Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Een volk, twee denkrigtings  (Read 3619 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Een volk, twee denkrigtings
« op: February 26, 2009, 10:57:19 PM »
In 'n gesprek met 'n welbekende en gerespekteerde volksgenoot vandag, vertel hy vir my dat daar vandag in volkspolitiek net twee denkrigtings bestaan.  Aan die een kant het jy die wat glo dat daar 'n toekoms vir die volk bestaan binne die sogenaamde reënboog nasie. Van hulle strewe ook om die volk se belange binne hierdie bestel te beskerm en uit te bou. Aan die ander kant, het jy die vryheidsgesinde volksgenote.

Na ons gesprek het ek hieroor gaan nadink en dit ook getoets aan 'n paar voorbeelde waaraan ek kon dink. Ek kon nie glo dat dit so eenvoudig is nie, maar moes uit eindelik toegee dat dit werklik so is.

Dit het my laat wonder, gegewe die gemors waarin SA tans is, hoekom iemand nie vryheid sal ondersteun nie. Moontlik omdat hulle glo dat dit nie haalbaar is nie. Anders kan die negatiewe publisiteit wat enige vryheid ideaal ontvang.  Ook is dit seker polities vreeslik inkorrek om enige vryheid ideaal te hê.  M.a.w vrees vir die onbekende is wat mense weerhou van 'n vryheid strewe. Dit is nogal vreemd, want dit is gewoonlik die liberale volksgenoot wat anti-vryheid is. 'n Liberale volksgenoot sal ook verkies om progressief genoem te word. M.a.w toekoms gedrewe, met 'n toekoms vol verandering. Nou hoekom is hulle so bang vir verandering? Dit het seker maar iets te doen met die skaap mentaliteit van die mens.

Hoe dit ook al sy, ek glo nie dit is so nuwe gedagte dat daar slegs hierdie twee denkrigtings in ons volk is nie. Deur ons volk se geskiedenis was dit altyd teenwoordig. Die vryheid strewende volksgenoot was deur die geskiedenis egter telkens reg bewys. Dit is ook hierdie volksgenote wat tot die behoud van die volk verantwoordelik was.

Ook wanneer daar geslaag is en vryheid verkry was, het die ander denkrigting gemaklik gevolg. Alhoewel hulle soms die stryd vermoeilik het.

Vandag het ons steeds hierdie uitdaging, maar die geskiedenis is bewys dat ons reg is om te strewe na vryheid. Ook dat ons dit sal verkry. Maar dan moet elkeen sy deel doen.

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #1 op: February 27, 2009, 07:39:26 AM »
Is hierdie vryheid strewe 'n strewe na eie grond gebied en eie regering of 'n vryheid strewe apart in 'n kuber ruimte in die reenboog nasie konsep.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #2 op: February 27, 2009, 08:21:20 AM »
Die strewe is na vryheid binne 'n eie begrensde grondgebied met 'n eie verkose regering!
Ons Sal!!!

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #3 op: February 27, 2009, 08:24:19 AM »
Is hierdie vryheid strewe 'n strewe na eie grond gebied en eie regering of 'n vryheid strewe apart in 'n kuber ruimte in die reenboog nasie konsep.

Net soos die eerste gedeelte van jou vraag.

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #4 op: February 27, 2009, 08:42:52 AM »
Staatsrede voorgehou deur Staatspresident Francois Coetzee
Vriende, volksgenote, medestryders.
Ons staan hier aan die vooraand van groot dinge. Die republiek het ten gronde gegaan… Die partypolitiek is uitgedien… Die eenheidstaat se infrastruktuur is aan die verdwyn… Korrupsie het die oorgrote meerderheid van volksgenote al op een of ander manier geraak. Volksmoord neem hand oor hand toe onder ons mense…!
Raak ons moedeloos? Natuurlik! Slegs psigopate kan sê dat hulle niks voel oor dit wat ek genoem het.
Bly ons moedeloos? Voorwaar NEE!
Ons staan by ‘n draaipunt in die geskiedenis van hierdie volk. ‘n Kuberstaat is geskape… Soos Adolf Hitler by ‘n geleentheid gesê het:
Is hierdie idee nou uitgedien en gaan ons oor na 'n nuwe bedeeling bv. saam met die VVK idee.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #5 op: February 27, 2009, 08:57:50 AM »
Omega, ek dink jou aanhaling was redelik onregverdig. Bravoland was op daardie stadium net meer as 'n maand oud. Kyk waar staan ons vandag amper twee jaar later. Ons het weliswaar nog nie 'n eie grondgebied nie, maar ons het al 'n Volkseie Bank, wat binnekort geregistreer gaan word en ons het mense wat saam met ons beplan hoe om daar te kom (by die grondgebied).

Om grond te bekom is voorwaar nie vir sissies nie en nog erger die ekonomiese omstandighede in ag geneem. As ek my leke opinie mag lug, dink ek dat ons ten minste al begin tekens toon om volkseie besighede te help om sterker te word en/of nuwes te begin. Ek weet nie of ek myself reg uitdruk nie, maar soortvan 'n eie ekonomie te vorm, dat ons nie saam met die hele bos brand nie.

Ek het 'n stuk grond van so 1000ha ingedagte hier in die Weskus vir 'n volksdorp, maar hoeveel mense gaan bereid wees om dit te ondersteun? Sien? Grondkwessie sal altyd 'n kwessie bly, want waar jy op die oomblik bly is is jou deel, jou stukkie volkstaat.
Moed Vryheid Eer

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #6 op: February 27, 2009, 09:04:04 AM »
Ek wil nie baklei nie en ek weet van tyd tot tyd verander n stratigie van enige groep of beweging. Ek wil net duidelikheid kry oor wat se rigting ons nou inslaan. Ek persoonlik dink ons is nou soos die klomp wat gaan bid vir reen maar vat nie ons reenjasse en sambreels saam nie. Dankie

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #7 op: February 27, 2009, 09:07:52 AM »
Omega, ek vra om verskoning as ek bakleierig geklink het.
Moed Vryheid Eer

Afwesig OMEGA

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
    • OMEGA
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #8 op: February 27, 2009, 09:10:13 AM »
Kleinbekkie, geen probleem nie.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #9 op: February 28, 2009, 01:53:05 PM »
Hierdie twee denkrigtings in ons Volk het is die gevolg van dieper onderliggende oorsake as wat op die oog af blyk.

Kyk n mens na die geestelike weerbaarheid van die meerderheid Volksgenote, hou ek nie baie van wat ek sien nie. Solank daar kos op die tafel is (en n paar biere in die yskas), en terwyl sy rugbyspan darem sy ding doen, voel hy vry genoeg.

Saans word daar gekyk na die sepies op televisie, waar die donkeres en ligtes soos een groot gelukkige vriendekring mekaar se lief en leed deel. Daar is gewoonlik ook dan n dom, moelike middeljarige blanke man wat kort-kort sy kop stamp, en moet luister na die wyse raad van sy meer byderwetse jonger en donker vriende.

Hy weet dalk van Kleinfontein en Orania, maar sal nie daar gaan help nie. Eerder sal hy maar kritiseer en daardie Volksgenote afmaak as uit pas met die werklikhede (soos op die tv se sepie).

Hy sal dan ook dikwels eerder sy kinders in n Engelse skool sit, want hulle sal so beter inpas by die toekoms.

Hy redeneer soos n passer - al in die rondte om sy eie middelpunt. Hy is dus glad nie in beheer van sy eie toekoms nie, en kan ook dus geen bydrae lewer tot myne nie.

Soms raak hy vol bravado (veral na n paar biere rondom die braaivleisvuur), en vertel dan dat die Volk sal opstaan as die regte leier na vore tree. Iemand anders sal opstaan en dinge so regmaak (erens in sy agterkop weet hy dat dinge nie reg is nie). Hy vra nie watter bydrae hy self kan maak om die fondamente te versterk, en sy Volk te help om so n leier waardig te wees nie.

Hy is doodgoed, en goed dood. n Nul aan die verkeerde kant van die desimale punt.

Dit vriende, is die krag van breinspoeling - een van die sterkste wapens in die arsenaal van revolusionere oorlogvoering.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #10 op: February 28, 2009, 05:52:04 PM »
Ek dink sosiale status (wat ekonomiese status beinvloed ) bepaal grootliks watter denkrigting jy volg  .
Tè bang om nie polities korrek te wees nie .
Ek , nee wat sulke goed pla my nie . Armer as wat ek is kan ek nie wees nie , so vir my om polities korrek te wees het geen waarde nie .

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #11 op: March 01, 2009, 09:58:39 AM »
Sanderis, ek dink jy is korrek dat sosiale status n groot rol speel. In die opsig is mense baie soos skape wat veilig voel binne die trop, en sal dan ook die regte geluide maak om binne die trop aanvaar te word. Dit is nou maar eenmaal so dat mense se optrede en denke beinvloed word deur openbare mening.

Aan die positiewe kant, wil dit voorkom asof daar n sterk ontwaking by ons mense te bespeur is. Wat vir my veral verblydend is, is dat die jonger geslag hier die leiding neem. Wat die ouer garde aanbetref, het daar twee generasies gekom en gegaan sonder stryd. Ons moet dus nie die leiding na vryheid vanuit daardie oord verwag nie.

Verder moet ons in gedagte hou dat ekonomiese beginsels seker die grootste rol speel om die meerderheid van mense te motiveer. Die vestiging en uitbou van Volkseie ekonomiese strukture is hier van kardinale belang.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Sanderis

  • Gas
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #12 op: March 01, 2009, 04:04:35 PM »

Verder moet ons in gedagte hou dat ekonomiese beginsels seker die grootste rol speel om die meerderheid van mense te motiveer. Die vestiging en uitbou van Volkseie ekonomiese strukture is hier van kardinale belang.

BAIE RAAKGEVAT . Mense is nie bereid om ekonomies te sukkel a.g.v. sosiale onaanvaarbaarheid . Indien die ekonomiese strukture volledig funksioneel is sal bg. vrese verdwyn .

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #13 op: March 01, 2009, 08:04:16 PM »
Ek dink 'n groter probleem wat ons nie moet miskyk nie is mense wil nie geassosieer word met sekere organisasies of persone nie. As jy jou nie 'n boer noem nie, is jy nie deel van die volk nie.

As jy nie elke sondag in die kerk sit nie is jy nie deel van die volk nie. As jou kind nie rugby speel nie is hy 'n moffie.

Wat ek wil se is boer, volk, kerk, geskiedenis, haat teen die engelse, word oorbeklemtoon dit irriteer mense. Ek wil nie se dat ons nou ons geskiedenis moet vergeet nie maar!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #14 op: March 02, 2009, 05:24:03 AM »
Mike, dit is waar dat mense en organisasies verdeling veroorsaak. Ons mense bevind hulle in n geweldige vertrouenskrisis weens die feit dat mense en organisasies hulle herhaaldelik terleur gestel het die afgelope paar dekades.

Voeg nog hierby dat ons blykbaar die genetiese kenmerk het dat elkeen graag die hoenderhaan op sy eie mishoop wil wees. In hierdie proses doen ons graag dinge om raakgesien te word, en hang bordjies om ander se nekke om hulle af te kraak.

Wat is dan die antwoord? Hoe gaan ons hierdie Volk saamsnoer? Na my mening is daar slegs een antwoord, naamlik BEGINSELS.

As ons kan ooreenkom oor beginsels, maak dit nie saak of jy jouself Boer of Afrikaner noem nie. Dan gaan jy kerk toe vir jouself en jou gesin volgens jou behoefte, en nie om ander mense te beindruk nie.

Dalk is jy reg dat baie mense skaam is om met n Volk geassosieer te wees, en hulle eerder wil losmaak van die geskiedenis.

So verloor jy jou vryheid my vriend.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #15 op: March 02, 2009, 06:30:41 AM »
Wat die geskiedenis aanbetref, verkies ek persoonlik om dit nie te ignoreer nie, want dit help my om die hede beter te verstaan. En dalk is daar ook n les in vir die toekoms.

Kom ons kyk na n voorbeeld:

Onlangs het Helen Suzman die laaste gesteelde suurstof uitgeblaas, lepel in die dak gesteek en die emmer geskop.

Nou is daar bewerings dat die laaste wit president van die RSA een van die draers van haar kis by die begrafnis was.

Opsigself seker nie merkwaardig nie, totdat jy die geskiedenis van Helen Suzman ken. En haar sienswyse oor die moord op Dr. H. F. Verwoerd.

Dan wonder mens seker ook oor die laaste wit president?

Speel die U-Tube opname en let op Suzman se uitlatings en selfvondane liggaamshouding aan die einde.

http://hellenicantidote.blogspot.com/2009/02/dimitris-tsafendas-wandering-greek.html
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #16 op: March 02, 2009, 01:27:45 PM »
Ek meen daar is meer as een denkrigting onder ons volk: volkstaters, nie-volkstaters en anti-volkstaters.

Die volkstaters bestaan uit 3 denkrigtings. Eerstens is daar vryheidsliewendes (libertarians) wat dink die owerheid moet min gesag hê, gesag moet opgewentel word, 'n standpunt soortgelyk as wat in die Boererepublieke toegepas is. Die tweede groep is die behoudendes wat hoofsaaklik net taal en kultuur wil bewaar deur middel van organisasies en die owerheid, gesag word afgewentel. Die derde groep soek 'n soort teokrasie waar Ou-Testamentiese wette moet geld.

Die nie-volkstaters bestaan uit 2 denkrigtings. Die eerste groep het nie 'n beginselbeswaar teen 'n volkstaat nie, hulle meen dit is nie prakties haalbaar nie, hulle het nie die visie en dryfkrag van ons voorouers nie. Die tweede groep wil 'n blanke staat hê (nie 'n Afrikanerstaat nie), hulle verlang na die "ou Suid-Afrika".

Die anti-volkstaters bestaan uit 3 denkrigtings. Die eerste groep is wêreldburgers (kosmopoliete) en stel nie belang in etnisiteit nie. Die tweede groep is ideologies verbind tot die unie van Suid-Afrika, wil die gefabriseerde staat laat werk. Die derde groep haat hulle eie mense en gun hulle nie 'n voortbestaan nie.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #17 op: March 02, 2009, 02:54:09 PM »
Wilco

Ek "hou ook in 'n mate daarvan" om mense te kategoriseer.  Dit maak dinge vir my partykeer meer verstaanbaar.  Ongelukkig is veral die laaste paragraaf ver van die praktyk verwyderd.

Ek weet bv. van mense wat hulself hewig teen die volkstaat gedagte uitspreek.  Hulle val egter gladnie eers naastenby onder 1 van die 3 soorte volgens die paragraaf nie.  Inteendeel sal hulle kwaad wees as hulle as een van die 3 groepe geklassifiseer word.

Is dit jou eie siening van die denkrigtings in "volksgeledere" of kom dit uit bv. 'n boek?

Ek wonder net???
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #18 op: March 02, 2009, 03:32:29 PM »
Werner
Net 'n rowwe uiteensetting van hoe dit vir my persoonlik lyk. Dit sal help as ander kan help om dit verfyn en te korrigeer.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #19 op: March 03, 2009, 07:08:42 AM »
Wilco,

Ek dink die toekoms gaan meer polarisasie bring oor hierdie denkrigtings.

In die middel het jy die meerderheid wat redelik apaties is, en grotendeels ingestel is op korttermyn finansiele gewin. Hulle kyk maar aan watter kant die brood gebotter is, en tree daarvolgens op, derhalwe probeer hulle maar aanpas binne die NSA. Hule sal egter graag die Stem van Suid-Afrika sing as daar n geleentheid is, en die NSA vlag word nie regtig ter harte geneem nie. Die voortdurende revolusionere en ekonomiese oorlog wat teen hulle gevoer word gaan vorentoe meer en meer keuses afdwing by hierdie groep se kinders.

Dan kry jy die groep wat instinktief al besef het dat die langtermyn oplossing te vinde is by selfbeskikking, wat insluit ekonomiese selfstandigheid, en beskerming van eiendomsreg. Oor die presiese vorm van selfbeskikking is daar amper soveel menings as mense in hierdie groep, maar een ding het hulle in gemeen: hulle besef dat daar geen toekoms is vir hulle en hul kinders in hierdie eenheidsstaat, onder die tirannie van die massa, wat altyd sal wil maai waar hy nie gesaai het nie.

Dan is daar ongelukkig n ander groep wat werklik hatig en vernynig is teen die gedagte van blanke selfbeskikking. Ek dink hulle is in n minderheid, en hiedie houding gaan hulle nie veel in die sak bring nie weens hulle polities gestremde pigmentasie. Ek glo ook dat hierdie mense soos mis voor die son sal verdwyn onder sekere omtandighede.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal