) 
Tom de Wet

VIERFONTEIN. – ’n Jong man wat moontlik “versteurd” is, is gisteroggend hier in hegtenis geneem nadat hy ná ’n moordtog die verminkte lyke van twee boere op twee buurplase in die distrik agtergelaat het.

Dié 25-jarige Lesotho-burger, geklee in net sy onderbroek en hemp, is op die tweede moordtoneel in hegtenis geneem waar hy by die verminkte lyk van mnr. Jan van Wyk (82) besig was om die stoep te vee en kos te maak soos iemand wat hom daar tuisgemaak het.

Sy inhegtenisneming was deur lede van Vrystaat-landboubeveiliging, ’n veiligheidsorganisasie vir boere.

Mnr. Jan Grobler, voorsitter van die Vierfontein-boerevereniging, sê as landboubeveiliging nie so vinnig opgetree het nie, kon dit tot nog boere se dood gelei het. (Lees ook berig op bl. 2.)

Van Wyk is vermoor enkele ure nadat mnr. Basie Venter (65) Maandagaand voor die oë van sy vrou met ’n hoekyster doodgeslaan is. (Lees berig op bl. 2.)

Een van die beweerde moordwapens en bebloede kraletjies is in landerye langs ’n leeukamp by Venter se huis begrawe gekry. Die skoene wat die moordenaar van Venter gesteel het, het hy glo elders begrawe.

Mev. Mary Venter (68) het omstreeks 21:15 hulpeloos deur die venster toegekyk hoe die houe buite op haar man neerreën en sy angsgille gehoor. (Lees ook berig op bl. 2.)

Sy het kennisse om hulp gebel, wat op hul beurt die polisie gebel het. Die moordenaar het Venter se lyk onder ’n bos ingesleep.

Hierna het die moordenaar in die middernagtelike ure verby twee plase na Van Wyk, ’n oudpolisieman wat net in die week alleen op die plaas gebly het, se huis gesluip.

Van Wyk is na bewering na buite gelok waar hy met ’n graaf oor die kop geslaan is.

Sy bewustelose liggaam is die huis ingesleep en daarna vermink.

Mnr. Johan Engelbrecht, van Vrystaat-landboubeveiliging, was besig om Venter se moord te ondersoek toe ’n boer hom in die pad voorkeer en sê hy vermoed onraad by Van Wyk se plaas. Van Wyk het nie soos gewoonlik vroegoggend op sy stoep gesit en Bybel lees nie.

Engelbrecht sê met sy aankoms op Van Wyk se plaas het hy die verdagte op die stoep gekry, waar hy besig was om die stoep te vee.

“Toe hy my sien, het hy die huis ingehardloop en die deur agter hom toegeslaan.”

Binne die huis het die man met ’n snoeiskêr op Engelbrecht gewag. Hy (Engelbrecht) kon daarin slaag om die man te oorrompel en hom te boei.

“Die boer se lyk het in die eetkamer gelê. Sy liggaam was erg vermink. Die verdagte was besig om iets op die stoof in die kombuis gaar te maak.”

Engelbrecht sê daar was tekens dat die verdagte langs die lyk gesit en piesangs eet en koeldrank drink het.

Van Wyk se vrou, Babe, sê sy het gisteroggend omstreeks 06:30 nog met haar man oor die telefoon gepraat.

Boere en plaaswerkers sê die verdagte bly nie in die omgewing nie en niemand ken hom nie.

Hy is wel die vorige dag opgemerk waar hy in die middel van die pad geloop het. Hy het ook glo die vorige dag aan plaaswerkers se hekke geslaan en gesê hy gaan hul beeste steel.

Die verdagte is ná ure se ondervraging in die moordhuis onder streng bewaking in ’n polisievoertuig weggeneem.

Mnr. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte sal vandag in die hof op Viljoenskroon verskyn.

Die polisie was gister in die duister oor die motief vir die moorde.

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2494792,00.html
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #33 op: April 14, 2009, 10:02:20 AM »
Jammer oor die Ingels...  Kry nou niks in Afrikaans nie.

Murder was 'ethnic cleansing'

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2500066,00.html

Johannesburg - The attack on an elderly Pretoria couple was politically motivated and was an example of "ethnic cleansing", said the Transvaal Agricultural Union on Saturday.

"Once again the impression is left that ordinary crime is the motive for barbaric murders. In this case the farmer was first murdered while he was milking in the shed, and thereafter his wife was murdered in the house. This is the pattern of ethnic cleansing," president Ben Marais said.

The 63-year-old farmer and his 60-year-old wife were found dead in their farm in Boschkop, outside Pretoria on Friday.

"He sustained a big wound on his head. His wife had several wounds on her upper body. They both died at the scene," said Jaftha.

Their son made the discovery on Friday morning, police spokesman Johannes Jaftha said on Friday.

The farmer was found with a "big wound on his head, while his wife had several wounds on her upper body", Jaftha said.

Marais ruled out robbery, saying it was "hard to believe that elderly defenceless people are being murdered only for a cellphone".

"What used to be a day of celebration for Christian believers, was turned into a day of mourning by these barbaric murders. We do not have the right words to express our condolences with the Van den Bosch family and we pray that God will help them through this," he said.

He called on the farming community to "stay alert and protect themselves where possible."


_______________________________________________________________________

Die van den Bosch gesin was vriende van ons.

Die gesin was getroue CVO ouers.  Hulle het seker 9 van hulle kinders deur CVO Pta gesit.

Die geval was 2km van my leplek af.

Alle sterkte aan die kinders.  Net die Here sal julle dra deur die tyd.

Ek weet nie wat om te se nie....  Hoe lank gaan ons dit verdra?  Hoe lank nog voor ons mense se genoeg is genoeg?

Word wakker my volk!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Volksmoord
« Antwoord #34 op: April 14, 2009, 10:16:35 AM »
TLU SA vermoed steeds politiek agter plaasmoorde       
Geskryf deur Henk van de Graaf     
Saterdag, 11 April 2009 23:03 
TLU SA is het sy absolute skok en afgryse uitgespreek op die gru-moorde op die bejaarde boere-egpaar van Mooiplaas, naby Donkerhoek oos van Pretoria, mnr. en mev. Van den Bosch op Goeie Vrydag.  “Wat vir ’n gelowige gesin ’n dag van bepeinsing en vreugde moes wees, is deur hierdie sinnelose en barbaarse moord omskep in ‘n dag van rou,” het TLU SA se president, mnr. Ben Marais gesê in sy reaksie.  “TLU SA het nie die regte woorde om sy meegevoel met die familie van die Van den Bosch-egpaar te beskryf nie, en ons kan hulle net God se troos toebid,” sê mnr. Marais.
Na wat verneem word, is slegs twee selfone vermis. “Om van ons enigsins langer te moet glo dat weerlose bejaardes op die mees barbaarse wyse denkbaar vermoor word, net om ’n selfoon in hande te kry, gaan nou te ver,” sê mnr. Marais.  “Nou word weer die indruk gelaat dat gewone misdaad vir so ’n moord verantwoordelik is.  Wat van belang is in hierdie geval, is dat die boer in die stal vermoor is, en die vrou in die huis, ‘n ent daarvandaan.  Dit is die tipiese patroon van etniese suiwering,” sê mnr. Marais.
Waar daar die laaste tyd steeds meer uitgereik word na Afrikaners en ook na die landbougemeenskap deur regeringslui, dring TLU SA daarop aan dat plaasmoorde en die werklike motief daaragter weer ondersoek moet word.  “Ons is seker dat daar meer as misdaad agter ’n moord ter wille van ’n selfoon sit” sê mnr. Marais.
TLU SA het reeds ongetoetste inligting in die verband gekry, en sal dit voorlê aan enige ondersoekspan.
Intussen het mnr. Marais weer ’n beroep op boere gedoen om hulleself te beveilig waar moontlik, en om ook gedurende vakansiedae, selfs dae wat vir Christen-boere heilig is, net so paraat te wees as altyd. 
 

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Volksmoord
« Antwoord #35 op: April 30, 2009, 12:46:05 PM »
NK-boer se keel afgesny
Apr 30 2009 02:30:12:943AM  - (SA) 
Jana Engelbrecht


SUTHERLAND. – Die Karoo-gemeenskap is geskok nadat boewe ’n bejaarde merino-boer eergisteraand wreed in sy huis op die plaas Keerom oorval en sy keel afgesny het.

Dit is die tweede plaasmoord die afgelope twee maande in die Noord-Kaap.

Vier verdagtes is gister op die dorp aangekeer.

Mnr. Klaas van Wyk (71) se lyk is gisteroggend deur sy buurman, mnr. Witjan van der Merwe, in die slaapkamer aangetref. Van der Merwe is die broer van mnr. Wessel van der Merwe, voorsitter van Agri-Noord-Kaap.

Mnr. Witjan van der Merwe het gister telefonies aan Volksblad gesê dit was die wreedste toneel wat hy nog aanskou het.

Van der Merwe se vrou, Elsa, het gisteroggend vroeg op Van Wyk se omgekeerde bakkie op die grondpad tussen die dorp en die plaas afgekom.

“My vrou het my van die dorp gebel. Ek het ondersoek ingestel.

“Dit was vreemd dat sy bakkie omgeslaan het. Ek het na die plaashuis gegaan. Die deure was oop. Die ligte het gebrand. Die kluis is uit die muur geruk. Die hele huis was deurmekaar. Daar was bloed oral.”

Van der Merwe het na die kombuis gegaan. Hy het Van Wyk geroep.

“Daar was geen antwoord nie. Ek het hom toe in sy kamer op die bed gekry.”

Van Wyk is vermoedelik in die voorportaal vermoor en na sy slaapkamer gesleep.

“Dit lyk of daar klomp (mes)steke in sy bolyf is. Bo sy heup was ook ’n steekplek wat hy moontlik met ’n plastieksakkie probeer toedruk het.”

Van der Merwe het gesê die gemeenskap van Sutherland is absoluut geskok.

“Van Wyk was ’n vredeliewende mens. Hy het niemand aanstoot gegee nie. Hy was ’n oujongkêrel. Ek meen hy was ’n sagte teiken.”

Van der Merwe het gesê hy “wil nie eens weet” wat die moord van ’n onskuldige man aan toerisme op die dorp gaan doen nie.

Supt. Hendrik Swart, polisiewoordvoerder, het gesê vier mans is in verband met die moord in hegtenis geneem.

Plaaswerkers wat op Van Wyk se plaas bly, het Dinsdag omstreeks 21:00 ’n gelag van die plaashuis gehoor.

“Dit was vermoedelik die tyd dat die verdagtes die plaashuis besoek en die misdaad gepleeg het.”

Die verdagtes het glo werkers op ’n ander plaas besoek. Hulle was na bewering besope.

Die vier mans verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof.

Mnr. Wessel van der Merwe het namens Agri-Noord-Kaap versoek dat die verdagtes geen borgtog kry nie. “Ons sal ’n versoekskrif aan die polisie hier oorhandig wat aandring op die maksimum straf vir die misdaad. Sulke gevalle knou die landbou in die Noord-Kaap.”

“Ons as landbougemeenskap is uiters kwesbaar gelaat met die groot vakuum wat heers nadat die kommandostelsel uitgefaseer en ’n ondoeltreffende polisiereserviste-stelsel ingestel is.”

- Mnr. Willouw Cilliers en sy lewensmaat, me. Loudine van Blerk, is op 17 Maart op hul plaas Retseh naby Brandvlei oorval. Cilliers is deur die drie verdagtes ontvoer en is in ’n motorongeluk dood. Van Blerk is koelbloedig in hul plaashuis doodgeskiet.

http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2509029,00.html
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: Volksmoord
« Antwoord #36 op: May 02, 2009, 06:17:32 AM »
Boer vermoor wyl vrou naarstig patrone soek
May 01 2009 10:10:48:950PM  - (SA)   

Herman Scholtz

Middelburg. – ’n Boer wat ’n paar jaar gelede bygebring is nadat sy hart weens ’n bye-aanval gaan staan het, het gister met plaasaanvallers se 9 mm-koeël in sy bors gesterf.

“Die wêreld se grootste Blou Bul-ondersteuner is nou in die hemel,” het mnr. Hennie Snyman, ’n familielid van mnr. Piet Honeyborne (50), gesê.

Honeyborne se vrou, Bella, het voor die moord “histeries” na patrone vir die sowat tien vuurwapens in die huis gesoek. Sowat vyf aanvallers het gisteroggend omstreeks 01:00 by die huis op die plaas Goedehoop by Blinkpan ingebreek en deur die kamers begin loop.

“Hulle het Ouma (die 98-jarige mev. Gerda Honeyborne) in haar kamer gekry en rondgesleep,” het Bella gesê.

“Ons was in die kamer aan die agterkant van die huis en het gehoor hoe Ouma praat, maar sy praat gewoonlik hard. Die volgende oomblik was dit asof iets op haar gesig was. Ek het gedink dis haar hondjie wat op haar gesig klim.

“Ek het opgestaan om te gaan kyk en in ’n man (in die gang) vasgeloop.”

Sy het hom gevra wat hy doen en hy het op haar afgestorm.

“Ek het die rewolwer in sy hande gesien en teruggehardloop kamer toe.”

Sy het oor ’n klein trappie gestruikel en oor die kantoorvloer na die kamer gekruip.

“Ek het geskree ‘Help! Hy het my!’ toe my man verby my gang se kant toe storm met net ’n onderbroek en hemp aan.”

Sy het haarself in die kamer toegesluit en die ligte aangeskakel, maar toe nóg twee boewe by die kamervenster gesien en die ligte afgeskakel.

“Ek het platgeval en om die bed gekruip na die bedkassie waar die rewolwer is. Daar was nie patrone in nie.”

Familielede het eergister met die gewere gaan skiet en nuwe patrone gekoop, maar nie die vuurwapens herlaai nie.

“Chantelle (haar skoondogter) het hom (Piet) nogal gevra of sy die rewolwer moet laai, maar hy het gesê ons kan dit vandag (gister) doen.”

Bella het dadelik haar seun, Pieter, en Chantelle, wat langs die hoofhuis bly, gebel om te vra waar die patrone is.

“Hulle is hier om my dood te maak! Waar is die patrone?” het sy oor die foon vir Chan-telle geskree.

Sy het dit uiteindelik in ’n klerekas gekry en twee skote deur onderskeidelik die kamervenster en badkamervenster afgevuur. “Toe was hulle al weg. Ek het Piet in die gang gekry met ’n 9 mm-koeël in sy bors.”

Hy is op die toneel dood.

Die polisie het volgens supt. Abie Khoabane, woordvoerder, gister ’n man aangekeer wat dalk met die moord verbind kan word.

Die motief vir die misdaad is nog onbekend. Sover bekend is niks uit die huis gesteel nie.

Honeyborne se bejaarde ma is gisteroggend hospitaal toe geneem en sterk steeds aan ná erge trauma.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2510004,00.html
VOEL TUIS

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Volksmoord
« Antwoord #37 op: May 03, 2009, 01:32:59 AM »
In die klankbaan aangeheg is 'n berig wat op Radio Pretoria uitgesaai is oor nog 'n moord naby Middelburg.  Hierdie klink na 'n ander moord.  Die boer is 70 jaar oud.  As dit werklik 'n ander moord is sal dit seker in die Sondag koerante wees.

Dit onderstreep dan net:

VOLKSMOORD
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Insake: Volksmoord
« Antwoord #38 op: May 14, 2009, 10:12:49 PM »
Dit was nie roof, boer is gejag’
May 14 2009 08:57:38:510PM  - (SA)   

Sandile Waka-Zamisa

Pietermaritzburg. – Die moord op ’n boer van die KwaZulu-Natalse Middellande wat “gejag” en doodgeskiet is, hou moontlik verband met grondeise.

Mnr. Gavin Hill, ’n buurman, meen egter ’n huurmoord het mnr. Alan Rowe (58) se lewe eergisteraand geëis.

“Hierdie was nie ’n kaping of rooftog wat skeefgeloop het nie. Hulle het hom ‘gejag’ met die doel om hom dood te maak.”

Rowe, eienaar van Bloemendal Estate by Rietvlei, het omstreeks 20:45 van Hill se huis teruggekom toe twee mans wat in sy motorhuis weggekruip het, op hom in sy Mazda Drifter-bakkie geskiet het.

Rowe het agteruit probeer wegry, maar die mans het aangehou skiet – een van sy linkerkant en die ander van agter ’n ander bakkie in die motorhuis.

Verskeie skote van ’n 9 mm-pistool en ’n .22-geweer het sy bakkie se voorruit getref.

Rowe het klaarblyklik uit die voertuig gespring en deur ’n heining geklim om na die pad se kant te loop. Sy selfoon is later naby dié heining gevind.

Die mans het hom egter ingehaal en twee keer in die bors geskiet. Een van dié koeëls is ook deur sy arm.

Sr.supt. Henry Budhram, polisiewoordvoerder, het gesê die moord kan met ’n twis oor grondeise verbind word, maar wou nie meer besonderhede gee nie.

Hill het gesê hy weet nie van enige probleme met grondeise op die plaas nie. Rowe se broer, Michael, het bevestig daar was nie grondeise nie, maar gesê daar was planne om die plaas aan ’n swart koper te verkoop.

Bloemendal Estate is ’n melk- en beesplaas, met sowat 375 melkkoeie en nog 50 beeste.

“My suster het nou uit Australië hier gekuier en ons het almal saam gekuier. En nou het dit in ’n tragedie geëindig,” het Michael gesê.

“Ons moes die nuus aan Alan se vrou, Jenny, oordra wat by hul huis in Howick was. Sy is in die hospitaal weens die trauma.”

Mnr. Bhekumuzi Magubane, voorman van Bloemendal, het gesê hy het nie Rowe se bakkie gehoor nie.

“Daar was net skote en ek het dadelik die ligte afgeskakel. Ek het deur die venster gekyk en die bakkie in trurat sien ry, en Rowe wat uitspring.

“Ek het dadelik die polisie gebel, maar daar was geen antwoord nie. Toe bel ek ’n polisieman wat ek ken en Hill se voorman.”

Hill en sy vriendin, me. Donna Lay, het hulle na die plaas gehaas, maar dit was te laat. Hulle het Rowe se liggaam gevind.

Die polisie is vol hoop dat die skuldiges vasgetrek sal word.


Budhram het enigiemand met inligting gevra om konst. Bonginkosi Dlamini by 033 417 0712 of 073 324 1974 te bel.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2516796,00.html
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #39 op: July 13, 2009, 08:00:57 AM »


Fanie van Rooyen

‘Wat is jou laaste woorde? Want ons gaan die huis afbrand.”

So het ’n rower eergisteroggend aan mev. Madeleine van den Berg (60) van ’n kleinhoewe naby Cullinan gesê nadat hy en sy makkers haar man, Piet (64), voor haar doodgeskiet het. Hulle wou haar in ’n kas toesluit.

“My ma het gesê: ‘Ek wil hemel toe gaan.’ Toe sluit hulle haar toe,” het die egpaar se dogter, me. Ilse Theologo, gister gesê.

Mev. Van den Berg kon haar loswoel, die kas oopbreek en by ’n buurman, mnr. Theo van Rensburg, gaan hulp soek.

“Hoekom? Vir wat! ’n Mens kan nie help om te vra nie,” het mnr. Claude Stander, die egpaar se skoonseun, met stof op sy bril en roet teen sy wang voor die smeulende huis gesê.

“Hoekom, nadat hulle hom doodgeskiet en alles gevat het wat hulle wou vat, het hulle die huis afgebrand? Dit is sinneloos.”

Theologo het gesê drie gewapende rowers het haar pa omstreeks 11:00 in sy werkwinkel agter die huis oorval.

“Hulle het ’n mes teen sy keel gedruk en hom by die huis ingedwing.”

Die rowers het die egpaar in hul slaapkamer op hul mae op die bed laat lê en die kluissleutels gevra.

“My ma het heupprobleme en kan nie eintlik op haar maag lê nie, maar toe sy dit vir hulle sê, het hulle haar met die mes op haar pols gesny.

“My pa het opgestaan om die sleutels te gaan haal. Toe hy in die gang kom, het een van hulle hom, sonder waarskuwing, van agter af deur sy skouerblad in die bors geskiet. Hy is net daar dood.”

Een van die rowers het aan mev. Van den Berg gesê: “Die ou man het nie saamgewerk nie.”

Hierna moes mev. Van den Berg volgens Theologo oor haar man se lyk trap om die sleutels vir die kluis te gaan haal.

Die rowers het selfone, vuurwapens en geld uit die kluis gevat en mev. Van den Berg se hande vasgebind voordat hulle haar in die kas toegesluit het.

Toe sy oplaas uit die kas kon kom, het sy met die bakkie na Van Rensburg se kleinhoewe gejaag.

“Sy het histeries hier ingehardloop,” het Van Rensburg gesê. Toe skreeu sy: “Help! Hulle het vir Piet geskiet en die huis brand af!”

“Daar gekom, het rook oral uit die huis geborrel,” het Van Rensburg gesê. “Madeleine wou die deur oopmaak om by Piet te kom, maar het weens die rook flou geword.

“Ek het haar na veiligheid gesleep en een van my werkers, wat destyds in die brandweer was, het onder die rook die huis in gekruip en Piet uitgesleep.”

Hulle en ander lede van die gemeenskap het van die meubels uit die huis gered.

“My ma is nog erg getraumatiseer,” het Theologo gesê. “My pa was die heel beste pa.”

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is dankbaar teenoor die gemeenskap wat gehelp het en die brandweermanne van die Cullinan-myn wat die brand kom blus het. Die moordenaars is nog nie aangekeer nie.
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2538185,00.html


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal