Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Kom ons stook mampoer  (Read 5986 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Kom ons stook mampoer
« op: March 19, 2009, 08:58:39 AM »
Ek het navraag gehad van hoe 'n mens te werk gaan om te stook. Sommer so in ligte luim en vir ander dalk ernstiger.

Maar hoe stook 'n mens?
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #1 op: March 19, 2009, 09:10:05 AM »
Gaan kyk by http://www.mampoersa.co.za/kuns.html vir meer inligting!
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #2 op: March 19, 2009, 02:11:02 PM »
KB, my broer en sy vriende het een jaar by ons huis maroelamampoer gestook, maar hulle het 'n stookketel gehad. My broer wou natuurlik na die stokery die ketel "verbeter" sodat hy beter moet werk, maar toe brand hy die ding 'n gat in en nou werk hy glad nie.

Ek weet nie hoe 'n mens stook nie, maar daardie maroelamampoer was giftig, ek dink nie enigiemand het meer as een sopie daarvan gedrink nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #3 op: March 19, 2009, 04:21:06 PM »
Andre, jy kan onder sensuur geplaas word - weet jy dan nie dat KB nie sulke dinge moet weet nie? :)
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #4 op: March 19, 2009, 04:45:33 PM »
Oom Clem, ek het dit gesien as kulturele opvoeding! Almal moet tog iewers begin. Lyk my KB het besluit sy wil by die "plesierigheid" begin.


NS.
Wonder of KB volkspele ken?  ;)
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #5 op: March 19, 2009, 04:53:08 PM »
Hahahaha! Baie dankie, Andre. Dalk help dit een van ons burgers wat die oorspronklike navraag gedoen het.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #6 op: March 19, 2009, 04:54:37 PM »
Ek het laas volkspele in die noorde van Suidwes gedoen, die Republikeine ken blykbaar nie meer sulke goeters nie. Wag, dat ek nou nie die draad ontspoor nie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #7 op: March 19, 2009, 05:27:16 PM »
Toemaar KB ons terg net 'n bietjie :)
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #8 op: March 19, 2009, 07:29:14 PM »
En ek was maar net bekommerd oor die moontlikheid dat drank en dans bymekaar kan uitkom! ;) ;D :P
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #9 op: March 20, 2009, 07:47:39 AM »
Hehehe, sal dit jou gerusstel dat ek nie een van die twee doen nie, Andre?  ;D

(Haai, Oom Clem hoe oud is die meneer Strydom? Ek hoop nie ek is veronderstel om Oom/Prof/Ds/Dr te se nie?  ::) )
Moed Vryheid Eer

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #10 op: March 20, 2009, 09:18:12 AM »
KB, ek sien Oom Clem ignoreer jou vraag.  :D

Ek wil ook graag weet oor die Oom/Prof./Ds./Dr.  ;)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #11 op: March 20, 2009, 09:19:03 AM »
KB, jy kan maar vir Andre "Oom" - hy is maar net 'n ingenieur van beroep - niks van 'n titels nie.
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #12 op: March 20, 2009, 09:19:59 AM »
KB, ek sien Oom Clem ignoreer jou vraag.  :D

Ek wil ook graag weet oor die Oom/Prof./Ds./Dr.  ;)

Karina !!
Kennis is mag

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #13 op: March 20, 2009, 09:21:23 AM »
Dankie Oom Clem, nou weet ons darem ook!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #14 op: March 20, 2009, 09:25:10 AM »
Dankie oom Clem dat Oom my tog geantwoord het  :). Jammer oor die jy en jou, oom Andre!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #15 op: March 20, 2009, 02:23:23 PM »
Hierdie hele draad is ontspoor oor 'n "oom" saak. Dit oom voor en oom agter, maar wat nou van mampoer?
As mens 'n keteltjie het, en een of ander vruggie, dan word dit 'n relatief koste effektiewe bedryf.

Die keteljie het n paar eienskappe - maar daaroor gaan ek my nie uitlaat nie, "weens 'n gebrek aan kennis" :)
Kennis is mag

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #16 op: March 20, 2009, 02:29:57 PM »
My Pa weet nog heelwat van die tuis mampoer stook. Hy en my broers het jare gelede 'n hulle eie stook ketel gebou.

Ek het net altyd geproe ;D
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #17 op: March 20, 2009, 02:36:55 PM »
Die ander vraag is natuurlik hoe kry mens 'n lisensie?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #18 op: March 20, 2009, 03:03:24 PM »
n Ou moet maar net sorg dat al die bewys stukke op geproe word voor iemand die lisensie soek!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #19 op: March 20, 2009, 03:04:32 PM »
Ek het dan gedink dat jy nie 'n lisensie nodig het as jy vir jouself stook nie. Dink net hoe baie sal ek kan stook met al die druiwe rondom my :D
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal