Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33579 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #240 op: August 02, 2010, 10:48:09 AM »
(Nog 'n egpaar vermoor, 'n week na die voorval in die vorige plasing vermeld.  Geen Afrikaanse berig kon opgespoor word nie.  Laat weet gerus indien u bewus is van 'n Afrikaanse berig oor die voorval)


22 Julie 2010:
Graham Lizamore (62) en
Ms Kathleen (Kate) Lizamore  (50)



Newspaper pioneers brutally murdered


NELSPRUIT - The founders of Barberton Times, Mr Graham Lizamore (62) and
Ms Kathleen (Kate) Lizamore  (50), were brutally murdered in their home in Pinetown in KwaZulu-Natal last week.
The couple had been working in the media industry for many years and got Barberton Times off the ground in 2001. They moved from the Eastern Cape to Durban barely two months ago where Ms Lizamore started working for Independent Newspapers.
Their decomposing bodies were discovered on top of a toilet in a bathroom on Friday. Preliminary reports suggest that
Mr Lizamore was strangled. A refuse bag was covering Ms Lizamore’s head - indicating that she might have  suffocated.
The bodies were later moved to the bedroom where they were carefully examined.
No signs of forced entry could be found to their home in Moseley Park. A TV and even a handbag remained untouched in the lounge.
The couple was last seen by a neighbour in the complex on Wednesday. Phone calls by family members remained unanswered and a sister of Mr Lizamore went to their home on Friday where she made the gruesome discovery at about 14:30. She was severely traumatised and is currently being hospitalised.
The houses are situated close to one another and neighbours said that one could easily have heard screams from that distance. Two cases of murder are being investigated. Ms Michélle Sephton, who was part of the Barberton Times team, described
Mr Lizamore as a patient, kind person who had so much love to give.
"Kate and Graham were an inspiration to many and made Barberton Times rise out of the ashes like a phoenix, despite many Barberton residents saying that it was an impossible task. They were true pioneers in more ways than one."


http://www.lowvelder.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=1910:newspaper-pioneers-brutally-murdered&catid=34:news&Itemid=98

« Laaste verandering : August 02, 2010, 11:30:42 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #241 op: August 03, 2010, 01:07:15 PM »
3 Augustus 2010 - Koos Daffeu (46)


Ingewag en vermoor


2010-08-03 10:53

'n 46-jarige man is klaarblyklik in 'n hinderlaag ingelei en vermoor terwyl hy van sy plaas in Lephalale onderweg werk toe was, het Limpopo-polisie Dinsdagoggend gesê.

Mnr. Koos Daffeu was omstreeks 5:45 van sy plaas, Farm Lith, onderweg werk toe by die Medupi-kragstasie waars hy as kontrakteur werk, toe hy by 'n laagwaterbrug oor die Mogolrivier ingewag is. Verskeie skote is op hom geskiet, het luit.-kol Ronel Otto gesê.

"Hy het aanhou ry, maar sy voertuig het by 'n T-aansluiting sowat 600 m verder omgeslaan."

Dit lyk of hy toe wéér sowat vyf keer geskiet is.

Daffeu is dood op die toneel aangetref met borswonde.

Aanduidings is dat meer as een booswig by die aanval betrokke is en dit lyk of hulle per motor van die toneel gevlug het.

Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord is nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-ingewag-en-vermoor-20100803
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #242 op: August 03, 2010, 02:16:01 PM »
"Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord is nie."

Vir my is dit baie duidelik wat die motief van die moord is.  Dit is om nog 'n boer dood te maak, soos wat Malema beveel het, dit is deel van die VOLKSMOORD onder die vaandel van misdaad.

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Volksmoord
« Antwoord #243 op: August 03, 2010, 02:33:01 PM »
Ek stem heelhartig saam.  Die motief was MOORD!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #244 op: August 04, 2010, 08:45:48 AM »
(Opvolgberig:)


Boer vermoor in koeëlreën


2010-08-03 23:38


Die bakkie van die vermoorde mnr. Koos Daffue (46) van Lephalale (Ellisras) nadat dit buite die dorp omgeslaan het.



Marietie Louw-Carstens

’n Beesboer is gisteroggend buite Lephalale (Ellisras) in ’n koeëlreen doodgeskiet. Mnr. Koos Daffue (46) het minder as 3 km van Lith, sy plaas, gesterf.

Hy is op kort afstand agter die stuurwiel van sy bakkie vermoor.

Mev. Johanna Daffue, sy ma, het aan Beeld gesê: “Dit was ’n beplande moord.”

Daffue was om 05:40 van sy plaas op pad na die Medupi-kragstasie, waar hy as kontrakteur gewerk het.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Daffue se aanvallers het op hom losgebrand toe hy oor ’n laagwaterbrug oor die Mogolrivier gery het.

Dit is ’n enkelbaan waar slegs een voertuig op ’n keer kan ry. “Dit lyk asof hy ingewag is by die brug,” het Otto gesê.

Die swaar gewonde Daffue het sowat 500 m verder met sy Toyota Hilux-bakkie gery, beheer oor die bakkie verloor en dit het omgeslaan.

Mnr. Kassie Lubbe, ’n familielid, het gesê 11 skote is op Daffue afgevuur. “Dit lyk asof die aanvallers, nadat hy op die brug geskiet is, langs die bakkie gehardloop en aanhou skiet het.”

Otto het gesê Daffue is, nadat die bakkie omgeslaan het, nog vyf keer in die bolyf geskiet.

Beeld verneem daar was onlangs glo ’n rusie tussen Daffue en plaaswerkers. Daar was glo ook onmin tussen hom en ’n kollega by die Medupi-kragstasie.

Otto het gesê alle leidrade word ondersoek.

Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Limpopo het voertuig- en skoenspore naby die bakkie gekry. Daffue se geskokte ma het gesê mense in die omgewing het “die baie skote gehoor”.

“Mense wat ook op pad werk toe was, het gesien wat gebeur ... hulle het ons gebel,” het sy huilend gesê.

Niks is uit Daffue se bakkie gesteel nie.

Die vakbond Solidariteit, waarvan Daffue ’n lid was, het gister in ’n verklaring ’n beroep op die polisie gedoen om die spesialis-eenhede weer in te stel.

“Dit is duidelik dat die polisie nie die polisiemag doeltreffend kan aanwend nie,” lui Solidariteit se verklaring.

Die Daffues het Saterdag nog Jurie, hul seun, se 21ste verjaardag gevier.

“Hy was ’n gesinsmens. Hy sou enigiets vir enigiemand, enige tyd gedoen het. Hy was baie liefdevol,” het Lubbe gesê.

Daffue laat sy vrou, Lydia en drie ander kinders, Jaco (18), Nonna (11) en Joanne (7) agter.

mlouw1@beeld.com


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-vermoor-in-koeelreen-20100803
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #245 op: August 04, 2010, 08:51:52 AM »
3 Augustus 2010 - Lorna Nienaber (49)

Rowers skiet vrou dood; wond dogter

2010-08-03 23:38


Wolfram Zwecker

’n Onderwyseres van Nigel het gisteraand om haar lewe geveg nadat rowers haar ma koelbloedig doodgeskiet het en toe op haar losgebrand het.

Die rowers het vermoedelik eers by ’n woonstel aan die huis in Van Oudtshoornstraat ingebreek, het ao. Madelein von Wielligh van die Nigel-polisie gesê.

Mev. Lorna Nienaber (49), ook ’n onderwyseres, het blykbaar iets by die agterdeur gehoor en gaan ondersoek instel. Toe sy die deur oopmaak, is sy geskiet.

Haar oudste dogter, me. Win-Ellen Nienaber (23), het dadelik gaan kyk wat gebeur. Die rowers het drie skote op haar geskiet.

Sy is in die maag, skouer en been gewond. Sy het gistermiddag ’n noodoperasie ondergaan om die wond in haar maag te herstel. Haar toestand was gisteraand nog ernstig.

“Ons is hartseer. Die leerlinge kry berading,” het mnr. Hannes Niewoudt, waarnemende hoof van Hoërskool John Vorster, waar die twee vroue onderwysers is, gisteraand gesê.

Vriende en familie het mnr. Jan Nienaber gisteraand ondersteun. Laura-Lee, Jesse-Jay en Janie-Mari, sy ander dogters, is studente aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus. Nog niemand is in verband met die moord aangekeer nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-skiet-vrou-dood-wond-dogter-20100803
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #246 op: August 05, 2010, 11:07:44 AM »
(My poging om meer inligting oor die voorval te kry lyk nie of dit suksesvol gaan wees nie, daarom dat ek dit nou eers plaas)


31 Julie 2010 - Giovanni Peripoli (74)





Tom de Wet

Virginia. – “Bring asseblief vir my ’n kussing, die grond is baie hard,” was die laaste woorde van ’n bejaarde man van dié dorp aan sy vrou terwyl hy met gapende wonde op die plaveisel in die agterplaas van sy huis gelê het.

Mnr. Giovanni Peripoli (74) van Virginiaweg 55 is eergister helder oordag in dié besige straat deur ’n jong man met ’n nuwe slagtersmes aangeval.

Die kartonhouer waarin die nuwe mes gekoop is, is ook op die misdaadtoneel gekry.

Peripoli is drie keer in die maag gesteek en met elke messteek is die mes gedraai sodat dit volgens paramedici op die toneel gelyk het of sy hele maag van kant tot kant oopgesny is.

Mev. Lina Peripoli het gesê sy was in die kombuis besig toe haar man omstreeks 10:30 van die dorp af teruggekom het. Hy was onder meer by die bank.

“Ek het hom my naam ’n paar keer hoor roep en is na die agterplaas, waar ek hom in ’n groot plas bloed op die plaveisel gekry het. Ek het hom probeer help, maar moes ook terughardloop om die ambulans en polisie te bel.

“Sy laaste woorde aan my was om ’n kussing te vra – die grond was baie hard en koud.”

Peripoli is deur paramedici van Netcare 911 op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Oppenheimer-hospitaal in Welkom gebring en om 12:20 daar dood is.

Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê volgens ’n ooggetuie het ’n jong man oor die hek gespring net nadat Peripoli by die huis gekom en die hekke agter sy motor toegemaak het.

Die moordenaar is op die dieselfde manier weer uit die erf en het om die hoek in ’n wagtende motor, vermoedelik ’n swart Chevrolet, gespring en ontvlug. Niks is gesteel nie.

Peripoli het baie jare lank as myner op Virginia gewerk en die egpaar het al hul kinders op die dorp grootgemaak. Hy het meer as 20 jaar gelede afgetree.

Hy word benewens sy vrou deur twee seuns en twee dogters – Diego van Tanzanië, Gregory van Bloemfontein, Sonja van Pretoria en Lollie van Virginia – en twee kleinkinders oorleef.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoor-met-nuwe-mes-20100801
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #247 op: August 05, 2010, 02:09:33 PM »
(Die hoofstroom media het nie oor die aanval berig nie.  Tot op hede ook nog niks oor die afsterwe van die boer nie)

'n Bejaarde Oos-Kaapse man wat ernstig in 'n plaasaanval beseer is, het in die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth aan sy wonde beswyk. Die 86-jarige Jack Bergsman is verlede naweek deur vier mans aangerand en verskeie kere met 'n mes gesteek in sy huis in die St Albans-omgewing. Die mans het by die huis ingebreek terwyl hy geslaap het. Die aanvallers het gevlug toe veiligheidswagte op die plaas aangekom het. 'n Polisiewoordvoerder Sandra Janse van Rensburg, sê 'n 50-jarige verdagte word vir ondervraging aangehou en hy kan nou van moord aangekla word.


http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8635-bejaarde-sterf-na-plaasaanval.html
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #248 op: August 05, 2010, 02:43:24 PM »
(Die hoofstroom media het nie oor die aanval berig nie.  Tot op hede ook nog niks oor die afsterwe van die boer nie)

'n Bejaarde Oos-Kaapse man wat ernstig in 'n plaasaanval beseer is, het in die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth aan sy wonde beswyk. Die 86-jarige Jack Bergsman is verlede naweek deur vier mans aangerand en verskeie kere met 'n mes gesteek in sy huis in die St Albans-omgewing. Die mans het by die huis ingebreek terwyl hy geslaap het. Die aanvallers het gevlug toe veiligheidswagte op die plaas aangekom het. 'n Polisiewoordvoerder Sandra Janse van Rensburg, sê 'n 50-jarige verdagte word vir ondervraging aangehou en hy kan nou van moord aangekla word.


http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8635-bejaarde-sterf-na-plaasaanval.html


http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Pensioner-survives-farm-attack-20100801
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #249 op: August 05, 2010, 02:56:38 PM »
Dankie oom Andre, ek het "Jack BergSman" gegoogle.  Hierdie berig meld die van sonder die "s".  Ons sal maar altwee moet dophou  :P

Hier is solank een berig wat ek kon opspoor, wag nog vir 'n "hoofstroom" berig...

http://www.theherald.co.za/article.aspx?id=591445
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #250 op: August 06, 2010, 08:39:59 PM »
Riana Schoeman (36) is gister op 'n kleinhoewe buite Cullinan voor haar twee klein seuntjies doodgeskiet.



Hier is sy by haar man, Deon, en seuns, Martin (6) en Johan (4).
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Volksmoord
« Antwoord #251 op: August 07, 2010, 09:19:13 PM »
Hierdie oorlog teen blankes raak net elke week erger.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #252 op: August 08, 2010, 11:26:57 AM »
Ouma sterf ná wrede aanval helder oordag

“Totsiens, my ou maat van 50 jaar.”

Dit is hoe ’n gebroke mnr. Johan Harmzen gisteroggend omstreeks 03:00 sy vrou, Chrissie (70), gegroet het toe sy breindood verklaar is ná ’n wrede aanval Vrydag.

“Hulle het regtig vir mekaar geleef,” het hul dogter, mev. Marlene Fick, gistermiddag gesê.

Haar ma het in die Midmed-hospitaal in Middelburg aan haar beserings beswyk.

Mev. Harmzen is helder oordag buite haar huis net buite Burgersfort in Mpumalanga aangeval.

Sy het tydens ’n selfoongesprek aan haar skoondogter, Lena, gesê sy kry koud en gaan ’n bietjie buite die huis in die son staan.

Sy is egter oorval, al was haar vyf jack russell-honde by haar.

“Ek vermoed daar was meer as een aanvaller en hulle wou waarskynlik by die huis inbreek toe my skoonma uitgekom het,” het Fick se man, Hennie, gesê.

Die aanvaller(s) het mev. Harmzen in die gesig en op die bors geslaan.

Sy het ’n noodknoppie gedruk, waarna die aanvallers met die noodknoppie-beheertoestel, haar selfoon en ’n bos huissleutels gevlug het.

Fick het voor die aanval met haar ma op die selfoon gepraat.

Toe sy later weer bel om vir haar nog iets te sê, het ’n man geantwoord.

“Ek kon nie uitmaak wat hy sê nie. Ek het weer gebel, toe sê hy dis ‘Lucas’ wat praat.

“Ek bel toe my pa, wat my gesê het my ma is aangeval.

“Ek het weer haar foon gebel en aan die man gesê hy is ’n lafaard.

“Hoekom het hy nie net haar foon gevat nie? My ma was ’n kort vroutjie wat skeefgetrek was van die rumatiek. Hulle kon net die foon by haar gevat het. Dit was nie nodig om haar so aan te rand nie.”

Haar man sê oor die aanval dit is “nie honger wat mense dryf nie, eerder boosheid”.

Mev. Harmzen word oorleef deur haar man, drie kinders, hul gades en sewe kleinkinders.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Ouma-sterf-na-wrede-aanval-helder-oordag-20100807
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #253 op: August 10, 2010, 09:33:24 AM »
7 Augustus 2010 - Louis Rothschild (43)


Rowers skiet Jhb-pa



2010-08-08 22:17


Mnr. Louis Rothschild, sy vrou, Aviva, en hul seuntjie, Levi (nou ’n jaar oud).


Gloria Edwards

’n Man is eergisteraand in sy huis in Johannesburg deur rowers doodgeskiet terwyl hy en sy vrou besig was met aandete en hul baba gelê en slaap het.

Mnr. Louis Rothschild (43) is in die bolyf geskiet toe hy die paniekknoppie wou druk nadat drie rowers die gesin omstreeks 20:00 in hul huis in Blair­gowrie, Randburg, oorval het.

Volgens kapt. Cynthia Magoai, polisiewoordvoerder, het Rothschild se moordenaars met sy selfoon, skootrekenaar en beursie gevlug.

Hy en sy vrou, Aviva, het in die kombuis aandete geëet toe die rowers ingebreek het.

Levi, hul een jaar oue babatjie, het elders in die huis gelê en slaap, het Rothschild se ma, Pauline, gister gesê.

Sy het gesê die gesin is nog erg getraumatiseer.

“Dis ’n verskriklike ding wat gebeur het. Die rowers het nie eens gepraat nie, hulle het net geskiet ... Ons is net dankbaar ons kleinkind het veilig in sy kamer gelê en slaap.”

Haar seun en skoondogter was “maar skaars twee jaar getroud” en hy laat ’n broer, David, wat in Engeland woon, en suster, Dorit, agter.

’n Private begrafnis is vir later dié week gereël.

Volgens mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, is Rothschild op die toneel dood verklaar.

“Toe ons daar aankom, was die man se vrou druk besig om mond-tot-mond-asemhaling op hom toe te pas waar hy op die kombuisvloer gelê het.

Ons het vir nog ’n halfuur probeer om hom by te bring.”

Rothschild, wat tot onlangs opleidingswerk in die versekering- en finansiële sektor gedoen het, se neef, Lance, het hom as ’n “fantastiese jong man” beskryf wat “gelief was as man, pa en persoon”.

“Dit is ’n sinnelose, lafhartige moord wat nou ’n eenjarige babaseuntjie sonder ’n pa agterlaat,” het Lance gesê.

Hy het bygevoeg die gesin wil “sien dat geregtigheid geskied.”

Magoai het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die saak word ondersoek.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-skiet-Jhb-pa-20100808
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #254 op: August 12, 2010, 09:30:07 AM »
Man aan boom gebind, vermoor




Marietie Louw-Carstens

’n Man van Tzaneen is aan ’n boom op sy hoewe vasgebind en met ’n panga en piksteel doodgeslaan.

Mnr. Theuns (Whitey) Fourie (46) se bebloede lyk, met sy hande nog agter die rug vasgebind, is in sy tuin gekry.

Twee van die vyf aanvallers wat hom eergisteraand ingewag en vermoor het, het ook ’n vrou op die hoewe verkrag, waarna hulle vir hulself in die kombuis kos gemaak het.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is ná die verkragting in die kattebak van Fourie se Toyota Camry gelaai.

“Sy het ná ’n hele ruk gehoor hoe ’n voertuig ry en dit stil word. Sy het haar losgewikkel en uit die kattebak gekom. Die vrou het sowat ’n kilometer na die naaste bure geloop en hulp gesoek,” het Otto gesê.

Fourie het die afgelope 17 jaar by die Sonco-insleepdiens in Tzaneen gewerk.

’n Kollega van hom het gesê daar was baie bloed waar sy lyk gekry is.

“Orals in die huis was ook baie bloed. ’n Kas langs die kluis was ook met bloed besmeer.”

Fourie was met verlof en het eergister 21:00 van Pretoria teruggekom op die hoewe, sowat 5 km buite Tzaneen op die Agatha-pad, waar hy alleen in ’n huurhuis gewoon het.

Mnr. Johan Fourie, sy broer en voormalige hoof van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Limpopo, het gesê hy het Vrydag by hom in Pretoria gekuier.

Mnr. Rudi Sonnekus van Sonco-insleepdiens het gesê die aanvallers het die veiligheidshek by die agterdeur oopgebuig.

“Die hele plek was bemors soos hulle hulself gehelp het met kos.”

Fourie is glo oorval toe hy by die hek stilgehou het. Die vyf aanvallers het klapmusse gedra en pistole gehad.

Hulle het hom herhaaldelik met die piksteel en panga geslaan.

Otto het gesê Fourie en die vrou se selfone is gesteel.

Die aanvallers het ook huishoudelike toerusting, waaronder ’n TV en DVD-speler, gesteel.

“Hulle het die huis leeggemaak. Selfs sy tuimeldroër en wasmasjien is gesteel,” het ’n kollega van hom gesê.

Die mans het ook ’n kluis in die huis oopgebreek en vermoedelik twee vuurwapens gesteel.

Johan Fourie het gesê hy is “baie teleurgesteld” oor die moord.

“Ek het dié soort goed altyd ondersoek ... en nou gebeur dit met iemand na aan my.”

Sonnekus het gesê: “In die wêreld sal ’n mens nie weer so ’n lojale mens soos Whitey kry nie.”

Die vrou is na die polisie-traumasentrum in Tzaneen geneem. Sy het gister behandeling in ’n hospitaal ontvang.

Die polisie het ’n grootskaalse soektog na die moordenaars begin.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-aan-boom-gebind-vermoor-20100811
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #255 op: August 16, 2010, 11:32:19 PM »
Riana Schoeman (36) is gister op 'n kleinhoewe buite Cullinan voor haar twee klein seuntjies doodgeskiet.



Hier is sy by haar man, Deon, en seuns, Martin (6) en Johan (4).


Plaasaanvalle duur voort

In ’n mediaverklaring sê die Verkennersbeweging van SA dit het met leedwese kennis geneem van nog 'n barbaarse moord in die Rayton / Cullinan distrik. Die 37-jarige Rianna Schoeman is voor haar twee kinders van vier en ses jaar onderskeidelik deur haar deur doodgeskiet.  In die afgelope maand is dit in die omgewing die tweede persoon wat in die nag in 'n sluipaanval vermoor word, terwyl drie ander aanvalle sonder ongevalle afgeweer is.  “Die Verkennersbeweging is van mening dat hierdie aanvalle daarop dui dat daar in die omgeweing 'n laegraadse oorlog teen blankes gevoer word en is daar derhalwe nou geen ander keuse vir die boere van die Cullinan / Rayton distrik as om hulself te verdedig teen terrorisme nie”, aldus die verklaring.
Bron : DitsemVrystaat

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #256 op: August 24, 2010, 09:23:59 AM »
23 Augustus 2010 - Theo de Jager (43)



Man sterf toe hy twee agtervolg ná inbraak



2010-08-24 08:35


André Damons

Pretoria - ’n Lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Maandagoggend tydens ’n skietery met inbrekers by Rietfontein aan die Wes-Rand doodgeskiet.

Een van die misdadigers is gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het Theo de Jager (43) omstreeks 10:00 gesien hoe twee mans ’n huis op ’n kleinhoewe verlaat.

Toe hy ondersoek gaan instel, het hy agtergekom daar was ’n huisbraak.

“Hy het die verdagtes agtervolg en ’n skietery het uitgebreek. Hy is in die kop getref en het later in ’n kliniek aan sy wond beswyk,” het Ernst gesê.

Die vermeende rower is in die been gewond en na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Volgens Jorncy Page, voorsitter van die Muldersdrift-GPF, is De Jager se dood ’n tragiese verlies vir die GPF en die gemeenskap.

“Hy was altyd ’n aktiewe lid van die gemeenskap behalwe vir die laaste paar jaar.

Hy het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig en sy dood is ’n verlies vir almal.

“Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?

Wanneer gaan hulle begin werk skep vir mense, want dit help nie jy sluit almal toe nie.

Skep werk en mense sal nie ander maniere kry om te oorleef nie.”

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

- Beeld


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-sterf-toe-hy-twee-agtervolg-na-inbraak-20100824
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #257 op: August 24, 2010, 01:25:57 PM »
23 Augustus 2010 - Arrie Nel (29)

Wag by vulstasie geskiet







Hilda Fourie

’n Veiligheidswag en pa van ’n twee maande oue baba is gister koelbloedig voor die deur van ’n vulstasie naby Pelindaba, wes van Pretoria, doodgeskiet.

Mnr. Arrie Nel (29) van Rens-sekuriteit is glo eers in die bors geskiet.

Nadat hy geval het, het die rower hom in die kop geskiet. Hy is minstens drie keer geskiet.

Me. Chrissie Blackaller, eienaar van die Sasol-vulstasie waar Nel doodgeskiet is, het gesê die voorval het aaklige herinneringe vir haar teruggebring van haar seun, Walter (23), wat in Desember 2005 ook tydens ’n rooftog hier voor sy vrou, Yvonne, en suster, Jeanine, doodgeskiet is.

Die vulstasie is by die T-aansluiting van die Kerkstraat-verlenging wat van Pretoria na Hartbeespoort loop.

Die ander pad by die T-aansluiting loop na Pelindaba en dan Broederstroom.

Volgens Blackaller is Nel se moord op kringtelevisie opgeneem. Dit het omstreeks 09:00 gebeur.

“Die een man was al in die winkel toe Arrie ingekom het,” het Blackaller gesê.

“Die man het ’n koeldrank en koekies gekoop, betaal en sy kleingeld gekry, maar nie geloop nie.

“Arrie was agter die toonbank besig om die naweek se geld in sakke te sit. Dit lyk die hele tyd of Arrie die ou by die toonbank dopgehou het.

“Toe Arrie om die toonbank na buite loop, het die man ’n vuurwapen uitgehaal. Hy het agter Arrie aangegaan.

Arrie was nog op die sypaadjie toe skiet hy hom. Toe Arrie val, toe skiet hy hom weer. Hy het ook in die lug op geskiet.

“Die man het die geldhouer gegryp, in die wegkommotor geklim en weggery. Sy koeldrank en koekies staan nog op die toonbank.”

Me. Hester Buys, winkelbestuurder, was in die kantoor besig toe sy vier skote gehoor het.

Sy het uitgehardloop en Nel gekry waar hy voor die deur langs die geldwa lê.

Buys het handdoeke gaan haal waarmee sy “die gaatjies waar hy geskiet is, toegedruk het”.

Volgens Buys het Nel kort voordat ER24 op die toneel gekom het ’n harde skree “soos ’n gil wat jy gee as jy seer het” gegee.

Paramedici het vergeefs gespook om Nel se lewe te red.

“Die bliksems,” het Buys gesê.

“Wat moet ’n mens doen? Hulle kom skiet ’n mens by die werk dood. Ons verdien dit mos nie.

“Ons het Arrie elke Maandag, Woensdag en Vrydag, soms ’n Saterdag ook gesien.”

Nel se kollegas het sy bloed voor die deur van die Sasol-vulstasie gistermiddag skoongemaak.

Mnr. Christo van Rensburg, eienaar van Rens-sekuriteit, het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van Nel se moordenaar.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.

---------------------------------------------------------------

Sien meer foto's:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Wag-by-vulstasie-geskiet-20100823
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #258 op: August 26, 2010, 11:55:36 AM »
Aantygings oor Afrikaner-volksmoord "verspot"


Johannesburg - Die regering het aantygings van Afrikaner-volksmoord as "verspot" bestempel.

“Daar is geen grootskaalse poging of proses aan die gang om ‘n Afrikaner-volksmoord teen boere te pleeg nie. Alhoewel ons erken dat misdaad boere beïnvloed, hanteer die regering alle misdaadsvoorvalle, nie net dié op plase nie,” het  Themba Maseko, ‘n woordvoerder, gesê.

Maseko se stelling kom nadat ‘n onbekende man die ANC-jeugliga se leier, Julius Malema, by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom verkla het.

“Dit is belaglik, heeltemal belaglik,” het Maseko oor die aanklagte gesê.

Die ANC-regering en ander hooggeplaastes word ook in die klag aangevat.

Die Rustenburgse man was nie ’n misdaadslagoffer nie, maar het uitgebreide boerderybelange, het sy prokureur, Fanie van der Walt, gesê.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Regering-Aantygings-oor-Afrikaner-volksmoord-verspot-20100824
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #259 op: August 26, 2010, 12:05:49 PM »
My briefie is toe geplaas, tans is dit die 8st plasing.  Die lui as volg:

Natuurlik sal die ANC en sy trawante soos gewoonlik lieg deur voor te gee dat daar nie 'n volksmoord aan die gang is nie. Wanneer daar egter na FEITE gekyk word, sien mens 'n ander prentjie. Elkeen wat nog hieroor wonder, kan gerus hierdie webwerf besoek:

www.volksmoord.co.za
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal