Skrywer Onderwerp: Kleinfontein stel teleur  (Read 1686 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Kleinfontein stel teleur
« op: February 08, 2009, 05:50:11 PM »
Ek sal graag wil weet of die inwoners van Kleinfontein 'n tipe munisipale belasting betaal. Op 'n onlangse besoek aan die dorp was die onkruid voor die winkel kompleks, op die sportgronde, langs die paaie opvallend.
Die sportkompleks is totaal verwaarloos.
Ek wil nie net kritiseer nie, maar dit skep glad nie 'n goeie indruk by eerste besoekers nie, veral nie as die mense wil kom kyk hoe lyk selfbeskikking in 'n eie dorp nie. Ek is oortuig daarvan baie besoekers het al die dorp uitgery met die gedagte dat die blanke maar net nie kan klaarkom sonder swart hande nie.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #1 op: February 08, 2009, 08:00:53 PM »
Mike, die saak staan min of meer so:

Ons betaal wel n klein heffing wat ongeveer 20% (een vyfde) is van wat jy sou betaal as jy in Pretoria gebly het.

Die gevolg is n baie beperkte begroting, met baie wat gedoen moet word. Net n paar voorbeelde:

In die somermaande, met die baie reen, word baie van die beskikbare mense en middele gebruik om paaie in stand te hou. Ons ontvang geen subsidies vir padinstandhouding uit die brandstofheffings, tolgelde en padlisensie-inkomste van die staat, soos ander stadsrade nie.

Ons doen ook ons eie watervoorsiening en suiwering - daar word geen water aangekoop vanaf Rand-Waterraad nie. Jy kan maar drink aan ons krane.

n Beduidende deel van ons begroting gaan aan sekuriteit, en statistieke bewys dat Kleinfontein n baie veilige plek is om te woon.

Die afdeling wat verantwoordelik is vir tuindienste is baie klein (twee permanente werkers) en die area wat hulle bedien is baie groot. In die somer kan hierdie mense eenvoudig nie voorbly nie.

As ons heffings dieselfde as Pretoriia was, sou ons genoeg mense kon aanstel sodat almal net halfdag hoef te werk, en genoeg geld oorgehad het vir n sokkerstadion.  :)

Die oplossing sou wees om die heffings te verhoog, maar daar word juis gepoog om die koste so laag moontlik te hou ter wille van die meerderheid wat hier woon. Onthou dat n groot deel van die imwoners pensioenarisse is, of interne werknemers van die kooperasie wat juis nie groot salarisse verdien nie.

Mense wat in Pretoria of Johannesburg werk betaal aan alreeds baie aan die vervoerkoste om elke dag by die werk te kom. Net die tolgeld aan die regering om in Pretoria te kom draai al by tussen 300 en 400 rand per maand - wat nog van brandstof.

Jammer oor die bossies by die rugbyveld en winkelsentrum Mike, ek sal die saak opneem. As jy weer hieer kom, laat weet my, dan gaan wys ek darem vir jou die mooi plekke ook.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #2 op: February 08, 2009, 09:45:50 PM »
Ons het net gou n paar draaie gaan ry hier op Kleinfontein tussen 8 en 9 vanaand vir sekuriteit. Dis darem n ander naglewe as in die stad -  die volmaan kleur die veld silwerblink en die doringbome gooi swart kaduwees in die maanlig.

Geen skelms in die omgewing opgemerk nie, net n jakkals, nagapies, die wildsbokkies en twee vlei-uile.

Met die deure oop, hoor ek nou die magtige dreuning van die paddas en krieke, en ruik die vars reuk van die veld na die reen. Die jakkalse is stil vanaand, seker nog besig om te kyk of hulle nie die tarentale kan minder maak nie.

Daar is darem nie vir my n ander plek nie.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #3 op: February 08, 2009, 09:46:23 PM »
Dankie vir jou antwoord meerkat ek verstaan nou die situasie beter.
Ek dink 'n paar blommetjies by die ingang voor die winkelsentrum sal die plek alreeds bietjie vriendelikker laat lyk. 'n Paar pakkies blom saaitjies kan tog sekerlik nie so duur wees nie.

Wat help dit jy bou 'n swembad ten duurste maar jy hou hom nie instand nie? Wat gaan dit jou aan die einde van die dag kos om die swembad weer reg te maak?

Wat my pla soos ek gese het, is dat daar baie nuuskieriges opdaag, die indruk waarmee hierdie mense Kleinfontein verlaat, bepaal aan die einde van die dag hulle gevoel oor selfbeskikking.

Afwesig Jan Beyers

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #4 op: February 09, 2009, 09:05:52 AM »
Mike,

Ja dit is waar dat daar baie is op Kleinfontein wat kan verbeter.  Bv :

Voor my huis is 'n grasperk van so omtrent 180vkm.  Hy is mooi kort gesny.  Anderkant die draad staan die bosse amper 2 meter hoog.  My beddings kort baie aandag en die bossies neem amper oor.  Vir enige man wat in die "buiteland" woon, gaan dit slordig lyk.  Hy sal dink dat ek sleg is, of dalk 'n "Maplotter".  dit is mos maklik om die bossies te laat uittrek.

Nou in die week werk ek elke dag.  Die meeste aande het ek vergaderings.  Dus is in die week nie tyd nie.  Saterdae verloop my program omtrent so :

6:00 -  Gee die vee kos en water.  Help om die koei gemelk te kry, en maak die stalle skoon.
8:00 - Gou ontbyt
8:30 - Ry die vullis van die week weg. (+-20km heen en weer)
9:30 - Begin gras sny.  (Let wel dat die gras verskriklik groei in reenmaande)
12:00 - Middagete
12:30 - Probeer orde kry in die GatVanSameswering (my lapa)
13:30 - Was die sementpaadjies en stoep, en vee al wat 'n sementjie is
15:00  - Ry sement, sand en stene aan. (Ek bou nog twee kamers aan my huis)
16:00 - Meng die sement en begin bou
18:00 - Maak bouwerk skoon en haas my na die vee
18:30 - Help met die melkery en jaag al die vee na die kraal.  Sorg vir vars water en kos
19:30 - Sak moeg in die stoel neer met ietsie kouds.
19:31 - Vrou steek my aan die werk met 'n kassie hier wat los is, iets daar ens ens
20:00 - Stort en klim in die bed!  Gelukkig is dit Sondag more!
20:30 - Skrik wakker van sms.  Volgende Saterdag versoek die direksie dat almal wat kan moet kom help om die sportvelde weer mooi te kry.  Hulle wil ook 'n paar blomme voor die sentrum plant.
20:31 - Le rukkie wakker en herkou my program vir volgende Saterdag.  Ai..  As ek maar net kon.

Nou my liewe vriende....  Ek weet nie wanneer om die lang gras buite die draad te sny nie.  Ek kry ook nie tyd om die bossies uit te trek in die beddings nie.  Maar...

Ek gaan slaap met 'n geruste hart.  Ek weet ek is veilig.  Ek weet dat my kinders maar honderde meters kan wegdwaal van die huis.  Hulle is gelukkig en klim en klouter die wereld vol.  Ek "speel" lekker Volkstaat.  Ek voel goed en gelukkig.  Ek weet my kinders leer van selfwerksaamheid.  Iets wat hul lewe hul sal bybly.  Iets wat in hul karakter sal vasgepen wees.  Iets wat mens NIE met geld kan koop nie.  Bossies of te nie!!

Mag Kleinfontein vir my kinders gespaar bly!

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #5 op: February 09, 2009, 09:47:37 AM »
Jan.

Soos met my ook die geval sien ek dit met jou ook, tyd ontbreek amper vir vrou en kinders.

Groete.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #6 op: November 12, 2009, 07:06:37 PM »
Mike,

Ek was vandag op Kleinfontein, jy moet dalk weer 'n draai gaan maak.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Kleinfontein stel teleur
« Antwoord #7 op: November 13, 2009, 08:08:10 AM »
Mike,

Ek was vandag op Kleinfontein, jy moet dalk weer 'n draai gaan maak.

Dankie Ben! ek sal weer gaan kuier daar, jy het my nou lekker nuuskierig.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal