Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Een volk, twee denkrigtings  (Read 3619 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #20 op: March 03, 2009, 01:31:42 PM »
Ek weet nie of apatie al probleem by die middelste groep is nie. Daar is ook iets wat "konsensus denke" genoem word: mense wat die hoofstroom volg, of wat geag word die korrekte, ordentlike denke te wees. Baie van hulle is liewe, goeie mense wat glo wat hulle meen hulle moet glo. 'n Tweede faktor is die onvermoë om afskeid te neem van die 1910-1992 tydperk (ons ondergang het gekom met die "blanko-tjek referendum" en nie die 1994 verkiesing nie). 1910 het nie 'n Afrikanerstaat gebring nie en 1961 het nie 'n Afrikanerrepubliek gebring nie.

Selfbeskikking is nie noodwendig 'n volkstaat nie en behoort ten beste 'n stap na 'n volkstaat te wees. Ons behoort die einddoel duidelik voor oë te hê en daarna toer te streef en beur.

Ek dink 'n denksprong is nodig by meeste van ons mense.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #21 op: March 03, 2009, 01:48:21 PM »
Konsensus denke noem ek sommer skaap mentaliteit. Mense wat aan skaap mentaliteit ly, glo dat die meerderheid altyd reg is. Ek dink dit was Lenon wat hulle "usefull idiots" genoem het. Om te verwag dat die mense vir hulleself moet dink, is fataal. Eerder moet daar 'n nuwe gedagte (of gedagtes) geskep word, wat die skape kan volg. Dit is ons uitdaging, om daardie alternatief, aantreklik te maak.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #22 op: March 04, 2009, 08:50:03 AM »
Josua en Kaleb het ook 'n minderheid gevorm na hul terugkeer as spioene in die Beloofde land. Die minderheidsverslag is van die tafel gevee, en dit het Israel 40 jaar in die woestyn gekos.
Kennis is mag

Sanderis

  • Gas
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #23 op: March 04, 2009, 09:41:28 AM »
dit het Israel 40 jaar in die woestyn gekos.

Ek weet nie of dit so lekker sal werk in ons opsig nie .
As dit ooit op so keuse kom , is die antwoord eenvoudig "We shall NEVER SURRENDER."

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #24 op: March 04, 2009, 01:57:57 PM »
Sanderis,
Die geval van Israel is ietwat anders - die straf is gegee as gevolg van die ongeloof, want die Here se belofte was dat HY die land vir hulle gee, hulle moes net doen wat Josua 40 jaar later gedoen het.

Ons het n unieke situasie - en ek dink ons volk (in geheel gesien) het ook maar tot 'n mate ongelowig geword, want die waarskuwings wat na FW & Kie uitgegaan het, is geignoreer - en kyk waar sit ons nou - oor 5 jaar is die 40 jaar reeds halfpad.

Maar Nederland moes 80 jaar lank oorlog voer vir hul vryheid - en ons?

Kennis is mag

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #25 op: March 04, 2009, 04:02:13 PM »
"Om te verwag dat die mense vir hulleself moet dink, is fataal. Eerder moet daar 'n nuwe gedagte (of gedagtes) geskep word, wat die skape kan volg. Dit is ons uitdaging, om daardie alternatief, aantreklik te maak."

Om Bill Bonner aan te haal: mense glo wat hulle wil glo wanneer hulle dit wil glo.  Dit wil my voorkom of mense se denke nie verander as gevolg van die rede nie, maar as gevolg van emosie. Werklike ingrypende verandering volg na 'n skokkende gebeurtenis. So raai ek.

'n Nuwe gedagte moet vir die middelklas aanvaarbaar wees. Etnisiteit, selfbeskikking en volkstaat het as gevolg van platvloerse, halfgeletterde buffels in die verlede 'n slegte indruk gelaat.

Sanderis

  • Gas
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #26 op: March 05, 2009, 10:19:20 PM »
kyk waar sit ons nou - oor 5 jaar is die 40 jaar reeds halfpad.

Maar Nederland moes 80 jaar lank oorlog voer vir hul vryheid - en ons?



U praat nou van geestelike oorlog van ons kant af , en fisiese oorlog van hulle kant af - hulle moor ons mense uit asof ons 'n plaag is .
As ons tot fisiese oorlog moet toetree , sal dit nie lank wees voor die regte mense bymekaar kom nie - die val van die NSA is daarna onvermeidelik .
Ek blaai vandag so deur Internasionale forums , hul sit maar basies met dieselfde probleme as ons - die verskil wat ek opmerk is dat hul iets daaraan doen .

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Een volk, twee denkrigtings
« Antwoord #27 op: March 05, 2009, 11:37:10 PM »
"Usefull Idiots"/Skape sal ons altyd by ons hê. Dit is nou maar eenvoudig deel van die werklikheid waarbinne ons lewe... Iemand het eenmaal vir my gese dat 80% van alle mense in die "skaap" kategorie val, die ander 20% word ook opgedeel in skakerings van "skaapagtigheid", maar dit is nie nou ter sake nie...

Ons kan nie verby die realiteit van die skaap kwessie kom sonder om dit aan te spreek nie! Die feit van die saak is, die skape doen wat vir hulle gerieflik is of wat vir hulle die maklikste lyk. Dit is waarom so baie volksgenote nie aan ons vryheidsideologie wil byt nie. Dit lyk eenvoudig na te veel moeite en buitendien totaal onprakties en onmoontlik...

Kom ons wees nou maar gou eerlik met onsself... Ons Vryheidstrewe is nie gebaseer op logika, rasionaliteit en praktiese uitvoerbaarheid nie. Dit het eerder te doen met geloof. Ons glo dat ons eendag weer vry sal wees, omdat ons lief is vir ons God, volk en vaderland.

Ongelukkig is dit nie die tipe kos wat mev "bo blink, onder stink" in Sandton sal kan verteer nie. Net so ook die meerderheid ander Afrikaners wat nog in ons land oor is. Dit is praktieser en makliker om te assimileer of te emmigreer.

Ons moet dalk begin kyk in watter omhulsel ons, ons pakkie aan die wêreld voorlê, want die realiteit van ons omstandighede gaan veroorsaak dat ons nooit meer as persentasie van die 5 - 10 % selfdenkende Afrikaners van ons saak gaan oortuig nie




Ons kan nie die breë spektrum Afrikaners wat nie in Vryheid belangstel veroordeel as ons nie vir hulle 'n praktiese, logiese en aantreklike alternatief op assimilasie en emigrasie bied nie. Hulle is tot 'n groot mate 'n produk van ons eie verbeeldingloosheid en slapgatgeit.

Bemarking is beslis nie ons sterkpunt nie... Inteendeel, ons is dikwels onder die indruk dat negatiewe kritiek mense van ons standpunt gaan oortuig.

Sarel
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal