Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 38349 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #380 op: November 08, 2011, 08:30:50 AM »
Samaritaan sterf toe skote klap
Hilda Fourie
Hy wou altyd mense help en dit het tot sy dood gelei.

Mnr. Chris Conradie (23) is Vrydagaand doodgeskiet toe hy en twee vriende langs die N14-hoofweg tussen Krugersdorp en Pretoria stilgehou het om mense langs die pad te help.

“Ek wil nie doodgaan nie,” was van sy laaste woorde toe sy vriend mnr. Quintin Dekker (24) met hom hospitaal toe gejaag het.

“Werner (Buhr) het die wond toegedruk terwyl ons hospitaal toe gery het,” het Dekker gister gesê.

“Hy het nog my naam gesê. By die verkeerslig voor die hospitaal was hy net weg. Toe is daar net geen meer lewe in hom oor nie.”

Conradie en Buhr (25), wat albei by ’n myn in Zambië werk, was met vakansie in Suid-Afrika. Hulle sou vandag teruggevlieg het Zambië toe.

Conradie, Buhr en Dekker was omstreeks middernag op pad van Krugersdorp na Pretoria toe daar by die R511-afrit ’n versperring in die pad oor die linkerbaan was en ’n BMW wat langs die pad gestaan en sy ligte geflits het.

“Ons het gedink dit is ’n ongeluk. Ons het stilgehou om te kyk of ons die mense kan help,” het Dekker gesê.

“Ek het dit nooit gesien kom nie.”

Dekker, wat bestuur het, het op die afrit stilgehou. Conradie het uitgeklim en na die “ongelukstoneel” gestap. Buhr het op die agterste sitplek gelê en slaap.

“Chris het so ver gestap dat ek hom nie meer kon sien nie. Ek en Werner (wat intussen wakker geword het) het uitgeklim om te kyk of Chris orraait is. Dit is toe wat daar ’n skoot afgaan. Toe ek die doppie hoor val, het ek geweet hulle skiet van agter af op ons. Ek het niemand gesien nie.

“Ek het vir Werner in die motor ingedruk.

“Chris het teruggehardloop gekom. Ek het agteruit gery, die deur vir hom oopgemaak en hom in die motor ingetrek.

“Hulle het toe twee skote deur Chris se venster geskiet en hom twee keer in die bors getref.

“Nog ’n skoot is deur die agterruit en het Werner in die been getref.

“Ek het net probeer wegkom, want die skote het aanhou kom en kom en kom. Die Here het ons gelei om daar weg te kom, want ons al drie moes daar doodgegaan het.”

Dekker het in die ry die polisie gebel en na die Unitas-hospitaal in Centurion gejaag.

Conradie was by sy aankoms by die hospitaal reeds dood.

Buhr is dieselfde aand ontslaan.

“Chris was ’n mens wat altyd iemand anders voor homself geplaas het. Hy wou altyd help,” het Dekker gesê.

“Hy was ’n genuine, proper mens. Mense wou hom net liefhê.”

Conradie laat sy ouers en twee broers agter. Sy begrafnisdiens sal môre omstreeks 09:30 in die Kleinfontein-gemeenskapsaal in Kleinfontein, buite Pretoria, gehou word.

Die polisie ondersoek ’n moordsaak.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #381 op: November 08, 2011, 08:32:25 AM »
Media verklaring
7 November 2011
 
 
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het met skok en innige meegevoel kennis geneem van die moord op die 23 jarige Chris Conradie, ‘n inwoner van Kleinfontein. Chris was op 5 November 2011 saam met twee vriende op pad huis toe vanaf ‘n vakansie in die Noord-Kaap. Op die N14 snelweg naby Diepsloot was daar ‘n versperring in die pad gewees en Chris het uit die voertuig geklim om die versperring te verwyder. Daar is vanuit die bosse op hulle gevuur en Chris is in die bors getref. Sy vriend, Werner Buhr is in die been getref. Die derde vriend het sy twee vriende in die voertuig gehelp en met hulle na ‘n hospitaal gehaas. Chris Conradie is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Werner Buhr sterk tans aan in die hospitaal.
 
Uit bogenoemde inligting is dit duidelik dat dit ‘n beplande lokval was en dat die motief veel verder strek as poging tot kaping. Anders gestel, blyk die motivering tot hierdie daad nie ekonomiese voordeel te wees nie, maar ‘n diepliggende rassehaat. Die internasionale liggaam Genocide Watch het reeds waarskuwings uit gereik oor die Volksmoord wat tans teen die Afrikaner gepleeg word deur swart rassiste. Hierdie insident is ‘n sprekende voorbeeld van hierdie Volksmoord wat aangeblaas word deur rassiste soos Julius Malema.
 
Dit word ook al hoe duideliker dat die Afrikaner onder beleg verkeer. Dat daar ‘n lae intensiteit oorlog teen die Afrikaner gevoer word, waarteen hy homself nie kan of mag verdedig nie. Oor die algemeen ontken die media en meningsvormers hierdie aanslag op die Afrikaner en maak dit af as blote misdaad, wat dit beslis nie is nie. Dit is Volksmoord en deur dit te ontken maak die ontkenners hulleself skuldig aan medepligtiges tot Volksmoord volgens die bepalings van die internasionale kriminele hof in Den Haag se reëls oor Volksmoord.
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het reeds ‘n klag van Volksmoord ingedien teen die ANC en die Suid-Afrikaanse regering en sal regsadvies inwin om te bepaal of die klag uitgebrei moet word om die Suid-Afrikaanse media en pers ook by te voeg.
 
Verkenner Werner Smook wat vir die afgelope twee jaar betrokke was by die Volksmoord opname projek, Projek 2010 en wie ‘n persoonlike vriend was van Chris Conradie, het op die sosiale netwerk Facebook die volgende boodskap geskryf:
 
“Chris, my vriend, dit is een van die maniere waarop ek jou graag sal wil onthou. Ek is bitter oor jou dood. Jy is nog 'n slagoffer van die werklikhede van hierdie bose staatsbestel. Nou moet ek sorg dat jou besonderhede op Projek 2010 se databasis kom. Jy sal nommer 1430 wees, ek weet nie hoeveel van julle daar nog sal wees nie. Vriende, volksgenote, wat die duurste prys betaal het. Mag julle daarvoor onthou word, dit is die minste, so bitter min...

My Skepper weet, ek is bitter, gaan jou baie verlang, my vriend!!!!!”
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika se medelye gaan uit na die Conradie-gesin.
 
 
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volksmoord
« Antwoord #382 op: November 08, 2011, 01:46:12 PM »
Media verklaring
7 November 2011
 
 
 
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het reeds ‘n klag van Volksmoord ingedien teen die ANC en die Suid-Afrikaanse regering en sal regsadvies inwin om te bepaal of die klag uitgebrei moet word om die Suid-Afrikaanse media en pers ook by te voeg.

Verduidelik 'n bietjie meer. Hoe en by wie kla 'n mens 'n regering aan? Baie interessant! Hou ons op hoogte.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #383 op: November 08, 2011, 02:09:49 PM »
Oom Adri, die klag was by die internasionale hof in den Haag ingedien vroeer die jaar.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #384 op: November 08, 2011, 10:14:10 PM »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Volksmoord
« Antwoord #385 op: November 09, 2011, 07:14:29 AM »
O, ek dog julle het onlangs weer 'n klag gelê. Ek weet van daardie een. Dit is al so lank terug; het daar al iets van gekom?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #386 op: November 09, 2011, 05:39:55 PM »
Man huil toe hy hoor sy Samaritaan is dood
2011-11-09 03:23

Hilda Fourie

Die persoon vir wie mnr. Chris Conradie Vrydagaand wou help voordat hy doodgeskiet is, was wel in nood.

Die man by wie Conradie (23) en sy twee vriende mnre. Quintin Dekker (24) en Werner Buhr (25) op die N14-hoofweg tussen Krugersdorp en Pretoria stilgehou het, was in die proses om beroof te word.

Toe mnr. Kevin Metseeme (35) van Conradie se dood lees en besef dat hy hóm wou help, het hy in trane uitgebars.

“Ek bewe nou nog ... Net om te dink hy wou my help ...  ” het Metseeme gesê.

Metseeme was op pad na sy huis in Centurion nadat hy ’n vriend in Cosmo City afgelaai het toe hy met sy swart Mercedes-Benz teen ’n versperring by die R511-afrit gebots het.

“Daar was ’n motor wat voor my gery het wat ek wou verbysteek,” het Metseeme gesê.

“Net toe ek die motor voor my wou verbysteek, het hy uitgeswaai en het ek teen ’n versperring gebots wat oor die pad was. Toe my motor tot stilstand gekom het, het hulle my aangeval.”

Een van die aanvallers het Metseeme se ruit gebreek, terwyl nog twee mans die passasiersdeure oopgemaak het.

Die mans het in die motor geklim en Metseeme se selfoon en beursie geëis. Hulle het ook uit sy kattebak ’n skootrekenaar, kameras en ’n kampeerstoel geroof.

“Dit is toe dat Chris na my motor geloop het om te kyk wat aangaan,” het Metseeme gesê.

“Chris was so 30 m van my motor af toe twee van die mans uitspring en agter hom aanhardloop.

“Ek het net een skoot gehoor.”

Intussen het Dekker en Buhr uit hul voertuig geklim om te kyk waar Conradie is omdat hulle hom nie meer kon sien nie.

Hul voertuig was sowat 150 m van Metseeme se motor geparkeer.

Net toe Dekker en Buhr uit hul motor is, het die eerste skoot geklap. Hulle is albei terug in die motor in. Dekker het agteruit gery om Conradie, wat na hul motor gehardloop het, op te laai.

Toe Conradie in die motor is, het die aanvallers twee skote deur sy ruit geskiet wat hom in die bors getref het. Nog ’n skoot deur die agterruit het Buhr in die been getref.

Conradie is op pad hospitaal toe dood.

Metseeme het gesê terwyl die een man nog by hom in die motor gesit het, het ’n veiligheidswag wat patrollie gery het op die toneel afgekom. Die man by hom het in die bosse in gehardloop. Die polisie was kort daarna op die toneel.
“Ek kon niks sien nie,” het Metseeme gesê.

“Ek het gedink die mans het Chris gekaap en is weg saam met hom.

“Toe die polisie op die toneel kom, het ek aan hulle gesê ek dink iemand is geskiet.”

Conradie en Buhr werk albei vir ’n myn in Zambië en was met vakansie in Suid-Afrika.

Conradie word vandag omstreeks 09:30 vanuit die Kleinfontein-gemeenskapsaal in Kleinfontein buite Pretoria begrawe.


Mnre. Chris Conradie (links) en Werner Buhr.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #387 op: November 29, 2011, 03:22:39 PM »
Boer vir selfoon vermoor
2011-11-28 22:35



Jana van der Merwe

’n VRYSTAATSE gesin is gebroke gelaat nadat hul man en pa op die plaas waar hy grootgeword het herhaaldelik deur hul plaashuis se kombuisdeur vir net sy selfoon doodgeskiet is.

Mnr. Thomas Ferreira (54), eienaar van die Shell-vulstasie by die Tom’s Place-oord buite Bloemfontein en Bonsmara-boer van die plaas Riversford, het dit in sy swaar gewonde toestand reggekry om sy aanvallers af te weer. Hy het egter in ’n desperate poging om hulp te soek aan sy beserings beswyk.

Mnr. Colin Vorster, wat twee aanvallers deur sy plaas gesien hardloop het, het die polisie gebel, min wetend dat sy buurman pas vermoor is. Dié aanvallers was gister teen druktyd nog soek.

Me. Michelle Ferreira, die oorledende se suster, het gister by die Tom’s Place-restaurant langs haar broer se vulstasie met moeë en rooigehuilde oë vertel hoe sy die vorige aand net ná 21:00 op haar broer se bebloede lyk afgekom het. Hy het in ’n voetpaadjie sowat tien meter van sy plaaswerkers se wonings gelê waar hy inmekaar gesak het.

Ferreira, wat drie keer in die bolyf geskiet is en baie bloed verloor het, het toe reeds oor ’n muur en deur ’n kanaal die sowat 500m na dié wonings afgelê.

Sy vrou, dr. Marita Ferreira, ’n lektor in Afrikaans aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), en sy dogter, Roux-Cil (22), wat pas haar honneursgraad in aktuariële wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) voltooi het, was nie op die plaas nie. Hulle bly in die week in Bloemfontein.

Me. Ferreira vertel haar broer het elke aand om 20:30 sy vrou gebel. Toe hy haar nie bel nie en sy foon af was toe sy hom bel, het sy baie bekommerd geraak. Sy het toe gevra of Michelle kan gaan kyk. Die plaaswerkers het hom in daardie stadium klaar gekry. Hy was reeds dood.

Sy sê ’n mens kon op die bebloede deel buite die kombuisdeur sien hoe haar broer met sy aanvallers gestoei het. Hulle het hom waarskynlik deur die kombuisvensters gesien en toe deur die deur op hom begin skiet.

Ferreira se 27-jarige seun, Thomas jr., ’n veearts, het gisteroggend van die Kaap met die eerste beskikbare vlug en ’n swaar hart in Bloemfontein aangekom.

Vorster sê hy en Ferreira was 16 jaar lank bure. In dié tyd het só iets nooit die rustige gemeenskap getref nie. Hy sê hy het omstreeks 20:20 twee vreemde mans op sy grond sien hardloop en die polisie gebel. “As ek maar net toe geweet het en na Thomas gegaan het.”

Nadat Michelle hom gebel het, het hy die polisie op pad na Ferreira se plaas gekry. Vorster, ’n lid van Vrystaat Landbou, het die Tierpoort-polisie se vinnige reaksie en hulp geprys. Hy sê die boeregemeenskap het vinnig saamgespan om hul veiligheidsplan in aksie te stel. Paaie is toegemaak en die toneel is afgesper om die aanvallers se spore in die rigting van Reddersburg te volg. “Ons is nog baie geskok en deurmekaar. As hulle sy aanvallers kry, sal ons dalk beter verstaan wat hulle hier kom soek het.”

- Volksblad
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #388 op: January 13, 2012, 03:19:54 PM »
Skade van ’n slaggat lei tot moord op man
2012-01-12 22:12
 Mnr. Danie Niemand: “Hans het hier langs my gesit, toe kom hulle uit die bloute.” Foto: Brendan Croft

Hilda Fourie
’n Pretoriase boer is voor sy vrou en kleinkind doodgeskiet terwyl hy en ’n vriend ’n pap band langs die pad omgeruil het.

Tien dae ná mnr. Hans Huyser (50) se moord het die polisie nog nie verklarings geneem van sy vrou, vriende, kleindogter of susterskind wat saam met hom was nie.

Hy, sy vrou, Cindy (48), kleindogter, Jessica (10), en susterskind, Deon Graaff (15), was op 2 Januarie saam met vriende, mnr. Danie (53) en mev. Charmaine Niemand (49) by Sun City.

Hulle het die aand teruggery Pretoria toe.

Die Huysers boer by Onderstepoort en die Niemands woon in Petronella.

Op pad het hulle ’n slaggat getref wat albei bande aan die bestuurderskant van die Niemands se Mercedes-Benz laat pap word het.

Mnre. Niemand en Huyser het besluit om eers net een band met die spaarwiel te vervang, stadig aan te ry totdat die pap band nie meer kon nie, dan die spaarwiel en pap band om te ruil en verder met die ander pap band te ry.

Omstreeks middernag moes hulle ’n tweede keer stilhou, op die N4-hoofweg naby Brits, om die spaarwiel en die een pap band om te ruil.

“Ons het onder ’n groot lig stilgehou. Daar was nie ’n mens of ’n motor nie,” het mev. Huyser gesê.

“Intussen het hulle (Huyser se moordenaars) soos hiënas in die gras gesit en wag. Ons sou nooit uitgeklim het as ek gedink het dit was onveilig nie. Ons het in helder lig stilgehou.”

Mnr. Niemand het die voorste band se boute losgedraai terwyl mnr. Huyser die motor opgehys het.

Hul vroue en Jessica het agter by die kattebak koeldrank ingegooi.

Drie mans het oor die versperring langs die pad gespring.

“Toe die mans by ons is, het Hans opgestaan. Een man het sy hand in sy broek gedruk en ’n vuurwapen uitgehaal,” het mnr. Niemand vertel.

“Hy het die vuurwapen op my gerig en die sneller getrek. Ek het weggehardloop. Hy het nog twee skote geskiet.

“Ek het in die pad geval en was ’n paar sekondes bewusteloos. Toe ek bykom, het ek opgespring en drie motors gestop.”

Intussen het die man wat op mnr. Niemand geskiet het terug na mnr. Huyser gegaan, wat hom met die domkrag geslaan het. Hy het mnr. Huyser drie keer in die bolyf geskiet.

Een man het sy broek losgemaak en aan mev. Huyser gesê om in die bos te gaan lê. Sy het hom gevloek en na haar man gehardloop.

Die mans het mnr. Huyser se selfoon en mev. Niemand se handsak in die motor gegryp en weggestap.

“Hans het my met daardie blou oë van hom aangekyk,” het mev. Huyser gesê.

 “Ek het hom help lê en asem in sy mond ingeblaas. Toe die paramedikus op die toneel kom, het sy sy pols gevoel en gesê hy is dood.”

Kapt. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie sal die bewerings ondersoek oor verklarings wat nie geneem is nie.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #389 op: January 24, 2012, 08:36:25 AM »
Gesiene in landbou op sy plaas vermoor
2012-01-23 22:33

Mnr. Francois du Toit van Roos­senekal in Limpopo is gisteroggend op sy plaas vermoor. Foto: DAILY MAIL
Marietie Louw-Carstens
’n Boer en bekende in landboukringe is gisteroggend koelbloedig op sy wildplaas buite Roos­senekal in Limpopo doodgeskiet.

Nadat mnr. Francois du Toit (38) geskiet is, het die aanvallers sy vrou, Eunice, en hul twee jong kinders met kabelbinders vasgebind.

Du Toit was ’n voedingskundige by Alzu Voere in Middelburg, Mpumalanga.

Hy en sy gesin het op die wildplaas sowat 30?km buite Roos­senekal gewoon. Sy ouers woon in ’n ander huis op die plaas. Pa en seun het saam geboer.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het gisteroggend ná 01:00 iets buite die huis gehoor.

Hy het opgestaan om ’n pistool uit ’n kluis te haal.

Drie aanvallers het intussen in die huis ingekom. Dit is nog onduidelik presies waar en hoe hulle ingekom het.

Du Toit is in die maag geskiet.

Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie mans. Nie een van hulle is gewond nie.

Du Toit is daarna nog ’n keer agter die oor geskiet.

Die aanvallers het toe me. Du Toit, die egpaar se seun, Francois (12), en dogter, Stephanie (9), na ’n lapa buite die huis gevat.

Hul hande en voete is met kabelbinders vasgebind.

Die aanvallers het twee gewere, twee pistole, geld en selfone uit die huis gesteel.

Hulle het toe in Du Toit se twee Nissan Navaras gevlug. Die swaar gewonde mnr. Du Toit het toe nog gelewe.

Nadat hulle weg is, het me. Du Toit, terwyl sy vasgebind was, op die grond aangeskuifel tot waar sy ’n skerp voorwerp kon kry om haar los te sny.

Sy het die bure oor die tweerigtingradio ontbied.

Mnr. James Language was
van die boere wat eerste opgedaag het. Die bure het mnr. Du Toit in ’n voertuig probeer kry, maar hy is in hul arms dood, het ’n vriend gesê.

Language wou gister nie uitwei oor wat gebeur het nie.
’n Vriend van Du Toit wat nie genoem wil word nie, het gesê hy was baie betrokke by sy medemens. “Hy was ’n goeie, goeie mens. ’n Leier-boer,” het die man gesê.
Du Toit was veral bekend onder lede van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

“Wat gebeur het, is verskriklik en baie hartseer,” het ’n boer wat daar naby boer gesê.
Volgens Otto het die aanvallers een van die Navaras op die plaas gelos.

Die ander voertuig is ’n ent van die plaas gekry. Dit is nie duidelik of hulle toe te voet gevlug en of makkers hulle opgelaai het nie.
Die polisie en boere het die gebied gister gefynkam.

Die Du Toit-familie was gister te geskok om met Beeld te praat. Niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #390 op: January 24, 2012, 08:37:38 AM »
Angs in hangkas
2012-01-23 22:32
 
Gerhard Pretorius
Hulle moes ’n bruilof reël. Nou reël hulle ’n begrafnis.

Die swanger voornemende bruid en haar verloofde het in die vroeë oggendure op ’n hoewe buite Brits weggekruip en gehoor hoe twee rowers haar ma aanrand en haar pa skiet.

Me. Yolandi van der Linden (27) en mnr. Gerhard Coetzee (26) het vir hul lewe gevrees terwyl die rowers mnr. Frans (57) en me. Elizabeth (52) van der Linden Sondag omstreeks 03:00 aangerand het.

Van der Linden sr. het later aan sy skietwonde, in die bors en regtersy, beswyk.

Van der Linden jr. en Coetzee sou eerskomende Saterdag trou en haar ouers het van Lichtenburg af Brits toe gekom om die laaste bruilof-
reëlings te tref.

Die vier het op Coetzee se ma, me. Jackoline Botha (61), se hoewe in Rashoop, sowat 13 km van Brits, oornag. Me. Botha was nie tuis nie.

Die betraande paartjie het gister gesê dat hulle nou pleks van ’n troue ’n begrafnis moet reël.

Coetzee het gesien hoe die rowers sy aanstaande skoonpa in die gang aanrand met iets wat soos ’n knuppel lyk voordat hulle hom in ’n kamer ingeboender het.

Coetzee het hul kamerdeur toegetrek en onder die bed gaan wegkruip, terwyl me. Van der Linden in die klerekas geskuil het.

“Ons het gehoor hoe gil hulle op my pa-hulle: ‘Waar is die geld? Waar is die geld?’, en toe hoor ons twee skote.

“Ná die bakleiery het als doodstil geword en ek het gewonder of altwee dood is of wat hulle nou met my ma doen,” het Van der Linden jr. gesê.

Nadat die rowers gevlug het, het mnr. Van der Linden by
sy dogter se kamer ingestrompel om te hoor of hulle beseer is.

“Hy het op ons bed gelê en bloei en na sy asem gesnak. Ons het so magteloos gevoel. Ek kon niks doen om hom te help nie,” het Coetzee gister in trane vertel terwyl hy sy verloofde troos.
Die polisie, ’n veiligheidsmaatskappy en ambulansdiens was gou op die toneel nadat ’n buurvrou die noodknoppie gedruk het.

Mnr. Van der Linden is egter in die ambulans dood.

Sy vrou is met die knuppel op die bene geslaan.

Die rowers het met ’n beursie, selfoon en twee horlosies gevlug.

Van der Linden jr. het gesê dit voel of sy enige oomblik wakker gaan word en dan is haar pa weer daar om haar uit die nagmerrie te kom haal.

“Hoekom moes hulle my ouers seermaak? Kon hulle nie net gevat het wat hulle wou hê en geloop het nie?”

Die paartjie sê mnr. Van der Linden het daarna uitgesien om ’n nuwe kleinding in die familie te hê.

“My pa was ’n liefdevolle man wat op sy gelukkigste was as sy vrou en kinders gelukkig was.

“My pa is my held en ek gaan hom ongelooflik baie mis,” het Van der Linden jr. gesê.


Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Volksmoord
« Antwoord #391 op: February 02, 2012, 05:13:09 PM »
Van: Vlaams Belang Europa
Verzonden: donderdag 2 februari 2012 13:45
Onderwerp: Klacht door Zuid-Afrikaanse boeren bij Strafhof Den Haag tegen
ANC-regering wegens genocide op blanke boeren

Persbericht
 
Internationale conferentie in Europees parlement over 'plaasmoorde' op
boeren in Zuid-Afrika
 
Zuid-Afrikaanse boeren dienen klacht in tegen ANC-regering wegens misdaden
tegen de mensheid bij Internationaal Strafhof Den Haag
 
'Het aantal slachtoffers van de gruwelijke ‘plaasmoorde’ in Zuid-Afrika, de
moorden uitgevoerd op blanken die leven op afgelegen boerderijen, bedraagt
al minstens 1554 en wellicht meer.  Die 'plaasmoorde' zijn geen gewone
misdaad, maar passen in een context waarbij de ANC-regering om politieke
redenen af wil van de vooral blanke boeren;  dit is dus een genocide en een
misdaad tegen de mensheid.'  Dat was de schokkende boodschap van
Zuid-Afrikaan Henk van de Graaf, ondervoorzitter van de Transvaalse
landbouwunie, gisteren in het Europees parlement op een internationale
conferentie.
 
Meer dan 50 personen woonden de internationale conferentie bij die
georganiseerd werd door Europees parlementslid Philip Claeys (Vlaams
Belang).  De conferentie werd bijgewoond door Europese parlementsleden uit
Groot-Brittannië, Frankrijk, Italië, Vlaanderen en Oostenrijk.
 
De 'plaasmoorde' worden in de hand gewerkt door de sfeer tegen de boeren die
door het ANC geschapen wordt.  Er worden verhalen verteld over ‘werkvolk dat
door de boeren slecht behandeld worden’ – al blijken bewijzen steeds te
ontbreken.  Boeren worden ook zonder bewijs beschuldigd van misdaden: ‘shoot
the Boers, they are rapists’ is een uitspraak van ANC-jongerenleider Malema,
die daarvoor wel veroordeeld werd – maar in beroep ging, mét de steun van
het ANC.  Er wordt ook beweerd dat ‘de blanken 80% van het land bezitten’ –
terwijl blijkt dat dit in 2001 nog maar 33% was, en sindsdien is blijven
afnemen.
 
De omvang van de plaasmoorde wijst intussen op een genocide.  1554
plaasmoorde kan men exact documenteren, maar wellicht is dat cijfer
onderschat;  Dit jaar alleen al zijn er 17 doden (op een maand tijd),
waarvan 6 door plaasmoorde.
 
De Afrikaners doen een oproep aan de wereld om de plaasmoorden, de genocide
en het anti-blanke racisme te doen stoppen.  Ze hebben daarvoor intussen
klacht ingediend bij het Internationale Strafhof in Den Haag wegens misdaden
tegen de mensheid.  ‘Wij zullen ons uiterste best doen om dit probleem de
volgende maanden en jaren blijvend op de agenda te plaatsen’, zo besloot
Europees parlementslid Philip Claeys de conferentie.
   
Philip Claeys
Europees parlementslid

Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #392 op: February 02, 2012, 09:18:28 PM »
'n Vertaalde weergawe van Google vertaler


Van: Vlaams Belang Europa
Gestuur: Donderdag 2 Februarie 2012 13:45
Onderwerp: Klagte deur Suid-Afrikaanse boere by Strafhof Den Haag teen
ANC-regering weens volksmoord op blanke boere

Persbericht
 
Internasionale konferensie in Europees parlement oor 'plaasmoorde' op
boere in Suid-Afrika
 
Suid-Afrikaanse boere dien klag in teen ANC-regering weens misdade
teen die mensdom by Internasionale Strafhof Den Haag
 
'Die aantal slagoffers van die grusame' plaasmoorde 'in Suid-Afrika, die
moorde uitgevoer op blankes wat lewe op afgeleë plase, bedra
al minstens 1554 en moontlik meer. Die 'plaasmoorde' is nie 'n gewone
misdaad nie, maar pas in 'n konteks waarin die ANC-regering om politieke
redes af wil van die veral blanke boere, dit is dus 'n volksmoord en' n
misdaad teen die mensdom. ' Dit was die skokkende boodskap van
Zuid-Afrikaan Henk van de Graaf, ondervoorzitter van die Transvaalse
landbouwunie, gister in die Europese parlement op 'n internasionale
konferensie.
 
Meer as 50 persone het die internasionale konferensie by die
georganiseer is deur Europees parlementslid Philip Claeys (Vlaams
Belang). Die konferensie is bygewoon deur Europese parlementsleden uit
Groot-Brittanje, Frankryk, Italië, Vlaanderen en Oostenryk.
 
Die 'plaasmoorde' word in die hand gewerk deur die atmosfeer teen die boere wat
deur die ANC geskep word. Daar word stories vertel oor 'werkvolk dat
deur die boere sleg behandel word '- al blyk bewys steeds te
ontbreek nie. Boere word ook sonder bewyse beskuldig van misdade: 'shoot
the Boers, they are rapists 'is' n uitspraak van ANC-jongerenleider Malema,
wat daarvoor wel veroordeel was - maar in beroep gegaan het, met die steun van
die ANC. Daar word ook beweer dat 'die blankes 80% van die land besit' -
terwyl dit blyk dat dit in 2001 nog maar 33% was, en sedertdien is bly
afneem.
 
Die omvang van die plaasmoorde wys intussen op 'n volksmoord. 1554
plaasmoorde kan mens presies dokumenteer, maar dalk is dit syfer
onderskat; Hierdie jaar alleen al is daar 17 dode (op 'n maand tyd),
waarvan 6 deur plaasmoorde.
 
Die Afrikaners doen 'n oproep aan die wêreld om die plaasmoorde, die volksmoord
en die anti-blanke rassisme te doen stop. Hulle het daarvoor intussen
klagte ingedien by die Internasionale Strafhof in Den Haag weens misdade
teen die mensdom. 'Ons sal ons bes doen om hierdie probleem die
volgende maande en jare blywend op die agenda te plaas ', so besluit
Europees parlementslid Philip Claeys die konferensie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Volksmoord
« Antwoord #393 op: February 03, 2012, 06:20:46 AM »
Henk vd Graaf het skitterend opfgetree in n onderhoud tydens die Europese Unie vergadering waar hy die woord gevoer het oor plaasmoorde in SA.

Terwyl die hele wereld daaroor gons, swyg Radio Pretoria soos die graf oor Henk en TLU SA se werk


Genocide in Zuid-Afrika


« Laaste verandering : February 17, 2012, 04:11:55 PM deur Alwyn »
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #394 op: February 03, 2012, 09:21:01 AM »
Dis voorwaar uitstekend. Ek moet so tong in die kies noem dat Henk se Nederlands baie beter as sy Brits is!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Volksmoord
« Antwoord #395 op: February 03, 2012, 12:50:08 PM »
Dit is uitstekend gedoen. Ek moet se, dat dit 'n baie objektiewe onderhoud was, dat dit ten minste lyk of hulle meegevoel met ons situasie toon.  Dit is baie meer as wat ek van ons hoofstroommedia kan se.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Volksmoord
« Antwoord #396 op: February 03, 2012, 01:53:32 PM »
Solie se Draadloos het nou ook wakker geword - seker na aanleiding van vorige menings op die forum van Bravoland

Drie hoera's vir Bravoland !!
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #397 op: February 13, 2012, 08:30:01 AM »
Vrou (71) se lyk in plas bloed in huis gekry
2012-02-12 21:14
 Ügen Vos
Die voormalige eienares van ’n gastehuis in Wakkerstroom se lyk is die naweek in ’n plas bloed gekry nadat sy vermoor is.

Me. Ingrid Anna Niebuhr (71), wat die Haus Bergfrieden-gastehuis tot onlangs bedryf het, is vermoedelik verlede week in haar huis oorval, verskeie kere met ’n mes gesteek en toe keelaf gesny.

Lt.kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê sy is Donderdag omstreeks 14:00 die laaste keer lewend gesien.

Haar tuinwerker het Saterdag net ná 08:00 vir werk opgedaag en gesien die motorhuis- en die kombuisdeur is oopgebreek.

Mnr. Chris Smit, voormalige burgemeester van Wakkerstroom, sê die tuinwerker is dadelik na die bure om hulp te kry.

Die buurman het gaan ondersoek instel en in die hoofslaapkamer op Niebuhr se lyk afgekom.

Daar was volgens Beeld se inligting onder meer steekmerke aan haar nek, gesig en rug.

Daar was egter geen teken van ’n moordwapen nie en niemand is tot dusver in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Niebuhr se maroen Volkswagen Polo is later in die omgewing van Volksrust gekry, het Hlathi gesê.

Dit lyk voorlopig asof niks behalwe die motor gesteel is nie.

Beeld verneem die polisie het Saterdag ’n span forensiese deskundiges uit Pretoria ontbied om die moordtoneel te fynkam.

Enigeen met inligting kan konst. Jan Maritz bel by 083 320 8117.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #398 op: February 17, 2012, 04:12:41 PM »
(ENG) Genocide with farm killings in South-Africa: a shocking testimony
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #399 op: February 20, 2012, 02:13:53 PM »
Bende vermoor boer op plaas in Potchefstroom
2012-02-20 13:10

Johannesburg – Die polisie in die Noordwes het bevestig dat ‘n bende van vyf rowers ‘n boer in die vroeë oggendure vermoor het.

Die 49-jarige man en sy vrou is Maandagoggend aangeval terwyl hulle hul koeie op ‘n plaas naby Potchefstroom gemelk het, het Eyewitness News berig.

Volgens die polisie is die egpaar geforseer om na hul huis terug te keer, waar ‘n struweling ontstaan het.

Die boer is in sy kop geskiet en sy vrou is aangerand.

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal