Ek is Lettie Kriel, die vrou van
Dries Kriel. Op genoemde datum is daar 'n pos op Bravoland se werf gesit met die titel "Druk uit - Met Leedwese van ene Frikkie Potgieter.
Genoemde persoon het die volgende na u werf deurgestuur;
"Ek het pas verneem dat oom
Dries Kriel gisteraand aan 'n hartaanval oorlede is. ...
Dries Kriel was een van die grootste verraaiers wat ek nog teegekom het....."
Dit maak seer. Ek leef nog en kan nie toelaat dat hierdie persoon voortgaan met sy verdagmakery en platvloerse optrede nie. Ek het die grootste respek en liefde vir Dries gehad. Gaan lees gerus op Frikkie en Alfred Fleisher se werf (orde boerevolk) wat se gemors raak hulle daar kwyt. Ek is op daardie werf swartgesmeer omdat ek dit durf gewaag het om die twee aan te tree omdat hulle Dries ook na sy dood so beswadder het. Daar is vir my gesê ek is 'n koei en moet vir my 'n ware man gaan soek. Geen ordentlike witmens en dan gee hy nog voor hy is regs en 'n Boer daal to so 'n vlak nie. So ek kan my nie vereenselwig met sulke mense

nie. Indien Dries dan so 'n groot verraaier is hoekom het al sy manne wat saam met hom bomme geplant het amnestie ontvang. Hoekom het ek sy weduwee dan nie geld nie? Ek bedryf 'n lewensgevaarlike plaaswinkel om aan die gang te bly. Ons het nooit vir ons aardse skatte bymekaar gemaak nie. Gaan vra egter vir die politieke regse gevangenes of ons nie ons alles vir die saak van ons volk en ons mense opgeoffer het nie. Dries het!!! Nie een het die moed gehad om te doen wat hy gedoen het nie. Dit kos 'n MAN om dit te gedoen het.