Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #220 op: July 14, 2010, 09:36:05 AM »
Hier is nog 'n verswygde aanval, waartydens daar ook 'n moord plaasgevind het.  Die persoon waaroor die berig handel sal waarskynlik veraltyd verlam wees.


Rudolph Terblanche (47)

"Dís hoe ’n mens voel as jy sterf"

2010-07-13 23:17


Mnr. Rudolph Terblanche glimlag nog, ondanks al die pyn nadat hy verlam gelaat is toe hy tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is.




Hilda Fourie

Nadat ’n Pretoriase man tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is, het hy plat op sy gesig geval en kon hy nie eens ’n pinkie verroer nie.

Al wat mnr. Rudolph Terblanche (47) om hom kon hoor, was gille, smeke en skote.

Terblanche is verlam gelaat ná die aanval sowat ’n maand gelede in sy huis op ’n kleinhoewe in Willowbray, in die ooste van Pretoria.

Hy het eers later uitgevind mnr. Gerhard van Jaarsveld (48), sy vriend, is doodgeskiet en dat me. Elrene Jones (40), sy lewensmaat, in die skouer en die kuit geskiet is.

Terblanche was eers eergister daartoe in staat om met Beeld oor die gebeure te praat.

Hy het vanuit sy hospitaalbed in die Eugène Marais-hospitaal vertel hy het slegs gevoel tot bo sy borsbeen en in dele van sy voorarms.

Die drie het op 11 Junie, met die afskop van WB 2010, by Terblanche se huis gebraai.

“Ons het lekker gekuier, vuur gemaak en lekker gesels. Ons was nie op moord en doodslag ingestel nie,” het Terblanche gesê.

“Ek het al baie in die tuin gebraai ondanks berigte op TV en in die koerante dat dit is waar misdadigers jou oorval. Dít is mos iets wat met ander mense gebeur.”

Terblanche, Jones en Van Jaarsveld was in die kombuis besig toe twee misdadigers by die oop veiligheidshek ingestap het.

“Al wat ek gesien het, was skietgoed. Ek het gedog daar is nog ’n kans om met die manne te praat en vir hulle gesê hulle moet vat wat hulle wil, maar hulle het net begin skiet.

“Hulle het niks gesê nie.”

Een het Jones in die skouer geskiet, terwyl Terblanche die ander een stormgeloop en sy hand gegryp het waarin die vuurwapen was.

“’n Skoot het geklap, toe is ek man down,” het Terblanche gesê.

“Verder was daar gille, smeke en skote. Ek het plat op my gesig gelê en kon vir die res van die aand nie eens ’n pinkie roer nie.

“Ek het gedink dit is hoe dit voel as jy doodgeskiet word. Ná ’n rukkie het die doodgaanproses vir my ’n bietjie lank begin vat.”
Terblanche het eers ná die tyd uitgevind daar was vyf mans in sy huis.

Dr. Deodat Maré, sy dokter, het gesê Terblanche is in die nekspier geskiet en ’n werwel is getref, “wat sy rugmurg so geskud het dat dit permanent beskadig is”.

“As iemand my bobeen met ’n slagtersmes afsny, sal ek dit nie voel nie,” het Terblanche gesê.

Tog is hy vasbeslote om eendag weer te loop.

Hy is in aanhoudende pyn omdat hy krampe kry op die plekke waar hy gevoel het.

Terblanche het sowat ’n week gelede met rehabilitasie begin. Hy sal minstens drie maande daarvan moet deurgaan.

Sy hospitaalplan voorsien slegs vir 27 dae se rehabilitasie.

Daarby moet hy ook nog ’n rolstoel kry, wat hy nie kan bekostig nie.

“Ek het nie hiervoor beplan nie,” het Terblanche gesê.




Die x-straalfoto heel regs wys waar Terblanche in die nek geskiet is.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #221 op: July 14, 2010, 12:49:05 PM »
Skok toe ET-verdagte borg kry
2010-07-14 11:52
 
'n Beskuldigde in die moordsaak van mnr. Eugene Terre'Blanche is Woensdag borgtog toegestaan in die Ventersdorpse landdroshof.

Familielede en vriende van die vermoorde oud-AWB-leier was geskok toe mnr. Chris Mahlangu borg gekry het.

Die ander beskuldigde, 'n minderjarige, het nie aansoek om borgtog gedoen nie.

Landdros Magaola Foso het bevind dat Mahlangu sy samewerking aan die polisie gegee het en dat daar nie 'n waarskynlikheid is dat hy sal probeer om nie sy verhoor by te woon nie.
 >:(
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #222 op: July 14, 2010, 02:46:04 PM »
Skok toe ET-verdagte borg kry
2010-07-14 11:52
 
'n Beskuldigde in die moordsaak van mnr. Eugene Terre'Blanche is Woensdag borgtog toegestaan in die Ventersdorpse landdroshof.

Familielede en vriende van die vermoorde oud-AWB-leier was geskok toe mnr. Chris Mahlangu borg gekry het.

Die ander beskuldigde, 'n minderjarige, het nie aansoek om borgtog gedoen nie.

Landdros Magaola Foso het bevind dat Mahlangu sy samewerking aan die polisie gegee het en dat daar nie 'n waarskynlikheid is dat hy sal probeer om nie sy verhoor by te woon nie.
 >:(

EK GAAN MAL WORD!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #223 op: July 14, 2010, 02:53:27 PM »
Hy beter hoop sy begrafnispolis is op datum , as die ystergarde hom kry ....
(maar deesdae weet mens nie meer nie )
???

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #224 op: July 14, 2010, 03:21:13 PM »
Mediaverklaring
14 Julie 2010
Jagseisoen op boere weer oop?


Chris Mahlangu, 'n beskuldigde in die moordsaak van mnr. Eugene Terre'Blanche, is Woensdag borgtog toegestaan in die Ventersdorpse landdroshof van R5 000-00. Landdros Magaola Foso se verskoning om borg aan hierdie plaasmoordenaar te gee, is blykbaar omdat hy sy samewerking aan die polisie gee.
 
Dit is opvallend dat hierdie plaasmoordenaar borg ontvang slegs drie dae na afloop van die sokker wêreldbeker. Daar word berig in die ANC beheerde media dat plaasaanvalle afgeneem het tydens die sokker wêreldbeker. Dit skep die indruk, dat daar gemeen word dat die kwota aanvalle en moorde op plase agter geraak het weens die sokkertydperk en nou word plaasmoordenaars los gelaat op die boere om tog maar die kwota op te maak.

In die media is ook berig dat die plaasmoordenaar swak betaal was en dit is selfs aangevoer as ‘n verskoning vir die barbaarse moord. Mens wonder waar so kastig swak betaalde plaaswerker skielik R5 000-00 kry om borg te betaal.



Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #225 op: July 14, 2010, 03:33:14 PM »
Die ANC betaal mos sy regsverteenwoordigers, so hulle sal seker al te gretig wees om sy borg ook te betaal. >:(

Die mense wat sit en wag op uhuru, moet ophou wag, die beste manier om 'n oorlog te voorkom, is om vir 'n oorlog gereed te maak. Daar sal nooit oorlog verklaar word sodat ons ook die wapen kan opneem nie, die aanslag op ons lewens en plaasmoorde gaan net ál feller word en meer gereeld en dit word mos in hierdie Azaniese kettery as "gewone misdaad" afgemaak.

Ek kom nou by die punt waar ek wil roep "time-out", ek kan nie meer nie. En ek kan nie verstaan dat sommige mense hulle nog blind staar aan die reënboognasie nie. Ek verstaan dit nie...
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volksmoord
« Antwoord #226 op: July 14, 2010, 03:43:22 PM »
Liewe aarde, daar kort ten minste nog 'n klomp nulle agter daai vyf.

As iemand nou nog nie kan insien dat die regering al lankal die jagseisoen op ons oop verklaar het nie, dan weet ek nie. Die ergste van als is dat hierdie tog 'n baie hoe profiel moord was.
Moed Vryheid Eer

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #227 op: July 14, 2010, 09:01:40 PM »
Kan daar nog twyfel wees?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #228 op: July 14, 2010, 09:33:06 PM »
MOORDENAAR CHRIS MAHLANGU



Susan Cilliers
Ventersdorp. – Borgtog is gister aan een van mnr. Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaars toegestaan.

Familielede en vriende van die AWB-leier in die landdroshof het hul asems hoorbaar ingetrek toe hulle dit hoor.

“Dis skokkend,” het Terre’Blanche se weduwee, Martie, aan Beeld gesê.

Landdros Magaola Foso het borgtog van R5 000 aan mnr. Chris Mahlangu (27) toegestaan. Hy moet twee keer per dag by die polisiekantoor in Mabopane naby Pretoria aanmeld, waar hy by sy oom sal woon.

Terre’Blanche se ouer broer, Andries, het gesê die familie is oortuig Mahlangu is ’n Zimbabwiër en dat hy binnekort landuit sal vlug.

“As hy weghardloop – en hy gáán – gaan ons ’n moerse ding teen die staat maak. ’n Man is wreed vermoor en pap geslaan, maar sy moordenaar kry borg om weg te hardloop.”

Mnr. Puna Moroko, Mahlangu se regsverteenwoordiger, het gevra dat hy ter wille van sy eie veiligheid nie dadelik ná die hofverrigtinge vrygelaat word nie.

“Hy sal later vandag of môre betaal. Baie mense het al aangebied om te help om sy borgtog te betaal.”

Foso het bevind die staat kon nie bewys Mahlangu is ’n onwettige Zimbabwiese immigrant nie.

“Die hof aanvaar sy oom (Isaiah Ngobeni) se getuienis dat hy familiebande in Zimbabwe het en daar grootgeword het, maar Ngobeni het ook getuig die beskuldigde se pa het deur die jare dikwels in Suid-Afrika kom werk. Daar is dus geen bewyse dat hy nié in Suid-Afrika gebore is nie.”

Die hof het vroeër gehoor Mahlangu het geen identifiserende dokumente soos ’n ID of paspoort nie. Daar is ook geen rekord van hom op die bevolkingsregister nie, maar Moroko het aangevoer sy kliënt is moontlik een van vele Suid-Afrikaners wie se geboorte nooit geregistreer is nie.

Mahlangu het beweer hy het by die departement van binnelandse sake aansoek gedoen om ’n ID-dokument nadat syne in ’n brand vernietig is, maar dit nog nie gekry nie. (Hy beweer sy ID is in 'n brand vernietig, maar hy is nie op die bevolkingsregister nie...? Dis absolute twak!)

Foso het gesê Mahlangu se oom, ’n betroubare getuie, het hom as “nederig en respekvol” beskryf, dat Mahlangu nie vorige veroordelings of sake teen hom het nie en nie met getuies probeer inmeng het nie. Die landdros meen dit is onwaarskynlik dat hy sal probeer vlug omdat hy homself die dag van die moord aan die polisie oorgegee het.

Sy vrylating hou ook nie ’n bedreiging vir die openbare orde in nie, omdat die openbare orde reeds herstel is ná die aanvanklike opspraak rondom die moord.”

Foso het egter toegegee daar is steeds ’n risiko dat Mahlangu kan vlug, maar gesê die die hof “kan nie in die toekoms sien nie”. verregaande!

Mahlangu word saam met ’n minderjarige, wat nie om borgtog aansoek gedoen het nie, van die moord op 3 April vanjaar op Terre’Blanche aangekla. Mahlangu beweer hy het Terre’Blanche uit selfverdediging doodgemaak nadat dié hom tydens ’n loongeskil met ’n panga gedreig het. LEUEN! Die staat voer egter aan Terre’Blanche se skedel is verbrysel terwyl hy gelê en slaap het en dat hy die aanval “nie sien kom het nie”.

Die verhoor begin op 22 November in die rondgaande hof in Ventersdorp.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Izak

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 113
Re: Volksmoord
« Antwoord #229 op: July 14, 2010, 11:01:52 PM »
Reg. Ek sal sagter wees Sanderis.

Hierdie kyk wat ek van die ou kry laat my emosies ervaar wat moeilik in die werklikheid beheer sal kan word.

{Beter?}

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #230 op: July 14, 2010, 11:11:59 PM »
Dankie Shalom , ek weet dit bring sterk emosies na vore maar soos ek reeds gesê het die plek het reëls .
Jy kan jou 1ste waarskuwing verwag .

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #231 op: July 15, 2010, 10:27:40 AM »
Mediavrystelling

Borgverlening aan mnr. Eugene TerreBlanche se
moordenaar

Die verlening van borg aan die adreslose, self-erkende moordenaar van die Afrikanerleier en lid van die Afrikanerfront se bestuur, mnr. Eugene TerreBlanche, vir die skamele bedrag van vyfduisend Rand is ‘n skreiende skande. Gesien teen die uitermate hoë borggeld wat telkens van blankes wat van geweld of moord op swartes aangekla word, gevorder word, demonstreer die onderhawige beslissing die valsheid van die ANC se grondwetlik gewaarborgde gelyke behandeling van alle landsburgers voor die reg. Volksgenote beskou die verlening van borg aan hierdie terroris vir so ‘n onbenullige bedrag as doelbewuste uittarting van die nasionale Afrikanerdom om te probeer bepaal hoe ver ons wetsgehoorsaamheid en geduld nog gebuig kan word voor dit breek.

Tot dusver kon leiers van nasionalistiese groeperinge hul volgelinge oorreed om selfbeheersing aan die dag te lê, dog die verontwaardiging en woede van volksgenote oor hierdie onoordeelkundige borgverlening het ‘n punt bereik waar nie meer gewaarborg kan word dat sommige volksgenote nie die provokasie waaraan ons telkens onderwerp word, sal beantwoord met optrede wat ten minste ‘n gevoel van vergelding vir die onreg ons telkens aangedaan, sal laat nie.

Volksgenote moet uit die voorval leer dat ongelyke behandeling en berekende veragting van die Boerevolk se sentimente soos in hierdie geval, ‘n durende verskynsel en kenmerk van die heersende politieke bedeling is, waaraan geen einde sal kom nie vanweë die botsende belange en waardes van die volkere wat in dieselfde staat saamgebondel is.

Vir diegene wat hulleself as deel van die nasionale Afrikanerdom ag, is daar geen alternatief vir vryheid nie. Daarom word volksgenote wat so gesind is, opnuut opgeroep om hulle gewig agter die verkiesing van ‘n eie Volksraad buite die ANC se politieke bedeling in te werp en daardeur ons verwerping van dié bedeling op die sprekendste wyse te toon en ons vir die bevryding van ons volk te beywer.
 
Andries Breytenbach
Voorsitter
Afrikanerfront
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #232 op: July 23, 2010, 09:13:19 AM »

Boervrou, werker keelaf gesny ná set met brand


2010-07-22 08:35


Bongani Hans

Drie mense is gisteraand vermoor in ’n klaarblyklik goed beplande plaasaanval in Mooirivier in KwaZulu-Natal.

Die aanvallers het ’n 58-jarige boervrou en ’n 65-jarige werker keelaf gesny. Die derde slagoffer, ’n 34-jarige huishulp, is verskeie kere in die kombuis geskiet.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het omstreeks 20:00 ’n brand op die plaas Sherwood gestig. Hulle het gewag dat die boer die huis verlaat – en toe toegeslaan.

“Die boer het uitgegaan om die brand te gaan blus, terwyl sy vrou ’n werker gaan roep het om te help. Op pad na die brand is die vrou en die werker deur twee mans gekonfronteer.”

Mnr. Fritz Erasmus, ’n paramedikus, het gesê die boervrou se lyk is in ’n motorhuis gevind en dié van die werker buite die kombuisdeur. Albei het steekwonde gehad en is keelaf gesny.

Die huishulp se lyk is in die kombuis gevind.

Naicker het gesê die motief vir die aanval is onbekend. Die moordenaars het te voet gevlug sonder om iets te buit.

Die polisie se honde-eenheid was teen druktyd steeds besig om na hulle te soek.

’n Groep boere het 15 paaie in die omgewing afgesper om die moordenaars te probeer vastrek.

Mnr. Koos Marais, veiligheidshoof van die KwaZulu-Natalse Landbouvereniging, het sy skok oor die moorde uitgespreek.

“Ons doen ’n beroep op die regering om die sinnelose moorde op ons land se voedselprodusente stop te sit.”


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boervrou-werker-keelaf-gesny-na-set-met-brand-20100722
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #233 op: July 24, 2010, 02:52:32 AM »
Hierdie was duidelik n beplande terroriste-aanval.

Waarom sou hierdie regering dit wou stop?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #234 op: July 27, 2010, 04:44:18 PM »
Skurke druk vrou in kas by man se lyk




Mnr. Ryan Geyer en die egpaar se seuntjie.


Mev. Bronwyn Geyer en hul dogtertjie

Rowers het ’n man van Swavelpoort, oos van Pretoria, doodgeskiet en sy lyk saam met sy vrou in ’n kas gedruk.

Mnr. Ryan Geyer (35) en sy vrou, Bronwyn (33), is eergister omstreeks 19:00 deur twee mans in hul huis oorval.

Lt.kol. Gavin The-Kisho, bevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor, het gesê die rowers het skote deur die huis se deur geskiet om toegang te verkry.

Een het ’n vuurwapen gehad en die ander ’n staalpyp.

Mev. Geyer het gehardloop om die noodknoppie te druk en die man met die pyp het haar agternagesit.

Die man met die vuurwapen en haar man het begin stoei en mnr. Geyer is volgens The-Kisho voor sy vrou doodgeskiet.

Die aanvallers het haar daarna saam met sy lyk in ’n kas toegesluit voordat hulle gevlug het sonder om iets te steel.

Mev. Geyer was gister te geskok om met Beeld te praat. Die egpaar het twee kinders, van vier en twee jaar oud.

Dit is nie bekend waar hulle tydens die aanval was nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Skurke-druk-vrou-in-kas-by-man-se-lyk-20100726
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #235 op: July 27, 2010, 05:53:29 PM »
 :'(

Ek het nie meer woorde nie, al wat ek weet, die aanslag word daagliks hewiger.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #236 op: July 28, 2010, 07:29:21 AM »
Soos Henk gister ergerlik opgemerk het, kan die skurke nie as rowers beskryf word nie - hulle het niks gesteel nie. Hulle is gewoonweg moordenaars! Volksmoordenaars. Maar die pers weier om toe te gee dat ons met 'n georganiseerde uitroei-veldtog te doen het. Saam met die ghawwermint hou hulle aan verkondig dat dit gewone misdaad is.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #237 op: July 28, 2010, 08:42:27 AM »
Hulle is gewoonweg moordenaars! Volksmoordenaars. Maar die pers weier om toe te gee dat ons met 'n georganiseerde uitroei-veldtog te doen het. Saam met die ghawwermint hou hulle aan verkondig dat dit gewone misdaad is.


Die statistieke is besig om teen hulle op te stapel , statistieke lieg nie (behalwe natuurlik as dit van die regering kom , mens kan met hul sluheid en oneerlikheid verwag dat hul statistieke wat hul opstel sal kook ) .

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #238 op: August 02, 2010, 09:18:46 AM »
(Hierdie moord het 'n ruk gelede, tydens die sokker plaasgevind, maar dit het nou eers onder my aandag gekom)

14 Junie 2010 - Deon Verwey (49)


Inbreker vermoor man (49) met skroewedraaier



Mnr. Deon Verwey


MARISKA SPOORMAKER
Jeffreysbaai
14/06/2009 09:58:29 PM - (SA)

Nog ’n moord – dié keer op die 49-jarige mnr. Deon Verwey van ­Wavecrest – het Jeffreysbaai geruk.

Die aanvaller het gisteroggend tussen 02:00 en 02:30 toegang tot Verwey se huis in Maidenhair- singel gekry, vermoedelik deur ’n slaapkamervenster. Verwey is met ’n skroewedraaier in die hart gesteek.

Te oordeel aan al die bloed op die bed lyk dit asof Verwey eers ’n rukkie in die slaapkamer vertoef het het voordat hy na die agterdeur gestrompel en om hulp geroep het, het sy suster, me. Annetta van der Merwe, gesê.

“Ons dink sy hande of voete was met ’n selfoonkabel vasgebind,” het sy bygevoeg.

Insp. Marianette Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê items word uit die huis vermis, “maar ons moet nog presies vasstel wat dit alles is”.

Van der Merwe, wie se huis langs Verwey s’n is, het gister vertel hoe haar vriend, mnr. J.H. Potgieter, wakker geword het toe hy Verwey “Netta, help!” hoor roep het.

“Hy het deur die venster gekyk en gesien hoe my broer so half gebukkend by die kosyn staan. Ingeval die aanvaller nog daar sou wees, het hy eers gou ’n graaf gegryp en toe soontoe gehardloop.

“Teen daardie tyd het my broer al op ’n stoel gesit. Hy het vir my geskreeu om die motor te bring sodat ons hom by die hospitaal kon kry,” vertel Van der Merwe. Met hul aankoms by die Humansdorp-hospitaal was Verwey reeds dood.

Verwey was tot onlangs nog die eienaar van die Graslaagte-slaghuis in Humansdorp.

“In Februarie nog was ons só geskok oor die wrede moord op me. Cecile Potgieter; min het ek geweet my broer sou volgende wees,” het ’n oorblufte Van der Merwe gister gesê.

Verwey laat sy dogter, Michelle Verwey (23), wat ook in Jeffreysbaai woon, agter.

Olivier het die publiek versoek om met enige inligting oor die voorval na vore te kom. Die polisie in Jeffreysbaai kan by042 200 6833 gebel word.


http://jv.dieburger.com/Stories/Streek/OosKaap/19.0.1622973553.aspx
« Laaste verandering : August 05, 2010, 10:24:28 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #239 op: August 02, 2010, 10:43:48 AM »
15 Julie 2010:
Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62)



Lyke in kattebak: Kapmes gebruik

2010-07-19 22:47



Dries Liebenberg

Durban. – ’n Kapmes en vuur­wapen is moontlik gebruik in die gru-moord einde verlede week op ’n afgetrede egpaar van die KwaZulu-Natalse suidkus.

Die polisie het bekend gemaak die slagoffers van die huisrowers was mnr. Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62), van Hibberdene nadat hul dogter in die VSA opgespoor is.

Die egpaar se lyke is Donderdagaand in die kattebak van hul wit Volvo sowat 6 km van hul huis in die woonbuurt Woodgrange gevind nadat ’n verbyganger die motor in ’n sloot langs die pad gesien het.

Dit is eers vir ’n motorongeluk aangesien totdat die polisie bokse vol goedere op die agtersitplek gewaar en ondersoek ingestel het.

Dit was toe dat die lyk van mnr. Early, wat net in ’n T-hemp en onderbroek gekleed was, in die kattebak ontdek is.

Sy vrou se naakte lyk het onder sy lyk gelê.


Lt.kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gister bevestig dat mnr. Early ook kapwonde aan sy lyf gehad het benewens wonde wat met ’n stomp voorwerp toegedien is.

Mev. Early is met ’n vuurwapen in die bors geskiet.

Die polisie het vroeër gesê die egpaar is die middag oorval by hul huis, wat weens die digte plantegroei in die tuin nie duidelik van die pad sigbaar is nie.

In die huis het ’n bloedspoor wat van vertrek tot vertrek gelei het getuig hoe die slagoffers rondgesleep is.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lyke-in-kattebak-Kapmes-gebruik-20100719


(Opvolgberig:)


Inbreker moor glo ná vrylating

2010-07-24 11:32



Dries Liebenberg

Durban. – ’n Veroordeelde inbreker wat in Junie uit die tronk vrygelaat is, is saam met twee ander verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op ’n bejaarde egpaar ’n week gelede aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Die 23-jarige verdagte is vroeër tronk toe gestuur weens ’n inbraak in Hibberdene, waar Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62), verlede Donderdag in hul huis in die woongebied Woodgrange vermoor is.

’n Span speurders van Port Shepstone se eenheid teen georganiseerde misdaad het die drie verdagtes eergister omstreeks 16:00 by die Silver Hill-kampong van ’n groep suikerrietplase in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Zandra Hechter, polisiewoordvoerder, is die kampong sowat 12 km van die Early’s se huis.

Een van die verdagtes, ’n 33-jarige man, werk op een van die plase.

Die polisie het die Early’s se .22- en .38 Special-rewolwer, asook die oorledenes se twee selfone en verskeie ander huisraad by die verdagtes gekry.

Mev. Early is glo met die egpaar se eie .22-rewolwer doodgeskiet. Mnr. Early is volgens aanduidings met ’n kapmes doodgeslaan nadat hy vermoedelik die rowers in die huis verras het waar hulle sy vrou aangehou het.

Die polisie stel ondersoek in of die verdagtes met enige ander rooftogte verbind kan word.

Die drie mans sal na verwagting oormôre in Hibberdene in die hof verskyn.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Inbreker-moor-glo-na-vrylating-20100724
« Laaste verandering : August 02, 2010, 11:02:34 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal