Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Volksmoord
« Antwoord #200 op: May 23, 2010, 08:32:20 PM »
BEJAARDE EGPAAR OORLEEF KNOPKIERIE-AANVAL

Oom Fanie en sy vrou tannie Tos Els is Donderdag 13 Mei deur n gemaskerde man teen skemer in hul tuinwoonstel in Klerksdorp Meiringspark Wesselstraat oorval en met n knopkierie toegetakel. Die tannie en oom lyk baie sleg. Die berig is in die Klerksdorp Rekord.

Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #201 op: May 25, 2010, 09:42:05 AM »
Lyk in mat toegerol in mangat gekry


’n Vrou van Alberton se lyk is die naweek toegerol in ’n mat in ’n rioolmangat by Vosloorus gekry.

Onder andere ’n huiswerker en tuinwerker is weens die moord op mev. Alta Duvenhage (64) gearresteer.

Me. Melinda Smith van Potchefstroom het gistermiddag nog probeer antwoorde vind nadat haar ma se lyk gevind is.

Volgens mnr. Fred Duvenhage van Meyerton het sy voormalige vrou verlede Woensdag nog met hul ander dogter, me. Lizel Fourie van Midrand, gepraat.

“Vrydagoggend het een van die bure gebel om te sê daar is fout by Alta se woonstel. Die TV is aan en die deur is oop, maar sy is nie daar nie.”

Haar Volkswagen Citi Golf was ook nie by haar woonstel in St. Michaelstraat in New Redruth nie.

Die polisie is ontbied en hulle was baie vinnig en baie professioneel op die toneel, het mnr. Duvenhage gesê.

Volgens hom is die huiswerke en tuinier ondervra en Saterdag in hegtenis geneem.

Die twee het die polisie na ’n stuk veld by Zonkizizwe buite Vosloorus gelei waar hulle gesê het die lyk sou wees, maar hulle weet nie presies waar nie.

’n Soektog is van stapel gestuur. Die lyk is later in ’n mangat, nog toegedraai in ’n mat, gekry.

Volgens mnr. Duvenhage wil dit lyk asof sy verwurg is, maar daar was ook bloedkolle in die huis. Ná verdere ondersoek is nog twee mense in hegtenis geneem.

Hulle gaan na verwagting môre in die hof in Alberton verskyn.

Die lyk is na die lykhuis in Heidelberg gebring waar die lykskouing na verwagting vandag gedoen gaan word.

“Sy het net haar lewe begin geniet ná haar aftrede verlede jaar,” het Smith gistermiddag gesê. “Die aftrede was ’n groot ding vir haar en sy was nou die naweek nog by ons in Potchefstroom en op haar stukke. Sy het dit so geniet.”

Haar broer, Fred jr., het gisteroggend van die Kaap opgevlieg om met die reëlings te kom help.

“Ons kom vanoggend by die woonstel bymekaar om deur haar goedjies te gaan.”

Kapt. Manaku Raphulu, polisiewoordvoerder in Alberton, het die moord bevestig. Volgens hom is ses verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord en motordiefstal.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lyk-in-mat-toegerol-in-mangat-gekry-20100524
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #202 op: May 25, 2010, 03:56:20 PM »
2 skiet bejaarde in Pretoria dood


Twee mans het 'n bejaarde man Dinsdagoggend doodgeskiet toe hy by 'n hardewarewinkel in die weste van Pretoria uitgestap het.

Mnr. Killian van Tonder (75)  is kort na 10:00 deur die twee mans doodgeskiet toe hy by die Wespark- hardeware en pandjieswinkel uitgestap het.

Die twee booswigte het gevlug, maar is nie ver van die misdaadtoneel nie deur lede van die gemeenskap vasgetrek.

Die vermoede bestaan dat dit 'n mislukte rooftog was. 'n Moordsaak word ondersoek. - Hilda Fourie


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-skiet-bejaarde-in-Pretoria-dood-20100525
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #203 op: May 26, 2010, 02:11:14 PM »
Opvolgberig:

Killian Johannes van Tonder (75)


Mev. Rina van Tonder en haar seun Killian kyk na haar man se lyk. Foto: Alet Pretorius

Vermoor vir niks

2010-05-25 23:52

Hilda Fourie

’nPensioentrekker van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is gisteroggend, oomblikke nadat hy by ’n ysterwarewinkel uitgeloop het, doodgeskiet – vir niks.

Nadat hy geskiet is, het mnr. Killian Johannes van Tonder (75) op die randsteen gaan sit, aan ’n bystander gewys waar hy geskiet is en toe gesterf.

Van Tonder se vermeende moordenaars, wat onderskeidelik 16 en 21 jaar oud is, is ’n rukkie later deur gemeenskapslede in ’n buite-toilet ’n paar strate van die Wespark-ysterware-en-pandjieswinkel vasgetrek.

“Dít sal maak dat ek ’n geweer leegmaak waar ek kom,” het mnr. Hennie van Tonder (43) geskree toe hy by die toneel in Innersingel opdaag waar sy pa dood is.

“Dié goed (misdadigers) moet padgee uit ons land uit.”

Van Tonder se moord kom sowat ses weke ná die dood van mnr. Willie Pienaar (24), wat in soortgelyke omstandighede voor die Kwaggasrand-winkelsentrum naby dié toneel in die kop geskiet is.

Gemeenskapslede het ná Pienaar se dood ook op sy vermeende moordenaars afgestorm en drie mans, van wie een glo dood is nadat hy aangerand is, aangekeer.

Mnr. Nick Coetzee, eienaar van die pandjieswinkel, het gister gesê Van Tonder, ’n gereelde kliënt, het kort voor sy dood moere en boute gekoop.

“Ons het nog so lekker gestaan en gesels voordat hy hier uit is,” het Coetzee gesê.

“Ek het gesien hoe staan die twee by hom by die bakkie. Die oom het aanmekaar ‘help’ geskree. Een het sy arm opgelig en hom toe geskiet.

“Ek het uitgehardloop, want ’n mens kan nie net sit en kyk hoe iemand doodgeskiet word nie. Hy het geskree om hulp. Jy kan nie anders as om hom te help nie.”

Coetzee se seun, Martin (18), is na Van Tonder waar hy op die randsteen gesit het.

Van Tonder het Martin gewys waar hy geskiet is, agteroor gaan lê en gesterf.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gister gesê volgens die verdagtes wou hulle Van Tonder nie kaap nie, hulle wou net geld hê.

Die volgende oomblik is Van Tonder geskiet en die verdagtes het met leë hande weggehardloop.

“Die gemeenskap het hulle agternagesit. Hulle het in die buite-toilet van ’n erf in Middelsingel gaan wegkruip waar hulle gekry is,” het Jansen gesê.

“Toe die polisie op die toneel kom, was mense besig om die mans aan te rand.”

Die polisie het die mense en die verdagtes uitmekaar gehaal en die twee in hegtenis geneem.

Die vuurwapen wat hulle glo gebruik het om Van Tonder mee te skiet, is in die toilet gevind.

Terwyl polisielede besig was om die moordtoneel te ondersoek, het Van Tonder se vrou, Rina (69) en sy ander seun, Killian (46), by die toneel opgedaag.

Hulle het mekaar vertroos terwyl hulle na Van Tonder se lyk gekyk het.

Van Tonder laat nog twee seuns, Fanie en Johan, agter.



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoor-vir-niks-20100525
« Laaste verandering : May 26, 2010, 03:31:09 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #204 op: May 26, 2010, 03:27:39 PM »
Skurk steek verswakte bejaarde met mes dood
2010-05-26 09:06
 
Sanri van Wyk

’n Rower het ’n verswakte 66-jarige man gistermiddag laat met ’n mes in sy huis in Boksburg doodgesteek.

“Die omie kon niks terugbaklei nie,” het mnr. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die paramedici wat op die toneel was het gesê hy was ’n verswakte bejaarde wat met ’n kierie geloop het.”

Volgens ao. William Masondo, polisiewoordvoerder, het dit om 17:20 gebeur.

“?’n Man het die vrou van die kerk af huis toe gevolg en só toegang tot die huis verkry.

“Toe die bejaarde man die rower in die huis gewaar, het hy hom genader. Die rower het hom met ’n mes gesteek,” het Masondo gesê.

“Hy het die man se selfoon en beursie gevat en die tannie in ’n ander vertrek gaan vasbind.

“Hy is onderbreek toe die deurklokkie lui. Toe hy die klokkie (van die interkom) hoor, het hy by die deur uitgehardloop die straat in.”

Masondo het gesê die rower was alleen in die huis, maar hulle vermoed iemand anders was ook betrokke omdat ’n motor hom opgelaai en weggejaag het.

Volgens Botha het die vermoorde man ’n steekwond aan die nek gehad.

“Dit lyk of die rower sy slagaar getref het. Hy het doodgebloei.”

Botha het gesê benewens die seerplekke waar sy vasgebind is, is die vrou nie beseer nie.

“Sy is net erg getraumatiseer. Toe die paramedici by die huis weg is, was beraders en haar familie by haar.”

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #205 op: May 27, 2010, 02:17:52 PM »
Opvolgberig:

Cedric Allen (64)


Mnr. Cedric Allen


‘Stap net aan!’ sê man voor mesmoord


2010-05-27 10:23

Wolfram Zwecker

Die begrafnis van mnr. Cedric Allen (64) van Elspark, Germiston, gaan Saterdag vanuit dieselfde kerk gehou word waarheen sy vrou, Heather, eergisteraand op pad was toe die egpaar in hul huis oorval is.

“Sy het altyd die drie huise ver na die kerk ge­stap vir koor­oefening. Dinsdagaand het sy haar papiere met die liedere vergeet en omgedraai om dit te gaan haal.

“Die aanvaller het haar by die hek aangeval en net gesê: ‘Keep on walking’,” het mev. Martha Jansen van Vuuren, mev. Allen se suster,
gesê.

Die aanvaller het die huis agter mev. Allen binnegegaan en mnr. Allen dadelik met ’n mes in die nek gesteek toe hulle die kamer binnekom. Hy is drie keer in die nek gesteek en sy hoofslagaar is getref.

Die aanvaller het mev. Allen na haar werkkamer gedwing waar hy haar met die koord van die brei- en naaimasjien vasgebind het.
Intussen het die ander koor­lede onrustig geraak omdat hulle ’n man by haar huis gesien ingaan het en sy nie by die koor­oefening opgedaag het nie.

“Gelukkig het een van hulle kom kyk wat aangaan en die knoppie by die hek gedruk.

“Met dié het die aanvaller agter in die tuin ingehardloop.

“Heather het die hek oopgemaak en die aanvaller is by die hek uit,” het Jansen van Vuuren gesê.

Die huis is in Fulmarstraat, drie huise weg van die Ou Apostoliese Kerk.

Volgens kol. Andy Pieke, woordvoerder van die Germiston-polisie, het die aanvaller in die rigting van Kingfisherlaan gehardloop.

Die man wat kom ondersoek instel het, is in sy Volkswagen agterna.

Hy het die aanvaller blykbaar twee keer met die motor gestamp, maar dié het elke keer verder gehardloop.

By die Total-vulstasie in Kingfisherlaan het hy in ’n wagtende bruinrooi Toyota Corolla gespring, die Volkswagen gestamp en weggejaag.

Die begrafnis is Saterdag 10:00.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Stap-net-aan-s%C3%AA-man-voor-mesmoord-20100527
« Laaste verandering : May 27, 2010, 02:25:55 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #206 op: June 02, 2010, 10:07:32 AM »
Opvolgberigte oor die uiters barbaarse moorde op mev. Alice Lotter en haar dogter, Helen Lotter:


Die vermoorde mev. Helen Lotter.


Bejaarde se gebed laaste woorde voor dood

2010-06-01 00:58

Tom de Wet

WELKOM. – “Dankie, Here, dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil,” was die gebed en van die laaste woorde van die sterwende mev. Alice Lotter nadat sy en haar dogter op 6 Maart 2009, in wat deur geharde polisiemanne as een van die wreedaardigste misdaadtonele van hul loopbane beskryf word, beseer is.

Lotter (76) is kort ná haar aankoms in die hospitaal aan haar beserings dood, en haar dogter, mej. Helen Lotter (57), enkele dae later.

Dié wrede moorde op die twee vroue (mej. Lotter is onder meer met ’n gebreekte bierglas gemolesteer en vermink) het wye reaksie ontlok en mnr. Eugene Terre‘Blanche het tot kort voor sy moord nog in onderhoude na dié grusame moorde verwys. Hy het ook optogte na die hofgebou op Odendaalsrus gelei waar die twee vermeende moordenaars eers verskyn het.

Die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22), die Lotters se tuinier, en Joseph Khumalo (21), het gister hier in die hooggeregshof voor regter S.P.B. Hancke skuld op drie aanklagte van moord en een van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede ontken.

Kapt. Koos Venter, hoof van die speurtak op Allanridge, het gister in die verhoor getuig hy het die nag van 6 Maart ’n oproep van mev. Lotter gekry. Sy het gevra “kaptein, waar is jy?” waarna die telefoon doodgegaan het.

Hy kon nie weer na haar deurkom nie en het in sy motor gespring en van sy huis op Odendaalsrus na Allanridge gejaag.

By die agterdeur het hy op die erg beseerde mej. Lotter op die kombuisvloer afgekom. Haar gesig was vol bloed, van haar tande was uit, sy het ’n bebloede T-hemp aangehad en haar naakte onderlyf was vol bloed. Daar was ’n bebloede mes en skêr op die toneel, sowel as die gebreekte onderdeel van ’n bierglas wat naby haar bene gelê het.

In die eetkamer het ’n erg beseerde mev. Lotter teen ’n stoel aangeleun en was besig om te val. Venter het haar gehelp en op die sitkamermat neergelê.

“Wie is jy?” het sy hom gevra terwyl hy gapende wonde aan haar keel, arms en hande gesien het. Hy het gesê wie hy is, waarop sy gesê het: “Dankie Here dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil.”

Venter het die huis deurgesoek en net op die vroue se twee honde in die een kamer afgekom. Hy het die vroue gemaklik gemaak en nooddienste ontbied. Mev. Lotter het sy aandag getrek en gesê dit is Joseph wat in die tuin werk wat hulle seergemaak het. Sy het vir hom gesê Joseph se besonderhede is in haar paspoort op die eetkamertafel. Sy het nie weer gepraat nie en is kort daarna dood.

Venter, met 31 jaar diens as polisieman agter die rug, het getuig die misdaadtoneel was die wreedaardigste wat hy nóg gesien het.

Hlongwane word onder meer met vingerafdrukke met die moorde verbind. (Lees berig op bl.?4.)

Adv. Sophie Giorgi kla aan, adv. Jan Nkhahle en mnr. Law-rence Chabalala verskyn vir die beskuldigdes. Regter Hancke word bygestaan deur twee assessore, mnr. P. Haasbroek en me. B. Smal. Die verhoor duur voort.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-se-gebed-laaste-woorde-voor-dood-20100601



Slagting van vroue beskryf


2010-06-02 06:46



Corné van Zyl

Welkom. – “Helen Lotter was so erg beseer dat ek twee stukke vet so groot soos my hand langs haar op die grond gekry het waar sy bebloed in die kombuis gelê het.”

Só het ao. Frederik Meintjies, ’n fotograaf vir die plaaslike misdaadrekordsentrum (PKRS), gister in die verhoor oor die wrede aanvalle op Alice Lotter (78) en haar dogter  Helen Lotter (57) getuig.

Die twee vroue is in Maart 2009 dood nadat hulle in hul huis op die dorp oorval en grusaam vermink is. Geharde polisiemanne en paramedici het die slagting beskryf as die ergste wat hulle nog gesien het.

Meintjies het getuig dat ’n erg beseerde Lotter in baie pyn op die sitkamermat gelê het toe hy daar aankom.

“Lotter was by haar volle positiewe toe sy aan my en kapt. Koos Venter gesê het dit is Joseph wat in die tuin werk wat hulle seergemaak het. Ons het haar op haar sy gedraai omdat sy gekla het dat sy versmoor wanneer sy op haar rug lê.”

Volgens Meintjies het  Lotter aan hom vertel wat gebeur het. “Ek het by haar op die mat gaan sit om haar te vertroos. Sy het vir ons vertel sy was in die bad toe haar dogter roep om te sê sy het geluide buite by die bakkie gehoor.”

 Lotter het aangetrek en saam met haar dogter na buite gegaan toe hulle ’n onbekende getal mense by die bakkie gesien het.  Lotter het vir hulle geskreeu dat hulle die polisie gaan bel.

“Sy en Lotter het in die huis teruggegaan en die deure gesluit toe hulle hoor hoe ’n venster breek. Dit was toe dat  Lotter gesien het dit was Joseph die tuinier.”

Volgens Meintjies het  Lotter gapende wonde aan haar hande, arms en nek gehad.  Lotter, wat in die kombuis gelê het, kon nie praat nie.

“Sy het gereageer deur ons hande te druk wanneer ons haar iets gevra het.”

 Antoinette Horn, dogter en suster van die Lotter-vroue, het dié verhoor bygewoon.

Die twee beskuldigdes in dié verhoor is Joseph Hlongwane, die Lotters se tuinier, en Joseph Khumalo.

Hlongwane se vriendin,  Rebecca Bochedi, het gister getuig dat Hlongwane op die aand van die moord net ná 23:00 vol bloed by die huis aangekom het.

“Ek was te bang om hom te vra hoekom hy so vol bloed was,” het sy gesê sonder om een keer na die beskuldigdes te kyk. Sy het ook getuig dat sy hom gehelp het om die bloed van sy hande te was voordat sy sy bebloede broek in ’n plastieksak gesit het. Volgens Bochedi het Hlongwane weggehardloop toe die polisie omstreeks 24:00 by hul huis stop.

“Ek het nie vir die polisie gesê Hlongwane was kort voor hul aankoms nog by die huis nie. Ek het ook nie vir die polisie die sak gegee met die bebloede klere nie.”

Sy het saam met die twee beskuldigdes in Hlongwane se huis in Allanridge gewoon. Sy het ook in die verhoor die klere in die polisie-foto’s as Hlongwane se klere uitgewys.

Dié twee beskuldigdes word benewens die moord en roof op die Lotter-vroue aangekla van die moord op mnr. Bongani Landu tussen 2 en 3 November 2007. Albei word met DNS met sy moord verbind.

Hy is in ’n stuk veld in die dorp met ’n gebreekte bierbottel doodgesteek.

Dié verhoor duur voort.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Slagting-van-vroue-beskryf-20100602

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Fikseperd

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 34
Re: Volksmoord
« Antwoord #207 op: June 02, 2010, 11:11:21 AM »
Genoeg is genoeg.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #208 op: June 03, 2010, 11:14:00 AM »
Vier vas nadat pa vermoor, dogters verkrag is


2010-06-02 10:27

André Damons en Sonja van Buul

Vier Mosambiekers is in hegtenis geneem ná die moord op ’n man van Meyerton wie se twee dogters van 16 en 18 daarna herhaaldelik deur hul pa se moordenaars verkrag is.

Die man het Vrydagaand in sy sitkamer voor sy vrou en kinders ineengestort en gesterf nadat aanvallers hom voor sy huis op sy hoewe net buite Meyerton in die Vaaldriehoek geskiet het.

Die vier Mosambiekers is gister in die vroeë oggendure in Soweto gearresteer weens dié gru-aanval.

Volgens konst. Tikoane Sonopo, polisiewoordvoerder, het lede van die Vereeniging-trio-taakspan omstreeks 02:00 op ’n plakkershut in Orlando, Soweto, toegeslaan en drie mans in hegtenis geneem. Hul makker is later elders in Soweto gearresteer.

Volgens Sonopo het die vier mans die 50-jarige man Vrydag vermoedelik omstreeks 22:00 voor sy huis op die Boltanworld-hoewes ingewag.

Die man het glo van Kuruman in die Noord-Kaap af gekom.

Sy 16-jarige dogter het die voordeur vir hom oopgemaak en is terug na die sitkamer waar haar ma en 18-jarige suster saam met twee ander vroue gesit het.

Sonopo kon nie gister sê wie die twee ander vroue is nie.

Kort nadat die 16-jarige weer by die ander vroue aangesluit het, het hulle twee skote gehoor, waarna haar pa die kamer bebloed binnegestrompel het.

Hy het ineengestort en is voor die vroue en kinders dood. Hy is vermoedelik in die regterskouerblad onder die arm geskiet.
“Kort nadat die man die sitkamer ingestrompel het, het drie aanvallers die vertrek ingestorm. Hulle het min gepraat, maar was baie aggressief,” het Sonopo gesê. ’n Vierde man het later by die mans aangesluit en die vroue langs die oorlede man vasgebind.

Beeld het gister verneem die aanvallers het die twee meisies eers na ’n buitekamer in ’n motorhuis geneem en hulle daar herhaaldelik om die beurt verkrag.

Een aanvaller het toe een van die meisies in die huis ingeneem en weer verkrag.

Die ouer vroue is erg getraumatiseerd, maar ongedeerd.

Sonopo het gesê die mans het daarna ’n TV-stel en ’n radio gesteel en in die familie se BMW-motor gevlug.

Nadat die aanvallers weg is, kon die vroue hulself losmaak en het die polisie gebel.

Die twee meisies is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Die trio-taakspan het die gesteelde BMW die volgende dag in Diepkloof, Soweto, gevind en die TV-stel, radio en ’n pistool, vermoedelik die moordwapen, in die hut.

Die mans sal binnekort op aanklagte van moord, verkragting en roof in die landdroshof in Vereeniging verskyn.



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vier-vas-nadat-pa-vermoor-dogters-verkrag-is-20100602
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #209 op: June 07, 2010, 01:56:04 PM »
(Let gerus op die deel en geel uitgelig)

Gert du Toit (32)


Koeëldood vir dapper polisieman

2010-06-06 21:51



Sonja van Buul en Daniëlla du Plooy

’n Johannesburgse polisieman is eergisteroggend koelbloedig doodgeskiet toe hy ’n groep van soveel as 15 mans agternagesit het wat ’n transitovoertuig beroof het.

Minstens twee van die vier verdagtes wat weens die moord op sers. Gert du Toit (32) van die polisie se K9-eenheid (die voormalige honde-eenheid) in Johannesburg in hegtenis geneem is, is moontlik polisiebeamptes.

Die rowers het ook ’n ander polisieman, konst. Musa Arthur Kefwa, en twee veiligheidswagte van Coin-sekuriteit gewond.

Beeld het van betroubare bronne verneem van die verdagtes is polisielede wat by onderskeidelik die Sharpeville- en die Sebokeng-kantoor werk.

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê hy kan nie bevestig dat geen polisielede by die misdaad betrokke was nie, berig Hilda Fourie.

Soos wat die ondersoek verloop, kan dit uitkom dat polisielede betrokke was. “Ek kan hulle nie polisielede noem nie. Hulle is misdadigers wat polisie-uniforms gebruik,” het Cele gesê.

Volgens hom was minstens een van die mans wat vasgetrek is uit op borgtog vir ’n soortgelyke misdaad.

’n Ander is ’n oudwerknemer van Coin-sekuriteit. Dié maatskappy het dit bevestig.


Du Toit, of Toitjie soos hy onder kollegas bekend was, se vrou, Alicia, ’n polisieklerk, was ten tyde van die voorval aan diens by die tydelike beheersentrum by die ou blitspatrollie in Brixton se radiokamer.

Dit is ingerig vir WB 2010.

Mev. Du Toit het die jaagtog glo op die radio gevolg. Kort nadat haar man noodlottig in die linkersy gewond is, het sy die nuus verneem.

Een van die polisiebeamptes wat op die toneel was, het gister aan Beeld gesê Du Toit se lyk het buite die polisiemotor gelê.

“Dit het gelyk of hy uitgespring het om agter die motor skuiling te soek.”

Die groep rowers het gister tussen 07:00 en 08:00 in vyf motors op die Coin-transitowa en ’n rugsteunvoertuig op die N1-suid tussen die Maraisburg- en die Nasrec-oprit toegeslaan.

Dit is slegs enkele kilometer van die Soccer City-stadion, waar WB 2010 Vrydag afskop.

Volgens brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het die rowers twee motors gebruik om die Coin-voertuie van die pad te dwing en sakke kontant te gryp.

“Nadat hulle die twee wagte geskiet het, het hulle dié motors agtergelaat en in ander voertuie gevlug.”

Die polisie het hulle by Ou Potchefstroomweg in die rigting van Soweto opgemerk en agternagesit.

“In die jaagtog het die verdagtes op die polisiebeamptes losgebrand en die een (Kefwa) in die hand getref.”

Hulle het daarna na Protea-Suid in Soweto gejaag waar daar weer ’n oor-en-weer-skietery was en Du Toit noodlottig gewond is.

Een van die voertuie het ook in ’n erf ingery waar ’n vrou met ’n kind op haar skoot gesit het. Die ma het met haar kind weggehardloop.

Vier verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op drie voertuie en agt vuurwapens, waaronder ’n AK47-, R4- en R5-aanvalsgewere en ’n pistool.

Sowat ’n uur ná die rooftog was die N1 afgesper en verkeer het etlike kilometer ver opgedam.

’n Chinese filmspan het uit die motorvensters geleun om die toneel af te neem.

Volgens brig. Govindsamy Mariemuthoo, Gautengse kommunikasiehoof, verwag die polisie binnekort nog arrestasies.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Koe%C3%ABldood-vir-dapper-polisieman-20100606
« Laaste verandering : June 08, 2010, 09:55:31 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #210 op: June 08, 2010, 09:52:47 AM »
Insake :

From: Crooks Amelda - Colonel <crooksa@saps.org.za>
Date: Mon, 17 May 2010 09:11:14 +0200
Subject: Investigation of unnecessary police brutality
To: Complaints Investigations <complaints.invest@saps.org.za>
Cc: smaartens@gmail.com

To: Complaints Investigations

 

Find complaint for your handling as received from Mr Maartens.

 

Regards

 

Amelda Crooks  COLONEL

NATIONAL DEPUTY INFORMATION OFFICER

SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE

TEL: 012 393 2606 / +27 12 393 2606

FAX: 012 393 2156 / +27 12 393 2156

 

________________________________

From: Sanderis Maartens [mailto:smaartens@gmail.com]
Sent: Sunday, May 16, 2010 4:05 PM
To: Crooks Amelda - Colonel
Cc: Mathe Temba - National Secretary
Subject: Investigation of unnecessary police brutality


                       
SUID-AFRIKAANS POLISIEDIENS                                      SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE



Privaatsak / Private Bag X 94
E-pos / E-mail:    vanrooyenc@saps.org.za









Verwysing         
Reference   4/14/2/1/227 (3)      

Navrae      Lt Col C van Rooyen
Enquiries    

Telefoon      
Telephone     (012)  393 3075

Faksnommer   
Fax number   0866207444
NASIONALE INSPEKTORAAT
KLAGTE-ONDERSOEKE
         
NATIONAL INSPECTORATE
COMPLAINTS INVESTIGATIONS
HEAD OFFICE
PRETORIA



4 June 2010
    
Sanderis Maartens
smaartens@gmail.com

Dear Mr Maartens


COMPLAINT AGAINST THE SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE : DENDRON SAPS 


Receipt of your e-mail dated 16 May 2010, forwarded to National Commissioner of the SA Police Service is hereby acknowledged.

The contents of your representation has been noted.  Kindly note that your matter has been referred to Provincial Inspectorate: Limpopo Province.

Kindly contact this office should you have any enquiries.

It is trusted that you will find the above explanation in order.

Kind regards




                                              LIEUTENANT COLONEL
f/SECTION HEAD : COMPLAINTS INVESTIGATIONS
NATIONAL INSPECTORATE
C VAN ROOYEN

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #211 op: June 08, 2010, 02:26:27 PM »
Opvolgberig:


‘My broer het as ’n held gesterf’
2010-06-07 22:26



Sers. Gert du Toit (regs) staan by sy broers, Kobus (links), Danie (tweede van links) en Francois. Dié foto is in Maart vanjaar tydens ’n familiebyeenkoms geneem.



Hilda Fourie

‘Ou Gertjie, ou Gertjie. Een is weg, een is weg. Nie weer nie, nie weer nie”.

So het die bejaarde pa van sers. Gert du Toit (34) eergister sy seun se dood betreur. Du Toit was ’n lid van die K9-eenheid in Johannesburg wat Saterdag deur transitorowers in Protea-Suid, Soweto, in ’n oor-en-weer skietery doodgeskiet is.

Mnr. Danie du Toit (38), sers. Du Toit se broer, het gister gesê hul pa, ook Gert (70), wat gevorderde Alzheimersiekte het, besef iets is nie reg nie.

Danie sê sy broer het as ’n held gesterf. “Hy het nie net eenkant gesit en niks doen nie. Toe sy kollegas hulp nodig gehad het, het hy re­spond en daarvoor het hy met sy lewe betaal.”

’n Polisielid het Danie Saterdag omstreeks 09:30 gebel. Dié lid het eintlik sy ma, Ronel (65), gesoek. Danie het dadelik onraad vermoed.

Nadat hy die nuus oor sy broer se dood gehoor het, was sy eerste gedagte: Hoe vertel hy dit vir sy ouers?

Hy het sy broer Francois (36), by wie sy ouers in Kempton Park gekuier het, gebel om hulle dit te vertel.

Danie sê sy broer was ’n “harde ou­tjie”. Sers. Du Toit is ná skool na die polisiekollege in Pretoria. Ná sy opleiding het hy in Cleveland, Johannesburg, in die enkelkwartiere gebly.

“Oral teen sy mure was net plakkate van polisiemotors en -kentekens,” het Danie gesê.

“Dit was sy passie, sy trots. Hy het vir my gesê hy wil kyk in hoeveel eenhede hy kan wees. Hy was by die bikes, die berede eenheid, blitspatrollie en nou by die honde-eenheid. Hy het altyd alles gegee.

“Gert het misdaad gehaat. Hy het dit sy missie gemaak om alles te doen om misdadigers vas te trek. Polisieman is al wat hy wou wees. Hy het doodgegaan in die werk wat hy wou doen.”

Nog ’n polisieman, konst. Musa Arthur Kefwa, en twee veiligheidswagte van die Protea Coin-veiligheidsmaatskappy is in Saterdag se skietery gewond.

Een van drie verdagtes wat weens Du Toit se moord vasgetrek is, het gister vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn, berig Sonja van Buul.

Die saak teen dié verdagte van Vereeniging wat glo as veiligheidswag vir Protea Coin gewerk het, is uitgestel na 24 Junie.

Dit is nie bekend of hy die man is wat vroeër in ’n soortgelyke strafsaak op borgtog vrygelaat is nie.

’n Bron na aan die polisie-ondersoek het gesê die twee ander verdagtes is steeds in die hospitaal en sal, afhangend van hul herstel, onderskeidelik op 14 en 17 Junie vir die eerste keer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Volgens die bron is dié verdagtes nog in die hospitaal, waar hulle behandeling ontvang vir beserings wat hulle tydens die transitorooftog opgedoen het.

Dié twee is nie polisiebeamptes nie. Die moontlikheid word nie uitgesluit nie dat polisielede wel deel was van die groep van byna 15 transitorowers wat vir Du Toit se dood verantwoordelik is.

Sers. Du Toit laat nog ’n broer, Kobus (33), sy vrou, Alicia, en ’n stiefdogter, Caitlan (6), agter.



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/My-broer-het-as-n-held-gesterf-20100607
« Laaste verandering : June 09, 2010, 11:17:34 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #212 op: June 15, 2010, 04:01:40 PM »
Dis jammer dat dit so lank moet neem voordat geregtigheid seevier.

Gelukkig het die barbaar, Victor Nyezineu (25), nie soos gewoonlik daarmee weggekom nie:

Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bylmoordenaar-kry-2-keer-lewenslank-20100614

Vorige berigte rakende die voorval:

‘Bid, want ek skiet jou nou,’ sê smalende rower

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bid-want-ek-skiet-jou-nou-se-smalende-rower-20100318

Bylhou, toe ure langs haar ma se lyk

http://jv.news24.com//Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2402957,00.html
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #213 op: June 18, 2010, 02:58:19 PM »
Ek wonder, die afgelope tyd tydens die sokker:

Of die swart-op-wit moorde het opgehou...

Of ek lees al die berigte mis...

Of die media is besig om die moorde te verswyg!!!

Gaan hulle dalk vir die buiteland die indruk probeer skep dat daar meestal wit-op-swart geweld bestaan?

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5470.msg70648/topicseen.html#new

Ek wonder net...

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #214 op: June 18, 2010, 03:11:00 PM »
Werner, al die polisiemanne is besig om die stadions op te pas, hulle kry nie meer tyd om misdaad en moord te pleeg nie...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #215 op: June 18, 2010, 04:46:30 PM »
Werner, al die polisiemanne is besig om die stadions op te pas, hulle kry nie meer tyd om misdaad en moord te pleeg nie...

Daar sê jy dit! Ek is net bekommerd oor al die sekuriteitswagte wat nou "losgelaat" word!
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #216 op: July 12, 2010, 11:18:51 AM »
.....en so keer die ruwe Suid-Afrika terug na "normaal"...........

Neels Jansen (61)



Rower: ‘Moenie worrie nie’


2010-07-11 23:16



Sonja van Buul

’n Man (61) van Vanderbijlpark wat ná ’n operasie tuis aangesterk het, is gisteroggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet toe twee huisrowers in hul slaapkamer ingekom het.

Mnr. Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes buite die dorp is na verneem word kort gelede uit die hospitaal ontslaan ná ’n breuk-operasie.

Volgens konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, is mnr. Jansen een keer in die maag geskiet.

“Die rowers het om ongeveer 04:30 die diefwering voor ’n venster afgebreek en so toegang tot die huis gekry,” het Ntsheo gister gesê.

Mev. Jansen is op die bed langs haar man vasgebind voordat sy gehoor het hoe ’n skoot afgaan.

Sy het kort daarna, steeds vasgebind, maar nog onbewus daarvan dat haar man doodgeskiet is, vir die rowers gaan wys waar hulle geld kan kry.

Hulle het op onder meer geld en vuurwapens aangedring.

Mev. Jansen het daarna haar bebloede man bewegingloos op die bed sien lê.

“Sy het eers gedink sy operasiewond het weer begin bloei, maar gou besef hy is geskiet,” het ’n familievriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, gister op die moordtoneel gesê.

Mev. Jansen het die rowers glo gevra of sy haar man mag help, maar is aangesê om hom uit te los.

“Moenie worrie nie, ons het klaar die ambulans gebel,” het een van die rowers, volgens ’n betroubare bron, in Engels geantwoord.

Die rowers het hierna met onder meer ’n onbekende bedrag geld en drie selfone in ’n voertuig, wat buite onder die hoewehuis se afdak geparkeer was, gevlug.

Ntsheo het bevestig die rowers het in ’n wit Mazda-bakkie gevlug, maar kon nie sê wie die eienaar van die voertuig is nie.

Die egpaar se dogter en haar seun, haar twee dogters en twee vriende van haar kinders het ten tye van die aanval uit Kimberley op die kleinhoewe gekuier. Dit is nie bekend of hulle ook aangeval is nie.

Hul name is onbekend.

Die geskokte familie het die polisie en paramedici se hulp ontbied.

“Paramedici het na die kleinhoewe gejaag, maar kon maar net die man se doodsverklaring teken,” het mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.

Mev. Jansen, wat erg getraumatiseer is, is deur haar huisdokter vir skok behandel.

Ntsheo het gesê die rowers in die huis het op hul selfone met nog ander lede van die roofbende buite die hoewehuis gepraat.

“Ons ondersoek sake van moord en gewapende huisroof,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rower-Moenie-worrie-nie-20100711
« Laaste verandering : July 12, 2010, 11:27:02 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #217 op: July 13, 2010, 08:17:26 AM »
Grootjie met ’n serp verwurg



 
Mev. Hannie Smit (77)


Wolmaransstad. – ’n Oumagrootjie is verlede week vasgebind en dood in haar huis aangetref nadat sy op haar hoewe buite dié delwersdorp in Noordwes oorval en volgens die polisie vermoedelik met ’n serp verwurg is.

Toe familielede verlede Sondagaand op mev. Hannie Smit (77) se lyk afgekom het, was sy op ’n stoel in die sitkamer vasgebind.

Cheeky, haar worshondjie, het ongedeerd op die vloer langs haar gelê.

“Dis moeilik om my ma in een sin op te som. Sy het altyd vir ander omgegee, altyd gesê die wraak kom ons nie toe nie en ek is doodseker as daar een mens is wat in die hemel is, is dit sy,” het mnr. Daniel Smit (37) van Witrivier gister gesê.

Sy ma het byna 35 jaar op die hoewe gewoon.

Mev. Smit se bankstate dui aan dat sy Sondag in die middagetensuur inkopies in die plaaslike Spar gedoen het waarna sy terug huis toe is.

Niemand het haar daarna weer lewend gesien nie.

“Ek bel altyd op ’n Sondagaand om te hoor hoe dit met haar gaan en te gesels.

Ek het omstreeks sesuur gebel, maar daar was nie antwoord nie.

Ek kon nie op die landlyn of selfoon antwoord kry nie.

“Ek het later my suster Marianne gebel en sy het iemand wat altyd los werkies en instandhoudingswerk by my ma se huis gedoen het, gestuur om te gaan kyk wat fout is,’’ het mnr. Smit gesê.

Hy het gesê haar aanvaller(s) het waarskynlik deur ’n venster geklim.

“My ma se hande en voete was aan ’n stoel vasgebind en sy het serpe aan haar kop en nek gehad.’’

Volgens ’n familielid het sy geen letsels aan haar lyf gehad nie.

Mnr. Smit het gesê die hele familie is woedend.

“Dis beter dat ek in dié stadium eerder my gedagtes vir myself hou.”

Hy het sy ma as selfversorgend bestempel en gesê sy het nog haar tuin versorg en self natgespuit.

Sy het talle vriendinne gehad saam met wie sy graag gekuier het en wou nie die hoewe verlaat om in ’n versorgingsoord te gaan woon nie.

“Dit is so onaanvaarbaar. Daar is diegene wat daarmee te koop loop dat daar geen plaasmoorde tydens die
Wêreldbekertoernooi was nie. Dis twak.

“My ma sou niemand skade aandoen nie. Sy sou hulle gegee het net wat hulle wou hê. Sy sou hulle ook mooi gevra het om haar nie dood te maak nie. Sy was fisiek nie sterk nie, sy was al oud.”

Haar aanvaller(s) het in die dae ná die moord verskeie kere in onder meer Klerksdorp geld getrek met mev. Smit se bankkaart.

Kapt. Adele Myburgh, provinsiale woordvoerder, het die aanval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mev. Smit word oorleef deur twee seuns, drie dogters, 11 kleinkinders en een agterkleinkind.

Sy word vandag om 11:00 uit die Pinkster Protestante Kerk in Wolmaransstad begrawe.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Grootjie-met-n-serp-verwurg-20100712
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #218 op: July 13, 2010, 02:29:42 PM »
Hier is nog 'n foto van die tannie:


Hier is die doodsertifikaat:


Dankie aan mev. Adriana Stuijt vir die plasing van die inligting.

http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2010/07/nw-landowner-johanna-smit-76-murdered_08.html
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #219 op: July 13, 2010, 05:00:39 PM »
Nog 'n voorbeeld van swak polisiëring wat misdadigers laat vry gaan! Dit is krimineel! :o >:(

Saak teen 6 ‘aanvallers’ geskrap oor staat vra om uitstel
 

Mnr. Charles Engelbrecht en sy vrou, Violet, ná die aanval in Januarie vanjaar op hul plaas naby Hartswater. Foto: Jana Engelbrecht


Hartswater. – ’n Landdros het ’n saak van poging tot moord teen ses verdagtes in verband met ’n plaasaanval van die hofrol geskrap nadat die staatsaanklaer om uitstel gevra het.

Mnr. Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, het gesê die ses mans is vroeër op borgtog vrygelaat.

“Inligting oor die ondersoek was verlede Donderdag tydens die verdagtes se hofverskyning agterstallig. Die aanklaer het gevra die saak moet uitgestel word.

“Die landdros het besluit om die saak van die rol te skrap.”

Die verdagtes, mnre. Victor Mariping (36) van Hartswater, John Assan (25) van Mosambiek, Manapule Mongale (20), William Salome (44), Ishmael Motwani (47) en Johannes Gorewang, al vier van Magogong, se geld vir borgtog is aan hulle teruggegee en hulle is vrygelaat.

Hulle is vroeër aangekeer in verband met die aanval op mnr. Charles Engelbrecht en sy vrou, Violet, op 10 Januarie op hul plaas naby Hartswater. Engelbrecht is ernstig beseer. Sy vrou is aan ’n stoel vasgebind.

Twee van die verdagtes het vroeër by Engelbrecht en een by sy buurman gewerk.

Engelbrecht het gister gesê hy is geskok dat die saak sommer van die hofrol geskrap is.

“Daar is aan my verduidelik die polisie se ondersoek was nie na wens nie. Ek is erg beswaard hieroor. Ek en my vrou worstel steeds met die nagevolge van die aanval.”

Engelbrecht het gesê hy het destyds ’n private speurder aangestel om te help met die ondersoek.

Die speurder het saam met die polisie teen die vyfde dag ná die aanval ses van die sewe verdagtes aangekeer.

Engelbrecht se mediese koste beloop R120 000.

Shuping het gesê sodra die agterstallige inligting beskikbaar is, sal die saak heropen word.

Engelbrecht wil egter weet: “Hoe gaan hulle weer die verdagtes kry? Hulle gaan mos nou verdwyn!”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Landdros-skrap-saak-teen-6-aanvallers-oor-staat-vra-om-uitstel-20100712
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal