Skrywer Onderwerp: Volksmoord  (Read 33599 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #260 op: August 29, 2010, 01:33:07 PM »
Egpaar op wildreservaat aangeval, vrou vermoor

Johannesburg - 'n Vrou is vermoor en haar man beseer nadat hulle by hul huis op 'n wildreservaat in Cramond, KwaZulu Natal aangeval is.

Polisiewoordvoerder Kol. Jay Naicker het gesê 'n onbekende aantal mense het vroeg Saterdagoggend toegang tot die Croeser-egpaar se huis op Msinsi wildreservaat verkry en hulle met messe aangeval.

Die aanvallers het Morné Croeser (34) in die maag gesteek. Daarna het hulle sy vrou, Erica (34) verskeie kere gesteek. Sy het aan haar wonde beswyk.

Volgens Naicker was Morné Croeser 'n polisiekonstabel. Hy het glo sy vuurwapen in die hande gekry en na die aanvallers geskiet, maar nie een van hulle getref nie.

Een van die Croesers se bure het die skote gehoor en die polisie en paramedici gebel.

Croeser is in 'n kritieke toestand na die hospitaal geneem, het Naicker gesê.

Niks is uit die huis gesteel nie.  Die polisie het 'n moordsaak geopen

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-op-wildreservaat-aangeval-vrou-vermoor-20100829
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #261 op: August 30, 2010, 09:40:28 AM »
Kevin Marallich


Die inligting oor hierdie voorval blyk heel nuut te wees.  Sal hopelik later in die Afrikaanse media meer inligting hieroor kan opspoor.

Vir eers is die volgende beskikbaar:

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20100830065125352C727843


 August 30 2010 at 08:37AM


By Yusuf Moolla

A policeman was shot and killed and his fiancee seriously injured when they were attacked while fishing on a farm near Nyoni, north of Durban yesterday.

Crime intelligence officer Kevin Marallich was shot in the face, while his fiancee, Kathy Potgieter, was also shot.

Police spokesman Colonel Jay Naicker said the couple had been fishing at a dam on the farm, Ashill.

He said at about 3pm, farmworkers called the police after discovering the couple.

Potgieter was flown to Umhlanga Hospital where she was in a critical condition.

Naicker said the investigation had been taken over by the organised crime unit.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #262 op: August 30, 2010, 12:14:59 PM »
Kevin Marallich

Die inligting oor hierdie voorval blyk heel nuut te wees.  Sal hopelik later in die Afrikaanse media meer inligting hieroor kan opspoor.



http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisieman-doodgeskiet-terwyl-hy-visvang-20100830
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #263 op: September 03, 2010, 11:37:39 AM »
2 September 2010 - Elizabeth Dorey (64)



Vrou wou nie hoewe los – toe word sy vermoor


2010-09-03 00:02




Buks Viljoen

Nelspruit. – ’n 64-jarige vrou wat geweier het om van haar kleinhoewe naby die stad te trek omdat haar oorlede ouers se as daar gestrooi is, is gisteroggend vermoor in haar bouvallige huis gevind.

Mev. Elizabeth Dorey se hande was agter haar rug vasgebind, ’n stuk lap is in haar mond ingeprop en sy is met ’n elektriese koord gewurg.

Dit was die derde keer in sewe jaar dat Dorey in haar huis op haar Hilltop-kleinhoewe aangeval is.

Die moordenaars het Dorey skynbaar Donderdagaand vroeg in die verwaarloosde huis oorval.

Hulle het ’n ruit by die voorstoep gebreek en toe heeltemal uit die vensterraam gehaal om by die huis in te kom.

’n Werker het omstreeks 07:00 by die huis opgedaag en onraad vermoed toe hy die gebreekte ruit sien.

Hy het hulp by die bure sowat 300 m daarvandaan gaan soek.

Hulle het haar lyk in die huis se gang gekry.

“Sy is ’n fyn geboude en weerlose tannie wat voordat sy vermoor is, skynbaar erg deur haar moordenaars aangerand is,” het kol. Gerrie Agenbag, speurtakbevelvoerder van die polisie in Nelspruit, gesê.

Dorey het verskeie erge slaanmerke aan die lyf en die gesig gehad.

Die vorige aanval op haar was op Kersdag 2007 en Agenbag het destyds ook die saak ondersoek.

- Enigiemand met inligting oor die moord is gevra om Agenbag by 013 759 1108 te bel.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-wou-nie-hoewe-los-toe-word-sy-vermoor-20100902
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #264 op: September 06, 2010, 01:55:54 PM »
Hierdie moord het plaasgevind in 'n gebied waar daar byna nooit moorde plaasvind nie.  My ma het laat weet dat die mense daar in hulle omgewing (Orania, Petrusville, Vanderkloof) vir mekaar ondermeer sms'e oor die voorval rondgestuur het en dat daar beplan word om weer die burgerband radio's in gebruik te neem.

So word die "veilige" gebiede ook al hoe minder veilig.  Dis net betreurenswaardig dat iemand eers in die nabye omgewing vermoor moet word, voordat daar aksie kom met die oog op kommunikasie en beveiliging.

4 September 2010 - Jakobus Cornelius Wartington (78)


Bejaarde sterf in plaasaanval

2010-09-06 13:04

Jana Engelbrecht

KIMBERLEY. – ’n Bejaarde man (78) is wreed vermoor en sy 72-jarige vrou vasgebind en aangerand in hul huis op die plaas Disselskuil in die Philipstown-distrik.

Lt.kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Jakobus Cornelius Wartington en sy vrou, Anna Maria, is Saterdag tussen 20:00 en middernag in hul huis op dié plaas aangeval.

Mnr. Wartington het glo gaan kyk hoekom die krag afgegaan het. Die kragopwekker is in ’n kamer buite die huis. Hy is toe deur twee verdagtes oorval.

Hulle het hom wreed aangerand, die huis binnegegaan waar hulle mev. Wartington aangeval en vasgebind het.

Gamieldien het gesê die verdagtes het in die egpaar se groen Isu-zu-bakkie met die registrasienommer BZM 421 NC gevlug. Hulle het ’n 7.6 mm-Browning-pistool en ’n .22-Remington-geweer gesteel.

’n Familielid, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesê mev. Wartington het ná die aanval na die telefoon “geseil” en haar seun op ’n nabye plaas gebel.

“Sy het vroeër ’n heupvervanging gehad. Ek weet nie hoe sy dit reggekry het om by die telefoon uit te kom nie. Dit was pikdonker en sy was met veters vasgebind.”

Die familielid het gesê mev. Wartington het gesê die rowers wou geld by haar hê.

“Sy het nie geld gehad nie. Sy is ’n bejaarde, hoekom het hulle haar so geslaan?”

Mnr. Wartington word oorleef deur ’n dogter en drie seuns. Sy seun wou nie gister met Volksblad praat nie en het ook gevra dat sy naam nie genoem word nie.

’n Dokter by die Sentraal-Karoo-hospitaal op De Aar het gesê mev. Wartington se toestand is stabiel. Sy het ’n kopbesering en ’n fraktuur aan haar voorarm opgedoen.

Die egpaar het die afgelope drie jaar op die plaas gebly. Hulle is Suid-Afrikaanse burgers, maar het vroeër in Zimbabwe gebly. Nadat hulle uit Zimbabwe verwilder is, het hulle teruggekom Suid-Afrika toe.

Mnr. Johan van Rensburg van Agri-Noord-Kaap het gister gesê hulle is geskok oor die aanval.

“Bejaardes is plaasaanvallers se teiken.”

Hy het gesê dit is baie kommerwekkend. Hy is nie bewus van enige voorvalle van plaasaanvalle die afgelope 20 jaar in dié distrik nie.
Enigiemand met inligting, kan ao. Pieterson by 053-665-2000 bel. 


http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-sterf-in-plaasaanval-20100906
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #265 op: September 10, 2010, 09:36:17 AM »
8 September 2010 - Naas Grobler (56)



Vermoor: Mnr. Naas Grobler

Afgemaai in huis by Vaalrivier

2010-09-08 21:44

Sonja van Buul en Johan Brits

Deneysville. – ’n Sakeman is gisteroggend koelbloedig in sy huis in ’n veiligheidskompleks langs die Vaalrivier deur ’n rower se koeël afgemaai.

Mnr. Naas Grobler (56) het gaan ondersoek instel toe sy hond, Jessie, ’n foksterriër, omstreeks 04:00 aanhoudend geblaf het, het sy stiefseun, mnr. Mel Shandos (44) van Kempton Park, gesê.

Sy vrou, Rika (62), het haarself met ’n selfoon in ’n badkamer in die huis Lekker Lag toegesluit toe sy die skote hoor.

Die rowers het daarna skynbaar doodluiters ’n selfoon en juwele in die huis gebuit.

Dieselfde rowers het glo net voor dié voorval by twee ander huise in die kompleks Club 40 sowat 10 km van Deneysville en die Vaaldam, ingebreek en dit besteel.

Een van die huise behoort aan Grobler se seun, Louis (30), wat ook ’n sakevennoot in hul staalonderneming is.

Dit is net drie huise van sy ouerhuis af.

“Ek en die ander inwoners was gelukkig nie tuis toe ons besteel is nie,” het Grobler jr. gister gesê.

Grobler sr. is vermoedelik by die glasdeur op die stoep oorval.

“My stiefpa is gewetenloos geskiet,” het Shandos gesê.

Drie skote is geskiet waarvan minstens een Grobler sr., wat deur sy seuns as “’n saggeaarde man sonder vyande” beskryf is, noodlottig getref het.

“Toe my ma hoor die rowers vlug, het sy die veiligheidswag by die kompleks se hek gebel en ook begin skreeu,” het Shandos gesê.

Sy is gister vir skok behandel en was te getraumatiseer om self met Beeld te praat.

Polisielede van Sasolburg en Deneysville, waaronder die K9-eenheid (die voormalige honde-eenheid), spoorsnyers en ’n polisiehelikopter het ’n soektog na die rowers begin.

“Ons is beïndruk met die polisie se reaksietyd en optrede,” het Shandos gesê.

Terwyl omliggende plase en grondpaaie gefynkam is, het Shandos voor die moordhuis vertel hoe hulle eendag almal langs die rivier gekuier het.

“My stiefpa het gesê hier word altyd lekker gelag en het toe besluit dis die plek se naam.”

Grobler jr. het gesê sy pa het alles in die lewe geniet.

“Hy was ’n grapmaker, sportman, visserman en jagter.”

Mev. Grobler is gistermiddag saam met haar suster, mev. Julie Roos, en dié se man, mnr. Fanie Roos, Alberton toe.

Mnr. Roos het voor hul vertrek gesê sy swaer was ’n geliefde man en ’n “mense-mens”.

Me. Fikiswa Matoti, Sasolburg-polisiewoordvoerder, het gister bevestig die moord word ondersoek.

“Dit is nog nie bekend hoeveel rowers by hierdie wrede moord betrokke was nie.”



Lekker Lag, die huis van mnr. Naas Grobler. Foto: Sonja van Buul


Lede van die polisie soek gisteroggend na die aanvallers wat mnr. Naas Grobler (56) van Deneysville doodgeskiet het. Foto: Sonja van Buul


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Afgemaai-in-huis-by-Vaalrivier-20100908
« Laaste verandering : September 10, 2010, 09:37:54 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #266 op: September 11, 2010, 12:39:34 PM »
10 September 2010 - Marianne Hopkins (47)


Die vermoorde me. Marianne Hopkins (47)

Ma van vier tuis in bad vermoor

2010-09-10 21:52

Ilse Krige

Stellenbosch – ’n Matrikulant het op haar vermoorde ma afgekom pas nadat sy gister ’n wiskundevraestel in die rekordeksamen geskryf het.

Nina-Sue Hopkins (18) se hulpkrete “My ma is dood! My ma is dood! Kom gou!” het laatoggend deur Die Boord weergalm.

Dié leerling aan die Hoër Meisieskool Bloemhof het omstreeks 11:45 op haar ma, me. Marianne Hopkins (47), se vasgebinde en lewelose liggaam in ’n volgetapte bad aan die hoofslaapkamer van hul dubbelverdiepinghuis afgekom.

Sy het ’n vriendin, Marli (18), en dié se ma, me. Gretha Schoonraad (47), ontsteld gebel. Schoonraad, wat vinnig op die noodroep gereageer het, het ook die moordtoneel gesien.

Sy het later aan Die Burger die moordtoneel beskryf en gesê: “Dis­ verskriklik. Dit kan net nie wees nie.”

Terwyl verslae bure en vriende voor die woning in Rhodesstraat-Noord 34 saamgedrom het, het die polisie die gebied afgekordon en die misdaadtoneel ondersoek.

Nina-Sue se oudste suster en Matiestudent, Reneé, het intussen ook op die toneel aangekom.

’n Rukkie later het hul jongste sussie, Anne-May (10), ’n leerling aan die Laerskool Eikestad, by die huis aangekom. Agter die poliseversperring moes Reneé en Nina-Sue vir haar die nuus vertel. Hulle het mekaar omhels en hartverskeurend gehuil.

Hopkins se ma, mev. Reneé Carinus, het met haar aankoms geskok op haar knieë op die gras voor die ingang na die behuisingskompleks neergesak en die grond met haar handsak geslaan.

Hopkins se seun, Billy (24), was gister in Durban. Hy het inderhaas per vliegtuig teruggekeer nadat hy oor die moord ingelig is.

Hopkins se gewese man, mnr. Vince Hopkins, woon saam met Billy buite Stellenbosch op ’n plaas. Hy is in Namibië op ’n hengeluitstappie. Na verneem word probeer die kinders nog om hom op te spoor.

Kapt. Rene Matthee, ’n polisiewoordvoerder van Stellenbosch, het in ’n verklaring gesê Nina-Sue het die voordeurklokkie gelui toe sy van die skool gekom het. Daar was nie antwoord nie.

Die honde was in ’n vertrek in die huis toegesluit, wat ongewoon was. Sy het agterom gehardloop en gesien die agterdeur staan oop.

Nina-Sue het met die trap opgehardloop en gesien al die kamers is deurmekaar. Sy het haar ma se liggaam in die badkamer gekry en alarm gemaak.

Hopkins se motor, ’n silwergrys BMW met registrasienommer CL?43169 word vermis. Enigiemand met inligting oor die voertuig óf oor die saak kan ao. Nicky Steyn by 0?082?684?4370 bel.

Matthee het gesê ’n voorlopige ondersoek op die toneel dui daarop dat Hopkins moontlik verwurg is. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel.

) Matthee het bevestig daar was onlangs in dieselfde omgewing etlike voorvalle van inbrake. Die Burger het berig oor ’n gewapende rooftog by die Spar in dié woonbuurt waartydens die bestuurder ontvoer is.


http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Ma-van-vier-tuis-in-bad-vermoor-20100910
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #267 op: September 15, 2010, 02:58:31 PM »
10 September 2010 - Sylvia van Niekerk




Mev. Lita Fourie het die volgende plasing op die Facebookgroep genaamd: "Kruise Tabita" gemaak:

Mev Sylvia van Niekerk van Danielskuil in die NK is wreed vermoor Vrydag 10 Sept 2010 deur n werker op die plaas Boplaas. Haar keel is afgesny en haar maag is ook gesny. Haar lyk is deur haar man gekry, Mnr Joe van Niekerk. Die verdagte is in hegtenis geneem, en het Maandag in die hof verskyn, waar hy gaan aansoek doen vir borg.

Sien die groep hier:

http://www.facebook.com/sylvia.vanniekerk?ref=search#!/group.php?gid=402069513474&ref=ts

Ek kry tans nie 'n Afrikaanse berig oor die voorval nie en is bevrees dat daar ook nie een gaan verskyn nie aangesien dit reeds 5 dae gelde was.  Hier is die ingelse berig:

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Grieving-husband-opens-his-heart-20100913

Hier is die slagoffer se Facebookblad.

http://www.facebook.com/sylvia.vanniekerk?ref=ts

Dit sal waarskynlik nie meer lank beskikbaar wees nie.

Haar profielfoto:

« Laaste verandering : September 15, 2010, 03:02:52 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #268 op: September 22, 2010, 09:26:51 AM »
16 September 2010 - Daniel Booysen (22)




Matie vermoor ‘toe hy vriendin wou beskerm'


Deur: Blanché de Vries 2010-09-17 00:52

Stellenbosch

’n Jong Matie wat sy vriendin glo van ’n verkragting probeer red het, het met sy lewe geboet.

Daniel Booysen (22), ’n uitblinker-finalejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch, is gister in die vroeë oggendure voor die Corridor, ’n kultuur-en-toerismesentrum, in Kayamandi doodgesteek.

Hy was ’n student aan die departement natuurbewaring en entomologie van die fakulteit agri-wetenskap en het die meeste van sy vakke met onderskeiding geslaag.

Hy het gister omstreeks 03:00 saam met ’n vriendin in George Blakestraat langs die Corridor in Kayamandi gestap toe hulle deur drie onbekende mans aangeval is.

Volgens gerugte op kampus het die verdagtes Booysen se vriendin probeer verkrag. Hy het die aanvallers vermoedelik probeer keer en is in die stoeiery doodgesteek.

Kapt. René Matthee, woordvoerder van die Stellenbosch-polisie, het gesê ’n ooggetuie wat verbygery het, het blykbaar die verdagtes afgeskrik.

Die mans het weggehardloop.

“Toe die ooggetuie aankom, het hy die slagoffer op sy rug sien lê met bloed wat by sy nek uitloop.”

Volgens Matthee is Booysen vermoedelik een keer met ’n onbekende skerp voorwerp in sy nek gesteek. Hy is op die toneel dood.

Die vriendin is volgens die polisie in ’n stabiele toestand en kry traumaberading.

Matthee het gesê die rede vir die twee studente se besoek aan Kayamandi is nog onbekend.

Booysen, wat aan die Kings School in Robin Hills, Johannesburg, gematrikuleer het, se ouers woon in Australië.

Sy ma, me. Gill Booysen, het per e-pos aan Nuus24 gesê hy was vir haar baie spesiaal.

“Hy was ’n baie gelukkige seun, maar was ook baie privaat. Ons is verpletter. Ek weet daar is baie, baie mense in Afrika wat deur misdaad geraak word, maar ek kan dit nog steeds nie glo nie.”

Hy was volgens sy ma trots Suid-Afrikaans en het gekies om nie saam met hulle na Brisbane te verhuis nie.

Sy suster, Jenny Booysen, ook ’n Matie, bly sedert die voorval by familie in Rondebosch tot hul ­ouers uit Australië kom.

Dr. Llewellyn MacMaster, studentedekaan, het namens die US sy medelye met die oorledene se gesin, vriende en familie uitgespreek: “As universiteitsgemeenskap is ons met afgryse vervul oor so ’n sinlose daad en kan net hoop dat die misdadigers vinnig aan die pen sal ry. Ons dink in hierdie hartseer tyd aan die gesin en moedig naasbestaandes en vriende aan om via die US se sentrum vir studentevoorligting se beradingsdienste gebruik te maak.”

Enigeen met inligting word versoek om konst. Chris Vosloo by 083 461 9332 te bel.


Die Burger


http://m.news24.com/dieburger/Suid-Afrika/Nuus/Matie-vermoor-toe-hy-vriendin-wou-beskerm-20100917


Sien ook sy Facebook profiel:

http://www.facebook.com/people/Daniel-Booysen/1217042614#!/profile.php?id=579131280&ref=ts
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #269 op: September 24, 2010, 08:26:05 AM »
23 September 2010 - Christa du Toit (53)



Mev. Christa du Toit: Vermoor met ’n skoot in die kop.

Tuinier skiet vrou dood


Hilda Fourie

’n Pretoriase vrou het gister vermoedelik die hek vir haar tuinwerker oopgemaak oomblikke voordat hy haar in die kop geskiet het.

Daarna het hy mev. Christa du Toit (53) se huiswerker en vriendin gedwing om vier keer bo-oor haar lyk te klim en self daaraan geskop.

Du Toit is dood in die gang van haar huis in Swacina Park, op die Uitzicht-kleinhoewes in die weste van Pretoria, by die plek waar sy haar elektroniese hek van binne af oop- en toemaak.

“Dit is verskriklik. Die een oomblik praat jy met haar. Dan kom jy terug en sy het ’n skoot in die kop,” het mev. Mickey Coetzee (48) vertel.

Du Toit, Coetzee en ’n huiswerker, me. Maurine Mambo (30), was gisteroggend alleen by die huis nadat Du Toit se verloofde, mnr. André du Plessis (54), Kempton Park toe is vir werk.

Du Toit se twee tuinwerkers het die oggend nie soos gewoonlik vir werk opgedaag nie.

Omstreeks 08:30 het Mambo gesien hoe die een tuinwerker Du Toit in die huis wurg en haar gehoor skreeu.

Coetzee was toe in haar woonstel op dieselfde perseel.

“Die volgende oomblik het Maurine aangehardloop gekom en gesê Christa word as gyselaar gehou,” het Coetzee gesê.

“Ek het vir Maurine gesê om die deur te sluit. Sy het net die deur gesluit toe skiet hy ’n skoot deur die deur.”

Die man het Coetzee en Mambo by die badkamer ingedwing voordat hy hulle na die hoofhuis geneem het.

Hy het ’n vuurwapen teen Coetzee se kop gedruk en aanhoudend geld geëis.

“Ons het in die gang ingeloop, toe lê Christa daar,” het Coetzee gesê.

“Ons moes oor haar loop na die hoofslaapkamer toe.

Hy het ons gedwing om vier keer oor Christa se lyk se loop.

“Toe ons die eerste keer oor haar lyk loop, het ek hom gevra of Christa dood is.

Hy het haar lyk geskop en vir my gesê om stil te bly.”

Ná die vierde keer het hy hulle by die agterdeur uitgestoot.

Mambo het die tuinwerker se vuurwapen gegryp en in die lug gegooi.

Dit het op die grond stukkend geval. Mambo het weggehardloop en by ’n buurman gaan hulp soek.

Toe takel die moordenaar Coetzee en slaan haar verskeie kere met die vuis in die gesig.

Sy het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom, was hy weg.

Lede van die Hercules-polisiekantoor, die polisie se lugvleuel en die Pretoriase K9-eenheid (die ou honde-eenheid) was binne minute op die toneel.

Coetzee het gratis hospitaalbehandeling van Wesmed by Bougainville-hospitaal in Hercules ontvang.

Du Toit het twee kinders, Amanda (26) en Leon (31).

Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na mnr. Nyasha Mabure (19) wat moontlik met die ondersoek kan help.

Niks is geroof nie.

De Bruin het gesê dit lyk of hy geld geëis het, maar niks gekry het nie.


Sien meer foto's hier:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Tuinier-skiet-vrou-dood-20100923
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #270 op: September 24, 2010, 08:28:08 AM »
23 September 2010 - Jacoba “Jakkie” Cornelia Coetzee (62)


Lyk ná moord by Bybel gevind


2010-09-23 22:34



Buks Viljoen

Haar Bybel waarmee sy kort tevore Bybelstudie gedoen het, was op die bedkassie waarlangs die bebloede byl op die vloer gelê het.

Mev. Jacoba “Jakkie” Cornelia Coetzee (62) van Ermelo wat gistermiddag wreed met dié byl doodgekap is, het langs die bed gelê.

Geskokte familielede en vriende, onder wie talle polisielede, het gister by die Coetzee-egpaar se huis, Beekmanweg 10, saamgedrom nadat die nuus oor die moord bekend geword het.

Haar man, Gert (66), het omstreeks 12:30 by die huis gekom en in die hoofslaapkamer op sy vrou se verminkte lyk afgekom.

Sy het minstens een kapwond aan die gesig.

Mev. Coetzee, ’n lidmaat van die NG Moedergemeente in die dorp, was vroeër die oggend saam met vriende by haar weeklikse Bybelstudiegroep.

Sy is die laaste keer lewend gesien toe sy omstreeks 11:30 daar weg is.

Toe haar man kort voor middagete by die huis kom, het hy haar in ’n plas bloed op die vloer langs die bed in hul slaapkamer aangetref.

Die byl het naby haar lyk gelê.

Die Coetzees was baie bekend in die dorp en die nuus oor haar dood het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Hulle het onder meer elke jaar die kaartjieverkope by die Ermelo-skou se ingang behartig.

Die egpaar het ook deeltyds in die kroeg in die polisiekantien gewerk.

Mev. Coetzee is juis gisteroggend by die kantien gesien waar sy besig was met voorraadopname nadat hulle eergisteraand gewerk het.

“Sy was ’n juweel van ’n mens. Die vredeliewendheid self,” het kapt. Karla Prinsloo, woordvoerder van die polisie in die dorp, gister gesê.

Teen druktyd was die polisie se forensiese kundiges steeds besig om die toneel vir leidrade te fynkam.

Haar dogter, mev. Susan Losper, het gister kort nadat sy by die moordhuis aangekom het, huilend aan Beeld gesê dat die voorval verskriklik was.

Sy was te emosioneel om verder te praat.

Teen druktyd gisteraand kon die polisie volgens Prinsloo nog geen teken van gedwonge toegang tot die huis kry nie.

Net mev. Coetzee se selfoon word vermis.

Inligting oor die moord kan aan lt.kol. Leonie Joubert by 017 811 3665 gegee word.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lyk-na-moord-by-Bybel-gevind-20100923
« Laaste verandering : September 24, 2010, 08:46:11 AM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #271 op: September 24, 2010, 11:14:42 AM »
Tuinier skiet vrou dood

Die slagoffer

’n Pretoriase vrou het gister vermoedelik die hek vir haar tuinwerker oopgemaak oomblikke voordat hy haar in die kop geskiet het.

Daarna het hy mev. Christa du Toit (53) se huiswerker en vriendin gedwing om vier keer bo-oor haar lyk te klim en self daaraan geskop.

Du Toit is dood in die gang van haar huis in Swacina Park, op die Uitzicht-kleinhoewes in die weste van Pretoria, by die plek waar sy haar elektroniese hek van binne af oop- en toemaak.

“Dit is verskriklik. Die een oomblik praat jy met haar. Dan kom jy terug en sy het ’n skoot in die kop,” het mev. Mickey Coetzee (48) vertel.

Du Toit, Coetzee en ’n huiswerker, me. Maurine Mambo (30), was gisteroggend alleen by die huis nadat Du Toit se verloofde, mnr. André du Plessis (54), Kempton Park toe is vir werk.

Du Toit se twee tuinwerkers het die oggend nie soos gewoonlik vir werk opgedaag nie.

Omstreeks 08:30 het Mambo gesien hoe die een tuinwerker Du Toit in die huis wurg en haar gehoor skreeu.

Coetzee was toe in haar woonstel op dieselfde perseel.

“Die volgende oomblik het Maurine aangehardloop gekom en gesê Christa word as gyselaar gehou,” het Coetzee gesê.

“Ek het vir Maurine gesê om die deur te sluit. Sy het net die deur gesluit toe skiet hy ’n skoot deur die deur.”

Die man het Coetzee en Mambo by die badkamer ingedwing voordat hy hulle na die hoofhuis geneem het.

Hy het ’n vuurwapen teen Coetzee se kop gedruk en aanhoudend geld geëis.

“Ons het in die gang ingeloop, toe lê Christa daar,” het Coetzee gesê.

“Ons moes oor haar loop na die hoofslaapkamer toe.

Hy het ons gedwing om vier keer oor Christa se lyk se loop.

“Toe ons die eerste keer oor haar lyk loop, het ek hom gevra of Christa dood is.

Hy het haar lyk geskop en vir my gesê om stil te bly.”

Ná die vierde keer het hy hulle by die agterdeur uitgestoot.

Mambo het die tuinwerker se vuurwapen gegryp en in die lug gegooi.

Dit het op die grond stukkend geval. Mambo het weggehardloop en by ’n buurman gaan hulp soek.

Toe takel die moordenaar Coetzee en slaan haar verskeie kere met die vuis in die gesig.

Sy het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom, was hy weg.

Lede van die Hercules-polisiekantoor, die polisie se lugvleuel en die Pretoriase K9-eenheid (die ou honde-eenheid) was binne minute op die toneel.

Coetzee het gratis hospitaalbehandeling van Wesmed by Bougainville-hospitaal in Hercules ontvang.

Du Toit het twee kinders, Amanda (26) en Leon (31).

Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na mnr. Nyasha Mabure (19) wat moontlik met die ondersoek kan help.

Niks is geroof nie.

De Bruin het gesê dit lyk of hy geld geëis het, maar niks gekry het nie.

Nyasha Mabure: Gesoek



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Tuinier-skiet-vrou-dood-20100923
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #272 op: September 29, 2010, 09:00:19 AM »
25 September 2010 - John Staples (79)



Mnr. John Staples (79)


3 rowers vermoor bejaarde op hoewe

2010-09-28 10:10



Fanie van Rooyen

’n Afgetrede motorwerktuig­kundige van Bronkhorstspruit is Saterdagnag tydens ’n rooftog deur vermoedelik drie rowers in sy huis vermoor.

Mnr. John Staples (79) is op die Roodepoort-kleinhoewe, buite Bronkhorstspruit, doodgeslaan.

Mnr. Sarel van der Walt, Staples se skoonseun, het gister gesê die presiese omstandighede van die moord is nog onbekend.

“Dit lyk of hulle een van die deure oopgebreek en my skoonpa in sy bed oorrompel het,” het Van der Walt gesê.

“Die polisie ondersoek nog die saak, maar dit lyk of hulle hom met iets geslaan het.”

Staples, wie se vrou, Nellie (84), twee jaar gelede oorlede is, het alleen gewoon. Mev. Elise van der Walt het gesê haar pa se handwapen word vermis.

Sy vermoed die rowers het hom gedwing om sy kluis oop te sluit.

“Ons is nog nie seker wat anders hulle als gevat het nie, maar my pa se beursie is leeg, so hulle het seker die kontant wat daarin was, ook gesteel.”

Volgens haar was haar pa ’n bekende in die dorp en sal baie mense hom mis.

“Wat kan ’n mens nou sê? Daar is niks om te sê daaroor nie – ek is net verslae.

“Ek weet dit gaan hom nie weer lewend maak nie, maar ek hoop hulle vang my pa se moordenaars sodat hulle nie dieselfde aan iemand anders sal kan doen nie.”


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/3-rowers-vermoor-bejaarde-op-hoewe-20100928
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #273 op: September 30, 2010, 09:00:41 AM »
28 September 2010 - Christo Mouton (54)



Die polisie ondersoek die toneel in Vereeniging waar mnr. Christo Mouton deur huisrowers vermoor is.


6-jarige 10 uur by pa se lyk

2010-09-30 00:15

Gloria Edwards

’n Sesjarige meisie van Vereeniging het meer as tien uur lank by haar pa se lyk gewaak nadat huisrowers hom vermoor het.

Familie en traumaberaders het Monay as ’n “ongelooflike dapper kind” beskryf.


Mnr. Christo Mouton (54), ’n rekenmeester en hoof van Kinderwelsyn in Vereeniging, is eergister net voor 22:00 in hul huis in Drie Riviere in die hart geskiet.

Die drie rowers het met ’n TV en rekenaars gevlug nadat hulle eers die kluissleutels by Monay wou hê.

Mouton se vrou, Coral (35), ook ’n rekenmeester, was ten tyde van die voorval in Durban vir sake.

Monay het heelnag by haar pa se lyk gewaak totdat die huiswerker gister omstreeks 07:30 opgedaag en die polisie ontbied het.

Mev. Carina Huntly het gister huilend vertel haar enigste broer “is vir niks vermoor”. “Ek het 21:00 nog met hulle gepraat, toe het hulle ’n storie op TV gekyk. Toe ek weer om 21:30 bel, het hy gesê hulle gaan nou slaap. Teen 22:00 was hy dood.”

Volgens Huntly het Monay wakker geskrik van stemme en ’n lig. “Die rowers het haar gevra waar is die kluissleutels, maar sy kon nie vir hulle sê nie.

Ons vermoed Christo was toe reeds geskiet. Nadat hulle gevlug het, het sy na haar pa se slaapkamer gehardloop en sy lyk gevind.”

Monay het haar pa glo eers probeer wakker maak. “Sy het die hele nag by sy lyk gesit, kort-kort aan die slaap geraak en wakker geskrik.

“Ek dink sy besef nou hy is dood, want sy’t later vir my gesê: ‘My pappa is nou by my ouma.’”

Monay is nie beseer nie, maar het traumaberading van Eblockwatch ontvang. “Sy is haar pa se ewebeeld, ’n pragtige kind.”

Die meisie was in Huntly se sorg totdat mev. Mouton gistermiddag tuisgekom het.

Huntly het gesê haar broer is pas vir nog ’n termyn as hoof van Kinderwelsyn in dié gebied verkies.

“Hy’t jare lank vir hulle gewerk. Alles wat hy gemaak het, het hy in die gemeenskap teruggeploeg. Hy was so ’n goeie mens.”

Begrafnisreëlings moet nog getref word.

Volgens kapt. Shado Mashobane, polisiewoordvoerder in Vereeniging, is niemand nog in verband met die moord gearresteer nie. Daar word vermoed die rowers het deur ’n venster in die Moutons se tuispraktyk gebreek om by die huis in te kom.

“Dis nog nie bekend wat alles gesteel is en of die rowers te voet of met ’n wegkommotor gevlug het nie. Die saak word ondersoek.”



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/6-jarige-10-uur-by-pa-se-lyk-20100930
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volksmoord
« Antwoord #274 op: September 30, 2010, 07:12:49 PM »
TLU SA bly oor plaasmoorde in Europese Parlement bespreek word

“Ons is baie bly dat die moorde op ons boere nie langer op wêreldforums geïgnoreer kan word nie, en dat die wêreld nou al hoe meer kennis begin neem daarvan.”

Dit is die reaksie van mnr. Ben Marais, President van TLU SA, nadat ’n lid van die Vlaams Belang, mnr. Philip Claeys, gister tydens president Jacob Zuma se besoek aan die Europese Parlement in Brussel, die president gekonfronteer het met die plaasmoorde. Mnr. Claeys sê dat daar in die EU groot kommer bestaan oor die feit dat sowat 3000 plaasbewoners reeds vermoor is, en dat die leier van die ANC se jeugbeweging, steeds liedjies sing soos “Kill the Boer, kill the farmer”. Mnr. Claeys wou by mnr. Zuma weet wat hy beoog om daaraan te doen.

Pres. Zuma het in sy antwoord gesê dat plaasmoorde deel is van die misdaad in Suid-Afrika, maar dat die polisie en die boere met mekaar in gesprek is en dat die boere tevrede is, en dat volgens die jongste syfers, misdaad in Suid-Afrika aan die daal is.

“Ons wil baie dankie sê aan mnr. Claeys en Vlaams Belang dat hulle die geleenheid gebruik het om hierdie saak op ’n belangrike forum soos die EU te opper. Ons is egter bitter ontevrede met mnr. Zuma se antwoord, want die boere is nié tevrede nie. Solank daar deurentyd aanvalle op plase voorkom, soos daar hierdie week weer gebeur het, sal die boere ontevrede bly en word die saak allermins as opgelos beskou.”

http://www.facebook.com/topic.php?uid=107169379305548&topic=188
Ons Sal!!!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volksmoord
« Antwoord #275 op: October 01, 2010, 07:18:08 AM »
Bemoedigend, maar ken die manne van Vlaams Belang vir Zuma en genote?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #276 op: October 04, 2010, 01:03:40 PM »
1 Oktober 2010 - Ananda Pedlar


2010-10-01 23:09


Een van die koeëlgate in ’n vertoonvenster van die NWJ-juwelierswinkel in die Carnival Mall. Foto: Wolfram Zwecker





Wolfram Zwecker

’n Vrouepolisiekaptein van Margate is gisteroggend op haar vakansie koelbloedig doodgeskiet toe sy en haar man by ’n winkelsentrum in Brakpan op ’n rooftog afgekom het.

Haar man is ook geskiet.

Kapt. Ananda Pedlar (in haar laat 40’s), wat in dié suidkusdorp gestasioneer is, en haar man, Patrick (ook laat 40’s), het by die Carnival Mall ingestap net toe ’n groep rowers met hul buit uitstorm.

Kapt. Pedlar het vermoedelik gesnap wat gebeur en haar vuurwapen uit haar handsak probeer haal. Een van die rowers het vermoedelik gesien wat sy doen en het haar op ’n kort afstand in die nek en bolyf geskiet.

Mnr. Pedlar het haar probeer help, maar is in die agterkop geskiet. Sy seun, Craig, wat saam met hulle was, is ongeskonde, maar erg getraumatiseer.

Dit is nie bekend of mnr. Pedlar se dogter, Bianca, ook by hulle was nie. Dit is na verneem word kapt. Pedlar se tweede huwelik. Sy het twee seuns waarvan een oorsee is en die ander glo in Richardsbaai werk.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het ’n bende van tussen vier en ses rowers gister omstreeks 09:30 die NWJ-juwelierswinkel in dié sentrum binnegestorm.

Hulle het die werknemers aangehou, van die vertoonkaste leeggemaak en sowat R500 000 se juweliersware gebuit.

Die winkel is sowat 50?m van die ingang na die sentrum waar hulle hul in kapt. Pedlar vasgeloop het.

’n Handwapen, vermoedelik haar dienspistool, is ook geroof, het Dlamini gesê.

Die rowers het verskeie skote geskiet voordat hulle in drie motors, ’n swart Toyota Rav, ’n groen Toyota Cressida en ’n ligblou Toyota (waarvan die model onbekend is) gevlug het.

Die Rav is kort daarna in Dalpark, Brakpan, gevind. Dié motor is sowat ’n maand gelede in Meadowlands, Soweto, gekaap.

Verskeie van die rowers se koeëls is deur die ruite van die Mugg & Bean-koffiewinkel in die sentrum. Niemand is beseer nie, maar van die klante was erg geskok.

’n 16-jarige seun wat winkeltrollies van die parkeerterrein terug na die sentrum neem, het gesê hy het gesien hoe een van die rowers op die vrou afstorm en haar handsak probeer gryp.

“Die man skreeu toe op haar ‘voertsek’ en toe hoor ek die skoot. Toe sy val, het haar man haar probeer help en op die rower geskreeu: ‘Hoekom skiet jy my vrou dood?’ en toe skiet die rower hom so agter die nek en hardloop,” het die seun vertel.

Mnr. Martin Prinsloo, bedryfsbestuurder van die winkelsentrum, het gesê hy was net om die hoek toe hy die skote hoor en die vrou en man by die ingang sien lê.

“Ek het handdoeke by een van die winkels gegryp, maar sy het verskriklik gebloei en ons kon niks doen nie.

“Sy was binne ’n paar minute dood. Die man is met ’n helikopter na die Netcare Unie-hospitaal gebring. Volgens die polisie is sy toestand stabiel. Die seun is daarheen gebring vir berading en traumabehandeling.”

Lt.kol. Zandra Wiid, woordvoerder van die polisie aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het gister gesê kapt. Pedlar was “?’n stil mens, maar baie toegewyd aan haar werk en kinders”.

Sy het as klerk by die polisie gewerk voordat sy sowat twee jaar gelede tot kaptein bevorder is, berig Dries Liebenberg.

Sy het ten tyde van haar dood in die logistiek-afdeling van die Margate-polisiekantoor gewerk, het Wiid gesê.



Die lyk van kapt. Ananda Pedlar by ’n ingang van die Carnival Mall in Brakpan.
Foto: Wolfram Zwecker
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #277 op: October 05, 2010, 01:20:28 PM »
4 Oktober 2010 - Kevin McLoughlin (38)




Die toneel buite die NWJ-juwelierswinkel in die Northgate-winkelsentrum ná ’n rooftog waarin ’n man doodgeskiet is.


Rowers skiet man dood, wond vier

2010-10-05 00:23

Die toneel buite die NWJ-juwelierswinkel in die Northgate-winkelsentrum ná ’n rooftog waarin ’n man doodgeskiet is.


Retha Grobbelaar

’n Eienaar van ’n juwelierswinkel wie se vrou 12 weke swanger is, is gister in die Northgate-winkelsentrum noordwes van Johannesburg deur rowers doodgeskiet.

Vier mense, twee veiligheidswagte en twee inkopiegangers, is gewond.

Mnr. Kevin McLoughlin (38), eienaar van die NWJ-juwelierswinkel, is gister omstreeks 09:00 doodgeskiet toe vier rowers die winkel binnegestorm het.

Hy is links in die bors geskiet en is op die toneel dood.

Sy vrou, Mary, was vermoedelik in die sentrum, maar nie by die winkel nie.

Sy het glo die skote gehoor.

Sy was histeries en het inmekaargesak, het me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. Mev. McLoughlin is vir waarneming na die Sandton Medi-Clinic geneem.

Dit is die tweede rooftog by ’n NWJ-juwelierswinkel in vier dae. Kapt. Ananda Pedlar van Margate is Vrydag doodgeskiet in die Carnival Mall in Brakpan toe rowers met juweliersware wat hulle by NWJ geroof het, uitgestorm het.

Mnr. Carlo Gonzaga, uitvoerende hoof van NWJ se moedermaatskappy, Taste Holdings, het in ’n verklaring gesê winkelsentrums moet hul veiligheidsmaatreëls hersien.

“Dis ondenkbaar dat gewapende mense in ’n winkelsentrum inloop en nie opgemerk word nie.”

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, was die vier mans gewapen met hoëkaliber-wapens.

Hulle het die glasvertoonkaste met hamers stukkend geslaan en juweliersware gegryp.

Dis nie duidelik wat die waarde van die juwele is nie.

Die rowers het die eienaar doodgeskiet en terwyl hulle gevlug het, het hulle nog vier mense geskiet.

Besoekers aan die sentrum is ook getref.

’n Vrou is in die bolyf geskiet en is in ’n ernstige, maar bestendige toestand.

’n Man is in sy bakkie op die parkeerterrein ook in die bolyf getref. Hy is in ’n ernstige toestand, het Dlamini gesê.

Twee veiligheidswagte van African Security Solutions is onderskeidelik in die been en skouer gewond. Die wagte, albei mans, is in ’n bestendige toestand in die hospitaal.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-skiet-man-dood-wond-vier-20101004
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #278 op: October 08, 2010, 10:56:03 AM »
7 Oktober 2010 - Louis Pulzone (60)


Bloem-man (60) in sy huis doodgeskiet


2010-10-08 09:00


Vrystaat - ’n Enkele koeël uit ’n rower se vuurwapen het Donderdagoggend vroeg die lewe van ’n Bloemfonteinse pa en eggenoot geëis.

Louis Pulzone (60) van President Brand-rylaan in Genl. De Wet is gister kort ná 01:00 doodgeskiet toe hy ondersoek gaan instel het na ’n geraas in sy huis.

Twee rowers wat sy vrou, Christa Pulzone (50), vroeër vasgebind het, het met drie selfone, ’n DStv-dekodeerder en mev. Pulzone se handsak gevlug nadat hulle Pulzone op ’n kort afstand in die bors geskiet het.

Volgens Jacques Human, ’n familielid van Pulzone, het Pulzone Woensdagaand in sy slaapkamer geslaap. Mev. Pulzone het vroeër op ’n rusbank in hul sitkamer aan die slaap geraak, terwyl sy televisie gekyk het.

Toe sy wakker skrik, het die rowers bo-oor haar gestaan en ’n vuurwapen in haar gesig gedruk. Hulle het haar hande met ’n ketelkoord vasgebind en begin om in die huis rond te krap.

Mnr. Pulzone het ’n rumoer in die huis gehoor en ondersoek gaan instel. Toe hy in die sitkamer inloop, het een van die rowers glo onmiddellik omgedraai en ’n skoot afgevuur.

“Hy het nie ’n kans gehad nie,” sê ’n bewoë Human.

Pulzone is in die bors getref en is op die toneel dood verklaar.

Nadat die mans gevlug het, het mev. Pulzone ’n rukkie gewag om te hoor of dit stil is, en toe haarself losgewikkel.

Omdat die mans met hul selfone gevlug het, moes sy na ’n nabygeleë vulstasie jaag om haar seun Francois en ’n ambulans te bel.

Dit is nog nie duidelik hoe die mans toegang tot die huis verkry het nie. Die vermoede bestaan dat hulle deur ’n skuifdeur ingekom het, wat dalk oopgelos is terwyl Pulzone-hulle Saterdagmiddag met van hul meubels na ’n nuwe huis getrek het.

Human beskryf Pulzone as ’n groot Formule Een-geesdriftige en die “grootste Cheetah-ondersteuner wat ooit gelewe het”.

“Hy was baie lief vir mense. Hy kon in ’n kamer met 50 mense instap en 60 vriende maak.” Hy was ’n verkoopskonsultant by ’n motorband-onderneming in die stad.

Pulzone word oorleef deur sy vrou, vier seuns, en ses kleinkinders.

Sy vrou en seuns is erg getraumatiseer en kon nie gister met Volksblad praat nie.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, wat die voorval ondersoek, sê ’n saak van huisroof en moord word ondersoek. Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om die naaste polisiekantoor te bel.

- Volksblad


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bloem-man-60-in-sy-huis-doodgeskiet-20101008
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volksmoord
« Antwoord #279 op: October 12, 2010, 09:43:43 AM »
Suna Steenberg (43)
Aangeval: 16 April 2010
Oorlede:  9 Oktober 2010



Suna Steenberg (43)


Vrou in koma ná kopskoot: Sy sterf


2010-10-10 21:41



Hilda Fourie

Mev. Suna Steenberg, wat bykans ses maande lank in ’n koma was nadat sy tydens ’n huisrooftog op ’n kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, in die kop geskiet is, is dood.

Steenberg (43) het eergisteraand haar laaste asem uitgeblaas nadat sy Vrydag met longinfeksie in die hospitaal opgeneem is. Sy het ook vog op die brein gehad.

“Sy het meer as vyf maande lank ge’fight’. Ek dink net nie sy kon dit meer hanteer nie,” het mnr. Jurie Steenberg (47) gister oor sy vrou gesê.

Mev. Steenberg, eienaar van Montana Pale, is op 16 April in die egpaar se huis in Kameelfontein twee keer in die kop geskiet deur ’n rower.

Sy was sedertdien in ’n koma en het twee maande gelede huis toe gegaan waar haar man en ’n span verpleegsters en susters na haar omgesien het.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal