Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33578 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Re: Volksmoord
« Antwoord #60 op: September 04, 2009, 11:44:31 AM »
Ek hoor Woensdagaand van 'n geval waar 'n jongmeisie van Klerksdorp deur 4 swartes verkrag, en toe keel af gesny is. 
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Sanderis

  • Gas
Re: Volksmoord
« Antwoord #61 op: September 04, 2009, 11:50:25 AM »
Was dit in die koerant Sannie ?

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Re: Volksmoord
« Antwoord #62 op: September 04, 2009, 11:53:43 AM »
Sanderis

Nie sover my kennis strek nie. 
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #63 op: September 17, 2009, 05:18:02 PM »
Pretoria – Die taxibestuurder, Percyval Matji, is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy Bernadine Kruger voor haar skool doodgery het.

Landdros Edmund Patterson het Matji se optrede die dag van die ongeluk as “aaklig” beskryf.

“Jou optrede kan nie geregverdig of goedgekeur word nie,” het Patterson gesê kort voor die vonnis bekendgemaak is.

Matji het Kruger in Februarie doodgery toe sy op haar bromponie op pad skool toe was in Garsfontein. Hy het in haar vasgejaag en met sy voorwiel bo-oor haar gery. Sy is opslag dood.

Hy is ‘n week gelede aan haar moord skuldig bevind. Patterson het ook gesê dat Matji geen berou tydens die verloop van die hofsaak getoon het nie.

Dit was net sy moeder, Celi Mahlangu, wat hartseer gelyk het oor die voorval. Sy het haar seun as ‘n goeie kind beskryf wat altyd bereid was om sy gemeenskap te help.

Volgens Patterson is die vonnis nie om Matji te straf nie, maar eerder om ander te waarsku wat roekeloos bestuur en onskuldige mense se lewens in gevaar stel.

Matji se bestuurderslisensie is ook teruggetrek.

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/6e67f7f96cea4ee082477a920d6413f2/17-09-2009-04-10/Bernadine-saak_Taximan_kry_12_jaar
Ons Sal!!!

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #64 op: September 17, 2009, 10:05:24 PM »
Kan nie onthou wanneer laas het ek 'n Landdros gehoor wat so goeie uitspraak gelewer het nie.  Hy het seker gemaak dat as daar op appel gaan al die gate toe gemaak is.  Die aanklaer het net sulke briljante werk gedoen, so ook die ondersoekbeampte.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #65 op: September 18, 2009, 07:08:04 AM »
Hoewel almal tevrede is met die vonnis, het ek nogal gedink die daad verdien lewenslange tronkstraf - eintlik die doodstraf as dit sou bestaan! Maar, soos die ma gesê het: minstens het hy nie 'n opgeskorte vonnis gekry nie!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Volksmoord
« Antwoord #66 op: September 18, 2009, 08:22:42 AM »
Ek dink die vonnis is geheel en al te lig - dit was koelbloedige moord, en dit is doelbewus gedoen, sonder om enigsins berou te toon - dit was deel van die totale plan van uitwissing van die blankedom in hierdie land.

Nee wat, 25 jaar minimum sou meer geloofwaardig wees. ???
Kennis is mag

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #67 op: September 18, 2009, 08:27:40 AM »
Ek wonder hoeveel jaar hy uiteindelik gaan sit. Vier? Vyf? Dan klim hy weer in sy moordtuig en trap nog van ons mense dood.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #68 op: September 18, 2009, 08:37:14 AM »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #69 op: September 23, 2009, 02:13:14 PM »
'Ons sit en wag om uit te vind wie gaan volgende wees'

2009-09-22 07:07

André Damons

Die gemeenskap van Krugersrus in Springs leef in vrees nadat ’n misdadiger se koeël ’n inwoner Saterdagaand noodlottig getref het.

Dokters het me. Karen Nagel (45) eergister in die Glenwood-hospitaal in Benoni breindood verklaar. Die masjiene wat haar aan die lewe gehou het is daarna afgeskakel.

Sy is geskiet toe sy probeer keer het dat aanvallers by die skuifdeur van hul huis inkom.

Haar man, Jan, het ’n koeël wat ook vir sy kop bedoel was, met sy hand gekeer.

Gemeenskapslede het met skok en vrees op die “sinnelose moord” gereageer.

Mnr. George Gerber, die Nagels se skoonseun wat vyf huise daarvandaan bly, het die skote gehoor en uitgehardloop. Hy het een van die mans sien weghardloop en hom agternagesit. “Ek kon hom net nie vang nie. Ek en van die ander mans het hulle later met die voertuie probeer soek, maar kon hulle nie kry nie.”

Volgens hom is dit vir sy swanger vrou, Jacqueline, baie moeilik om te verwerk. Elke keer as die honde blaf is sy wakker.

Mnr. Louis Nel (36), nóg ’n inwoner, het gesê daar is amper weekliks ’n skietery in die woonbuurt.

“Ons sit en wag om uit te vind wie gaan volgende wees. Elke geringe geluid maak my vrou en kinders wakker. Die mans slaap nie en ry snags rond om die gebied te patrolleer.”

Volgens hom is die oop stuk veld en konstruksieterrein wat aan die woonbuurt grens, moontlik die broeiplek vir die misdaad in die gebied.

Nel het gesê hulle het die munisipaliteit en die maatskappy wat die grond gekoop het, gevra om die gebied skoon te maak, maar albei het geweier. Hulle het aangebied om self daarvoor te betaal.

“Sommige kere klink dit soos ’n oorlogsone met tussen 15 en 20 skote op ’n slag.”

Me. Amanda Greybe, polisiewoordvoerder van die Springs-polisiekantoor, het gister gesê geen ernstige misdade is in die laaste twee maande daar aangemeld nie. “Dit is een van ons rustiger woonbuurte en die voorval (skietery) is die eerste voorval in ’n lang tyd.”

Greybe het gesê niemand is nog in verband met die aanval op die Nagels in hegtenis geneem nie. 



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/699abee5aa714c55b7deafc32cda3809/22-09-2009-07-07/Ons_sit_en_wag_om_uit_te_vind_wie_gaan_volgende_wees
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #70 op: September 23, 2009, 03:22:40 PM »
Klink vir my daar is geen rus in Krugersrus nie.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #71 op: September 26, 2009, 07:35:47 AM »
Hy was net ’n kind’
2009-09-26 00:44
Hilda Fourie

'n Jong man is gister in sy ouerhuis buite Bronkhorstspruit doodgeskiet oomblikke nadat sy pa in sy slaapkamer geskiet is.

Mev. Jeanine Anderson moes toekyk hoe haar man, mnr. Robert Anderson (47), die eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oomblikke later het sy nog ’n skoot gehoor.

Dié skoot het die lewe van haar seun, Sheun (18), wat vir sy pa gewerk het, geëis.

Insp. Sanet Lourens, polisiewoordvoerder, het gesê ’n inbreker het gister omstreeks 01:00 deur ’n kombuisvenster van die Andersons se huis op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, geklim.

Volgens Lourens het die man reguit na die hoofslaapkamer geloop waar Anderson sr. en sy vrou geslaap het.

Volgens mnr. André van Staden, ’n familievriend, het Anderson sr. uit sy bed opgespring toe hy van die man bewus word.

Anderson sr. het glo net omgedraai om sy bril te kry toe die man hom twee keer skiet.

“Hy (die moordenaar) het langs die bed gestaan en die man twee keer in die maag geskiet,” het Lourens gesê.

“Mev. Anderson het op die bed gelê toe haar man geskiet is. Die man het niks aan mev. Anderson gesê of haar gevra om enigiets te doen nie.”

Volgens Lourens het die egpaar se seun van die skote wakker geword en is hy na sy ouers se slaapkamer toe.

Die moordenaar het net toe uit die kamer die gang ingestap en hom in Anderson jr. vasgeloop. ’n Stoeiery het in die gang uitgebreek en tot in die kombuis aangegaan. In die kombuis het ’n ander moordenaar Anderson jr. van agter in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.

Lourens het gesê die moordenaars het gevlug deur dieselfde venster waar hulle ingekom het. Net ’n skootrekenaar word vermis.

Anderson sr. is na die Bronkhorstspruit-hospitaal geneem vanwaar hy met ’n helikopter na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

Hy is in ’n kritieke toestand in die hoësorgeenheid opgeneem.

“Hulle (misdadigers) voel niks vir ’n mens nie,” het Van Staden gesê.

“Die laaitie het pas 18 geword en was nog ’n kind. Dit is so sleg.”

Buiten sy ouers laat Anderson jr. ook ’n ouer broer, Robbie (19), agter. Hy was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

* Volgens die polisie se misdaadstatistieke wat vroeër vandeesweek bekend gemaak is, het moorde en huisrooftogte in die Bronkhorstspruit-polisiewyk van April verlede jaar tot Maart vanjaar onderskeidelik met 110% en 104% toegeneem.



- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/34ab57e58a4e488b84b2c023bc145f30/26-09-2009-12-44/%E2%80%98Hy_was_net_%E2%80%99n_kind%E2%80%99
VOEL TUIS

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: Volksmoord
« Antwoord #72 op: September 26, 2009, 03:36:32 PM »
O jitte, ek ken hierdie mense. Shaun en Robert was saam my in Laerskool Balmoral en ek en Robert het vir 'n rukkie gekys ook... Dis baie sleg. :-(
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #73 op: September 28, 2009, 05:37:51 PM »
Van agter doodgeskiet
2009-09-27 22:13

Virginia Keppler

Die 55-jarige mev. Isabel Schonken is die naweek op ’n kleinhoewe oos van Pretoria van agter doodgeskiet terwyl sy vermoedelik in haar huis se gastebadkamer vir haar moordenaars probeer wegkruip het.

Sy is die tweede persoon wat binne 24 uur in ’n gewapende plaasaanval in dié omgewing vermoor is. Nog twee mense is gewond en ernstig beseer in dié aanvalle.
Mnr. Lars Schonken (56), haar man en ’n sakeman, is in die bolyf geskiet in die aanval eergister om 02:00 naby Klipkop.

Mnr. Schonken se skedel en gewrig is ook gebreek toe die rowers hom aangerand en met ’n pistool gekap het. Hy sterk aan in die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof, Pretoria.

Beswaarlik 24 uur vroeër is mnr. Sheun Anderson (18) Vrydag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, ook in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Oomblikke voordat hy geskiet is, moes sy ma, mev. Jeanine Anderson, toekyk hoe haar man, Robert (47), eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oor die tweede voorval het me. Héléne Rumsey (52), suster van mev. Schonken wat ’n klipgooi van die Schonken-egpaar woon, gesê die rowers het ’n elektriese heining wat reg om die kleinhoewe gespan is stukkend geknip. Hulle het deur ’n oop glasdeur by die huis ingekom.

“Hulle het Lars in die slaapkamer oorval,” het Rumsey vertel. “Dit wil voorkom of my sussie in die sitkamer voor die televisie aan die slaap geraak en wakker geskrik het toe hulle Lars skiet.

“Sy is kort daarna deur die hart geskiet.

“Die rowers het probeer om Lars ook deur die hart te skiet, maar dit was gelukkig net ’n vleiswond,” het Rumsey bygevoeg.

Mnr. Schonken het gevolglik sy bewussyn verloor. Toe hy kort daarna bykom, het hy sy pistool uit die kluis gaan haal en een van die rowers geskiet.

Hulle het volgens Rumsey met haar suster se handsak en selfoon en haar swaer se skootrekenaar gevlug.

Mnr. Schonken het sy dogter, mev. Sonja Smit, en haar man gebel. Hulle woon ook op die kleinhoewe. Smit se man, wat nie sy voornaam genoem wil hê nie, het sy bebloede skoonpa in die sitkamer en sy skoonma in die badkamer gekry. “Sy was reeds dood,” het hy gesê.

Hy het sy skoonpa na die hospitaal geneem.

Rumsey het gesê die egpaar se jongste dogter, Alma (17), was nie tydens die voorval tuis nie.

Sers. Monique Vermeulen, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n bloedspoor tot by ’n grondpad naby die kleinhoewe gevolg waar die verdagtes moontlik in ’n voertuig geklim en gevlug het.

Die polisie het dokters en mediese personeel gevra om op die uitkyk te wees vir ’n man met ’n skietwond.

Volgens Rumsey het rowers twee weke gelede by háár huis probeer inbreek, maar die alarm het afgegaan en hulle het gevlug.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/414a26c2e1d4452b965964dbfefa7901/27-09-2009-10-13/Van_agter_doodgeskiet
 
VOEL TUIS

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #74 op: September 29, 2009, 10:11:30 PM »
Is dit nodig om 'n nuwe draad vir hierdie goed te begin?

http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2009/09/goodbye-my-beautiful-white-baby-and.html

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/78de192c85c54cd8b983b2579f63695c/29-09-2009-01-47/77-jarige_verkrag_en_beroof

Volgens Gregory Stanton op 'n destydse Carte Blanche dokumenter oor plaasmoorde is hierdie die agt stappe van volksmoord.

1   Clasification      

2   Simbolization      

3   Dehumanization   

4   Organization      

5   Polarization      

6   Preparation      

7   Extermination      

8   Denial         

Ek sien iets van die derde stap in die tipe gebeure. 

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volksmoord
« Antwoord #75 op: September 29, 2009, 11:02:43 PM »
Smook, ons is al by punt 8.

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #76 op: September 30, 2009, 06:21:44 AM »

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #77 op: September 30, 2009, 10:06:28 AM »
Het julle gedink ek besef dit nie?

Wat ek probeer se is nie dat ons nou eers by die derde vlak is nie.  Die feit dat stap 8 al uitgevoer word beteken nie dat die ander uitgesluit word nie.

My persoonlike siening is dat hierdie eintlik elemente/bestaandele van volksmoord is.

Wat my aanbetref is daar van elke "stap" tans iets sigbaar.

Om op te som:  Ons moet nie net vaskyk in die moorde nie.  Daar is veel meer aan volksmoord. 

Ek kan nie gevalle soos in my vorige plasing verwys as gewone misdaad beskou nie, ek weier.  >:(
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #78 op: October 05, 2009, 04:50:53 PM »
Cullinan-man in sitkamer doodgeskiet
2009-10-05 11:36
 

Booswigte het 'n 40-jarige man op sy kleinhoewe in die Cullinan-distrik, oos van Pretoria, doodgeskiet.

Die man se vrou het die honde Sondagnag hoor blaf en het gaan ondersoek instel, het konst. Sally Skosana, polisiewoordvoerder, Maandag gese.

Dit blyk dat die egpaar se dogter gesien het toe haar ma en onbekende mans die huis binnegaan en sy het haar pa gaan wakker maak.

Volgens Skosana is die man in die sitkamer doodgeskiet.

Die rowers het met 'n skootrekenaar en twee selfone gevlug. - Virginia Keppler

Lees die volledige berig Dinsdag in Beeld.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/78010d23728b4ace94a585548a394eac/05-10-2009-11-36/Cullinan-man_in_sitkamer_doodgeskiet
VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volksmoord
« Antwoord #79 op: October 05, 2009, 05:12:49 PM »
Johannesburg - 'n Boer is koelbloedig doodgeskiet nadat drie mans vroegoggend sy vrou buite hul plaashuis oorval het.

Konst. Sally Skosana, 'n polisiewoordvoeder, het gesê drie mans het Maandagoggend die gesin se plaas in Cullinan betree.

"Die plaaseienaar se vrou het die honde hoor blaf en ondersoek gaan instel. Die drie mans het toe 'n vuurwapen op haar gerig en by die huis ingegaan."

Toe die plaaseienaar wakkerskrik, het een van die mans hom in die bors geskiet. Hy is onmiddelik dood.

Die rowers het twee selfone en 'n skootrekenaar gebuit.

Die trio het glo vroeër by 'n ander plaashuis ingebreek en 'n geweer gesteel.

"Die eienaars van dié huis was nie ten tyde van die voorval by die huis nie," het Skosana gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 'n Saak van moord en huisroof word ondersoek.

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/701e5823874f443aa435143cdb8559ee/05-10-2009-11-44/Boer_in_plaashuis_vermoor
VOEL TUIS


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal