Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33575 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #80 op: October 06, 2009, 07:44:52 PM »
Kind hou pa styf vas ná hy in hart geskiet is

Virginia Keppler

'n Parapleeg het eergisternag aanhoudend hardop gebid en drie gewapende rowers gesmeek om nie sy ma en sussie “weg te vat” nie nadat hulle reeds sy pa voor hom doodgeskiet het.

Mnr. Henry Locke (39), ’n motor-elektrisiën van die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, is in die hart geskiet en het in die sitkamer ineengestort waar sy verlamde seun, Dawie (23), gelê het.

Die 13-jarige Monique, ’n gr. 7-leerling aan die Cullinan-skool, het vertel sy, haar broer en hul ma, mev. Amanda Locke (43), het tot ná 23:00 in die sitkamer gesit en gesels toe die honde kwaai begin blaf het. Haar pa het geslaap.

“My ma het eers die honde deur die venster probeer stil maak. Toe sy hulle nie kon stil kry nie, het sy die flitslig gevat en na buite gegaan om hulle stil te maak.

“Net toe my ma by die deur uit is, het ’n man wat vermoedelik agter die muur by die voordeur weggekruip het, haar gegryp,” het Monique gesê.

Sy was in daardie stadium kort agter haar ma en het gesien hoe die een aanvaller haar ma gryp en twee ander op haarself afpyl.

“Ek het in die huis ingehardloop en my pa gaan wakker maak. Toe my pa om die hoek by die sitkamerdeur kom, het hulle hom in die hart geskiet.

“Hy het voor die bank neergeval. Een van die rowers het toe vir my ma gesê sy moet gaan sit.

“Ek het langs my pa gaan sit en hom styf vasgehou,” het Monique vertel.

“My broer het die rowers gevra om ons nie weg te vat of seer te maak nie.

“My ma het vir die rowers gesê my boetie is verlam en hulle moet hom nie seer maak nie. Sy het gesê hulle kan alles vat.

“Hulle het my ma en boetie se selfone, ’n skootrekenaar en my ma se trouringe van haar vingers af gevat.”

Die aanvallers het kort daarna gevlug.

“Toe hulle weg is, het ek en my ma probeer om my pa in die motor te laai, maar hy was te swaar.”

Mev. Locke het haar seun in die motor gelaai en saam met haar twee kinders tot by die bure gejaag.

Die gesin het ná die moord begin oppak en is besig om na mev. Locke se suster, mev. Estelle Maritz, se plaas by Honingnestkrans, noordwes van Pretoria, te trek.

Maritz het gesê die rowers het twee heiningdrade stukkend geknip om by die erf in te kom. “Hulle het my suster en haar kinders se hele lewe verwoes.

“Ons wil nie die land verlaat nie. Dis ons grond en ons familie bly hier. Ons eie huise is al reeds tronke.”

Dit is jammer dat haar swaer, wat altyd goed was vir sy medemens, so vermoor moes word, het ’n ontstelde Maritz gesê.

Konst. Sally Skosana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is nog op vrye voete.

- Beeld


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/43eb720cb2b84f66aca6b62419a23f4a/06-10-2009-12-19/Kind_hou_pa_styf_vas_n%C3%A1_hy_in_hart_geskiet_is
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksmoord
« Antwoord #81 op: October 08, 2009, 01:13:02 PM »
Dis om van siek te word!

Couple found dead in bedroom  

 October 08 2009 at 12:33PM 

The bodies of an Oudtshoorn couple were found in their bedroom on Thursday, Western Cape police said.

Captain Louis Visser said a family friend contacted the police when the couple, Piet de Jager, 55, and his wife, Alet, 44, could not be reached.

"Police broke into the house in Karoo Valley Farms and discovered the two bodies in the bedroom. They had gunshot wounds to their heads. A firearm belonging to Piet was found at the scene," Visser said.

He could not say exactly when the couple died.

"The suspicion is that they died between 8pm on Monday and 6pm on Wednesday," he said.

There were no signs of forced entry into the house.

Police had opened murder and inquest cases. - Sapa

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=nw20091008121801271C838722
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #82 op: October 17, 2009, 11:42:33 AM »
Plaasmoorde! 'n Ander perspektief as wat ons gewoonlik in gewone koerantberigte daaroor lees. Dit laat 'n mens dink, anders dink! :'( :o :( >:(

Meneer die president, dit is ek, Baby Venter, hier. U ken my nie, maar ek ken u. Ek sal nie baie van u tyd gebruik nie.

Ek wil vandag vir Meneer vertel van Herkie, my oudste en enigste kind – ’n rammetjieskind.

Ek het hom met moeite in die wêreld gebring, Meneer. Hy was ’n pieperige ou dingetjie. Ek was drie dae lank in barensnood. Die dokters het gesê hy gaan dit nie maak nie – sy gesiggie was potblou en sy lyfie ook.

Toe ons hom uiteindelik huis toe gevat het, Herklaas en ek, het hy mooitjies in ’n skoendosie gepas.

Hy was ’n oulike klongetjie, Meneer. Hy het al sy eerste bok geskiet toe hy maar vyf was. Hy kon kettie skiet dat die voëls so hop. Hy het altyd goetertjies met sy hande gemaak: klei-osse, draadkarre, paadjies en damme vir sy trokkies.

Meneer, ek het vreeslik getjank die dag toe ons hom kosskool toe moes stuur. Sy kop het skaars bo daardie ysterbedjie uitgesteek.

Ek het ’n sakkie vir sy goedjies gemaak wat ek onderaan die bed se voetenent vasgemaak het. Daarop het ek geborduur “tandeborsel”, “tandepasta”, “kam” en so aan. Maar hy kon nog nie lees nie. Hy het na die prentjies gekyk.

Ek het getjank, Meneer. Hy was klein en hy was bang vir die groot skool. Maar hy het niks gesê nie.

Die volgende sewe jaar het ek hom net naweke gesien. Ek het al Donderdagaande begin beskuit en koekies bak, en Vrydae was ek en Herklaas al vroegoggend by die bushalte.

Eenkeer het die klein pestilensie vir my ’n sak vol grasgroen, klipharde maroelas van die skool af gebring. Gesê die skool se jêm is sleg. Ek moet maroelajellie maak – genoeg vir hom en sy pelle – dat hulle lekker kan eet. En ek het, Meneer – bottels vol.

Toe die maroelas eers gelê en ryp word het onder die stoor se dak.

Later is hy na die groot dorp se hoërskool, en toe het hy nie meer elke naweek huis toe gekom nie. Ons het hard gewerk, Herklaas en ek, om vir hom ’n geleerdheid te kry. Vier lange jare geswoeg vir daardie stukkie papier.

En die dag toe hy die swart keppie op sy kop kry, toe sê hy nou kom hy plaas toe; die enigste plek in die hele wêreld waar hy wil wees.

Ons kon vir hom die onderste kamp afsny, Meneer, sodat hy sy eie ding daar kan doen. En hy het goed aangegaan. As die Here genadig was met die reën, was die oeste goed.

Later het hy ook met die beesgoed begin. Hy was lief vir sy diere. As enetjie olik was, het hy sommer maklik die hele nag daar by die kamp rondgedwaal om te kyk dat die dier nie ly nie.

Dis oor hierdie ding dat ek nou vir u skrywe, Meneer. Want dit is hierdie ding wat my klaarmaak.

Hulle het eers sy honde gif ingejaag, Meneer. Kan Meneer glo dat iemand dit oor sy hart kan kry om vir diere stukke gifvleis te gee en te weet daardie dier gaan uitgooi en uitgooi totdat sy lyf net ruk maar niks kom uit nie en die bolle skuim om sy bek staan?

Hy het al geslaap, Meneer. Toe hy wakker word, moes hulle seker om sy bed gestaan het. Hy moes opstaan en die kluis oopsluit. Hulle het sy hande met draad agter sy rug vasgebind. Ek het self daardie hande agterna gesien, Meneer. Dit was tot op die been oopgeskaaf.

Toe het hulle ’n strykyster warm gemaak en hom daarmee gebrand, Meneer. Sy hele lyf, sy gesig, sy arms, orals. Sy hele bolyf was vol blase, Meneer.

Eers drie uur later, toe hulle agterkom daar is regtig nie geld in die huis nie, het hulle hom geskiet. In die kop. Hom net daar laat lê. Bo-oor hom getrap en polonie uit die yskas gevat.

Ons het hom eers twee dae later gekry, Meneer. My ou seuntjie wat daai tyd in ’n skoenboksie gepas het. Die enetjie wat altyd goetertjies met sy hande gemaak het. Die ene wat geglo het ek kan jêm kook van klipharde maroelas.

Ken Meneer daai huil wat ’n mens nie wil los nie? Wat jou maag vasdraai en jou keel toeknoop?

Weet Meneer hoe dit is as ’n mens heeltyd vir die Here bid dat hy die onthou en die dink in jou kop moet doodvee?

Ek vra nie die doodstraf nie, Meneer. Ek vra ook nie geld nie.

Dis nou weer maroelatyd hier op die plaas. Ek vra dat as Meneer ooit by ’n maroelaboom verbyry en die maroelas lê groen onder die boom, dink asseblief aan my, aan Baby Venter. En aan Herklaas.


http://www.beeld.com/Content/By/Nuus/1992/ca37f9ada4564f8fa6e382e4baab224f/17-10-2009-03-08/Ken_Meneer_daai_huil
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #83 op: October 19, 2009, 07:38:19 PM »
Bekende egpaar op hul kleinhoewe in Kranshoek vermoor

2009-10-12 23:55

JACKIE KRUGER

George

Die lyke van ’n bekende egpaar van Plettenbergbaai is gistermiddag in hul huis op hul kleinhoewe in Kranshoek gevind, skaars ’n maand nadat ’n bejaarde vrou van Wittedrift, omtrent 7 km verder, in haar huis oorval en vermoor is.

Die lyke van mnr. Willie le Roux (53), ’n bekende bouer, en sy vrou, Julie (50), is elk met ’n skietwond aan die voorkop op die kleinhoewe Hog’s Hollow gevind, het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Die lyke is omstreeks 14:00 ontdek toe die polisie inligting opgevolg het nadat Le Roux se BMW Sondagmiddag verlate naby ’n opleidingsentrum in KwaNokuthula, ’n woonbuurt buite Plettenbergbaai, gevind is.

Volgens Pojie is die kleinhoewe aanvanklik ook verlate gevind, maar by nadere ondersoek is mev. Le Roux se lyk in die slaapkamer op die bed gevind en dié van haar man in ’n ander gebou op die werf. Albei was vasgemaak.

Die motief vir die moord was waarskynlik roof, hoewel talle waardevolle artikels, soos ’n haelgeweer, steeds in die huis was. Twee skootrekenaars word egter vermis, het Pojie gesê.

Volgens hom het ’n familielid Saterdagmiddag die laaste keer telefonies met Le Roux gepraat. Die egpaar is vermoedelik tussen Saterdagaand en gisteroggend vermoor, het hy gesê.

Mnr. Theo Terblanche, ’n inwoner van Kranshoek, het gesê almal in die omgewing is keelvol vir misdaad.

    * Me. Johanna Blignault (78), wie se man, George, jare lank die onderhoof van die Hoërskool Wittedrift was, is op 19 September na bewering deur twee minderjariges, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, in haar agterplaas oorval en vermoor.

Ván Blignault se besittings is later in bosse naby ’n huis in die Green Valley-woonbuurt gevind, waar die minderjariges in hegtenis geneem is.

Pojie het ooggetuies wat met inligting kan help, gevra om die ondersoekbeampte, insp. Theodore Windvogel, by 044 533 3121 of  073 168 8808 te bel. Die polisie ondersoek ’n dubbele moord.

- Die Burger

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/ecbca5912a9148da9d4f276371654556/12-10-2009-11-55/Bekende_egpaar_op_hul_kleinhoewe_in_Kranshoek_vermoor
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #84 op: October 19, 2009, 07:49:08 PM »
Pa van 3 in rooftog

2009-10-13 05:50

Vicus Bürger

BETHLEHEM. – ’n Veiligheidswag van die dorp en pa van drie klein kinders is gisteroggend koelbloedig in ’n rooftog in Phuthaditjhaba, Qwaqwa, doodgeskiet.

Mnr. Willie Simpson (41), ’n werknemer van Coin Security se Bethlehem-tak, en een van sy kollegas was met die onderneming se voertuig by die Shell-vulstasie waar ’n mens van Bethlehem in Phuthaditjhaba aankom.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê vier gewapende mans het Simpson en sy kollega aangeval.

Een van die rowers het geskiet en die koeël het Simpson se lyf onder sy arm getref. ’n Ambulans is ontbied, maar Simpson is later dood verklaar.

Sy kollega is na ’n plaaslike dokter gebring en vir skok behandel.

Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld in ’n wit Opel Monza met ’n Vrystaat-registrasienommer gevlug.

Die rowers het die voertuig later in Phuthaditjhaba gelos en in ’n groen Audi sonder ’n registrasienommer gevlug.

Die polisie het intussen uitgevind dat ’n man van Bolata in Qwaqwa vroeër van die Opel Monza beroof is.

Een skoot is ook op dié man geskiet, maar die koeël het hom gemis.

Familielede van Simpson was gister nog te geskok om met Volksblad te praat en ’n foto van die oorledene kon ook nie gister van die familie gekry word nie.

Simpson word deur sy vrou, Lana, en drie kinders, Maroné (9), W.G. (4) en Danica (2), oorleef.

Hy het nagenoeg vyf jaar by Coin Security se Bethlehem-tak gewerk.

Volgens die onderneming kom Simpson se dood vir almal as ’n groot skok. Personeellede ondersteun mekaar.

Simpson was ’n goeie werker en ’n mens kon altyd op sy knoppie druk. Boonop het sy kollegas ook baie van hom gehou.

Mophiring sê niemand is al in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek klagte van moord en poging tot moord, asook twee klagte van gewapende roof.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan kapt. Daniel Moshoaduba van Phuthaditjhaba se eenheid teen georganiseerde misdaad by 082-854-7540 of 0860-010111 bel.

- Volksblad

http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/852edb4e624d45088e3c3ee71199265a/13-10-2009-05-50/Pa_van_3_in_rooftog
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #85 op: October 19, 2009, 08:22:04 PM »
Veg vir gesin en sterf

2009-10-11 21:43

Herman Scholtz

’n Pretoriase man is dood nadat hy in die kop geskiet is terwyl hy baklei het om sy huismense teen aanvallers te beskerm.

“Hy sou altyd help. Hy was ’n positiewe mens. Hy was my lewe,” het me. Nicole Grobler gister gesê enkele ure nadat sy haar vriend, mnr. Gert Wandrag (47), dood in hul huis in Doornpoort sien lê het.

Hulle was gister omstreeks 04:00 aan die slaap toe Wandrag wakker geword het van twee rowers wat in hul slaapkamer staan, het sy vertel.

“ ‘Jou donner, wat maak julle hier’ het hy vir die rowers geskree en hulle in die gang af gejaag.”

Grobler se 16-jarige seun, Marcél, het op die sitkamerbank geslaap en wakker geword toe die rowers die oorhand gekry het.

“Hulle het oom Gert aanhoudend met ’n stoel oor die kop geslaan,” het hy gesê.

’n Skoot is afgevuur en Marcél het na die kamer gehardloop waar sy ma en suster, Nadine (13), was.

Wandrag se susterskinders, mnr. DC (23) en me. Carmen Cronjé (26), het in die ander kamer geslaap.

Hulle het in Pretoria gekuier om ’n troue by te woon en almal het eers omstreeks 03:00 gaan slaap.

“Ek het dadelik na hul kamer gehardloop om hulle te waarsku, maar hulle het gelukkig reeds die deur toegedruk,” het me. Grobler gesê.

“Ons het toe in die badkamer gaan wegkruip. Ek het aan die wasbak vasgeklou en gebid dat hulle nie daar inkom nie.

“Ons het die polisie gebel en toe ek die polisiekar sien, het ek by die venster uitgehang en om hulp geskree.

“Toe dit uiteindelik stil was het ek uitgehardloop. Hy het net daar gelê met sy gesig op die grond.

“Carmen moes my net terughou. Sy het gesê hy is klaar by Liewe Jesus.”

Die rowers het twee skootrekenaars, ’n kamera, ’n paar selfone en ’n beursie met R15 in gesteel.

Die gesin se twee worshonde is ’n rukkie gelede vergiftig.

Marcél het eers later gister besef daar is ’n koeëlmerk in die muur langs die bank waar hy geslaap het.

Nadine was gister nog baie geskok.

“Sy voel baie skuldig omdat sy en Gert kort vantevore gestry het. Maar sy het vir hom gesê sy’s jammer en lief vir hom,” het haar ma gesê.

DC was gister by sy ouerhuis op Potchefstroom. Sy pa, mnr. Danie Cronjé, het gesê dit is “nie lekker om jou seun, wat al ’n man is, te sien huil nie”.

“Waar gaan dit alles eindig? En dít alles vir ’n selfoon.”

Volgens hom het Carmen waarskynlik haar broer se lewe gered deur die kamerdeur toe te hou.

“DC wou net uithardloop na die sitkamer.”

Insp. Ben Strydom, polisiewoordvoerder, het gesê die moordenaars het by die huis ingekom deur die diefwering by die eetkamer oop te buig.

Die moordenaars is nog op vrye voete.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/132c3dba0834488aa3b159012c03d886/11-10-2009-09-43/Veg_vir_gesin_en_sterf_
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #86 op: October 19, 2009, 08:23:34 PM »
Let daarop dat die vorige drie plasings berigte van MOORD bevat van die opeenvolgende dae.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #87 op: October 22, 2009, 01:48:40 PM »
Opsigter by rusoord deur Zimbabwiër doodgeskiet

2009-10-21 23:30

Marietie Louw-Carstens

’n Opsigter (65) by vakansie-chalets op ’n Bosveldplaas in Limpopo is gister kort ná 13:00 doodgeskiet toe ’n Zimbabwiër hom en sy vrou aangeval het.

Sy vrou het teruggeskiet en die aanvaller gewond.

Mnr. Jan Potgieter is in sy rug geskiet op die plaas Johannesberg in die Villa Nora-distrik, sowat 50 km van Lephalale (Ellisras) af. Hy is in die huis dood.

Die Zimbabwiër is in sy een sy gewond toe Potgieter se vrou, Annelie, op hom geskiet het. Die blitsvinnige optrede van boere en polisie in die gebied tot die arrestasie van ’n 18-jarige man gelei.

Die Zimbabwiër is omstreeks 17:00 op die walle van die Phalala-rivier vasgetrek, het supt. Mohale Ramatseba, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Mnr. Neels Hennop, ’n boer in die gebied, het gesê die Zimbabwiër het glo vir Potgieter gewerk.

Dis onduidelik wat gebeur het toe Potgieter en sy vrou aangeval is. Daar was glo ’n struweling in die huis waartydens Potgieter geskiet is, het Ramatseba gesê.

’n Pistool en ’n geweer is in die huis gekry. Dit was teen druktyd nog nie duidelik met watter wapen Potgieter geskiet is nie.

Mnr. Japie Spanio, veiligheidsvoorsitter van TLU SA, het gesê boere is danksy radioverbinding in die gebied baie vinnig oor die aanval ingelig. Hulle het die plaas omsingel en van die paaie in die gebied afgesper.

’n Private helikopter, wat gewoonlik gebruik word om wild te vang, ’n polisiehelikopter en spoorsnyers was ook deel van die reuse-soektog.

- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/d8276acf338448709c64d5cedfc50660/21-10-2009-11-30/Opsigter_by_rusoord_deur_Zimbabwi%C3%ABr_doodgeskiet
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #88 op: October 23, 2009, 04:32:31 PM »
Man in plaashuis doodgeskiet

2009-10-23 15:29

Johannesburg – ‘n Man is doodgeskiet tydens ‘n rooftog by ‘n plaashuis in Hartbeesfontein naby Brits, het die polisie in Noordwes gesê.

Volgens supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het drie verdagtes omstreeks 03:00 by die plaashuis ingebreek terwyl die inwoners geslaap het.

Charles Smith, het die geraas gehoor en ondersoek gaan instel. Een van die rowers het hom in die maag geskiet.

Smith het met sy aankoms by die Medi-Clinic in Brits gesterf.

– Sapa

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/de8ed3e5e0f04005bb2cf94ca25f61b5/23-10-2009-03-29/Man_in_plaashuis_doodgeskiet
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #89 op: November 03, 2009, 05:25:40 PM »
Ek kan nie sonder hom lewe nie,’ gil sy


2009-11-01 23:10



Fanie van Rooyen
‘Asseblief Here, moet hom nie wegvat nie. Ek kan nie sonder hom lewe nie.”

So het mev. Anita Woest (50) eergister geskreeu oomblikke nadat haar man deur een van sowat tien gewapende rowers by die Klipeiland-slaghuis buite Bronkhorstspruit doodgeskiet is.

Die bende het helder oordag by die slaghuis op die R25-pad toegeslaan.

Mnr. Pieter Woest (55), bestuurder van die slaghuis, het kort tevore saam met sy vrou in die slaghuis gewerk voordat ’n werker vir hom kom sê het iemand beroof die gebou langsaan.

Hy het sy rewolwer gegryp en in die parkeerterrein in drie van die rowers vasgehardloop.

Hy het op die rowers losgebrand en vermoedelik een rower twee keer getref voordat ’n vierde rower, wat agter ’n pilaar versteek was, hom in die rug en in die kuit getref het.

“Toe ek by hom kom het daar reeds bloed by sy neus en mond uitgekom,” het ’n emosionele mev. Tokkie Human (53), ’n kassier wat deur die rowers aangehou is, gister gesê.

Woest is vermoedelik in die hart getref en is op die toneel dood.

Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het omstreeks 12:30 in ’n roomkleurige Toyota Quantum-minibussie by die slaghuis toegeslaan.

Mev. Suzette Olivier, eienaar van die slaghuis, het saam met Human in dié gebou agter die toonbank gewerk toe die rowers daar ingebars het.

“Ek was besig om ’n klant te bedien toe ’n man met ’n swart baadjie ingestap en ons veiligheidswag teen die grond gegooi het,” het Human gesê.

Dié rower het ’n enkele skoot teen die grond langs die veiligheidswag geskiet.

“Suzette het deur toe gestap om die man te konfronteer toe ’n tweede rower ingestap en haar met sy vuurwapen agter die toonbank ingedwing het.”

Een van die rowers het langs Human stelling ingeneem en ’n handwapen in haar sy gedruk terwyl die derde rower ingestap het.

“Hulle het die vuurwapens op ons gerig en heeltyd gesê: ‘Waar is die geld? Ons gaan julle skiet, ons gaan julle doodmaak.’?”

Human en Olivier het die kasregisters oopgemaak. “Die twee langs ons het soos diere op die geld toegesak. Daarna het hulle met die geld uitgehardloop en ek het twee skote gehoor,” het sy gesê.

“Ek wou weghardloop en was op pad uit toe ek nog twee skote gehoor en deur die venster sien hoe Pieter neersak.”


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/24656ac3a12f452fa8f32cefa3c675b9/01-11-2009-11-10/%E2%80%98Ek_kan_nie_sonder_hom_lewe_nie,%E2%80%99_gil_sy
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: Volksmoord
« Antwoord #90 op: November 03, 2009, 05:38:32 PM »
Ja, dit is verskriklik. Oom Pieter se dogter was saam my broer in die klas in Laerskool Balmoral. Klipeiland slaghuis is net 1km van my ouma-hulle se plot af, dit maak my baie skrikkerig vir hulle part. Tannie Anita Woest het verskriklik artritis en oom Pieter het letterlik amper alles vir haar gedoen.
Is dit nie vreemd dat die rowers langs die sekuriteitswag op die grond geskiet het nie, maar toe hulle uitkom oom Pieter dadelik twee doodskote gegee het nie?
« Laaste verandering : November 03, 2009, 05:41:03 PM deur Anné Thiart »
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volksmoord
« Antwoord #91 op: November 03, 2009, 05:42:10 PM »
Doodstraf
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #92 op: November 12, 2009, 04:21:19 PM »
Vermoor toe hy vrou wou help

2009-11-09 23:53

Dries Liebenberg

Durban. ­– Sowat vier maande nadat hy met vervroegde pensioen gegaan het om sy tyd heeltyds aan ’n inheemse kwekery in die KwaZulu-Natalse Middellande te wy, het twee rowers ’n voormalige topamptenaar van die provinsiale regering trompop in die kop geskiet.

Dr. Warwick Dorning (55), wat voor sy aftrede in Julie gehelp het om die strategiese plan van aksie van die nuwe provinsiale regering op te stel, is Saterdag omstreeks 21:00 in sy huis op die plaas Adamshurt naby Howick doodgeskiet toe hy sy vrou, Dawn, te hulp gesnel het.

Die rowers het toegeslaan kort nadat die egpaar ’n stoepdeur by hul slaapkamer oopgemaak het sodat hul hond ’n draai kon loop voordat hulle gaan slaap, het mnr. Peter Miller, voormalige KwaZulu-Natalse LUR vir finansies en jare lange vriend van Dorning, gister gesê.

Dorning was in die kombuis toe hy sy vrou gehoor gil het. “Toe hy die kamer instorm, is hy doodgeskiet,” het Miller gesê.

’n Telefoonoproep van me. Nicola Nielsen, Dorning se suster, enkele minute later het moontlik ’n groter treurspel gekeer.

Nielsen en mnr. Patrick Sinclair, haar lewensmaat, wat naby die Dornings se opstal woon, het die skoot gehoor.

Die rowers, wat met ’n pistool gewapen was, het mev. Dawn Dorning en haar skoonma, mev. Noo Dorning (85), in daardie stadium aangehou en geld geëis.

Die rowers het ná die oproep met twee selfone, ’n beursie en ’n dekodeerder gevlug. Hulle het ’n plasmaskerm-TV uitgehaal toe die foon gelui het.

Nielsen en Sinclair, ’n sjef, bestuur ’n koffiewinkel by die kwekery wat mev. Dawn Dorning op die plaas opgebou het.

Die moord op dr. Dorning is uit alle oorde skerp veroordeel.

Mnr. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling, het die moordenaars “nikswerd aasvoëls” genoem.

Die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) het gesê daar was die afgelope drie tot vier jaar ’n toename in moorde, aanvalle en eiendomsmisdade op kommersiële plase in die provinsie. Tot September vanjaar was daar vyf moorde en 27 aanvalle op mense op plase vergeleke met ses moorde en 47 aanvalle vir die hele 2008, het mnr. Koos Marais van Kwanalu se veiligheidslessenaar gesê. “Ongelukkig is misdaad lonend.”

Dr. Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, het gesê dr. Dorning was ’n toegewyde en nederige staatsamptenaar met baie integriteit. Hy was al voor 1994 by die Natalse provinsiale administrasie betrokke.
 

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/4fa96f0284774a22b157d616aa28452a/09-11-2009-11-53/Vermoor_toe_hy_vrou_wou_help
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #93 op: November 12, 2009, 05:16:03 PM »
‘Nee! Nee! Nee!’ – toe 2 skote

2009-10-31 01:53

Virginia Keppler

Pretoria - Die bewoner van ’n kleinhoewe in Magalies-Moot, in die weste van Pretoria, is eergisteraand in sy sitkamer deur twee gewapende rowers oorval en geskiet.

Terwyl mnr. Iep Kruger (56) sterwend in sy sitkamer was, het ’n rower sy vrou, Amanda (61), met ’n vuurwapen aangehou en van haar selfoon beroof.

Mnr. Kruger het omstreeks 11:40 in die sitkamer gesit en televisie kyk toe ’n rower hom oorval het. Sy vrou het in daardie stadium in die slaapkamer gelê en televisie kyk.

“Ek het skielik ’n geluid gehoor en toe breek ’n stoel.

“Die volgende oomblik hoor ek my man skreeu: ‘Nee! Nee! Nee!’ en toe klap daar twee skote,” het mev. Kruger gesê.

Sy het deur hul slaapkamer se skuifdeur na buite gevlug en was besig om haar buurman van haar selfoon te probeer bel toe ’n
rower haar oorval.

“Hy (die rower) het ’n vuurwapen op my gerig en toe vat hy my selfoon uit my hand en hardloop weg sonder ’n woord.”

Sy het daarna na haar man gehardloop en hom probeer help.

“Ek het probeer om hom op sy sy te draai sodat die bloed uit sy mond kon loop, maar hy was te swaar.”
Mev. Kruger het haar man gevryf, hom met ’n kombers toegegooi en aan hom gesê sy gaan hulp by die bure soek.

Sy het daarna in haar motor gespring en na die kleinhoewe langs hulle gery.

Sy het teruggejaag na hul hoewehuis, maar haar man was al dood.

“Die eerste koeël is deur die regterhand, deur die regterkant van sy gesig en by sy sleutelbeen in. Die tweede koeël is by sy een sy in en by die ander sy uit,” het sy gesê.

Sy het gesê hulle sou oor ’n week Botswana toe ry, maar nou het alles verander.

“My man het ’n groot hart gehad en was ’n goeie mens.

“Wat gaan ek nou sonder hom doen?”

Me. Hettie Jordaan van die Kameeldrift-Wes en omgewing se landelike beveiligingsektor het gesê kort ná die voorval het hulle die sirene aangeskakel om al die inwoners in die omgewing te waarsku gewapende rowers is in die omgewing doenig.

Volgens Jordaan is verskeie inwoners in die omgewing se sinkplate dieselfde aand gesteel.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-inisiatief AfriForum en ondervoorsitter van die Hercules-gemeenskapspolisiërings-forum (GPF), het gister by die Kruger-huis gesê Suid-Afrikaners se huise het ’n “oorlogsone” geword.

“Ons bloei ons dood,” het Kelder gesê.

Insp. Patricia Simelane, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval.

Mnr. Kruger laat sy twee seuns, Shaun (27) en Wayne (25), agter.
 

- Beeld




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ec855e93f22a43ebb914e43f8629ce20/31-10-2009-01-53/%E2%80%98Nee!_Nee!_Nee!%E2%80%99_%E2%80%93_toe_2_skote
« Laaste verandering : November 12, 2009, 05:17:51 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #94 op: November 16, 2009, 09:05:23 AM »
Oorlogheld doodgeslaan

2009-11-13 22:30


Hilda Fourie

Hy het twee oorloë oorleef, maar nie ’n moorddadige aanval met ’n hamer nie.

’n Oud-kolonel wat ’n veg-vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog was, is eergisteraand in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria, vermoedelik met ’n hamer doodgeslaan.

Kol. (afgetree) Piet Swemmer (89) se vriendin van die afgelope 14 jaar, me. Val Stander (71), en sy buurvrou, me. Martie Kotzé (76), het gisteroggend op sy lyk in die eetkamer afgekom. Hulle kon hom sedert die vorige aand nie in die hande kry nie.

“Ek wil nie eens dink aan wat hy moes deurmaak nie,” het Stander gesê.

“Hoekom kon hulle nie net alles vat nie? Hoekom moes hulle hom doodmaak? Hoekom moes hulle dít aan ’n man van sy ouderdom doen?

“Ek wens so hulle wil ophou om ons ou mense dood te maak. Dit is vernederend.”

Swemmer, wat onder sy kamerade bekend gestaan het as die “Silver Fox”, het Stander eergistermiddag gebel en vertel van bier wat uit sy motorhuis gesteel is.

Sy het hom omstreeks 19:00 teruggebel, maar hy het nie die huistelefoon geantwoord nie en sy selfoon was afgeskakel.
Toe sy hom ná vele oproepe nie in die hande kon kry nie, het sy Kotzé gebel.

Kotzé het gesien die motorhuisdeur is oop, die ligte aan en Swemmer se Mercedes-Benz is weg.

Sy het die ADT-veiligheidsmaatskappy gebel.

Hulle is na die huis, maar kon glo niks fout sien nie. Volgens Stander het hulle nie die “baie bloed” in die losstaande motorhuis gesien nie.

Kotzé het ADT gisteroggend weer gebel en wéér het hulle niks gesien nie, het Stander gesê. Stander, wat ’n spaarsleutel het, is omstreeks 09:00 na die huis. “Ek het gesien die huis is deurmekaar. Dis toe dat ek hom in die eetkamer sien lê.

“Sy hande en voete was vasgebind. Hy is oral oor sy liggaam geslaan.”

Dit is onbekend hoe die moordenaar in Swemmer se huis ingekom het. Hy is klaarblyklik in die motorhuis oorval en na die huis geneem, waar hy dood is.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê Swemmer se motor is gisteroggend omstreeks 11:30 in Hammanskraal, noord van Pretoria, opgemerk. Lede van die Temba-polisiekantoor het die motor van die pad getrek en ’n 25-jarige man in hegtenis geneem. ’n Saak van moord en huisroof word teen hom ondersoek.

Terwyl die polisie op die moordtoneel besig was, het hulle inbrekers sowat 500 m daarvandaan opgemerk wat besig was om by ’n ander huis in die straat in te breek. Die polisie het dit net-net nie reggekry om hulle te vang nie.

Me. Liesel Swart, woordvoerder van ADT, het gesê hulle is besig om die gebeure by die Swemmer-huis te ondersoek.

Swemmer het nie kinders nie.




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/2238081b5d574fb2b1b0d270cbb904f9/13-11-2009-10-30/Oorlogheld_doodgeslaan
« Laaste verandering : November 16, 2009, 09:19:47 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #95 op: November 16, 2009, 09:58:45 AM »
Vermiste vrou se lyk teen heining staangemaak

2009-11-15 22:44


Amanda Roestoff

Die vernielde lyk van ’n jong grafiese kunstenaar is op ’n hoewe in Muldersdrift aan die Wes-Rand gekry.

Daniëlle Lumsdale (25) het ’n stuk geskeurde materiaal om haar nek gehad en haar hande was steeds styf in ’n gebalde vuis onder haar nek vasgeklem.

Haar lyk is teen ’n heining staangemaak, maar nie vasgebind nie. Haar ken is vermorsel, haar neus gebreek en vermoedelik ingeslaan.

Sy het ’n kortbroek en ’n moulose T-hempie aangehad.

Insp. Tebogo Kgomo, polisiewoordvoerder, het gesê dis nie duidelik hoe sy vermoor is en of sy moontlik verkrag of verwurg is nie.

Me. Linda Lumsdale (53), Daniëlle se ma, het gesê sy het haar dogter op 17 Oktober laas lewend gesien toe sy saam met mnr. Timothy Dreyer (31), ’n vriend, op pad was na ’n motorfietsren in Midrand. Daniëlle en Dreyer het mnr. Douw Coetzee (35), nog ’n vriend, by die motorfietsren ontmoet en die Saterdagaand op sy hoewe in Muldersdrift gaan kuier.

Daniëlle het haar ma per SMS laat weet sy is “oukei” en dat sy die volgende dag by die huis sou wees. “Daniëlle het in Muldersdrift grootgeword.

“Sy het dit soos die palm van haar hand geken,” het haar ma gesê.

Toe Daniëlle op Maandag 19?Oktober nog nie by die huis was nie, het haar ma begin rondbel.

Dreyer en Coetzee kon nie sê waar sy is nie. Daar was glo ’n stryery tussen die twee mans die Saterdagaand, maar dis nie duidelik wat presies gebeur het of wat van Daniëlle geword het nie.

Daniëlle is die Maandag by die Muldersdrift-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Coetzee het dieselfde dag ’n sak met Daniëlle se denimlangbroek en tekkies vir die familie gegee. Hy het aan haar ma gesê sy het dit by sy huis gelos voordat sy daar weg is.

Coetzee en Dreyer is albei vir ondervraging na die polisiekantoor geneem.

’n Polisiehond is in die soektog na Daniëlle ingespan, maar die Dinsdag het ’n tuinier op haar lyk teen die heining in ’n bos naby die hoofhek van die hoewe afgekom.

Toe haar suster later op die toneel kom, het sy gedink Daniëlle lewe nog omdat haar lyk teen die heining gestaan het.

“Sy het na haar gegaan en wou met haar praat en moes tot haar skok sien haar suster is dood,” het Lumsdale vertel.

Daniëlle was ten tyde van die moord op haar werkloos, maar was ’n opgeleide grafiese kuns­tenaar.

Lumsdale het gesê sy sal nie rus voordat sy antwoorde op haar dogter se raaiseldood het nie.

Sy het gesê sy is verpletter deur die marteling wat haar “liefdevolle en kunssinnige dogter” in die fleur van haar lewe moes deurgaan.

“Sy was dol oor motorfietse en diere ... en was altyd reg met ’n oulike sêding.”

Kgomo het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die saak word ondersoek.




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/6f5f35481d1d4fe18d26f0806c146f58/15-11-2009-10-44/Vermiste_vrou_se_lyk_teen_heining_staangemaak
« Laaste verandering : November 16, 2009, 10:41:41 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #96 op: November 16, 2009, 10:01:36 AM »
Man kry sy vrou se lyk op haar rug, met bene oor bad se rand

2009-11-15 22:44



Sonja van Buul

Vereeniging. – Die vrou van ’n sakeman hier is eergisteraand in hul spoghuis in die rykmansbuurt Drie Riviere vermoor.

Mnr. Mario Viljoen (58), ’n Vaaldriehoekse sakeman wat onder meer spesialiseer in huisbeveiliging, het die halfnaakte lyk van sy vrou, Marileen Catherina (51), eergister omstreeks 17:00 in die bad gekry.

Volgens konst. Ntsidiseng Phakoe, polisiewoordvoerder, is sy vermoedelik verwurg, maar die oorsaak van haar dood word vandag tydens ’n nadoodse ondersoek vasgestel.

Me. Viljoen was alleen by die huis tydens die aanval. Daar is, volgens Phakoe, geen tekens van gedwonge toegang nie.

“Die huis is effens deurmekaar gekrap en sover ons kan vasstel, is slegs vyf vuurwapens uit ’n kluis in ’n slaapkamer gesteel.”

Die kluis, met die sleutel nog in die slot, is oop gevind.

Vier van die vyf vuurwapens is later die aand deur die polisie op die eiendom teruggevind.

Bure, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het in die loop van die middag niks vreemds gehoor of gesien nie.

Mev. Viljoen het, volgens dié bure, aan Addison se siekte gely.

Dit is ’n chroniese aandoening wat ontstaan as gevolg van ’n tekort aan adrenokortikotrofiese hormone, veral aldosteroon.

Mnr. Viljoen was tydens die voorval uit saam met sy seun, mnr. Quinton Viljoen, dié se verloofde, net bekend as Alicia, en hul 14 maande oue babaseuntjie.

Mnr. Viljoen het omstreeks 17:00 alleen na die huis teruggekeer.

“By sy terugkoms het hy sy vrou in die bad in die badkamer gevind. Sy het op haar rug, met haar bene oor die bad se rand, gelê. Sy het net ’n T-hemp aangehad.”

Mnr. Viljoen het by bure om hulp aangeklop.

Hy is later voor die huis deur familielede, vriende en bure ondersteun, terwyl sy seun traumaberading ontvang en die polisie die moordtoneel ondersoek het.

Insp. André Joubert en sy hond, Boras, wat opgelei is om liggaamsvloeistowwe uit te wys, het die toneel gefynkam op soek na moontlike leidrade. Daar is nog geen verdagtes nie.




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/667e88f9f01949cb95f61dc20e813d25/15-11-2009-10-44/Man_kry_sy_vrou_se_lyk_op_haar_rug,_met_bene_oor_bad_se_rand_
« Laaste verandering : November 16, 2009, 10:42:55 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #97 op: November 23, 2009, 10:22:22 AM »
Egpaar vir niks geskiet

2009-10-30 01:01

Buks Viljoen

 Nelspruit. – Die eienaars van ’n gewilde eetplek naby Nelspruit in Mpumalanga is gisteroggend met ’n R5-aanvalsgeweer doodgeskiet.

Mnr. Leon en mev. Hetta Steyn was die eienaars van die Artist’s Café by die ou Hendriksdal-spoorwegstasie, sowat 35?km buite Nelspruit.

Mnr. Martin Boulton, ’n buurman, het op hulle afgekom nadat hy verskeie skote hoor klap het.

Toe hy aan die voordeur klop en na die egpaar roep, het die twee moordenaars, van wie een ’n geweer by hom gehad het, by die agterdeur van die huis uitgevlug.

Die egpaar is omstreeks 07:00 aangeval kort nadat mev. Steyn die huis se agterdeur en veiligheidshek oopgesluit het.

Sy was voorheen ’n kleuterskoolonderwyseres aan die Wes-Rand. Haar lyk het half regop teen die yskas in die kombuis gelê. Sy het ’n gapende wond aan die kop gehad.

Mnr. Steyn se lyk het langs sy bed in die hoofslaapkamer gelê.

Sy .38-rewolwer het steeds in die skede op die bedkassie gelê. Hy is deur die bors geskiet.

Albei die Steyns was nog in hul nagklere.

By die polisie se aankoms by die moordhuis is ses R5-patroondoppies en ’n R5-patroon in die huis opgetel.

Volgens insp. Whitey Nel van die polisie in Sabie is die motief vir die moord duister omdat niks uit die huis vermis word nie.

Lede van die polisie se honde-eenheid in Witrivier was kort ná die moord op die toneel en het die twee stelle voetspore van die rowers begin volg.

Die honde het die spoor nog sowat ’n uur lank deur die omliggende bosbouplantasies uitgesnuffel.

“Ons moes die soektog egter noodgedwonge aflas toe ’n swaar reënbui oor die gebied uitgesak het. Die spore is deur die reën uitgewis,” het kapt. Phil Liebenberg
van die honde-eenheid gistermiddag gesê.

Die Artist’s Café en die gastehuis is in die ou stasiegebou en die destydse stasiemeester se huis.

Die restaurant is veral gewild onder buitelandse toeriste.

Kragtens wet mag net die polisie en die weermag R5-aanvalsgewere besit. Die polisie het vroeër vandeesmaand gesê 147 R5-aanvalsgewere het die afgelope jaar uit polisievoorraad verdwyn.

Die landbou-organisasie TLU SA het eergister gesê die staat behoort ’n behoorlike oudit van staatswapens te doen omdat te veel misdade met vuurwapens soos R5’s gepleeg word.

Mev. Steyn laat haar seun uit ’n vorige huwelik, mnr. Dirk Nel (24), agter.
) Enigiemand met inligting kan insp. Nel by 013-764-9960 bel.

- Beeld




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a3a7ea28303b4f629525d120b9603373/30-10-2009-01-01/Egpaar_vir_niks_geskiet
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #98 op: November 23, 2009, 01:58:08 PM »
My man het die koeël vir ons gevat

2009-11-23 00:46

Susan Cilliers

Twee kinders het verlede Donderdagoggend tjoepstil onder ’n kombers weggekruip nadat huisrowers hul pa in die maag geskiet het.

Mnr. Danie Labuschagne (37) van Brakpan aan die Oos-Rand is enkele ure later aan inwendige bloeding dood.

“Hy het vir my gekyk asof hy wou vra ‘help my’,” het Labuschagne se dogter, Monique (12), gister vertel.

Labuschagne sou Kersdag 38 jaar oud geword het, het sy hartseer vrou, Madelein (37), vertel van haar hoërskoolliefde wat “haar alles was”.

Die rowers het hul sitkamer se skuifdeur Donderdag in die vroeë oggendure oopgedwing.

“Ek en Danie het wakker geword toe hulle in ons kamer was.

“Drie mans het met flitse op ons geskyn en gesê: ‘Get up, get up’.

“Hulle het die komberse van ons afgeruk. Toe ek en my man opstaan, het een rower hom in die maag geskiet. Danie het: ‘Eina’ geskree en geval,” het me. Labuschagne vertel.

Monique en Danie (14) het wakker geword toe hul pa geskiet is.

“Ek het gebid dat die Here sy lewe spaar,” het Danie jr. gister vertel. Monique het ná haar pa se pynkreet net “gehoop dis nie ernstig nie”, het sy vertel.

Sy is na haar boetie se kamer waar die twee doodstil teen mekaar onder ’n kombers lê en wegkruip het. Die rowers het onder meer juwele, selfone, klere en ’n skootrekenaar gesteel.

“My man het die bullet vir ons gevat. Hy het nie teëgestribbel nie en selfs aan die boewe verduidelik waar die skootrekenaar is. Ons het hulle selfs sirs genoem,” het me. Labuschagne vertel.

Sy het aan die voetenent van die bed gesit en vir haar man gesê: “Bid net my man, bid net.”

Nadat die rowers die huis geplunder het en weg is, het mnr. Labuschagne gepleit: “Maak net gou, maak net gou.” Sy familie wou hom optel en in ’n motor hospitaal toe neem, maar hy het gesê hy het te veel pyn en dat hulle hom moet neersit. Hy is in ’n ambulans hospitaal toe, waar hy net ná 04:00 Donderdagoggend dood is. “Ek het aan hom gevat en hom vertel hoe lief ek hom het,” het me. Labuschagne gister vertel.

Haar man was ’n topfiks elektrisiën wat aktief by die kerk betrokke was.

Hy was ’n marathon-atleet wat onder meer die Comrades gehardloop het. Danie jr. en sy pa het elke oggend 5 km gedraf. “Ek het my pa reeds belowe ek sal steeds elke oggend gaan draf.

“Hy wou altyd aan die Ysterman-kompetisie deelneem en ek het besluit ék gaan dit nou doen as ek 18 is.”

Danie en Monique is albei besig met eksamens.

Danie sr. “het vir die Here geleef”, het sy vrou gesê. “Hy was reguit, behulpsaam, huislik en het gehou van kamp.”

Monique het gesê haar pa “was lief” vir hulle en het hulle “gelukkig gehou”.

Kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van huisroof en moord word ondersoek, maar die misdadigers is nog soek.

Mnr. Labuschagne word Donderdag-oggend uit die Christian Family Church International in Boksburg begrawe.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fbccf84495dc42c4ab1b7440630d0bb2/23-11-2009-12-46/%E2%80%98My_man_het_die_koe%C3%ABl_vir_ons_gevat%E2%80%99
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #99 op: November 26, 2009, 02:47:55 PM »
Hoeweloseerders kom op 2 se lyke af

2009-11-26 01:56

Hilda Fourie

Hulle het sy geliefde broer (65) “soos ’n hond” met ’n draad om sy nek aan ’n sleepwa vasgemaak.

Dit is hier, op ’n kleinhoewe by Boschkop, oos van Pretoria, waar die lyke van mnr. Martin “Tienie” Jacobs en sy tuinier, toegepak onder bokse en kussings, gisteroggend sowat 12 tot 18 uur ná hul dood gevind is.

Jacobs en sy tuinier, wie se identiteit en ouderdom nog nie bepaal kon word nie, is albei vermoedelik verwurg.

“Ek kan nie glo dat hulle ’n ou man soos ’n hond moet vasmaak nie,” het mnr. William Thomas Wiggill (60) gister gesê nadat hy sy broer se lyk gesien het.

“Dit is lelik. Dit is verskriklik lelik.

“Hulle gaan uit om ons uit te moor.”

Wiggill, sy vrou, Winnie (58), en dogter, me. Letitia Coetzer (36), het gisteroggend van Cullinan deurgejaag toe hulle die tyding gekry het.

Insp. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê mense wat op dié kleinhoewe, waar Jacobs opsigter was, geloseer het kon hom sedert eergistermiddag omstreeks 16:30 nie in die hande kry nie.

Gisteroggend het sy motor, nes die vorige aand, steeds buite die erf gestaan in plaas van binne die erf.

Die loseerders het begin om hom te soek, onder meer by sy geliefde voëlhok.

Hulle het op sy lyk en dié van die tuinier, wat sowat ’n jaar lank al vir Jacobs werk, afgekom in die motorafdak langs die voëlhok.

Jacobs het agter ’n Chevrolet-motor gelê. Sy hande en voete was vasgebind en sy nek met ’n stuk draad aan ’n sleepwa vasgebind. Sy horlosie was nog aan sy arm en sy skoene het ’n entjie van sy lyk gestaan.

Die tuinier se lyk, wat langs Jacobs gelê het, was met bokse en kussings toegepak. Sy hande en voete was ook met draad vasgebind.

Mev. Wiggill het gesê haar swaer was maer en tingerig en sou nie kon terugbaklei as hy deur misdadigers oorval is nie.

Volgens haar kon Jacobs net sy een arm ten volle gebruik omdat die ander arm vroeër skeef aangegroei het nadat dit gebreek is.

“As hulle honger was, sou hy vir hulle kos gegee het. Dis die soort mens wat hy was,” het mev. Wiggill gesê.

“As hulle niks teen hom gehad het nie, sou hulle hom mos nie so van kant gemaak het nie?

“Waarom op dié manier?

“Hy was ’n lieflike ou mannetjie. Ek gaan hom mis,” het mev. Wiggill gesê.

Dit is nog nie duidelik of enigiets geroof is nie.

- Beeld




http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/248336bcef0e4e0fb04b0bb82ac1d8f9/26-11-2009-01-56/Hoeweloseerders_kom_op_2_se_lyke_af
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal