Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor

Pos - 7 April 2008

(1/1)

Sarah:
Ek is Lettie Kriel, die vrou van Dries Kriel.  Op genoemde datum is daar 'n pos op Bravoland se werf gesit met die titel "Druk uit - Met Leedwese van ene Frikkie Potgieter.

Genoemde persoon het die volgende na u werf deurgestuur;
"Ek het pas verneem dat oom Dries Kriel gisteraand aan 'n hartaanval oorlede is. ...Dries Kriel was een van die grootste verraaiers wat ek nog teegekom het....."

Dit maak seer.  Ek leef nog en kan nie toelaat dat hierdie persoon voortgaan met sy verdagmakery en platvloerse optrede nie.  Ek het die grootste respek en liefde vir Dries gehad.  Gaan lees gerus op Frikkie en Alfred Fleisher se werf (orde boerevolk) wat se gemors raak hulle daar kwyt.  Ek is op daardie werf swartgesmeer omdat ek dit durf gewaag het om die twee aan te tree omdat hulle Dries ook na sy dood so beswadder het.  Daar is vir my gesĂȘ ek is 'n koei en moet vir my 'n ware man gaan soek.  Geen ordentlike witmens en dan gee hy nog voor hy is regs en 'n Boer daal to so 'n vlak nie.  So ek kan my nie vereenselwig met sulke mense ??? nie.  Indien Dries dan so 'n groot verraaier is hoekom het al sy manne wat saam met hom bomme geplant het amnestie ontvang.  Hoekom het ek sy weduwee dan nie geld nie?  Ek bedryf 'n lewensgevaarlike plaaswinkel om aan die gang te bly.  Ons het nooit vir ons aardse skatte bymekaar gemaak nie.  Gaan vra egter vir die politieke regse gevangenes of ons nie ons alles vir die saak van ons volk en ons mense opgeoffer het nie.  Dries het!!!  Nie een het die moed gehad om te doen wat hy gedoen het nie.  Dit kos 'n MAN om dit te gedoen het.

Sanderis:

Sal dit help?  Dit is soos om vandag moord te pleeg en skotvry daarmee weg te kom.  Ek sal net graag wil hê dat genoemde kwaadwillige, breinlose wese nie sy vuil mond moet uitspoel oor Dries nie. Almal respekteer Dries oor dit wat hy vermag het vir die saak van ons volk.  Is dit nie dalk omdat genoemde persoon niks vir die saak van ons volk doen nie.  Daar is geweldig baie stories oor genoemde persoon.  Lelike stories en ek verkondig dit nie.  Moet asseblief nie goed sê wat nie gestaaf kan word nie.  Sy handlanger is na ons huis toe gestuur met die opdrag om vir plofstof te vra.  Is dit nie provokasie in die ergste vorm nie.  Ek en Dries word oral gerespekteer vir dit waarvoor ons staan.  Ek sal my alles gee vir my God en vir die saak van my volk.  Ek sal nog steeds my kant bring as ek kan.  Mevrou , (Sarah) stel u dalk belang om ene Frikkie Potgieter te dagvaar vir haatspraak en naamskending ?

Navigation

[0] Message Index

Go to full version