Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor
Ek kla kamtig
(1/1)
Clem de Klerk:
Ek kla oor Bravoland, want:
Hier word geen moorde gepleeg nie
Hier is nie polisiebeamptes wat steel en verkrag nie
Hier is nie korrupte parlementariers nie
Hier is nie inflasie nie
Ook nie skelm winkeliers wat pryse laat styg as die brandstof prys daal
Ook niks te sien van Engels wat my taal wil verdring nie
Geen hospitaal waar mense sonder behandeling op vloere ronle nie
Geen skool waar Ingils en gemengdheid die maatstaf is nie
Ek Kla omdat almal hier strewe na vryheid en niemand maak beswaar daarteen nie.
Bravoland - die beste woonplek vir enige Boere-Afrikaner
Ek kla omdat hier niemand is wat wil kla nie!
Kleinbekkie:
Dis nou 'n goeie een!
Ek kla net oor ons nog nie ons eie grondgebied het nie. Dink net hoe braai ons almal saans in die strate en kuier oor en weer :D
Sanderis:
Ek wil kla maar swyg eerder . Ek het al geleer om stil te bly is ook 'n antwoord .
Wat help dit tog ek kla , dit sal nie die situasie en omstandighede verander nie - dit sal net negatiwiteit en 'n wanindruk skep en dit is tog nie my doel nie .
So ek bly maar stil , want as ek moet begin kla sal die berge antwoord .
Navigation
[0] Message Index
Go to full version